HEERLIKE IDEES MET WINKELDEEG

tested
HEERLIKE IDEES MET WINKELDEEG
Ria Magdalena Susanna – Druk dit platterig op oliebesmeerde oppervlak, druk groot rondings uit vir vetkoek, maak olie lekker warm, en bak dit. Heerlik met maalvleis, of botter en stroop.

Anzel Viljoen – Vetkoek .. of gevulde brood .. rol uit sit vulsel op rol op en bak of maak kaas buns .. rol bolletjies sit kaas op en bak

Tanya Smith — Ek gaan dit more maak as ons braai. Meng room en chrushed garlic. Gooi bietjie op bodem van gesmeerde oondpan. Rol deeg balletjies en gooi res van garlic room bo oor. Strooi kaas oor en bak tot gaar.

Magde Van der Kolff – Laat die deeg bietjie buite staan …as jy nie nou tyd het bere in yskas en haal more oggend uit ……dit moenie koud wees as jy dit bewerk ..ek bedoel deeg ….knie so klein bietjie en maak balletjies ….pak dit bolletjiegewys in n ronde pan oc in beskuitpan en bak op 180 grade tot gaar ..so 35 minute druk toetspen in om seker te maak. Haal uit en smeer met botter …heerlik. Ek meng natuurlik soms gerasperperde kaas, stukkies ham en knoffelspeserye in en maak dan eers balletjies ….heerlik by braaivleis

Magde Van der Kolff – Ook heerlik op stew ….rol uit en druk rond uit en sit op gaar vleis wat prut vir nog n halfuur

Ester Barnard – Smelt botter,knoffel en pietersielie in mikro. Verhit oond 180%. Rol deeg in bolletjies en rol in bottermengsel. Pak in ronde gesmeerde oonbak. Gooi orige bottermengsel bo-oor. Bak 25-30 min. Yum!

Renita Van der Merwe – Ons braai dit soos plat roosterkoeke op die vuur en sit dan biltong en kaas op. Sit weer op vuur tot kaas smelt!

Erika Weber Vos – Gooi vrugte mengsel in en lekker speserye, maak bolletjies en bak in oond. Jou eie paasbolle vir ontbyt.

Norette Janse van Rensburg- Rol deeg uit soos ‘n rolkoek Smeer bladjan of Sweet Chilly sous of so iets op Sny stukkies redpepper, green pepper sampioene en ham/bacon bo-oor Strooi gerasperde kaas oor Rol op soos vir ‘n rolkoek Sny dukkerige skywe/wiele en pak in gesmeerde swartpot Sit deksel op en plaas in oond of op die vuur met matige kole bo en onder pot Geniet saam met braaivleis of sop.

Ek het baie appels geskenk gekry, toe vat ek gekoopte winkel brood deeg, sny appels in blokkies meng kaneel en karamelsuikker en sit binne in deeg bolletjies. Gooi 250 ml room oor en weer kaneelsuiker. Nou wag ek dat die oond sy werk doen op 180°C.
Resep en foto: Carla Botha




VINNIGE PASTEI DEEG

vinnige deeg Marietjietested

VINNIGE PASTEI DEEG
4 koppie meel.
500 g maragarien.
1 koppie kookwater.
Knippie sout.
Smelt margarien in kookwater meng met meel en sout. Laat oornag in yskas afkoel. Kan gevries word.
Resep:  Marietjie van der Merwe

Of
3 kp meel.
250 g margarine
250 cream / room
salt
Meng goed en rol uit… sit onder of bo-oor jou vleis vir ‘n pastei…
Resep: Ria Janse van Vuuren




JAPTRAP PASTEIDEEG

2015-03-03-minceandsweetcornpasteitested
JAPTRAP PASTEIDEEG
Gebruik enige vulsel werk lekker met oorskiet vleis
1/2 koppie olie
1 eier
3/4 koppie meel
1/2 koppie melk
2 teelepels bakpoeier
Sout na smaak ek verkies aromat
Gooi als in bak en meng goed. Gooi oor vleis bak in oond 180ºC vir so 30 min of tot goudbruin. (beter om oor koue vleis te gooi) het al so bietjie kruie ook in die deeg gegooi en op ‘n ander tyd so bietjie kaas hang af waarvoor ons lus is. Het al uie opgesny en gebraai en oorskiet braai gemeng met die uie en die deeg oorgesit
Bron:  Estelle Krüger Van Pletzen




DOPPIE RESEP MET SOET EN SOUT VULSELS

2014-11-03-doppies

DOPPIE RESEP MET SOET EN SOUT VULSELS
750 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
3 ml sout
250 g botter
2 eiers
15 ml suiker
Sif droë bestanddele saam. Vryf botter in.
Klits eier en suiker tot skuim. Voeg by droë bestanddele.
Meng goed tot stywe deeg.
Rol uit – nie te dun.
Druk met koekievorm ‘n ronde sirkeltjie uit.
Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie. Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie
Bak 8-10 min by 190ºC.

