ROBYN SE SOUT EN ASYN AARTAPPEL GEREG

ROBYN SE SOUT EN ASYN AARTAPPEL GEREG
Ek deel graag met julle. Hierdie is altyd ‘n wenner in ons huis.
-afhangend van hoeveel tyd ek het maak ek aartappels op een van twee maniere gaar: klein blokkies gesny en in diep olie gebraai tot goudbruin of baba aartappels in kwarte gesny en in sout water gekook tot gaar.
1 pak gesnipperde spek
1 ui, fyn opgesny
gaar aartappels
Aromat/asyn/peper na smaak/Italian herbs

Braai spek lekker uit
Gooi ui in en braai tot gaar
Voeg asyn by om en by so 4 tot 5 eetlepels
En speserye
En dan gaar aartappels
Laat so paar minute prut op laag
Hierdie is regtig ‘n moerby resep, so geen vaste hoeveelhede nie – verander na smaak

Foto en resep: Robyn Koudstaal




ROASTED CHICKPEA SNACK

ROASTED CHICKPEA SNACK
These highly seasoned roasted chickpeas are the best of both worlds: crunchy and salty and packed with sustaining protein. And you likely have all the ingredients for them right now, right in your very own pantry. They are tastily addictive, but also wholesome and incredibly satisfying.

1 15-ounce can chickpeas, drained, rinsed, drained again, and spread on paper towels to dry
1 tablespoon olive oil
1 teaspoon curry powder
½ teaspoon garlic powder
½ teaspoon kosher salt or half as much table salt (more if there’s none in your curry powder)

Heat the oven to 400ºF. Heat the oil in a small pan over low heat, then add the curry and garlic powders, and stir until fragrant.
Turn off the heat, pour in the chickpeas, and stir gently with a rubber spatula until they’re coated with the oil and spice.
Spread them in a foil-lined rimmed baking pan and bake for forty-five minutes to an hour, shaking the pan every ten minutes or so. When they’re done, some will be brown and crunchy and some will be golden and still a bit soft in the middle and, ideally, none will be totally black.

*Ingredient Tips
If curry isn’t your seasoning, try something else: just the garlic powder, maybe, or some smoked paprika and celery salt. However, curry is pretty appealing to most kids we know.
Photo:  Sheila Vermeulen
(I added some poppy seeds)




LUCKY SE GEWILDE PAPTERT

LUCKY SE GEWILDE PAPTERT
Die familie se kinders kom graag na ons vir ‘n braai net om hul Oom Lucky se paptert te eet.
Maak groot pot slap pap. Nommer 2 swart pot vol.
Meng 1 blik room mielies of pitmielies in by die gaar pap.
Sous:
1 groot ui, in blokkies gesny
¼ van elk groen, rooi en geel soetrissies
1 blik tamatie en uie smoor
4 middelslag tamaties, skil afgehaal (deur dit in kookwater te sit vir 10 min), sny in blokkies
500 g gesnipperde spek
250 g ham, in blokkies gesny
½ koppie blatjang
2 eetlepels braai speserye en kruie na smaak
2 koppies gerasperde cheddar en mozarella kaas

Braai uie en peppers tot sag.
Braai spek tot krispie en voeg by saam met blik tamatie en gesnipperde tamaties en die ham.
Maak lekker baie sous.
Nou begin jy pak.
1 dun laag pap, dan sous, dan kaas, herhaal tot jou oondpan vol is, sluit af met baie kaas bo-oor.
Maak toe met foelie en net sodra die mense vleis begin braai dan sit jy die oond op so 70°C dat dit weer opwarm.
Die geheim is om nie dik lae pap te pak nie.
Resep: Lucky van der Colff
Foto: Meisie van der Colff




AARTAPEL TERRIEN

AARTAPEL TERRIEN
By n vriendin gekry. Dis heerlik.
1 kg aartappels
1 klein groen appel met skil in blokkies geny
1 rooi soetrissie in blokkies gesny
1 medium wortel grof gerasper
1 ui gerasper
2 seldery stingels dun skyfies gesny
¼ koppie mayonnaise
45 ml fyn maaskaas
200 ml plain jogurt
sout en pepper
Aartapel skryfies om bo op te sit

Kook helfte van aartappels sag en maak fyn.
Sny ander helfte in blokkies en kook net tot sag.
Voeg appel, soetrissie, wortel, ui, seldery (alles moet in blokkies gesny wees) by blokkies aartapel.
Meng maaskaas, jogurt, mayonnaise, sout en peper by fyn aartappels en meng goed deur.
Voeg fyn aartappels by blokkies aartappels en roer versigtig deur tot goed gemeng.
Voer klein brood pannetjie met kleef plastiek uit.
Skep mengel in pannetjie en laat oor nag in yskas.
Keer uit op mooi bord.
Bak aartapel skyfies in warm olie tot bruin laat afkoel en plaas bo op aartappel.
Foto en resep: Poppie Naude




