GROOTMAAT CUPCAKES

2013-11-09-coconutcupcakestested

GROOTMAAT CUPCAKES
Resep geplaas en foto: Sansha Meyer
Maak die resep dubbel aan vir 30 kolwyntjies
1¾ koppie bruismeel
¾ koppie strooisuiker
160 ml melk
2 eiers, liggies geklits
125 g botter, gesmelt en afgekoel
½ teelepel vanilla ekstrak

Meng alles saam, moenie oormeng nie.
Bak teen 180°C vir 10-15 min, afhangende van bakkiegrootte.

En die versiersel:
125 g sagte botter
1½ koppies versiersuiker
½ teelepel vanielje ekstrak
knippie sout
1½ eetlepel melk

Klits baie goed tot donsig.
Dis ‘n baie lekker reseppie!
Geniet dit!




Lemon meringue cupcakes

 

lemon meringue cupcakes soft centre

Kyk net hierdie oulik idee, gewone cupcakes, maak gaatjie en gooi lemon curd in die gaatjie, sit jou styf geklopte eierwitte op en maak net bruin in die oond, whala
Kry die idee op Flourish- recipes




MELKTERT KOLWYNTJIES

melktert kolwyntjiestested
MELKTERT KOLWYNTJIES

Bak jou gunsteling kolwyntjie resep. Sny ‘n gaatjie uit in die middel. Maak melktert vulsel en skep in kolwyntjie. Sit die dekseltjie terug. Smelt sjokolade, gooi bo-oor en laat afkoel.

KOLWYNTJIES(CUPCAKES) – 12 kolwyntjies
3 eiers
175 g (210 ml) strooisuiker
175 g (315 ml) bruismeel
175 g (190 ml) botter teen kamer temperatuur
5 ml vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 °C. Voer kolwyntjiepannetjies uit met papierbakkies en spuit met kleefwerende sproei. Plaas al die bestanddele in die mengbak van ‘n elektriese menger en klits vir 3-4 minute. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 15-20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom.

Melktert vulsel
1 blik kondensmelk
1 liter melk
2 eiers – geskei
1 teelepel vanilla
2 eetlepels botter
75 mℓ mielieblom (maizena)
25 mℓ vlapoeier
sout

Kook kondensmelk en melk saam.
Maak “maizena” & vlapoeier aan met bietjie melk.
Voeg eiergele by. Klits goed
Voeg sout by en roer in melkmengsel. Kook tot gaar. Haal van stoof af.
Vou botter, styfgeklitste eierwit en vanielje in.

BRON: Onbekend
FOTO: Style Motivation
http://www.americastestkitchenfeed.com/bake-it-better/2012/05/boston-cream-cupcakes/




HEART SHAPED CUPCAKES

2014-01-10-heartshapecupcakes

ADD A MARBLE AT THE TOP OF YOUR CUPCAKE LINERS TO MAKE HEART SHAPED CUPCAKES

Wilma Josey Venter

Moes dit net deel…om ‘n Hartjie-vormige muffin/cupcake te bak…sit ‘n Albaster in die middel van die bakpapiertjie…

Marieta van Bladeren Gedoen. Moet net bietjie minder deeg as gewoonlik insit anders druk deeg daai albasterjie in sy kanon




VANILLA CUPCAKES MET KARAMEL

vanilla cupcakes moiratested
VANILLA CUPCAKES MET KARAMEL
Ek bak en brou die lekkerste in die aand wanneer die dag se hitte verby is. Ek het laasnag die vanilla cupcakes gebak.
Ek het hom net anders versier as wat die resep sê. Ek het hulle doppies afgesny en met caramel en buttericing gesmeer, weer toegeplak en caramel en icing bo-op. Dis `n heerlike sponserige cupcake en glad nie droog nie.
Hier is die resep :
125 g/ml botter by kamertemperatuur
125 ml strooisuiker
5ml vanilla geursel
2 eiers
375 ml bruismeel
125 ml melk
Voorverhit oond tot 180 ºC. Gebruik papierhouertjies, of bespuit muffinpannetjie. Verroom botter, strooisuiker en vanilla. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Roer die meel en melk om die beurt by die bottermengsel. Skep die papier bakkies of bespuite muffinholtes twee derdes vol beslag en bak vir 15min. Laat afkoel op `n draadrak en versier soos verkies. Ek het myne in `n bespuite muffinpan gebak en stel voor dat hulle versigtig uitehaal word, want hulle is heerlik sag! Geniet !

