HOMEMADE 5-SPICE POWDER


HOMEMADE 5-SPICE POWDER
1 teaspoon ground cinnamon
1 teaspoon crushed anise seed
1/4 teaspoon crushed fennel seeds
1/4 teaspoon freshly ground black pepper
1/8 teaspoon ground cloves

Mix all ingredients together.
Store in a sealed container.
Makes about 3 teaspoons.
Recipe:  Rina Kleinhans
Photo:  Louise Groenewald
Ek het die Chinese 5-spice powder gebruik wat ons Saterdag present gekry het by Food Lovers Recipe’s se verjaardag-ontbyt. Ek het bietjie oor my roer-braai groente gestrooi en dit smaak fantasties. Net soos my plaaslike Chinese restaurant se spring roll vulsel. Heerlik!




SUSHI RYS EN SUSHI

SUSHI RYS EN SUSHI
3 koppies rou sushi rys
4 1/2 koppies water
Knypie sout
Sushi vinegar

Gooi rys in n pot. Gooi genoeg water om rys te bedek. Laat staan vir 15 minute. Dreineer rys, laat staan vir 20 minute. Voeg 4 1/2 koppies water by rys en kook op stadige hitte tot rys al die water absorbeer het. Hou maar dop want dit is redelik vinnig. Sit plaat af. Bedek pot met n vadoek en dan n deksel. Laat vir so 10 min staan om bietjie af te koel. Sprinkel sushi vinegar oor rys, en sny deur die rys met n houtspaan. Gebruik n handwaaier om rys vinniger af te koel. Gebruik soos benodig.

Vir sushi kan jy van volgende gebruik:
Norwegian salmon
Smoked salmon
Prawns
Crabsticks
Advokadopeer
Komkommer
Swart olywe
Danish feta
Jy benodig ook
Nori seeweed velle
Pickled gemmer
Wasabi paste
Kewpie mayonaise

Ek sit my rol mat binne in n zip lock sak. Die sushi rol maklik sonder om vas te sit.
Sit die nori vel, blink kant na onder op die rolmat. Vat n handvol rys en versprei dit op die norivel. Los so sentimeter spasie op die rand verste van jou af. Pak nou jou gunsteling kombinasie so sentimeter van die rand naaste aan jou. Gebruik die mat en rol terwyl jy dit styf vasdruk. Sodra hy heeltemal opgerol is, druk die mat styf teen die rol vas. Vat n lang skerp mes en sny die rol in die helfte, en dan weer in die helfte en weer in die helfte. Jy behoort agt stukke uit elke rol te kry.
Ek hou maar n klam lap byderhand om die lem af te vee na elke sny. Dit verseker dat elke sny skoon en netjies is. Die sushi word voorgesit met gemmer en wasabi en kewpie mayonaise
Foto en bron: Charleen Nieuwenhuizen




OMHULSELS VIR WON TON, DIM SUM OF CHINESE ROLLETJIES


OMHULSELS VIR WON TON, DIM SUM OF CHINESE ROLLETJIES
500 ml (2 koppies) koekmeel
5 ml (1 teelepel) sout
2 eiers, geklits
Ongeveer 190ml (3/4 koppie) water
Sif meel en sout in ‘n bak. Maak ‘n holte in die middel en breek eiers daarin. Meng met water tot ‘n stywe deeg. Laat 30 minute staan en rol deeg baie dun op ‘n meelbestrooide oppervlak. Sny in 20 cm-vierkante en bedek met ‘n klam lap tot gebruik word. Goeie fillodeeg wat by die meeste delikatessewinkels verkrygbaar is, is ‘n uitstekende plaasvervanger.
Geplaas deur Liezel Van der Merwe




VEGETABLE AND CHICKEN SPRING ROLLS

VEGETABLE AND CHICKEN SPRING ROLLS
Recipe and photo: Amanda Conradie
1-2 carrots, peeled and cut into julienne strips
1 small red pepper, cut into julienne strips
1-2 celery sticks, julienned
1 small cucumber, cut in halve, seeds removed and then julienned
2-3 small shallots or green onions, cleaned and cut into small strips
1 grilled and seasoned chicken breast, cut into strips (I did mine in a George Foreman)
Spring rolls can be fresh or fried. To simplify the process, lay out all the ingredients you need to make the rolls near your work surface before you begin.Take spring roll pastry sheets out of packet, 2 at a time, to prevent them from drying out. Cover remaining sheets with a damp cloth to prevent from drying out.
Center ingredients in the bottom third of the wrapper, leaving a 1-inch border on either end.
Fold the wrapper over the filling.
Start rolling into a tight cylinder.
Fold sides
Stop rolling about halfway to fold in both sides.
Continue rolling until the spring roll is a tight cylinder.
Paint end of pastry with flour paste to stick to prevent from unfolding when frying.
Assemble the remaining spring rolls the same way. Keep the finished rolls covered with a damp cloth to prevent them from drying out.
Fry springrolls till golden in oil.
Cut each finished roll in half just before serving.