SOUT VULSELS.
Salm vulsel:
1 blikkie pienk salm
2 eetlepel sandwichspread
2 eetlepel mayonnaise
sout en peper
Meng alles en skep in doppies

Komkommer vulsel:
1 gerasperde komkommer (gedreineer)
1 fyn gedrukte  gekookte eier
1 eetlepel mayonnaise
sout en peper
Meng alles goed en skep in doppies.

Polonie vulsel:
1 koppies fyn gerasperde polonie
1 fyngedrukte gekookte eier
1 eetlepel mayonnaise
sout en peper

Maasksaas/ham vulsel:
125 g ham (fyn gerasper)
100 ml mayonnaise
1 houertjie maaskaas
30 ml pietersielie gekap
30 ml agurkies gekap
30ml ui gekap
sout en rooipeper
Meng alles goed skep in doppies en gooi paprika bo-oor.

Hoender/ham vulsel:
1 pakkie room sampioensop poeier
50 ml koekmeel
50 ml melkpoeier
750 ml water
100 g ham gekap
30 ml agurkies gekap
sout en rooipeper
Meng droë bestanddele in ‘n pot voeg water by en kook tot dik en gladde mengsel.
Laat prut vir so 5 minute – Voeg ham en agurkies by meng en laat afkoel.
Voeg sout en peper by en skep in doppies.

VULSELS SOET:
Cremora vulsel:
1 koppie cremora
¼ koppie kookwater
Meng bogenoemde
Voeg by ½ blikkie kondensmelk en ¼ koppie suurlemoensap
Meng goed deur en gbruik as vulsel.

Lemon curd:
2 eetlepel botter
1 koppie suiker
2 eiers
2 suurlemoene – skil gerasper en sap uitgedruk
Smelt suiker en botter, voeg suiker en suurlemoensap en skil by
Klits eiers en GOOI WARM MENGSEL geleidelik by die eiers terwyl jy roer.
Laat prut en roer die heeltyd tot dik. Koel af en sit in doppies.

Dadel vulsel:
1 blik kondensmelk
250 g dadels (fyn gesnipper)
400 ml klapper
Meng alles goed en skep in doppies.

Karamel Kondensmelk vulsel:
1 blikkie caramel treat
Peppermint sjokolade (gerasper)
Styfgeklopte room
Gesnipperde kersie
Skep ½ teelepel sjokolade onder in doppie, dan karamel, dan geklopte room en kersie bo-op

Melktert vulsel:
3 eetlepels koekmeel
4 koppies melk
½ koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
3 eetlepel maizena
4 eiers
1 eetlepel botter en knippie sout
Meng maizena en meel met bietjie van die melk.
Klits eiergele goed en klits die suiker by, voeg vanilla en sout by.
Verhit melk tot kookpunt en roer meelmengsel by. Kook tot gaar.
Roer nou die eiermengsel in en laat stadig opkook. Haal af van hitte en roer botter in.
Klits eierwitte tot styf en vou in. Skep in doppies en strooi kaneelsuiker bo-oor

Pynappel vulsel:
1 pynappel (gerasper)
1 teelepel botter
2 eiers
½ koppie suiker
½ koppie water
4 teelepels vlapoeier
Kook pynappel, water en suiker tot gaar. Klits eiergele en roer vlapoeier by – voeg by pynappel – Kook tot gaar. Haal van stoof af. Klits eierwitte tot styf en vou in by mengsel. Moenie mengsel weer kook nie, skep direk in doppies.

 




CRUST RECIPES

crust
CRUST RECIPES
Lemon and Sage Crust:
25 g melted butter * 50 g fresh breadcrumbs *  zest of 2 lemons *  30 ml sage leaves, finely chopped *  15 ml lemon juice *  salt and freshly ground black pepper to taste.

Garlic and Herb Crust:
50 g fresh breadcrumbs * 1 clove of garlic, crushed * 5 ml grainy mustard * 5 ml fresh rosemary, finely chopped * 25 g melted butter * salt and pepper to taste

Black Pepper Crust :
50 g fresh breadcrumbs * 1 clove of garlic, crushed * 2 ml cracked/coarsely ground black pepper * 25 g melted butter * pinch of thyme * pinch of marjoram * salt to taste

Mediterranean Crust :
⅓ cup fresh Italian breadcrumbs * ⅓ cup Parmesan cheese * 2 cloves of garlic, crushed * 15 ml fresh oregano, chopped * 30 ml fresh parsley, chopped * 15 ml lemon zest * 30 ml lemon juice * 30 ml olive oil * 2.5 ml salt * 2.5 ml freshly ground black pepper

Source: SafariOstrich




AARTAPPELSUURDEEG

aartappelsuurdeeg hendrik
AARTAPPELSUURDEEG
2 medium aartappels
500 ml gekookte water
3 ml aktiewe droë gis of 5 g persgis
125 ml lou water
25 ml suiker
10 ml sout
fles met deksel

