CHINESE RYS

 

2014-07-12-egg-fried-rice-chinese-recipes-for-alltested

Kook 500 g rou rys met 1 t sout tot gaar maar ferm, laat afkoel.
Verhit 1 e botter met 2 vars, fyn knoffelhuisies in kastrol.
Voeg rys by en roerbraai tot rys droog en los is.
Voeg 2 e soyasous en 2 goed geklitste eiers by, meng.
Voeg 2 e gekapte grasuie en 1 e gekapte pietesielie by, roer deur, dien warm op.

Bron.
Floraine Wasserman Venter

Foto:  Chinese recipes for all




THAI GREEN CURRY WITH NOODLES

thai kerrie louisetested

THAI GREEN CURRY WITH NOODLES
(serves 2 – 4)
500g pork fillets, at room temperature
(can be replaced with chicken breasts or beef)
Robertson’s Exotic Thai Seasoning
Freshly ground black pepper
25 g butter
25 ml oil
5 – 20 ml Thai Green Curry Paste (depending on brand)
Some brands are very hot, taste to make sure after adding 5 ml.
1 teaspoon smooth peanut butter
10 ml corn flour (Maizena)
1 tin Coconut milk
1 bunch of leeks, washed and sliced diagonally
1 medium sized red pepper, sliced into thin slivers
Coriander leaves for garnishing
Instant Egg Noodles (use only ¼ or ½ of the packet)
In a medium size bowl, cover the noodles with boiling water and leave to soak and hydrate for ± 20 minutes. Pour the water off just before serving.
Slice the pork fillets into strips for pan frying, about 1cm wide. Sprinkle with Thai seasoning and freshly ground black pepper.
In a large non-stick frying pan, melt the butter and oil, add the fillet strips, and fry for about 2 minutes, without stirring, over medium high heat. Turn the strips to allow the other side to fry and get a nice colour, for about 2 – 3 minutes. Add the curry paste and peanut butter. Stir-fry for a minute.
Remove the meat from the pan, and keep covered. Add the veggies to the pan and stir-fry until the veggies start to soften. Add a dash of oil if needed. Do not overcook the veg, it must remain slightly crispy. Add another sprinkling of Thai seasoning.
Add the meat to the veggies and mix lightly.
Mix the corn flour with a bit of the coconut milk and mix with the rest of the coconut milk. Add the mixture to the pan and bring to the boil while stirring, it will thicken slightly.
Separate the drained noodles and place in a large Oriental serving dish and spoon the green curry over. Garnish with scattered coriander leaves.
Louise Groenewald. –  (Learn to Cook with Louise – Food in a flash)

 




KOREAANSE BIEFSTUK VINGERS

2014-06-08-steakslaai

KOREAANSE BIEFSTUK VINGERS
Biefstuk van jou keuse (hoeveelheid wissel volgens jou omstandighede)
1 fyngekapte ui
4 fyngemaakte knoffelhuisies
5 eetlepels soyasous
2 eetlepels sesameolie (omdat dit baie duur is, gebruik ek olyfolie)
50g suiker
2 eetlepels medium droë sherry
50ml beesekstrak
sout en ‘n knippie peper van jou smaak

Sny die biefstuk in dun vingergrootte repe en plaas in ‘n marineerbak. Meng al die ander bestanddele saam en giet oor die vleis. Bedek en laat marineer vir so lank as moontlik, maar nie korter as 1 uur nie. Verhit die oondrooster tot hoog en plaas die vleis op ‘n bakplaat en rooster vir 5 tot 10 minute terwyl gereed omgedraai en met die sous bedruip word.

Of pas dit aan by jou omstandighede

Ek het 2 gaar steaks in die vrieskas gehad, wat ek opgesny het en toe in die sous gemarineer het. Die steaks was redelik underdone. Die het ek toe so bietjie in die pan gebraai in olyfolie, uitgehaal en die sous in die pan gegooi en laat “reduce”. Intussen die bak met hardgekookte eiers, tamaties, avo, ‘n bakkie guacamole en die steak repies gepak. Die sous oorgegiet en toe die gaar broccoli ook net bietjie in dieselfde pan gebraai en tussen die ander gepak. En……Steak en Broccoli slaai.