Serve with Sweet Chilli Sauce or Soy/Sesame Dipping Sauce.
SOY/SESAME DIPPING SAUCE
¼ cup Soy Sauce
½ cup Rice wine vinegar (substitute with 1/4 vodka and 1/4 Apple cider vinegar)
½ teaspoon sesame oil
2 teaspoon sugar
½ red chillie, deseeded and chopped finely
2 garlic gloves, peeled and chopped very finely
5 cm fresh ginger, peeled and chopped very finely
In a small screw top jar, mix all ingredients and shake.




POKE BOWL

POKE BOWL
Gaar sushi rys
Norwegian salmon (salm), vars en in klein blokkies gesny
Sushi graad tuna vars en in blokkies gesny
Vars prawns
Teriyaki sous
Soya sous
Sushi gemmer
Kewpie mayonnaise
Feta (opsioneel)
Avokadopeer, gesny soos verkies
Komkommer, opgesny
Nori opgesnipper
Krapstokkies
Wasabi
Teriyaki sous
1 koppie soya soys
5 eetlepels bruin suiker
3 eetlepels heuning
1cm vars gemmer, fyn gerasper
1 eetlepel mirin
1 eetlepel sesame olie
Meng alles in ‘n pot en prut tot sous verdik. Laat afkoel voor gebruik.
Poke bowl
Marineer salm en tuna apart vir ongeveer 30 minute in Teriyaki sous. Braai intussen die prawns tot net pienk. Sit sushi rys in die middel van bord, en laat elkeen hul eie goedjies inskep soos verkies. Bedien saam met gemmer, kewpie mayo, soya sous en wasabi.
Foto en resep: Charleen Nieuwenhuizen




THAISE BIEFREPIES


THAISE BIEFREPIES
(6 porsies)
700 g biefrepies, in repies gesny
Bietjie olie
2 uie gekap
1 knoffelhuisie gekneus
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
7.5 ml mielieblom
420 g (1 blik) klappermelk
30 ml vars koljanderblare gekap
45 ml grondboontjiebotter
Braai vleisrepies bietjie op ‘n slag in olie tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
Voeg nog olie by indien nodig en sorteer uie en knoffel tot deurskynend.
Voeg soetrissie by en sorteer nog 2 min.
Sprinkel mielieblom bo-oor en roer tot mielieblom geabsorbeer is.
Voeg klappermelk, koljander, grondboontjiebotter, sout, peper en vleisrepies by. Verhit tot kookpunt en prut oor medium hitte tot vleis sag is.
Sit warm voor met pasta of rys.

Bron en Foto: Elna Erasmus




STIRFRY ALA CECILY

STIRFRY ALA CECILY
Wat het jy nodig”
hoender
vark of bees
een heel uie
spice soos origanum
mix spice, bbq spice, sout, peper
Ek het nie hoeveelhede nie so proe jou kos soos dit gaar raak en voeg dan by soos jy goed dink.
Braai die vleis en die uie goed deur met al die spice. as dit amper gaar is dan gooi jy
‘n halwe koppie water aangemaak met minder as ‘n halwe pakkie bruin uie sop by en roer goed deur saam met die vleis.
Daar na voeg jy chutney weereens na smaak by en as jy iets soos Jimmy sous of Heinz se bbq sous in huis het by.
Wat jy ook kan doen, is om ‘n bietjie suiker by te voeg of sommer appelkoos konfyt.
Laat dit prit, dan hier kom die trick.
Niemand hou van pap groente nie. So wat jy doen jy vat ‘n pot of ‘n mikrogolf bak sit bietjie water onder in en stoom jou groente,  terwyl dit nog lekker crispy is, voeg dit dan by die vleis met sous en sit plaat sommer warmer laat hy net vinnig deur trek.
En daar is jou gesonde stirfry, jy kan hom met of sonder rys eet.
Bron en foto: Cecily Immelman