Resep geplaas en foto: Moira Kemp

 




LEKKERSTE WORTELKOEK OOIT

 lekkerste wortelkoekwortelkoek cupcake judytested

LEKKERSTE WORTELKOEK OOIT
Klits 3 eiers en 375 ml suiker goed saam tot lig.
Voeg by 250 ml olie  en klits goed saam.
Sif  saam in aparte bak:
500 ml koekmeel
5 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
5 ml neutmuskaat
7 ml kaneel
Voeg by eiermengsels en meng goed.

Rasper 4 medium wortels grof, en voeg by saam met 1 koppie pitlose rosyne en 125 ml gekapte okkerneute.
Meng goed en sit in gesmeerde koekpan. (lees Adam se nota)
Bak in voorverhitte oond op 160º C vir 75 minute.
Keer uit na dit afgekoel het en versier met die volgende.

Versiersel
Klits 250 ml botter baie goed. Vou in met ‘n lepel 1 en ‘n driekwart bakkies (230-250 g elk) Simonsberg roomkaas, meng goed deur, maar moenie klits nie.
Sif by 375 ml versiersuiker en 2 ml vanilla essense en meng goed saam.
Versier wortelkoek  en sprinkel met okkerneute.

– My vriendin Monica se ma se resep. – Leanne Thurston Coetzer
Nota:  Rina Kleinhans – Ek gebruik die blokke roomkaas, dit werk perfek en raak nie pap nie, maar is bietjie duurder.. probeer gerus

Foto:  Adam Cloete
Maak net seker dat jou oond se hitte laag is soos die resep aandui. Ek het die beslag in twee klein pannetjies gebak om nie te sukkel met deursny vir ‘n laagkoek nie. Daarvoor het ek dit bietjie korter gebak omdat die koeke heelwat platter was as wanneer dit alles in een pan sou wees.

2 de Foto: Heather Strumpher
Nota: Gebruik Philladelpia roomkaas, die ander is geneig om nie so lekker styf te word nie..

Judy Hendriks – Foto 3
Cupcakes gebak net 20 min met creamcheese en botter icing…..was lekker hoor en nogmaals dankie vir jou resep!!

Elrein van Heerden
Cupcakes gebak teen 180 ºC vir 15-20 min en dit is regtig heerlik

wortelkoek cupcakes Elrein


Wortelkoek en met koffie geur icing gebruik en chocolate ganache sweeties.
Foto van Resep: Anita Janse van Rensburg

Foto: Louwtjie Beck: En ons het eindelik ‘n wenner, Food Lovers se Lekkerste Wortelkoek ooit. Op jul webblad. Floppit, dit is veersag. Ek het dit slegs op 160 ºC gebak, en nie 180. vermoed my oond is net te warm.

Foto: Kristie Townsend
Kommentaar: Kristie Townsend
Dankie dankie dankie! As ingebore bakster wat altyd opsoek is na dis beste en lekkerste resepte is die een definitief op my lys! My versiersel is my eie ek plaas die resep saam! Ek het nie neutmeskaat gehad nie toe gebruik ek all spice. Ek het ook nie rosyntjies gehad nie toe gebruik ek fruit mix. Ons het niks neute in die kas gehad nie toe gebruik ek crunchy peanut butter. Ek het sommer aarbei jam gebruik vir in die middel! 1ste Keer wortelkoek vir my en WOW!!! Baie dankie dis so maklik en lekker resep! Ek het sommer twee foelie bak panne gebruik wat ek in die kas gehad het, gladnie bo gerys nie en lekker bruin. My oond was op 150 Grade Celsius vir 55 min. Sag, val uit mekaar lip lek lekker resep!! Regtig die beste wortelkoek resep!




MARGARITA CUPCAKES

2013-12-03-margaritacupcakes
MARGARITA CUPCAKES
(12 big ones)
For the Cupcakes:
1½ cups all-purpose flour
1½ teaspoons baking powder
¼ teaspoon salt
½ cup unsalted butter, at room temperature
1 cup sugar
2 eggs, at room temperature
Zest and juice of 1½ limes (not lemon)
2 tablespoons tequila
¼ teaspoon vanilla extract
½ cup buttermilk

To Brush the Cupcakes:
1 to 2 tablespoons tequila

For the Tequila-Lime Frosting:
1 cup white woodenspoon, at room temperature
2¾ cups powdered sugar
1 tablespoon lime juice
2 tablespoons tequila
Pinch of coarse salt