LIEZL SE OEPSIES

LIEZL SE OEPSIES
1 pakkie repies spek
1 pakkie soet cherries
n bietjie Jimmies sous
Ryg eers die spek se punt op n stokkie gevolg deur n cherrie
Vou dan die spek halfpad om die cherrie en herhaal die proses
Ons het die spek dubbeld oor die lengte gevou en dit so opgeryg
Smeer dan n bietjie jimmies oor die die oopsies
Braai dan op die kole tot spek goudbruin en krakerig is
Hmmmmmm
Resep Liezl Louw
Foto Gideon Louw




POTATO BAKE ALA COETZEE ON THE COALS

POTATO BAKE ALA COETZEE ON THE COALS
Slice potatoes in 10-12mm slices.
Sprinkle foil with olive oil.
Add aromat and flame grilled barbecue spice.
Wrap tightly in foil.
Bake on fire at moderate heat for 40-60 min till potatoes are soft.
Mix cheddar and mozzarella with sweet chili and garlic.
Place cheese mix on potatoes and bake for 19-15 min.
Mix sweet chili and mayonnaise and drench potatoes.
Bake for 5 min
Recipe posted by Coetzee Neettling
Photo: Coetzee Neethling




STAMPMIELIE BRAAIGEREG

STAMPMIELIE BRAAIGEREG
250 g spek gekap en liggies gebraai
1 ui, gekap en braai
250 g sampioene, in skywe gesny en braai
2 koppies gaar stampmielies
sout en peper
175 ml room
500 ml mayonnaise
gerasperde Cheddarkaas

Verhit oond 180°C
Smeer oondbak.
Braai alles.
Voeg al die bestandele saam.
Skep in gesmeerde bak.
Strooi gerasperde kaas oor.
Bak in oond 20 min.
Ek het gaar rys en stampmielies gemeng.
Resep geplaas deur Emma Beetge
Foto: Emma Beetge




POTATO CHEESE PIE

POTATO CHEESE PIE
1,4 kg potatoes , peeled and diced
2 garlic cloves , minced
90 ml butter
175 ml Parmesan cheese grated
125 ml green onions , minced
75 ml cream
2 eggs , beaten
Salt and pepper
2 ml cayenne pepper
300 ml cheddar cheese , grated
30 ml dry bread crumbs
30 ml butter
Preheat the oven to 180 C
Butter a glass dish .
Place the potatoes and garlic in a large pot .
Cover potatoes with cold water and bring to the boil , until tender .
Drain potatoes and return to pot .
Over medium heat , shaking frequently , until potatoes are dry .Remove from heat .
Add butter to saucepan and mash potatoes .
Stir in 1/2 cup Parmesan cheese , green onions , cream and eggs .
Mash until fluffy .
Season with salt and pepper and cayenne pepper .
Spoon half the potato mixture into prepared pie dish .
Top with 1 cup of cheddar cheese and press down lightly with the back of a spoon .
Place remaining potato mixture on top of cheese .
Sprinkel remaining parmesan cheese and bread crumbs on top of potato mixture .
Top with remaining cheddar cheese .
Dot with butter and bake until golden brown .
Cut into wedge and serve .
Recipe posted by Petro van Genderen
Photo: Petro van Genderen




YORKSHIREPOEDING

YORKSHIREPOEDING
1 K Meelblom
2.5 ml bakpoeier (opsioneel)
1 ml sout
1 K melk
2 Eiers, geklits
vet of botter
Voorverhit die oond tot 230c
sif die meellom, bakpoeier indien gebruik en sout saam.
roer die melk geleidelik daarby in.
Voeg die eiers by en klits die mengsel 5-10 min lank.
Laat ‘n uur staan.
Bedek die boom van jou muffin pannetjie met vet. Maak dit goed warm in die oond
Giet die beslag sowat 2.5 sm dik oor die vet
Bak 30 min lank
Sit voor saam met oondgebraaide beesvleis.
Foto: Benhet Nieuwenhuis




GIDEON SE GESTOPTE HOENDER BORSIES EN GESTOPTE BACON ASPERSIES


GIDEON SE GESTOPTE HOENDER BORSIES EN GESTOPTE BACON ASPERSIES
Aspersies:
1 pakkie vars aspersies
1 pakkie repiespek

Kook die aspersies vir 5 min en draai toe met repiespek.
Braai op die kole tot goudbruin

Hoenderborsies:
2 hoenderborsies
1 pakkie repiespek
3 eetlepels roomkaas
paar stukkies fyn gekerfde pepperdew

Sny ‘n “pouch” in die hoenerborsie, stop dit met die kaas en pepperdew en draai toe met bacon.
Braai op kole tot gaar.
Resep en fotos: Gideon Louw