CHINESE POST TOASTIE HOENDER POPS

CHINESE POST TOASTIE HOENDER POPS
Heerlik en baie maklik

4 hoender borsies sonder vel, in klein blokkies gesny
½ koppie koekmeel
4 koppie fyngedrukte post-toasties
½ teelepel elk van sout, pepper, knoffel sout en gerookte paprika
2 eiers
¼ koppie melk
¾ koppie braai sous enige v jou keuse
¼ koppie heuning
¼ koppie tamatiesous
1 eetlepels Worcester sous
1 teelepel sojasous
½ greenpepper in fyn replies gesny
½ wortels in replies gesny
½ ui in replies gesny

Stel oond op 200°C, voer oond pan met bakpapier uit. Meng post-toasties, sout, pepper, paprika en knoffel sout saam. Klits eier en melk goed. Gooi meel oor hoender en meng goed.
Doop hoender stukkies een vir een in eier mengsel en dan in post-toasties en pak op waspapier uit. Bak vir 18 minute, draai na 9 minute om. Gooi al die bestanddele vir die sous in pot en kook op laag met deksel op vir ten minste 10 min. Wanneer hoender uit die oond kom pak in opdien bord en gooi sous oor, heerlik saam met basmati rys of groen slaai
Resep:  Clive-Linda Cawood-Wilson
Foto:  Johanna Viljoen Zwiegelaar




HOENDER RAMEN

HOENDER RAMEN
Master stock:
hoender karkas en nekkies
1 wortel, opgekerf
1 ui, in kwarte gesny
1 steeltjie lemongrass, gekneus
6 steeltjies vars koriander
6 steeltjies garlic chives
1 prei, grof gekap
2 knoffelhuise, gekneus
1 duimgrootte vars gemmer, gekneus
3 eetlepels vis sous
4 eetlepels soja sous
80 ml Sherry
2 hoender aftreksel blokkies
1 bees aftreksel blokkies
(los aftreksel blokkies in vier koppies water op)
10 koppies water
8 hoender stukke (4 boudjies 4 dye)

Vir opdiening:
eiers, gekook soos verkies
spring onion, gekerf
gaar hoender
gaar noedels (eier noedels is ideal, maar 2 minute noedels werk net so goed)
wit sampioene, gesny en in bietjie botter gebraai

Braai hoender in sesame olie. Voeg res van master stock bestanddele by en prut op medium hitte vir sowat 45 minute. Voeg hoenderstukke by en prut vir sowat 45 minute. Haal gaar hoenderstukke uit, dreiner vloeistof deur ‘n sif in skoon pot. Hou vloeistof warm. Ontbeen hoenderstukke.
Sit gaar noedels in ‘n diep bord, voeg aftreksel by. Die noedels moet heeltemal bedek wees met vloeistof. Sit hoender bo-op, gevolg deur sampioene, spring onion en gekookte eier. Geur met ekstra vissous en soja sous na smaak.
Foto en bron: Charleen Nieuwenhuizen




HANDGEMAAKTE DIM SUM


HANDGEMAAKTE DIM SUM
Hierdie Dim Sum is in bamboes mandjies bo-oor die aftreksel gestoom en verskaf wonderlike vermaak vir die gaste.
500g vark maalvleis
1/2 klein blikkie bamboo shoots
Sojasous na smaak
20ml saki
Vir die deeg
2 koppies koekmeel
3/4 koppie warm water
sout
Basilliekruid blare
Vir die deeg meng jy net die meel water en sout saam en vorm ’n deeg. Knie dit bietjie en laat staan om te rus. Begin nou met die vulsel.
Kap die bamboo shoot bietjie fyner ek gooi dit by die vark maalvleis in ’n bak. Voeg die res van die bestanddele by en roer baie goed.
Sodra die deeg bietjie gerus het kan jy dit baie dun uitrol. Ons het sommar ’n pasta masjien gebruik.
Sny nou sirkels uit en sit teelepels vol van die vleismengsel in die middel. Gebruik bietjie water en vou die sirkel toe. Druk die punte bymekaar en druk effens plat. Jy kan nou die deegpakkies in die stomer sit, bo op ’n basilliekruid blaar. Hulle stoom vir ongeveer 8 minute of tot die maalvleis gaar is.
Bron en 2de foto: Ineke Steyn

1 ste foto en resep:  Michelle Pieterse
400 g vark mince sal genoeg wees.
Ek het redelik baie spriet uie ingesit
4 eetlepels gemengde garlic en chili wat ek by food lover’s market gekoop het.
klein bietjie Worcester sous.