2de foto:   Ek het dieselfde sous gebruik, maar koue gaar varkboud vleis in repe gesny en vir 20 minute op 220ºC in die oond gerooster, saam met die sous, nadat dit vir 2 ure gemarineer het, net om die sous gaar te kry. Toe laat afkoel en op die bord saam met tamatiestukkies, slaaiblare, en ‘n geel soetrissie in blokkies gesny, gerangskik en die sous deur dit gemeng. Dit is op kamer temperatuur ge-eet.

Bron en foto:  Adam Cloete




THAI GREEN CURRY

 

2014-05-26-thaigreencurry

3 Tbsp green curry paste (Woolies)
400 g chicken breast, sliced
1 – 2 packets coconut cream powder (or 1 tin)
1 1/2 tbsp fish sauce (nam pla) (Woolies of Chinese grocer)
1 t sugar
basil leaves, chillies- sliced – optional
Fry off curry paste, add chicken, stir around until changing colour. Stir in rest and cook
until chicken is cooked. Add basil and chillies if used.

Petro Borchard




SOETSUUR VARK MET NOEDELS

soet suur vark met noedelstested

SOETSUUR VARK MET NOEDELS
Sous:
30 ml olyf olie
1 ui skywe gensy
1 soet rooi rissie in repe gesny
50 ml tamatiesous
15 ml Soja-sous
15 ml bruinsuiker
2 eetlepels olie
1 blikkie pynappelstukke
Verhit olie en roerbraai uie en soet-rissie daarin, voeg pynappel en sous by vir nog ‘n minuut. Voeg res van die bestanddele by en bring tot kookpunt. Prut vir 5 min (as sous te loperig is voeg 10 ml mielieblom aangemaak met 30 ml water by)

Beslag:
440 ml Bier,
2 koppies bruismeel
3 ml mosterd poeier
5ml sout
Meng als saam

Vleis:
800 gram beenlose vark blokkies
sout en swart peper na smaak
60ml mielieblom
olie vir diep braai

Geur vleis met sout en peper, rol in mielieblom, verhit olie 10 cm in kastrol en braai blokkies tot gaar en goud bruin en dreineer op konbuispapier.

Voorsit: Skep blokkies by sous en sit voor met gaar noedels.
Aangepas deur Yvonne Bornman uit Knuppeldik Maklike Reseppies
Foto:  Elize Bradbury




4 BESTANDELE CHINESE FRIED RICE (Flied Laais)

2014-05-25-10389680_10152537606788083_7721074217602241182_ntested
4 BESTANDELE CHINESE FRIED RICE (Flied Laais)
400 g garnale skoongemaak
2 koppies gaar rys
3 eiers geklits
groen en geel soetrissie
Braai die garnale en soetrissie in ‘n bietjie olie tot die garnale gaar is.
Voeg die rys by en braai deur.
Geur met sout, peper en garlic and herb spice
Voeg die geklitste eier by en roer deur tot die eier gestol is.
4 Bestanddele Sjinese Drupsous
½ koppie heuning
½ koppie soya sous
6 toontjies knoffel opgekerf
1 eetlepel gemmer puree (vars gemmer fyn verwerk in voedselverwerker)
Kook al die bestanddele vir die sous 4 minute saam en gebruik druppels daarvan oor die rys.
Die sous kan vir maande in die yskas in ‘n verseelde bottel gebere word. Gebruik sleg druppeltjies, want dit is baie sterk!
Bedien die gereg met Fryums (Chinese chips)
Resep en foto: Corne Liebenberg




SOETSUUR VARK

soetsuurvarktested

SOETSUUR VARK
400 g varkvleis in blokkies gesny (geen been nie)
Soja sous om vark in te marineer
½ koppie bruismeel
1 teelepel braaispeserye
1 blik pynappelstukke in stroop
3 uie
6 toontjies knoffel
Groen en geel soetrissie
1 eetlepel gemmer puree (fyn vars gemmer)
2 eetlepels tamatie pasta
1 koppie suiker
1 koppie bruin asyn
2 koppies water
Rys om te bedien

