PETRE SE MELKTERTJIES

PETRE SE MELKTERTJIEStested
PETRE SE MELKTERTJIES
(Lewer 84 doppies)
(Krimp glad nie)

Soetkors:
4 koppies koekmeel
1 koppie suiker
1 eetlepel vlapoeier
1 t sout
250 g margarien
3 teelepels bakpoeier, afgeskraap
2 eiers

Room suiker, botter en eiers. Meng die droë bestanddele met vingerpunte in die bottermengsel.
Rol uit tussen twee lae plastiek wat met meel bestrooi is, anders sal die deeg aan die roller vassit.
Smeer kolwyntjiepanne, plaas afgedrukte deeg daarin. Prik bodem met vurk.
Bak tot ligbruin by 180°C vir ongeveer 15 minute.
Kan lank in lugdigte houer gebêre word.

Melktertvulsel:
(Baie lekker en romerig)
(Lewer 60 klein melktertjies)
4 koppies melk
1 eetlepel margarien
3 groot eiers
¼ teelepel sout
1 koppie suiker
1 ½ eetlepel koekmeel, rond opgehoop
1 ½ eetlepel milieblom, rond opgehoop
1 eetlepel vlapoeier
1 teelepel vanilla

Kook die melk en margarien saam.
Klits die eiers, sout, suiker en vanilla saam.
Sif die meel, mieliblom en vlapoeier saam.
Voeg die meelmengsel by die eiermengsel.
Voeg die meel by die eiermengsel en klits goed sodat al die klontjies kan oplos.
Roer ‘n bietjie van die kookmelk by die eiermengsel. Roer dan geleidelik by die kookmelk in pot.
Roer tot vulsel verdik. Verwyder van hitte, sit deksel op en laat 1 minuut lank kook.
Laat afkoel en plaas in yskas tot koud. Spuit koue melktertpap in doppies.
Strooi pypkaneel met ‘n siffie oor.

FOTO – Petré Van Jaarsveld




PETRE SE DOPPIE RESEP

2015-12-01-petresedoppiereseptested
PETRE SE DOPPIE RESEP

(Lewer 84 doppie) (Krimp glad nie)

Soetkors:-
4 k meelblom
1 k suiker
1 E vlapoeier
1 t sout
250 g margarine
3 t bakpoeier afgeskraap
2 eiers

Room suiker, botter en eiers. Meng die droë bestanddele met vingerpunte in die bottermengsel. Rol uit tussen twee lae plastiek wat met meel bestrooi is, anders sal die deeg aan die roller vassit. Smeer kolwyntjiepanne, plaas afgedrukte deeg daarin. Prik bodem met vurk. Bak tot ligbruin by 180 grade Celcius vir ongeveer 15 minute. Kan lank in lugdigte houer gebêre word.

Resep en foto:  Petré Van Jaarsveld
(Uit:- Watertand Wenners ……. Ten bate van die Bejaardesorgfonds vir personeel van die SA Polisiediens)




JOHAN SE SLAPDEGIE VIR VERSKILLENDE BAKKE

 

slapdegie johan snyder 1tested

JOHAN SE SLAPDEGIE VIR VERSKILLENDE BAKKE
Slapdegie:
3 eiers
375 ml sonneblom olie
375 ml melk
360 ml koekmeel
3 ml sout
30 ml bakpoeier

Klits al die bestanddele vir die kors saam om ‘n sagte gladde deeg te vorm.
Oondvaste bak van 30 cm x 30 cm.
Nota!!!
Die kors is so saamgestel dat dit in derdes werk.

1, 2, 3 eiers
125, 250, 375 ml olie
125, 250, 375 ml melk
120, 240, 360 ml koekmeel
1, 2, 3 ml sout
10, 20, 30 ml bakpoeier
Hierdie is spesiaal gedoen sodat jy verskillende bakke kan gebruik, moenie kleiner gaan as ‘n bak van sowat 15 x 20 cm nie. Jou bak moet ook redelik diep wees (10 cm) omdat die kors redelik uitrys.

RESEP EN FOTO:  ‎Johan Snyder




DRIE BESTANDDEEL SLAP DEEG

slap deegtested
DRIE BESTANDDEEL SLAP DEEG
1 koppie bruismeel
1 koppie melk
1 koppie mayonaisse

Meng goed saam, gooi oor pastei en bak by 180ºC vir 30 minute.  Indien nodig, rooster dit bietjie bruin.
Bron:  Johan Brits




ELSA SE TERT DEEG VIR DOPPIES EN KORSE

ELSA SE TERT DOPPIEStestedelsa se kors blind gebak

ELSA SE TERT DEEG VIR DOPPIES EN KORSE
Ek het my ouma se resep gebruik.
Broskors tert deeg
2 koppies meel
1/2 koppie botter
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout
Bietjie yswater (1/4 koppie gebruik)

