BÊREMENGSEL VIR PASTEIKORS, SKONS EN SOUSKLUITJIES


BÊREMENGSEL VIR PASTEIKORS, SKONS EN SOUSKLUITJIES
2,2 kg koekmeel
4  eetlepels (60 ml) bakpoeier
3 teelepels sout
500 g margarien / botter / kookvet

Sif die droë bestanddele saam. Vryf die smeer by die droë bestanddele in.
Bêre die mengsel in ‘n glasfles in die yskas en gebruik soos nodig.
Pasteikors:
Maak 1 koppie bêremengsel aan met koue water. 1 eetlepel water op ‘n slag. Druk totdat die deeg net net gevorm het en laat rus vir 30 minute. Rol die deeg dun uit en gebruik soos benodig.
Skons / botterbroodjies:
1 ½ koppie bêremengsel
½ koppie koekmeel
1 eier
¼ koppie melk
Klits die melk en eier saam en voeg dit by die droë bestanddele.
Meng totdat ‘n sagte deeg vorm.
Druk die deeg plat op ‘n liggies meelbestrooide oppervlak, sowat 2 cm dik.
Druk sirkeltjies uit met ‘n drukkertjie.
Plaas die sirkels op ‘n gesmeerde bakplaat en bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 10 – 15 minute tot goudbruin en gaar.

Souskluitjies:
4 groot eetlepels bêremengsel
1 groot eetlepel koekmeel
1 eetlepel suiker
1 eier
bietjie melk
Vloeistof:
water
knypie sout
botter
Sous:
1 ½ koppie water
½ koppie kaneelsuiker
Maizena om te bind
Voeg die bestanddele vir die souskluitjies saam in ‘n mengbak en meng tot ‘n sagte deeg vorm.
Voeg 1 ½ cm water in braaipan en bring tot kookpunt (of in pot met deksel wat dig seël).
Voeg die sout en ’n paar klontjies botter by die water.
Laat botter net smelt, skep lepelsvol van die deeg in die water in die pan, plaas die deksel op en kook / stoom vir sowat 10 – 15 minute.
Skep die kluitjies uit in ‘n opdienbak waarin ‘n dik lagie kaneelsuiker gestrooi is en strooi nog kaneelsuiker bo-oor die kluitjies. Stip met klontjies botter.
Berei in dieselfde pan die sous.
Voeg die water en kaneelsuiker in die pan en bring tot kookpunt. Maak ‘n bietjie Maizena aan met klein bietjie water tot ‘n pasta en voeg dit by die suikerwater.
Roer totdat die sous die verlangde dikte bereik het.
Hou die sous eenkant warm tot bedieningstyd, giet die sous oor die kluitjies in die bak.
Notas vir die bêremengsel:
Botter en vloeistowwe moet yskoud wees.
Sif die meel.
Voeg in ‘n lugdigte houer en bêre in yskas.
Resep: Santie Carelse




PIZZADEEG IN WEBER


PIZZADEEG IN WEBER
4 koppies koekmeel
1 pakkie kitsgis
10 ml sout
30 ml suiker
louwarm water (omtrent 500 ml)

Meng al die bestanddele saam behalwe water. Voeg klein hoeveelhede water geleidelik by en meng gedurig tot ‘n sagte deeg vorm. Knie die deeg tot glad en elasties, hoe langer jy knie, hoe lekkerder die deeg. Laat staan vir 30 min en rol uit so groot as wat jy die pizza wil hê.
Sit vulsels van jou keuse op. (baie mozzerela kaas)
Maak ‘n direkte vuur in weber, as jy ‘n manchurion griddle het maak ‘n groot pizza, anders gebruik ‘n pizzasteen. Sit deksel op en beheer die proses met onderste en boonste vents vir 10 tot 20 min.
Resep geplaas deur Joey Hoffman




ANYA SE STAATMAKER PASTEIDEEG


ANYA SE STAATMAKER PASTEIDEEG
500 g blok botter
1 koppie water
4 koppies koekmeel
bietjie sout

Smelt die botter en water saam. Sit die meel en sout by en meng goed.
Laat so 3 ure in yskas rus.
Dis ‘n papperige deeg, maar raak ‘n stywer deeg as dit in yskas is.
Ek gebruik net die resep vir al my pasteie en vries goed.
Resep:  Tertius Anya De Jager




MAKLIKE PITA PIZZABROODJIES


MAKLIKE PITA PIZZABROODJIES
So ek het pitabroodjies deeg gemaak met bakpoeier (wraps) en het dit toe as pizza bassise gebruik. Die pita broodjies word in ‘n pan gebak. Toe het ek die tamatiebasis gemaak en chedder en mozzarella oorgestrooi. Ek het ‘n klomp gevries en twee gebak dat julle kan sien. Ek het karringmelk gebruik vir die pitas.

3 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
genoeg karringmelk om stywe deeg aan te maak
Moenie te veel knie nie. So 3 minute.
Rol uit in sirkels en bak in pan.
As dit klaar gepuff het, laat afkoel en vries.