Marineer die varkblokkies in die sojasous.
Soteer, die gesnyde uie en knoffel in ‘n bietjie olie
Voeg die blokkies soetrissie by en soteer saam.
Voet die suiker, asyn, pynappelstukke en stroop, gemmer, tamatie pasta en water by en kook vir 10 minute.
Sprinkel die bruismeel en braaispeserye oor die blokkies vark en meng goed.
‘n Deegie sal rondom elke blokkie vark vorm.
Diepbraai die blokkies vark in olie. Sorg die die blokkies los van mekaar af is.
Skep die goudbruin gebraaide blokkies in die sous.
Bedien op rys.
Resep en foto: Corne Liebenberg




PIENK GEMMER

 

2014-05-02-pienkgemmer

PIENK GEMMER
Daar is 2 metodes, selfde resep.
As jy dit al gister wou hê, was die gemmer skoon, gaan deur die soutproses, soos hier onder beskryf. Kerf die gemmer – wat die engelse noem TRANSLUCENT, dis nie deurskynend nie, maar dun genoeg om lig deur te laat. KAPISH,  DUUUUUUUUN.
As jy soos die meeste Afrikaners met voorbereiding grootword, was die gemmer skoon, gaan deur die soutproses en piekel dit heel. Dit MOET vir 4 weke staan. Kerf die gemmer op, soos jy dit benodig.
Opgekerf, is gouer maar raak flouer soos al die gesnyde oppervlaktes oksideer.
Heel ingelê, neem 4 weke, maar die gemmer hou sy byt vir 6 maande.
Notas:
Die gemmer moet mollig wees, as dit lyk soos oom Gert se twaksakbek, hou verby.
Julle kan meerder of minder maak sonder skaam, verdubbel, vertrippel, verhalf.
Op die platteland kan rysasyn problematies word, gebruik dan druiweasyn – NIE malt, appelasyn of “spirit” asyn nie.
Hoe meer beet jy gebruik, hoe gouer, maar ook hoe donkerder kleur die gemmer. Speel rond, as die gemmer die kleur bereik wat jy verkies, verwyder en eet die beet.
Plaas die beet bo-in, sodat indien jy dit wil verwyder, dan is dit maklik.
Jy kan ook rooi pruimpuree gebruik om dit te kleur.
Die resep:
115 g vars gemmer
2 – 3 teelepels (15 g) sout
100 ml rysasyn
50 ml water
15 ml suiker
vars beet, gewas en skywe gesny
Was die gemmer en sny alle pokmerke weg, vryf die sout in die gemmer in en plaas in ‘n bak, bedek en bêre vir 2 dae.
Dreineer en plaas die gemmer en die beet in die houer wat jy verkies, en ook die soort (skyfies of heel).
Voeg die res van die bestanddele in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Giet die warm sous oor die gemmer en beet.
Dun skyfies gemmer kan jy binne 3 – 4 dae eet.
Heel stukke gemmer, binne 3 – 4 weke.
Resep: Mike Viviers




MAAK JOU EIE PIENK GEMMER

gemmertested

MAAK JOU EIE PIENK GEMMER

Koop vars gemmer.
Sny dit ferskriklik dun (ja die f het ‘n rede),
Pekel dit in asyn/suiker saam met dik skywe beet.
Na so 2 weke is jou gemmer pienk.
Bottel sonner die beet.

Mike Viviers




SUSHI KOEK

 


SUSHI KOEK
Ek het nogal ‘n soortgelyke resep raakgelees:
Kook 625ml jasmynrys – moenie afspoel nie; voeg by 30 ml soesjirys-asyn.
Sprinkel sesamesaad onder in losboom pan.
Druk een-derde van die rys in die pan – pak ‘n vel nori op die rys en daarna 1 avo se skyfies, 100g gerookte forel en komkommerlinte.
Herhaal die lae en eindig met ‘n laag nori.
Druk lae styf vas en verkoel.
Keer uit en versier met nog gerookte forel.

Geplaas deur Hélène Kluge