PIZZADEEG IN WEBER
PIZZADEEG IN WEBER
4 koppies koekmeel
1 pakkie kitsgis
10 ml sout
30 ml suiker
louwarm water (omtrent 500 ml)
Meng al die bestanddele saam behalwe water. Voeg klein hoeveelhede water geleidelik by en meng gedurig tot ‘n sagte deeg vorm. Knie die deeg tot glad en elasties, hoe langer jy knie, hoe lekkerder die deeg. Laat staan vir 30 min en rol uit so groot as wat jy die pizza wil hê.
Sit vulsels van jou keuse op. (baie mozzerela kaas)
Maak ‘n direkte vuur in weber, as jy ‘n manchurion griddle het maak ‘n groot pizza, anders gebruik ‘n pizzasteen. Sit deksel op en beheer die proses met onderste en boonste vents vir 10 tot 20 min.
Resep geplaas deur Joey Hoffman