MELKTERTKORS VIR 4 TERTE

KORSEtested

MELKTERTKORS VIR 4 TERTE
2 koppies meel
½ koppie suiker
¼ koppie botter gesmelt
1 eier

Meng alles saam,voeg nog botter as dit te droog is
Rol soos slang en druk in gesmeerde pan, baie dun
Bak tot ligbruin teen 180°C
Bron:  Jelana van der Merwe




LEKKER VLEISPASTEITJIES

2015-02-12-pasteitjiestested

LEKKER VLEISPASTEITJIES
Deeg:
Vryf 625 g margarien in:
6 koppies meel
½ teelepel kremetart
1 ½ teelepel sout
Maak aan met 3 eiergele en 60 ml witasyn saamgeklits in 3/4 koppie yswater.Vou toe in plastiek en plaas in yskas vir ten minste 6 ure. Die beste resultate word verkry wanneer deeg koud is.

Vulsel:
Kook saam:
1 kg gemaalde vleis
½ teelepel sout en
¼ koppie blatjang

Sodra vleis deurgekook is, voeg by:
½ teelepel aromat
¼ teelepel naeltjies
½ teelepel mosterd
½ pakkie Knorr Meat Ball Maker en
¼ koppie hawermout
1 sny geweekte bruinbrood

Druk al die water uit die brood. (ek sit nooit die brood in nie, die hawermout bind die vleis genoeg) Meng alles goed en laat prut vir 14 minuut. Druk in glasbak en laat koud word in yskas. Sny stroke en plaas op uitgerolde deeg. Vou toe en rol om, sny in verlangde groottes, smeer met geklitste eier. Bak tot mooi bruin by 180°C.
Foto: Annelise Engelbrecht
Resep geplaas deur Annelise Engelbrecht




MELKTERTKORS VIR VULSELS

tested

MELKTERTKORS VIR VULSELS
Resep deur Monique Els
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies koekmeel
½ koppie suiker
125 g margarine
1 eier
sout
2 teelepels bakpoeier

Room botter en suiker saam, voeg eier by, roer deur en voeg meel , bakpoeier en sout by.
Meng goed en druk in tertborde met vingers.
Nie te dik nie, dit rys goed.
Rond randjies af met vurk of wat ookal.
Bak in oond by 180°C vir 10 Minute.

 

 




OUMA TOM SE MAALVLEISPASTEI (AANGEPAS)

2015-02-10-oumatomtested

OUMA TOM SE MAALVLEISPASTEI (AANGEPAS)
Resep aangepas deur Elize de Kock
Foto: Elize de Kock
Amanda Conradie – Hier’s die eindresultaat…….en ek kan sê dat dit regtig een van die heerlikste pasteikorse is wat ek nog geproe het… En die vulsel is ook heerlik,
FOOD LOVERS RECIPES
KORS
525 g (4 x 250 ml, ongesif, afgemeet) koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
250 g botter of margarine
325-350 ml melk

VULSEL
1 kg maalvleis
3 snye brood
5 ml cumin
5 ml koljander
30 ml Worchester sous
25 ml asyn
2 koppies (500 ml)koue water
7 ml sout
50g (125ml) gerasperde Cheddar Kaas

Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Sny die botter of margarine met 2 slaplemmesse in die meelmengsel in totdat die stukkies so groot soos ertjiekorrels is. Vryf dit verder liggies met die vingertoppe in tot taamlik goed gemeng. Sny die melk met ‘n mes in die meelmengsel in totdat ‘n sagte, hanteerbare deeg gevorm het. Druk dit liggies aanmekaar en laat ‘n halfuur in die koelkas.
Meng die maalvleis en 250ml water met ‘n groot vurk in ‘n kastrol. Sit die deksel op en kook die vleis oor matige hitte tot gaar; roer af en toe. Week die brood in die oorblywende 250ml water, voeg dit by die vleis en voeg ook die asyn, sout en peper en cumin, koljander en worchestier sous by. Roer gereeld en kook totdat die mengsel slap en slymerig is. Laat dit afkoel.
Voor verhit die oond tot 180ºC.
Rol 2/3 van die deeg taamlik dun op ‘n meelbestrooide deegplank uit en voer ‘n pasteibak met ‘n volume van 2.5 liter daarmee uit. Skep die koue vleismengsel in, strooi die kaas oor, sny die deegrande netjies en maak dit met koue water klam. Rol die oorblywende deeg uit en plaas dit oor die vulsel. Druk die rande styf vas en sny netjies. Sny blom- en blaarfatsoene met die oorskietdeeg. Maak die fatsoene met koue water klam en plak hulle op die bo-kors vas. Sny een of twee opening op die bo-kors waardeur die stoom kan ontsnap. Verf geklitste eier oor die kors. Bak die pastei 25-30min. Sit dit warm voor.




Hot water pastry

 

2015-02-10-10950711_10153153805293755_3865528149508190784_ntested

INGREDIENTS:
155 g shortening
3 ml distilled white vinegar
15 ml milk
60 ml hot water
250 g all-purpose flour
6 g salt
4 g cornstarch

DIRECTIONS:
In a large bowl, combine shortening, vinegar, and milk. Pour in hot water and whip until mixture is smooth.
In a separate bowl, mix together flour, salt, and cornstarch. Add flour mixture to shortening mixture and stir just until dough comes together. Roll out dough between sheets of wax paper. If dough is difficult to work with, refrigerate before rolling.
Use 2 thirds for the base and the remaining 1/3 for the topping. Enough for 1 9 inch pie (springform pan works the best).
Source: Allrecipes.com
Pictures: Adele Berndt‎