Meng meel, bakpoeier en sout. Vryf botter in en voeg yswater bietjie vir bietjie by.
Werk deur met ‘n mes. Moet nie knie nie. Rol uit en druk af.
Deeg vir groot en klein terte. Bak blind vir 10 min op 180º C.
Nou kan enige vulsel gebruik word.. geniet
FOTO EN RESEP: Elsa du Plessis

 

Carina D Van Aardt
Hier is ‘n wenk vir almal wat doppies maak – koop ‘n klein muffin pan – draai om en spray olie die agterkant – le die tert rondtes oor dit sit ‘n plat koekie plaat oor die top, bak in oond vir 12 min – doppies is reg vir enige vulsel en kan gevries word en weer gebak word – het dit al probeer met groot muffin pan ook – vat chocolate chip cookie deeg en le oor agterkant – bak at 180’C en gebruik vir roomys bakkies vir poeding! Geniet dit almal – speel met deeg




KOEKIE KORS

 

koekie korstested

KOEKIE KORS

2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies, gekrummel
125 g botter, gesmelt

Meng die beskuitjies en botter deeglik. Druk dit in ’n reghoekige tertbak van 30 cm vas en plaas in die yskas om stewig te word.

Giet vulsel van jou keuse daarin.

 




CRAZY DOUGH FOR EVERYTHING

crazy dough vetkoektested
CRAZY DOUGH FOR EVERYTHING

Serves: about 4 lb (1.8 kg) dough
1 cup (220 ml, 220 g) milk, lukewarm
2 teaspoons sugar
80 g fresh yeast (or 4 teaspoons active dry yeast or 4 tsp instant yeast)
6⅔ cup (1 kg) all-purpose flour
3 teaspoons baking powder
3 twaspoons salt
1½ cup (360 ml, 360 g) plain yogurt
2 whole eggs

In a small bowl, combine lukewarm milk with sugar and yeast. Let stand until yeast activates. It will become foamy and start expanding.
Put the yeast mixture together with all other ingredients in a bowl of your mixer or food processor. Mix well. You should get soft dough, similar to pizza dough. If the dough is too dry, add a little bit of milk or water. If it is too soft, add just a little bit of flour.
You can use Crazy Dough immediately. Shape it into whatever shape you like, wait a little bit (15-20 minutes in the warm kitchen) until it starts expanding, then pop in hot oven.
Notes
Put Crazy Dough in a plastic bag, squeeze the air out and close the bag. Just to be safe, you can put it all together in another bag because the dough will continue expanding and the first bag could burst.
Keep it in your fridge for up to 3 days. You can freeze it, too.

Vetkoek photo:  Thomas En Brigitte Marx‎




BRUINBROOD PIZZADEEG

 

bruin brood pizza theodette2tested

Bruinbrood Pizzadeeg

500ml Bruinbroodmeel/koekmeel
10 ml Bakpoeier
2ml Sout
30 ml Botter (2 eetl)
200 ml Melk of water

Sif meel, bakpoeier en sout saam
VRYF botter deeglik in
SNY melk geleidelik in totdat ‘n sagte deeg gevorm word
Strooi meel op tafel en rol deeg uit en gebruik soos benodig
Heerlik , vinnig en maklik

Resep:  Norette Janse van Rensburg

Foto: Theodette Barry




PATTY PRESS TARTLETS

PETTY PRESStested
PATTY PRESS TARTLETS
Savoury tarts
1 cup butter
2 eggs
1 cup grated cheese
3 cups cake flour
2 teaspoons baking powder
½ teaspoon salt
Mix all together, form small balls and put in greased patty pan. press with ‘patty press’. Remember to cover press with flour each time.

For Sweet tarts replace the cheese with 1 cup of sugar.

Vulsels is melktert mengsel, pynappelvulsel, appelvulsel en gemmervulsel en natuurlik die staatmaker caramel kondensmelk…..geniet!!!

Resep geplaas deur Ria Vermeulen




SAGTE BROSKORS PASTEIDEEG

 

2015-07-25-sagtebroskorspasteideegtested

SAGTE BROSKORS PASTEIDEEG
500g gewone koekmeel
500g botter
1 koppie kookwater
knippie sout
Sny die botter in blokkies en giet die kookwater daaroor. Roer tot die botter gesmelt het. Indien nodig, soos in baie koue weer, plaas dit in ‘n kastrol op baie lae hitte op die stoof om die smeltproses aan te help. Sif die koekmeel en sout saam en voeg by die gesmelte botter. Meng goed en krap dit uit op waspapier. Draai toe en plaas in die yskas vir ten minste 30 minute. Rol uit soos jy skilferdeeg sal uitrol. Rol vinnig maar liggies tot redelik dun en vou die deeg op tot ‘n vierkant. Rol weer uit en doen dieselfde. Plaas terug in die yskas vir ten minste 10 minute. Herhaal die proses en plaas weer terug in die yskas tot gereed vir gebruik. Rol vir oulaas uit en gebruik soos benodig. Verf met geklitste eier en bak by 180ºC vir 30 minute tot goud bruin.
Bron en foto: Adam Cloete.