MAYONNAISE DOPPIES

2014-11-03-doppiestested

MAYONNAISE DOPPIES
150 ml mayonnaise
3 dessertlepels water
2 koppie koekmeel
1 ml sout
Klits die mayonnaise en water tot gemeng.
Voeg meel en sout by en meng goed tot ‘n stywe deeg.
Bedek en laat ‘n rukkie rus.
Rol deeg dun uit, druk sirkels uit en voer doppiepanne daarmee.
Bak ongeveer 12 min by 200 ºC
Lewer nagenoeg 3 dosyn.
Resep: Felicity Serfontein




BEER BATTERED ONION RINGS OR FISH


BEER BATTERED ONION RINGS OR FISH
1 cup all purpose flour
2.5 ml turmeric
½ teaspoon salt
½ teaspoon pepper
¼ teaspoon onion powder (optional but really good)
2 egg yolks, beaten
1 cup beer
1 large  sweet onion or fish
Peanut oil for frying

Combine dry ingredients in a medium sized shallow bowl. Whisk in egg yolks and beer. Cover and chill for at least 1 hour.
Peel and slice onion or fish to desired width, separate layers if you use onions.
Place oil in a heavy bottomed pan, about 2 inches deep. Heat to a temperature of 180 ºC.
Dip onion rings/ fish, one at a time in batter then carefully place in hot oil. Fry for about 1 minute then flip over and fry for another minute, until golden on both sides. Remove from oil and let drain on paper towels before serving.
Photo: Franco Dippenaar




MYRTLE SE SLAP DEGIE

2014-06-09-hoenderpasteitested

MYRTLE SE SLAP DEGIE
1 ½ koppie koekmeel
¼ teelepel sout
150 ml olie
3 teelepels bakpoeier
2 eiers
¾ koppie melk
Meng alles saam tot lekker slap deeg en versprei oor die gaar vleisvulsel. Bak by 180ºC tot gaar en bruin.

Resep en foto: Myrtle van Dyk




SUURROOM PASTEIKORS

2014-09-08-empanada-dough-before-chillingtested
SUURROOM PASTEIKORS
1.5 kg koekmeel
500 g margarine
150 ml suurlemoensap
500 ml room

Vryf margarine in die meel in. Meng die room en suurlemoensap en meng liggies met die meel- en margarinemengsel. Laat staan vir ten minste ‘n halfuur voor gebruik. Moet nie teveel meng nie.
Deeg word taai as teveel hanteer word.
Resep: Hendrik Erasmus




BASIESE PASTADEEG

2014-09-07-basiesepastadeegtested
BASIESE PASTADEEG
Maak jou eie pasta!!
4 – 6 Porsies
2 koppies koekmeel
2 geklitste eiers
1 teelepel sout
¼ koppie water
In ‘n medium bak, meng die meel en die sout. Maak ‘n holte in die middel, voeg die geklitste eier by en meng. Die mengsel moet ‘n stywe deeg vorm. Voeg water by soos benodig.
Op ‘n meelbestrooide oppervlak, knie die deeg vir 3 tot 4 minute.
Met ‘n pasta masjien, of met ‘n koekroller, maak jou eie pasta soos jy dit wil he…lasagne velle, ravioli, tagliatelle ens.




STUNNING KORS VIR BO-OOR SOUSERIGE VLEISPASTEI

tested

STUNNING KORS VIR BO-OOR SOUSERIGE VLEISPASTEI
1 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
sout
½ koppie olie
½ koppie melk
1 geklitste eier

Meng die bestanddele saam in ‘n mengbak. Skep lepelsvol deeg op ‘n vleisvulsel van jou keuse.
Bak tot goudbruin in ‘n voorverhitte oond by 180ºC. Dit vorm vanself ‘n kors.
Foto: Jeanné Le Roux Syson – Gewone herderspastei met die geplaaste deegresep gemaak, ek gaan dit beslis weer maak. Dankie vir die resep.
Resep: Petro Borchard




MAKLIKE PASTEIDEEG MET KOOKWATER

pastei deegtested

MAKLIKE PASTEIDEEG MET KOOKWATER
Ek weet nie hoekom het ek altyd so gesukkel met pastei korse nie dit was altyd ‘n hele gedoente totdat ek by ‘n vriendin ‘n eenvoudige en baie lekker kors gekry het, het pasteie gemaak om te vries en toe net twee gebak om te toets, baie lekker sal nooit weer iets anders maak nie.
4 koppies meel
500 g margarien (ek verkies Spar se maak)
1 koppie kookwater
sout

Los margarien in kookwater op.
Meng met meel en sout.
Plaas in yskas tot goed koud verkieslik oornag.
Rol uit en gebruik.
Die deeg vries baie goed rou.
Foto en resep:  Marie Grobler




SNACKELS

 

snackel doppiestested

SNACKELS
Foto: Louise Smart Prinsloo
FOOD LOVERS RECIPES
RESEP :
1½ koppies koekmeel
1 eier
1 teelepel bakpoeier
½ koppie melk
1 koppie water
sout en peper
Meng die melk en water eers saam, geklits en toe die droë bestanddele bygevoeg en gemeng.
Beslag het omtrent 8 dosyn gelewer.
WENK : Vul doppies net voor opdiening om te verhoed dat hulle pap word.

snackel 1snackel 2snackel 3snackel 4snackels gevul

Doop eers yster is warm olie.
Doop warm yster in beslag (beslag moenie oor boonste rand van yster gaan nie).
Braai tot ligbruin.
Skud doppies af op handoek rol.




SNACKLE DOUGH

snackle doppies leegsnackels

SNACKLE DOUGH
Recipe:  Annerie Mac Donald
Photo:  Magda Pieterse
FOOD LOVERS RECIPES
2 eggs
1 cup flour
1 teaspoon sugar
1 teaspoon baking powder
pinch of salt
1 cup water
3 cups vegetable oil

Beat egg add dry ingredients.
Add the water and stir until well combined. Heat oil until medium hot.
Place the iron into the oil until well heated.
Removed from the oil and dip into the batter and then back into the oil.
Cook until light brown.
They should pop off the iron on their own – if not, remove with the tip of a knife.
Take out of the oil.
Cool down the snackles and fill with filling of your choice.
Enjoy

 




“SWEETCORN” TERT KORS

 

FLR BB be the first to give us a photo!!tested

Kors ;
1k meelblom
1tl sout
125g botter of marg
215g blik sweetcorn
Sif meel en sout Vryf botter in tot dit soos fyn broodkrummels lyk Roer sweetcorn by Smeer mengsel oor basis en kante van jou tertpan

Alida Boshoff