CHINESE FIVE SPICE POWDER SEASONING MIX

chinese 5 spice

CHINESE FIVE SPICE POWDER SEASONING MIX
Make your own Chinese Five spice powder seasoning mix using either ground or whole spices.
1 teaspoon ground Szechwan pepper
1 teaspoon ground star anise
1¼ teaspoon ground fennel seeds
½ teaspoon ground cloves
½ teaspoon ground cinnamon
½ teaspoon salt
¼ teaspoon ground white pepper
Combine all ingredients in small airtight container. Store in a cool, dry place.

Posted by René McEvoy




SUSHI

sushi Leanne
SUSHI
Die seaweed sheets koop ek by Woolies sowel as die Pickled Ginger en Wasabi. Die Sushi Rys maak jy volgens die pak, daar kom Rice Wine Vinegar en sout suiker ook in, daar moet jy maar die pak se aanwysings volg.
En dan sit ek alles in waarvan ons hou in verskillende kombinasies, Lancewood se cream cheese met sweet chilli met komkommer en smoked salmon is ‘n lekker kombinasie. Crab sticks met Avo en red peppers en peppedew mayo werk lieflik saam. Ek braai my prawns in botter en voeg bietjie chillie, garlic en suurlemoensap by dan sit ek dit saam met komkommer en wortel en avo met wasabi paste. Mens moet maar speel met die kombinasies en soms ontdek jy intressante kombinasies so speel speel deur die Sushi makery.O en die belangrikste is jou dipping sauce, ek koop of Kikoman se soya sous of Teriyaki sous, die ander soya sous is baie souterig.

Foto en resep:  Leanne Thurston Coetzer

 




BESTANDDELE VIR DIE MAAK VAN THAI KOS

BESTANDDELE VIR DIE MAAK VAN THAI KOS
Palm suiker (vervang met geel suiker)
Galanal(Kry dit gedroog of vervang gemmer)
Vis sous(kry dit nou by groot super markte) Belangrik!!!
Suurlemoen gras (kry dit gedroog by Chinese kos winkels) kry ‘n plantjiie kwekery dit teel baie aan.
Koljander die blare, wortels en saad.
Rissies
Kaffir lime blare en die vrug, dit het geen sap in nie, die blare kry jy gedroog of ingele by Chinese kos winkels of WW. In die Laeveld kry dit nou vars. As jy kan kry rasper die skil en vries.
Knoffel
Klappermelk en klapper room
Soy sous
Tamarind ( dit is ‘n pasta wat jy moet week in water en die sous moet uitdruk) dit is baie suur en kan vervang word met asyn party resepte vra vir rys asyn, kan dit ook kry in die supermark.

kompimente van Taste of Japan – Rialto Foods.–Martie Fourie Moolman




THAI FRIKKIES

thai frikkies Martietested
THAI FRIKKIES
Bron: Martie Fourie Moolman
FOOD LOVERS RECIPES
250 g bees maalvleis
250 g vark maalvleis
1 eetlepel gekapte knoffel
4 spriet uie, gekap
1 stukkie vars gemmer, gerasper
2 eetlepels rooi kerrie pasta (koop dit klaar deesdae by ‘n Supermark)
1 eetlepel gekapte vars koljander
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel vis sous (Te kry by Supermark) Dit hou lank in die yskas.
1 eetlepel palm suiker (of bruin suiker)
swart peper.

Maak klein frikkies en braai in bietjie olie tot gaar.

GRONDBOONTJIE SOUS:
1 eetlepel olie
1 eetlepel rooi kerrie pasta
2 eetlepels crunchy grondboontjiebotter
1 eetlepel palm suiker (of bruin suiker)
1 eetlepel suurlemoensap
1 koppie klappermelk

Verhit olie, voeg kerriepasta by roerbraai 1 min.
Voeg res van bestanddele by en kook tot sous dik is.
Bedien saam frikkies en Phad Thai.




PHAD THAI


PHAD THAI
Eier noodle nessies. Kook 6 tot 8 min. Dreineer.
2 eetlepels olie en 2 eetlepels soya sous om te bedek. Hou eenkant.
2 eiers geklits
2 eetlepels soysous
2 eetlepels soet rissiesous
1 eetlepel sesame olie
2 knoffelhuisies fyn
1 stukkie vars gemmer gerasper
4 spruit uie gekap
1 rooi soetrissie in repies
paar sampioene in snytjies
1 wortel in dun repies
125 g groen boontjies in stukkies
handvol baba spinasie of bock choy gekap
2 eetlepels gekapte vars koljanderblare


Klits soy, rissiesous, seseme olie en eiers. Hou eenkant.
Verhit bietjie olie in wok. Voeg uie, knoffel, gemmer in en roerbraai so 2 min.
Voeg ander groente by en roerbraai nog vir so 3 min. Voeg noedels by, roerbraai nog so 2 min. Voeg eiermengsel by en roerbraai 1 min. Bedien dadelik

