SWEETIE PIE CUPCAKES

2013-07-20-sweetiepiecupcakestested

SWEETIE PIE CUPCAKES
(Engelse resep hieronder)
180 g botter
230 g bruinsuiker
2 groot eiers
160 g koekmeel
7 ml bakpoeier
40 g kakao
120 ml melk
300 g donkersjokolade

MERIGUE-BOLAAG :
2 groot eierwitte
180 g strooisuiker
40 ml heuning
45 ml water
‘n knippie kremetart

Voorverhit jou oond 180ºC.
Klits botter en suiker tot lig en donsig.
Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke eier.
Sif die meel, bakpoeier en kakao saam.
Vou dit om die beurt met die melk in die mengsel.
Skep in kollewyntjiepapiertjies en bak vir 15 – 20 min. Laat afkoel.

DIE BOLAAG:
Klits al die bestandele saam in ‘n groot mengbak oor ‘n kastrol met bietjie kookwater – water moet nie aan bak raak nie. Klits tot die sagtepunt stadium. Spuit op afgekoelde koekie en plaas in yskas vir so 30 min om nog verder af te koel. Smelt sjokolade en skep bo-op!!!

Resep geplaas deur Amanda Heydenrych
Foto’s: Amanda Heydenrych en Ansie Olivier

English Recipe:

SWEETIE PIE CUPCAKES
Baking time : 20 minutes
Oven : 180ºC
180 g butter
239 g brown sugar
2 large eggs
160 g flour , sifted
7 ml baking powder
40 g cocoa
120 ml milk
300 g dark chocolate

MERINGUE
2 large egg white
180 g castor sugar
40 ml honey
45 ml water
pinch of creme of tartar

Preheat the oven . Beat the butter and sugar until light and fluffy . Add the eggs one by one , beating well after each addition . Sift the flour , baking powder and cocoa together . Then fold it into the butter mixture followed by the milk . Spoon the mixture into cupcakes cups that have been prepared with a non stick spray and bake for about 15-20 minutes or until cooked through. Set aside to cool .
Make the topping
Beat all the ingredients together in a mixing bowl over a pot with a little boiling water in it – it’s important that the mixing bowl does not touch the water . NOTE The steam will heat the bowl , so keep a cloth at hand to prevent yourself burning . Now place the pot on the stove over low heat , beating the mixture continuously with an electric beater ( maak maar seker die draad is lank genoeg van die beater ) until soft peaks form ( it will take about 10 minutes ) , then remove the mixture from the heat .
Spoon the mixture into a piping bag with a 1 cm round nozzle . Pipe a small spiral on each cupcake and refrigerate for about 30 minutes .
Melt the chocolate . Place the cupcakes on a wire rack and carefully cover the meringues with chocoles ; leave to harden

Photo: Petro van Genderen




INSIDE-OUT CARROT CUPCAKES

INSIDE-OUT CARROT CUPCAKES
Yield: 12 cupcakes
Preheat oven to 400°F.
Spray a 12-cup muffin tin with nonstick cooking spray.
Prepare the filling:
Microwave 8-ounce package cream cheese on low for 40 sec. to melt.
Mix in a few drops of flavour (½ vanilla and ½ orange) and ¼ cup granulated sugar. Beat until smooth.

Muffin dough:
Mix the dry ingredients in a bowl:
2 ¼ cups cake flour
½ cup granulated sugar
¼ cup light brown sugar, firmly packed
1 ½ teaspoons baking powder
¼ teaspoon baking soda
1 ½ teaspoons ground cinnamon
¾ teaspoon ground ginger
¾ teaspoon salt
In another bowl, whisk until well combined:
2 large eggs
¾ cup water
⅓ cup vegetable oil

Mix the wet ingredients with the dry. Add 1 cup grated carrots.
Stir. Note the word “stir;” beating isn’t necessary, and will toughen your muffins.
Pour 2 tablespoons of dough in each muffin cup. Put a tablespoon of filling on top.
Fill the rest space with dough about 3/8 inches of the top. You can bake the rest of the dough if you wish.
Sprinkle with sugar.
Bake for 20 min.
Remove from oven and transfer to their cups. Let cool for half an hour.
Recipe posted by Linda Venter and Annetjie van Huyssteen




GLUTEN FREE VANILLA KOLWYNTJIES

GLUTEN FREE VANILLA KOLWYNTJIES
Bedien 8 kolwyntjies
125 g sagte botter
125 g strooisuiker
2 eiers
125 g gluteenvry bruismeel
2 teelepels vanilla geursel
3 eetlepels melk
Verhit die oond tot 180 °C.
Room botter en suiker tot lig en donsig.
Voeg die eiers een vir een by en meng.
Meng melk en vanielje saam in ‘n beker.
Vou in die melk mengsel en meel en meng tot glad en gekombineerde.
Vul kolwyntjie houertjies half pad.
Bak vir 20 minute tot goudbruin in kleur.
Botterversiersel:
200 g sagte botter
200 g versiersuiker
60 ml melk
Klits die botter baie goed tot die kleur van room. Klits die res saam tot lig en donsig.