ELSABIE SE SLAP DEGIE TERT

2015-02-05-elsabetested

ELSABIE SE SLAP DEGIE VIR PASTEI OF TERT
Sif saam:
250 ml koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
Meng:
¼ koppie olie
1 eier
melk
Gebuik ‘n 250 ml maatkoppie om die vloeistowwe bymekaar te voeg.
Giet die olie en 1 eier in die koppie en vul die koppie verder met melk tot ‘n vol 250 ml.
Meng die vloeistof by die gesifde meelmengsel en meng tot dit ‘n slapdeeg vorm, maak seker daar is geen klonte (gebruik ‘n eierklitser of draadklitser).Giet die beslag in ‘n gesmeerde oondbak (inhoud van 2 liter is groot genoeg).
Dit mag min lyk maar dit gaan uitrys.
Skep nou enige gaar koue oorskietvleis (opgesnyde braaivleis of wors, fyn gaar wildsvleis, maalvleis, stowe vleis in stukkies gesny, blikkies vleis of vis (bully beef, kerrievis, tuna), groente (veral gaar gemengde groente is baie lekker en ‘n manier om die kinders te kry om dit te eet) bo-op die deeg en strooi 1 koppie Cheddar kaas oor.
Bak die pastei by 200ºC in ‘n voorverhitte oond vir 20 – 25 min.
In my gasoond bak dit nog songeveer 5 minute langer.
Variasie – Heerlik vir kosblikke, ook aangesien dit soos ‘n souttert is.
Ek het al mieliepitte of versuikerde mielies by die deeg ingeroer en dan net gerasperde kaas en gerookte paprika oorgestrooi.
Jy kan self ‘n soet weergawe maak, deur geblikte appelkose bo-op te plaas en dan die perskestroop oorskep wanneer dit uit die oond kom.
Ek het al een met groente, oorskiet braaivleis en wors gemaak met kaas en paprika oorgestrooi. Hierdie resep net dubbel aangemaak en in my oond se pan gebak.
Ek hou ook daarvan om versuikerde mielies of mielie pitte by die deeg te voeg.
Tradisioneel het my Mamma boeliebief bo-op geskep wat met ‘n blikkie tamatie- en uiesmoor opgekook was tot die vloeistof alles weggekook is. So het die resep die naam “Bully Beef Bake” gekry in ons familie en is so in ‘n resepteboek in Zimbabwe vasgevang onder my naam.
Resep en foto: Elsabie Templeton




KIKKER OU BROOD EN MIELIEPAP BIETJIE OP

FLR BB with Heart
KIKKER OU BROOD EN MIELIEPAP BIETJIE OP
Maak n beslag van
1 koppie koekmeel
1 eier
1/2 koppie melk
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel botter
knippie sout en peper
Bietjie melk ekstra om slap deeg te maak.
Melt die botter, en klits die eier daarby in, meng met half kp melk.
Meng die droe bestanddele en meng met die vloeistof mengsel. Indien die mengsel te dik is, voeg bietjie melk by tot ‘n slap beslag
Neem ou snye brood en doop in die beslag. Bak in warm olie. Bedien met kaas of biltong.
Maak Mieliepap en skep in n laagpan, druk mooi vas. Laat staan oornag, sny in skywe en doop in beslag.
Bak bruin in olie.
Bedek met oorskiet stukkies vleis en fyn pietersielie. Gebruik vir ontbyt!




EIERLOSE KLUITJIES (DUMPLINGS)

dumplingstested

EIERLOSE KLUITJIES (DUMPLINGS)
1 ½ koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
4 eetlepels botter of margarien
1 koppie melk

Meng die droë bestanddele saam, voeg die botter of margarien by en vryf dit by die droë bestanddele in. Voeg die melk by en meng tot ‘n sagte deeg. Skep lepelsvol van die deeg op die vleis, plaas die deksel op en kook vir 20 min op ‘n lae hitte.
Foto en resep: Hannelie Bezuidenhout




DEEG VIR VIS, SAMPIOENE OF UIE RINGE


DEEG VIR VIS, SAMPIOENE OF UIE RINGE
1 botteltjie bier, sodawater of sprite
¾ koppie bruismeel
¼ koppie suurlemoensap
1 teelepel swart peper
1 teelepel sout
bietjie suurlemoenpeper (opsioneel)
Meng als en doop vis, uie ringe of sampioene daarin.
Bak in vlak olie en draai om totdat beide kante goudbruin is.

Wenke:
Uie ringe:
As jy uie ringe wil maak, skil die uie, sny die uie ringe en gooi in bak met yskaswater en ys. Laat staan vir rukkie voor gebruik. Dit werk ook goed as jy uieringe in plastieksakkie met meel skud voor jy dit in deeg sit.
Vis:
Bak vis in omtrent 1 cm diep olie. Gebruik die helfte bruismeel en die helfte mieliemeel, dan is dit nog lekkerder vir die vis!
Sampioene: Braai jou sampioene en uie bietjie, bietjie op ‘n slag anders sit dit aan mekaar vas.

Resep: Petro Collinet – Dubai, United Arab Emirates
Foto: Ansi Pypers Fourie




HEERLIKE DEEG VIR PASTEIE

pasteietested

HEERLIKE DEEG VIR PASTEIE

4 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
5 ml sout
250 g margarien
250 ml melk

Sif droë bestanddele saam.
Vryf margarien in, meng met vinger punte.
Meng melk goed in.
Plaas in yskas vir 30 min voor gebruik.
Verf deeg met geklitse eier.
Bak by 180ºC vir ongeveer 15 – 25 min hang af van die groote van die pasteie en watse oond jy gebruik.
BRON – Theresa Peel-Van Loggerenberg
FOTO:  Adam Cloete