Foto:  Martie Fourie Moolman




“SAVE MORE” SWEET AND SOUR CHOPS

FLR BB Yummy

“SAVE MORE” SWEET AND SOUR CHOPS
These sweet chops will not leave a sour taste in your mouth as they taste delicious.
6 kassler chops
10 ml mustard
440 g tin pineapple rings, drained
300 ml water
1 pouch KNORR Fresh Ideas Sweet and Sour Dry Cook-in Sauce

Preheat oven to 200ºC. Place the kassler chops in an ovenproof dish in a single layer.
Spread a little mustard onto each chop. Arrange pineapple rings over the chops. Mix 300 ml water and KNORR Fresh Ideas Sweet and Sour Sauce in a jug and pour over the chops and pineapple. Bake covered for 50 mins until the sauce has thickened and the chops are cooked and tender. Serve with mashed potato and vegetables
Recipe posted by Retha Roux




SOETSUUR VARKVLEIS


SOETSUUR VARKVLEIS
750 g varkfilet in blokkies gesny
75 ml botter
5 ml geuropwekker
1 blik pynappelstukke
100 ml kookwater
15 ml suiker
100 ml witasyn
30 ml sojasous
20 ml mielieblom
1 soetrissie in repies gesny
Braai die vleis in botter tot goudbruin en gaar. Sprinkel die geuropwekker oor.
Dreineer die pynappelstukke en meng die pynappelstroop met die kookwater, suiker, asyn, sojasous en mielieblom. Kook ongeveer 15 min. oor lae hitte. Meng die pynappelstukke en soetrissie met die sous en giet dit oor die blokkies varkvleis.
Sit die gereg warm voor.
RESEP:  Retha Roux
Foto: Wayne Dugmore
Nota:  Ek het die greenpepper in die vuurwarm sous gesit toe dit begin dik word het. Ek het die plaat afgesit,  toe die sous bygegooi en gelos dat dit prut tot die plaat koud is.




THIASE FRIKKADELLE


THIASE FRIKKADELLE
500 g varkmaalvleis
80 ml fyn broodkrummels
3 preie, fyn gekap
1 eier
15 ml (1 eetlepel) sojasous
15 ml (1 eetlepel) vars gemmer
3 knoffelhuisies, fyn gekap
125 ml (½ koppie) braaisous
30 ml (2 eetlepel) hoisin-sous
noedels en groente vir opdiening

Meng die varkvleis, broodkrummels, preie, eier, sojasous, gemmer en knoffel liggies met jou hande in ‘n groot mengbak. Rol in balle so groot soos gholfballe.
Plaas die frikkadelle in ‘n kastrol. Meng die braai- en hoisin-sous in ‘n bakkie en giet dit oor die frikkadelle.
Bedek en kook op laag vir 1 uur of tot die frikkadelle deurgaar is. Sit voor met noedels en groente.

 




THAI GROEN KERRIEPASTA

THAI GROEN KERRIEPASTA
3 groen soetrissies ontpit en gesny
3 salotte of klein ui
3 knoffelhuisies gehalveer
¼ koppie vars koljanderblare gekap
2 stokkies suurlemoengras gekneus en gekap
150 ml olie
2 eetlepels water
½ teelepel shrimp pasta (Onthou dit ruik nie lekker nie te koop by
chinese koswinkels, of WW)
1 teelepel fyn komyn
sout
1 eetlepel suiker
1 eetlepel koljander saad
1 eetlepel gerasperde lemmetjie skil
Meng alles in ‘n voedselverwerker of stamp tot fyn in vysel. Bêre in yskas en gebruik soos nodig. Verkrygbaar in botteltjies of pakkies in supermarkte, maar dit is rerig nie dieselfde nie.
Resep:  Martie Fourie Moolman




THAI ROOI KERRIEPASTA

THAI ROOI KERRIEPASTA
4 salotte of klein ui gekap
4 knoffeltoontjies
2 stingels suurlemoengras gekneus en gekap
4 koljanderwortel gekap
2 rooi rissies
1 teelepel droë galangal poeier ( Kan 2 teelepels vars gerasperde gemmer gebruik)
1 teelepel gerasperde lemmetjieskil
1 teelepel shrimp pasta (Dit is ‘n belangrike bestanddeel, dit ruik nie lekker nie maar is ‘n moet. Kan dit by chinese kos winkels kry of WW. Dit hou lank in die yskas)
1 gedroogte kaffir lime blaar. ( Kan dit ook by WW kry ingelê in botteltjie)
3 teelepels paprika
1 teelepel komyn saad
2 eetelepels olie

Meng al die bestanddele in ‘n voedselverwerker of stamp tot fyn in vysel. Bêre in yskas en gebruik soos nodig. Kry dit ook nou in botteltjies of pakkies in supermarkte maar dit is rerig nie dieselfde nie.
Resep: Martie Fourie Moolman