Preheat the oven to 160 167ºC. Line a standard muffin tin with paper liners; set aside.
In a medium bowl, whisk together the flour, baking powder and salt; set aside.
In an electric mixer on medium-high speed, beat the butter and sugar together until pale, light, and fluffy (about 5 minutes).
Reduce the mixer speed to medium and add the eggs one at at time, mixing thoroughly after each addition.
Scrape the sides of the bowl and add the lime zest, lime juice, vanilla extract and tequila. Mix until combined. (The mixture may start to look curdled at this point, but don’t worry, it will all come back together, power on!)
Reduce the mixer speed low. Add the dry ingredients in three batches, alternating with the buttermilk in two batches. Mix only until just incorporated, using a rubber spatula to give it one last mix by hand.
Divide the batter between the muffin cups. Bake for approximately 25 min (mine baked much less)
Allow cupcakes to cool. Brush the tops of the cupcakes with the 1 to 2 tablespoons of tequila. Set the cupcakes aside to cool completely before frosting them.
To make the frosting, whip the butter on medium-high speed of an electric mixer using the whisk attachment for 5 minutes. Reduce the speed to medium-low, and gradually add the powdered sugar, mixing and scraping the sides of the bowl until all is incorporated. Give it a mix on medium speed for about 30 seconds. Add the lime juice, tequila and salt mix on medium-high speed until incorporated and fluffy. If the frosting appears a bit too soft, add some additional sugar, one spoonful at a time until desired consistency is reached. Frost cupcakes and garnish, if desired, with lime zest, an additional sprinkling of salt and a lime wedge.
PHOTO:  Maria Liebenberg




MAKLIKE EN LEKKER CUPCAKES

 1457702_10202674469967943_1189327453_n

MAKLIKE EN LEKKER CUPCAKES
Ek moes 48 cupcakes bak vir my kleinseun se verjaarsdag. Lanklaas so lekker en so ‘n maklike cupcake geproe en gemaak. Lewer 15 cupcakes.
125 g sagte botter
180 ml suiker
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
2 ekstra groot eiers
125 ml melk
5 ml vanilla geursel
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Meng botter en suiker tot net gemeng.
Voeg die res van die bestanddele by en klits met ‘n elektriese klitser vir ‘n paar minute.
Skep beslag in kolwyntjiepapiertjies in muffinpanne en bak vir 25 minute.
Versier soos verkies.

Foto:  Leanne Thurston Coetzer

 




WIT LAAGKOEK – CUPCAKES

1425689_10202570875698053_1779262362_ntested
WIT LAAGKOEK – CUPCAKES
(ek gebruik die resep vir groot koeke, cupcakes)
4 eiers
1 ½ koppies suiker
1 teelepel vanilla geursel
½ teelepel sout
2 koppies koekmeel (½ koppie meel ekstra vir cupcakes)
1 eetlepel melkpoeier
2 teelepel bakpoeier (hoogvol)
½ koppie olie
1 koppie kookwater

Klits eiers en vanilla tot skuim, voeg suiker bietjies gewys by. Klits baie goed, tot mengsel lig geel is.
Sif koekmeel, sout, bakpoeier en melkpoeier twee keer. Meng olie en water saam. Meng droë bestanddele bietjies gewys by eiermengsel, terwyl menger stadig klits. Voeg laaste olie en watermengsel by en roer met ‘n houtlepel tot goed gemeng. Skep in voorbereide pannetjies, bak vir 15 min in voorverhitte oond van 180 ºC. (25-30 min indien jy laagkoek bak in twee panne)

Foto: Adri Liebenberg
Hierdie resep is al wat ek gebruik. Vir my sjokolade koeke gebruik ek dieselfde, net ½ koppie kakao by en ¼ koppie suiker meer.
Ek het so 2 teelepels van my vars granadilla bygevoeg. Toe het ek dit met cream cheese botter versiersel versier en die pulp oor geskep. Wat ek net oor bekommerd voel, is die witterige “sap” wat uit die pulp loop. Dis heeeeeerlik maar weet nie hoekom dit so maak nie.




KLAPPER KOLWYNTJIES

2013-11-09-coconutcupcakes
KLAPPER KOLWYNTJIES
My Coconut Cupcakes. Vars uit die oond. Gaan versier word met Marshmallow Creme later.
2 x 250 ml suiker
250 ml olie
6 eiers
15 ml vanilla geursel
3 x 250 + 90 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2,5 ml koeksoda
2,5 ml sout
250 ml karringmelk
2 x 250 ml klapper

Verhit die oond op 350⁰ F / 180⁰ C.
Klits die olie, suiker en eiers saam in ‘n groot bak totdat die mengsel glad en dikkerig is.
Voeg die vanilla geursel by.
Sif saam in ‘n ander mengbak: die meel, bakpoeier, sout en koeksoda.
Voeg nou die meelmengsel by die eiermengsel en meng tot glad.
Meng nou die karringmelk by.
Vou die klapper in.
Skep in muffin panne met papierhouertjies.
Bak vir 19 minute.
Haal uit panne en laat afkoel op draadrak.

Resep geplaas deur Merelda Hatzidarellis