Was, skil en rasper die aartappels, gooi kookwater oor en laat afkoel.
Week die gis in die 125 ml lou water.
Meng die suiker, sout en geweekte gis goed met die lou aartappelmengsel, gooi in die fles en skroef toe maar nie styf vas nie.
Maak warm toe en laat vir 6 tot 8 ure lank of oornag op ‘n warmerige plek staan. Die suurdeer sal skuimerig word en fles vul of selfs uitloop as die gis baie aktief is. Daarom moet die fles nie dig toegeskroef word nie, want dit kan bars.As dit te lank gelaat word verswak die gis.Afname in volume is teken daarvan.
Hou 250 ml gis in die toe fles vir ‘n plantjie. Syg die res deur ‘n draadsif as die aartappels grof gerasper is of gebruik net so as dif fyngerasperde aartappels is.
Knie volgens die insuur- of direkte deegmetode.
Foto:  Hendrik Markgraaff




RIA SE DOPPIES

doppies belindatested
RIA SE DOPPIES
3 koppies koekmeel
3 teelepel bakpoeier
½ koppie suiker
3 eiers
250 g margarien
½ teelepel sout
Vryf margarien in droë bestanddele in.
Klits die eiers goed.
Meng die eiers met die meelmengsel en rol baie dun uit. Maak groot tertdoppe of druk klein doppies af.
Die geheim is om die deeg nie te rek as jy dit in die pannetjies insit nie dan krimp dit terug. Ek laat myne bietjie in pan rus voor ek dit bak.
Bak ongeveer 10 minute op 180 ºC of tot dit droog voel en verkleur
Nota:
Ek kry so 5 dosyn doppies uit 4 koppies melk en melktert pap uit, hang natuurlik af hoe diep jou doppies is… 3 liter melk behoort genoeg te wees vir 200 doppies

Resep en foto Ria Jacobs
Foto:  Belinda Derrick Duvenage
Nota van Belinda:  76 Klein muffinpannetjie grootte doppies




BROOD DOPPIES

brood doppies Marie louisebrood doppies 1 marie louisebrood doppies 2 marie louisetested
BROOD DOPPIES
Resep en foto:  Marie Louise Meyer
FOOD LOVERS RECIPES
Maklike voorgereg – brood doppies! Dit is regtig ‘n wenner en goedkoop.
Maak doppies van uitgerolde brood.
Vul met enige gaar vulsel:
hoender, maalvleis, tuna of eier

Moenie die korsies afsny voor jy dit uitrol nie.
Smeer net die pannetjie (vlak kolwyntjie pannetjie) met margarien.
Bak 5 min teen 180°C.
Laat in oond afkoel.
Vul met jou vulsel van keuse, versier en dien op.
Jy kan die doppies ‘n dag of 2 dae voor die tyd maak, bêre net met kombuishanddoek in ‘n koekblik.




SOETKORS

2015-02-25-tastetested

SOETKORS
(krimp glad nie)
4 koppies meel
1 koppie suiker
1 eetlepel vlapoeier
1 teelepel sout
250 g margarien
3 teelepels bakpoeier, afgeskraap
2 eiers

Room suiker, margarien en eiers.
Meng droë bestanddele met hand in botter mengsel in.
Rol uit tussen 2 lae plastiek wat met meel bestrooi is anders sit deeg vas aan roller.
Smeer kolwyntjie panne plaas afgedrukte deeg daarin.
Prik bodem met vurk.
Bak 180°C tot ligbruin. (± 15 min.
Kan lank in lugdigte houer gebêre word.
Vir groot tertkorse:
Druk deeg in tert bakke, prik bodem met vurk.
Bak 180°C tot ligbruin.
Kan lank in plastieksak gebêre word.

Bron:  Issie Snyman




HEERLIKE DEEG VIR GEBAKTE VIS

2013-07-04-gebaktestokvistested

HEERLIKE DEEG VIR GEBAKTE VIS
Resep:  Rina Kleinhans
Foto:  Amanda Bosman
FOOD LOVERS RECIPES
Meng aromat en meel, doop al jou vis daarin, bedek goed  met meel en plaas die vis in die yskas om koud te word.
Maak ‘n deeg van die volgende:
2.5 koppie koekmeel
2.5 teelepels bakpoeier
3.5 koppie water
1/3 teelepel koeksoda (mespunt soos die oumense sal se)

Laat die deeg rus vir tenminste 5 min. Skud nou al die oortollige meel van die vis af.
Doop in die beslag en bak in matige warm olie tot mooi bruin.
Geniet hom.
Nota: Amanda Bosman –  En die eindresultaat is perfek!! Die degie het op gebly en die vis lyk heeeerlik!!
Nota – Christa Botha van Zyl ek maak my deeg geel met eiergeel of vlapoeier en sit die stukkie vis op ‘n sosatie stokkie vir maklike eet
Foto: Christa Botha van Zyl