DRIE BESTANDDELE KOLWYNTJIES

3 bestandele cupcakestested

DRIE BESTANDDELE KOLWYNTJIES
6 eiers, geskei
1 koppie bruismeel
1 koppie suiker (ek het strooisuiker gebruik)

Skei eiers, gooi ½ koppie suiker by wit en ½ koppie suiker by geel.
Klits wit van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan geel baie goed.
Gooi bymekaar en voeg meel bietjies gewys by, terwyl jy klits.
Sit in cupcake of kolwyntjie panne en bak in oond by 180º C vir 12 min.

Die geheim van hierdie beslag is dat dit baie baie goed geklits moet word, klits die eierwitte baie goed styf.

Foto: Floraine Wasserman Venter




MILLIONERS CUPCAKES

lemon meringue cupcakes
MILLIONERS CUPCAKES
Bak sjokolade kolwyntjies en skep hulle magies met ‘n telepel uit en sit die proppies wat uit geskep is, langs elke koekie. Hoe dieper jy skep hoe lekkerder vul jy hom.
50 ml brandewyn, of koffie liquer, of sterk swart koffie
1 koppie suiker
250 ml kookwater
karamel kondensmelk
Plaas die  brandewyn of lekker koffie liquer of selfs sterk swart koffie en suiker saam in ‘n kastrolletjie.
Voeg kookwater by en bring tot kookpunt.
NOTA: Indien brandewyn gebruik word, bring eers die suiker en water tot ‘n kokende stroop en roer dan die brandewyn in.
Skep nou so ‘n goeie eetlepel vol van die stroop oor die rante van elke kolwyntjie met die gaatjie in.
Skep dan die magie vol met so ‘n hoogvol teelepel Caramel kondensmelk en plaas die proppie terug op die koekie.

Die Ganash wat bo-op kom word so gemaak:
1 deel room by 4 dele sjokolade (bv 100 ml room by 400 g sjokolade)
blok sjokolade, gekerf
Laat die room opkook in ‘n potjie en verwyder van hitte.
Neem die sjokolade wat gekerf is en roer dit deur die room tot alles opgelos is. Laat eenkant om af te koel.
Hierdie “ratio” maak ‘n lekker stywe ganash wat vorm behou en goed smeer as dit afgekoel is.
Wanneer die ganash koud is, smeer ‘n bal oor die kop van elke kolwyntjie en vorm met ‘n mes om soos in die foto te vertoon.
Sit dan ‘n mooi rooi of groen kersie op en siedaar ‘n ongelooklik lekker alleen opvreet “millionaires cupcake”.

Bron:  Emelia Lans-Brown




LEMON MERINGUE CUPCAKES

lemon meringue cupcakes

LEMON MERINGUE CUPCAKES
Bak vanilla kolwyntjies en skep met ‘n lepel die magie van elkeen uit en sit die proppies wat uitgeskep is, langs elke koekie.
Meringue vulsel:
1 blikkie kondensmelk
lemon curd
Neem die blikkie kondensmelk en roer die lemon curd teelepeltjies gewys by totdat die kondensmelk mooi styf en suur is.
Skep ‘n lekker lepel vol in die gaatjie van elke kolwyntjie en plaas die proppie koek wat uit geskep is, terug daarop.

Feestelike versiersel:
Hier moet julle my vergewe ek is Afrikaans en Engels getroud en nou dink en praat ek deurmekaar met die tale.
300 g strooisuiker
75 ml water
2 eierwitte
1 ml kremetart
paar druppels kleursel, indien dit verlang sou word

Berei ‘n double boiler potjie voor om die mengsel op te klop.
Klits die eierwitte, water en kremetart styf.
Voeg suiker bietjies gewys by terwyl jy dit klop vir 7 minute lank om ‘n lekker sponserige room te verkry.
Klits dan voedsel kleursel by indien jy dit nie wit wil hê nie.
Skep nou die skuimmengsel op die kolwyntjies en neem jou burner om die punte van die skuim ‘n goue bruin voorkoms te gee.
En so lyk dit eg soos die ware jakob.
Die mengsel is gaar en hoef nie weer te bak nie, want die kolwyntjie gaan te hard wees as dit terug oond toe gaan.