Mens kan TAMATIE BASIS koop, maar dis maklik om self te maak:
1 blikkie tamatie en uie smoor
1 blikkie “tomato paste”
Kook op lae hitte tot dit styf is.
Smeer op die pita en sit jou gunsteling vulsel op met baie kaas.
Onthou om basil en swart peper en sout in jou tamatiebasis te sit.
Resep en foto:  Maya Durand




AMI SE HEERLIKE PASTEIDEEG

AMI SE HEERLIKE PASTEIDEEG
Hier is die resep en soos ek gesê het en belowe het, dit is ‘n  heerlike deeg.
5 koppies koekmeel
500 g botter
1,5 koppies kookwater
1 teelepel kremetart
½ teelepel sout

Rasper die margarien en gooi die kookwater bo-oor botter tot gesmelt.
Meng die res van die bestanddele in by die water en botter en maak aan tot ‘n deeg wat reg is om gerol te word.
Die deeg vries heerlik en werk baie lekker.
Resep:  Ami Roets




HOLSUM DEEG


HOLSUM DEEG
250 g Holsum
625 ml koekmeel
200 ml warm water
knippie sout

Smelt die vet in kookwater en meng met die ander bestanddele. Verkoel in yskas voor gebruik.
Resep:  Lynette van Heerden




NUWE MANIER VAN PASTEIDEEG GEBRUIK


NUWE MANIER VAN PASTEIDEEG GEBRUIK
Kyk hierdie oulik manier om hoenderpastei (of enige pastei) te bedien.
Hulle het twee vierkante skilferkorsdeeg gebak, plaas dan die een vierkant onder, skep jou hoender en sampioen vulsel op, sny die ander vierkant in twee driehoeke, plaas die een driehoek op die vulsel, skep weer bietjie vulsel op en sit die laaste driehoek heel bo-op.
Dit is heerlik en lyk sommer pragtig en mens se skilferkorsdeeg hoef nie weer opgewarm te word wat dit dan pap maak nie.
Foto: Rina Kleinhans




ITALIAN PIZZA BASE


ITALIAN PIZZA BASS
500 g self raising flour
1 teaspoon salt
1 sachet of instant yeast
325 ml luke warm water

Mix all together and knead for 5 minutes. Allow to rise for 30 minutes and knead again. Divide into two and roll out thin (each about 40 cm). Add some olive oil on top, then some passata. Cover with mozzarella, then bacon, peppers and mushrooms, or whatever you like. Bake at 240°C in oven for about 15 minutes.
Another good topping is, in a bowl combine shaved or peeled courgette, maybe about 5 small ones, a handful of parmesan cheese, squeeze of lemon juice and some zest, either chilli flakes or the Ina Paarman chilli and salt, a big teaspoon of crushed garlic, salt and pepper.
mix together then add above the mozzarella BUT do not put passata or tomato mix on this one.
Recipe: Graeme Patterson




ALTA SE WEN VLEISROLLETJIES OF VLEISPASTEITJIES


ALTA SE WEN VLEISROLLETJIES OF VLEISPASTEITJIES
Die resep is getoets en word al jare gebak vir tuisnywerhede.
Deeg:
2 pakke van 500 g en 1 van 250 g magarien, yskoud (volroom, ek gebruik Spar se rooiband)
12 koppies koekmeel
1 teelepel kremetart
2 teelepels sout

Meng droë bestanddele saam.
Rasper magarien grof in meel.
Vryf botter in dat dit lyk soos broodkrummels.

Klits saam:
6 eiergele
120 ml wit asyn
1 ½ koppie yswater
Voeg by meel mengsel.
Sny met mes tot alles saam kom.
Verdeel deeg in 2.

Sit in plastiek sak en druk plat dat dit ‘n reg hoek vorm, sit in yskas oornag. As jy gaan bak, haal deeg so ‘n uur voor die tyd uit om ‘n lekker werkbare deeg te hê.

Maalvleis vulsel:
3 kg maer maalvleis
600 g gerasperde aartappels

Mikrogolf dit vir so 10 min met water wat aartapels net toemaak, (ek maak dit toe met gladwrap met ‘n gaatjie in.
Braai maalvleis ‘n platboom groot kastrol in bietjie olie, roer met vurk om vleis los te kry.
Voeg gaar aartappels by, voeg 4 koppies water by, ingesluit die water wat oor is van aartappel water.
Meng saam in ‘n bakkie:
(ASB dit is die regte hoeveelhede)
9 teelepels gebreekte koljander, nie fyn nie
4 teelepels sout
1 teelepel gelyk fyn naeltjies
1 hoogvol teelepel peper
¼ koppie BBQ sous
¼ koppie blatjang
¼ koppie asyn
5 teelepels BBQ spice

Voeg dit by maalvleis, kook goed deur en roer goed deur.
Nou roer jy ‘n koppie of bietjie meer koekmeel by om ‘n nie-waterige vulsel te hê, dit moet hanteerbaar wees om in worsrolletjie te kan sit. Laat vleis goed koud word, verkieslik in yskas. Rol deeg uit, sny in stroke en vul met vleisvulsel, sny groote soos jy verkies, smeer met geklitste eierwit en bak in oond op 180°C vir ± 40 min, of tot mooi bruin soos jy verkies.
Ek sê net deeg moenie te dik wees nie, ook nie te dun nie.
Eie resep, eie vulsel, eie fotos
Resep en fotos deur Alta van Dyk




PASTEIDEEG


PASTEIDEEG
625 g margarien
6 koppies koekmeel
½ teelepel kremetart
1 ½ teelepels sout
3 eiergele
60 ml wit asyn
¾ koppies yswater

Vryf die margarien in die meel in. Meng die kremetart en sout in.
Meng die water en asyn. Klits die eiergele by.
Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en maak ‘n deeg aan.
Vou die deeg toe in kleefplastiek en laat dit rus vir so 6 ure.
Rol die uit en vorm pasteie met enige vulsel van jou keuse.
Bak teen 180°C tot mooi bruin.
Foto: Petro Kloppers