FAIRY WINGS

Fairy Wingstested
FAIRY WINGS
Resep:
2 eiers,
1koppie melk,
1 teelepel suiker,
halwe teelepel sout,
1 teelepel vanilla essence,
1 en n halwe koppie bruismeel.

Meng alles goed saam.
Maak olie warm.doop yster in warm olie,dan in beslag,dan weer in warm olie vir 30 sekondes.gebruik n skoon lappie om uit yster te druk.

Sprinkel versiersuiker oor.geniet

BRON EN FOTO: Anthea Syfert




DOUGH FOR NAAN BREAD AND PIZZA’S

naan of pizzatested
DOUGH FOR NAAN BREAD AND PIZZA’S
Frans Odendaal het onlangs vir my die resep van die broodjies gestuur. Heerlik en ek het dit sommer vir pizza korse gebruik en my mense was gaande daar oor, sal verseker nie weer n ander kors vir my pizzas gebruik nie. Dis so vinnig en maklik! Kors word net 3 min elke kant ge “grill” in oond
1 (7g) package active dry yeast
1 cup warm water
¼ cup white suGar
3 tablespoons milk
1 egg, beaten
2 teaspoons salt
4½ cups bread flour
2 teaspoons minced garlic (optional)
¼ cup butter, melted

In a large bowl, dissolve yeast in warm water. Let stand about 10 minutes, until frothy. Stir in sugar, milk, egg, salt, and enough flour to make a soft dough. Knead for 6 to 8 minutes on a lightly floured surface, or until smooth. Place dough in a well oiled bowl, cover with a damp cloth, and set aside to rise. Let it rise 1 hour, until the dough has doubled in volume.
Punch down dough, and knead in garlic. Pinch off small handfuls of dough about the size of a golf ball. Roll into balls, and place on a tray. Cover with a towel, and allow to rise until doubled in size, about 30 minutes.
During the second rising, preheat grill to high heat.
At grill side, roll one ball of dough out into a thin circle. Lightly oil grill. Place dough on grill, and cook for 2 to 3 minutes, or until puffy and lightly browned. Brush uncooked side with butter, and turn over. Brush cooked side with butter, and cook until browned, another 2 to 4 minutes. Remove from grill, and continue the process until all the naan has been prepared.

Recipe posted by Frieda Greyling




GIDEON SE PIZZA DEEG

PIZZA DEEGtested
GIDEON SE PIZZA DEEG
2 koppies koekmeel
200 ml louwarm water
1 eetlepel suiker
1 eetlepel sonneblom olie
5 g gis
½ teelepel sout

Sif die droë bestanddele en meng die olie en die water, voeg alles in ‘n mengbak en meng tot ‘n elastiese deeg. Knie goed en laat rys tot dubbel die volume.
Deel die deeg in drie ewe groot dele en rol uit. Sny ‘n sirkel so groot soos ‘n bord en plaas een in ‘n plat oondpan wat gespuit is. Smeer die basis met knoffel (crushed garlic), strooi dan die hele basis met gerasperde Chedder kaas, plaas in ‘n voorverhitte oond op 180°C en bak vir ±10 min. Voeg dan oor die hele basis gerasperde parmasaan kaas en grill net vir 2 min. Garneer met grasuie en maal ook ‘n bietjie swart peper oor.
Vroulief het toe ‘n lekker bord kookkos gemaak bestaande uit uie, pampoen en lamsvleis. Ek skep toe my kookkos bo op my pizza met ‘n bietjie van die kookkos se sous daaroor en siedaar heerlik was dit!
Bron: Gideon Louw
Foto’s: Gideon Louw




JOHAN SNYDER SE HEERLIKE KORS

KORSE
JOHAN SNYDER SE HEERLIKE KORS
Hier is die een wat ek gebruik
Kors
3 eiers
375 ml sonneblom olie
375 ml melk
360 ml koekmeel
3 ml sout
30 ml bakpoeier

Klits al die bestanddele vir die kors saam om ‘n sagte gladde deeg te vorm
Nota!!!
Die kors is so saam gestel dat dit in derdes werk

1, 2, 3 Eiers
125, 250, 375 ml Olie
125, 250, 375 ml Melk
120, 240, 360 ml Koekmeel
1, 2, 3 ml Sout
10, 20, 30 ml Bakpoeier

Hierdie is spesiaal gedoen sodat jy verskillende bakke kan gebruik, moenie kleiner gaan as ‘n bak van sowat 15 x 20 cm nie.
Jou bak moet ook redelik diep wees (10cm) omdat die kors redelik uitrys.
BRON – JOHAN SNYDER




KORS VIR SUURLEMOENTERTJIES

kors vir suurlemoentertjiestested
KORS VIR SUURLEMOENTERTJIES
1 pakkie Marie beskuitjies
1 eetlepel suiker
1 teelepel fyn kaneel
125 g margarien gesmelt

Maak bestanddele in voedaelverwerker fyn, behalwe die margarien… Meng fyngemaakte beskuitjies gied deur met gesmelte margarien…
Druk in bakkies uit…
Maak ongeveer18 pasteibakkies.
Bron en foto: Petré Van Jaarsveld