Resep en foto: Emelia Lans-Brown




OREO VERRASSINGS

oreo cupcakes
OREO VERRASSINGS
Die koning van “cupcakes” – Oreo verrassing.
Maak so:
Plaas oreo koekie in “muffin liner” soos voorberei vir jou muffins.
Skep lepelvol karamel bo-op. Plaas oreo koekie bo-op.
Gebruik enige cupcake beslag, en skep die beslag bo-oor. ( gekoopte pakkies werk ook goed)
Bak soos jou resep sê.
Laat afkoel.

Resep:  Chanel Swanepoel:
Foto: Elize Herholdt en Linene Boer

Shaunay Strydom
Ek’t nou net klaar daai oreo cupcakes gebak het eers bietjie beslag in pannetjie sit en toe ‘n oreo koekie en karamel en toe sit ek weer beslag op die karamel.  Ek kon nie nog koekie op karamel sit nie oor ek nie ‘n lekker diep pannetjie het nie, maar lyk so lekker sien so uit om te eet van dit.dankie vir die heerlike resep.




VANILLA KOEK-CUPCAKES

VANILLA CUPCAKEStested

VANILLA KOEK-CUPCAKES
Goed hier gaan ons vir die koek resep. Dit kan gebruik word vir ‘n gewone koek asook vir cupcakes
Vir die stroop:
100 g strooisuiker
100 ml water
5 ml vanilla geursel
Kook tot suiker opgelos is en laat vir so 2 minute prut. Laat afkoel. Die stroop smeer jy met ‘n pastry kwassie oor die warm koek
Vanillakoek:
200 g sagte margarine of botter
200 g strooisuiker
10 ml vanilla geursel

4 eiers liggies geklits
200 g bruismeel (gesif)
Klits margarine tot lig en donsig (die geheim is om dit baaaaie goed te klits)
Voeg vanilla by.
Voeg die eiers een derde op ‘n slag by en klits baie goed.
Voeg nou die meel by een deerde op ‘n slag. moet glad nie dit te lank meng nie, want dan raak die koekdeeg taai.
Oond 180 ºC vir 35 minute of tot gaar.
15 cm ronde koekpan of om en by 13 cupcakes.
Cupcakes baktyd is vir my so 25 minute.
Onthou om die stroop oor die warm cupcakes te smeer.

Versiersel
450 g  gesifte versiersuiker
200 g sagte botter
5 ml vanilla geursel
Klits botter vir omtrent 5 minute. Dit moet spier wit wees.
Nou voeg jy die icing sugar een derde op ‘n slag by en na elke byvoeging klits jy dit ook vir so 2 – 3 minute.
Voeg die vanilla by en klits.
Gebruik gel kleursel. Die vloeistof een maak die icing baie sag. Vir die manier hoe om die versiering te doen moet Piet maar vinnig Oppie koppie toe gaan .
O ja en onthou hierdie stroop kan jy op enige koek smeer. Dit hou die koek heerlik klam.
Resep en foto: Diane Roode Hancox

 




SELF COATING CHOCOLATE CUPCAKES


SELF COATING CHOCOLATE CUPCAKES
1 cup cake flour
½ cup sugar
3 teaspoon baking powder
pinch salt
3 tablespoons cacao
1 cup milk
80 g unmelted butter
2 eggs
1 teaspoon vanilla essence

Mix together in blender till all ingredients are mixed through. Divide into small muffin pans ( I just used silicone) doesnt need to be buttered.
Bake 25 minutes 180°
Recipe and photo:  Sharon Gien-Cambier

 




MIKROGOLF KOLWYNTJIES

2015-10-06-kolwyntjiestested

MIKROGOLF KOLWYNTJIES
Sif die volgende saam:
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
sout
Klits die volgende baie goed saam tot romerig:
2 eiers
250 ml strooisuiker
Smelt die volgende saam:
250 ml melk
115 g margarine

Voeg  die meelmengsel en melkmengsel beurteliks by eiermengsel.
Skep in ‘n mikrogolf pannetjie.
Bak  vir 1 min 10 sek in mikrogolf
(Vries heerlik)-

Resep en foto: Ansie Goosen