TERTKORS VAN BESKUITJIES

 

tennisbeskuitjies 2tested

TERTKORS VAN BESKUITJIES
1 pakkie Tennis beskuitjies
2 eetlepels suiker
1 teelepel fyn kaneel
125 g margarien gesmelt

Maak beskuitjies, suiker en kaneel fyn in voedselverwerker.
Meng met gesmelte margarien.
Druk in terbord/bak vas met ‘n teelepel.
Bak vir 10 minute teen 180ºC (opsioneel).
Bron: Petrè Van Jaarsveld




VINNIGE PIZZA

vinnig pizza Tharinatested

VINNIGE PIZZA
Kors
275 g (500 ml) bruismeel
150 ml kookwater
125 ml kookolie
knypie sout
Vulsel:
3-4 middelslag tamaties , geskil en gekap
10 ml tamatiesous
1 ml gedroogde orego of basiliekruid
125 g ontbytspek , gesnipper
150 g (375 ml) gerasperde Chedder-kaas
Plaas die bruismeel, kookwater , kookolie en sout in n plastiek houer met n deksel wat seel. Skud die houer heen en weer todat n sagte deeg gevorm het. Druk die deeg ewe dik in n rolkoekpan van 35 x 25 x 2 cm. Bedek dit liggies met n klam doek en hou dit eenkant tot benodig. Smoor die tamaties en uie tot dik en gaar en laat afkoel .Voorverhit die oond tot 180°C (350°F) Smeer die tamatiesous oor die rou kors.Smeer die gesmoorde tamaties bo-oor. Strooi die orego of basiliekruid oor en plaas die speksnippers bo-op. Strooi die kaas oor. Bak die pizza 30 minute of todat die kaas begin verbruin op die middelste oondrak. Sit dit warm voor.




PETRE SE VRUGTE PASTEITJIES

2015-12-10-petresevrugtepasteitjiestested
PETRE SE VRUGTE PASTEITJIES
(Maak 60)
4 x 425 g pakke Fruit mince
½ teelepel fyn gemmer
½ teelepel fyn kaneel
½ teelepel gemengde speserye
¼ teelepel fyn naeltjies
50 ml brandewyn
Meng goed en skep 1 ½ teelepel van mengsel in bakkies wat uitgevoer is met deeg.
Druk dekseltjies uit.
Smeer rand met eiermengsel.
Skraap rante gelyk . Druk patroontjie op rante met ‘n vurk en smeer eiermengsel bo-oor.
Bak 15 minute teen 180ºC of tot goudbruin.
Sif strooisuiker bo-oor sodra uit die oond kom. Laat afkoel verpak in lugdigte houer

ROOMDEEG
Ek gebruik dit vir tertjies soet of sout.
6 koppies koekmeel
1 teelepel sout
5 teelepels bakpoeier
250 ml room
1 ½ pond botter (680-700 g)
yswater of koue sodawater

Sif droë bestanddele saam. Rasper botter in droë bestanddele in. Vryf met vingers tot dit soos broodkrummels lyk, voeg die room by. Meng verder met yswater of sodawater tot ‘n stewige deeg vorm( indien nodig- lees nota). Verkieslik moenie pap wees nie, gebruik soos verkies, jam tertjies, groot terte, smeer met eier en melk mengsel voor gebak word by  180 ºC.   My gunsteling jamtertjie deeg .
Nota:
Ek het nie nodig gehad om water of sodawater by te voeg nie.
Het ook geen bakpoeier by gevoeg nie.
Resep en foto:  Petré van Jaarsveld




ROOMDEEG VIR SOET- EN SOUT TERTJIES

petre deeg met roomtestedpetre fruit tartsROOMHORINGKIES CATHY

ROOMDEEG VIR SOET- EN SOUT TERTJIES
Resep geplaas deur en foto Cathy Coetzee
2 de foto: Petré Van Jaarsveld

6 koppies koekmeel
1 teelepels sout
5 teelepels bakpoeier
1 klein bakkie room
680 g botter
sodawater of yswater
Rasper botter in droë bestanddele in.
Vryf met vingers in tot dit soos krummels lyk, meng die room by.
Meng verder met yswater of sodawater verkieslik, tot ‘n stewige deeg wat maklik uitrol, moenie pap wees nie.
Gebruik soos verkies
Jam tertjies, groot terte – smeer met eier en melkmengsel voor bak .
Bak teen 180 ºC.
My gunsteling jam tertjie deeg .

 




SOET TERTKORSE

2015-12-04-soettertkorsetested
SOET TERTKORSE
Sif 3 koppies koekmeel
10 ml bakpoeier en
2.5 ml sout saam

Meng 250 g sagte bake margarien
1 kop suiker
1/4 koppies vla poeier en
2 exstra groot eiers goed saam (vla poeier kan uitgelaat word , dit maak die tertkors net ‘n mooi kleur)

Voeg droë bestanddele by smeermengsel en meng goed ( lyk soos ‘n koekie deeg ) laat vir 30 min rus,
Rol uit en voer die tertpan daarmee uit , prik die bodem en bak vir 10 min op 180° C tot gaar en goudbruin
Gebruik vir enige soet terte
Lewer 10 tertdoppe
Bron en foto:  Magda Van Der Merwe