AARTAPPELS VIR BRAAIVLEIS

AARTAPPELS VIR BRAAIVLEIS
1 kg baba aartappeltjies, skoon gewas
1 groot ui gehalveer, geskil en fyn gekap
25 ml matige kerriepoeier
1 brandrissie ontpit en gekap
15 ml fyngekapte vars gemmerwortel
125 ml wynasyn
25 ml olie
2 knoffelhuisies, gekneus fyngemaak
5 ml borrie
3 suurlemoen- of lourierblare
30 ml goue stroop
125 ml aftreksel
AFRONDING:
100 ml grof gekapte koljanderblare, opsioneel

Skep die aartappeltjies in ‘n kastrol, bedek met kraanwater, geur met sout, verhit tot kookpunt en kook vir 10 min.
Bedek en laat 5 min staan.
Verhit intussen die olie in ‘n grootkastrol en voeg die uie en knoffel by.
Roerbraai vir 2 – 3min.
Strooi die kerrie, borrie, brandrissie, suurlemoenblare en gemmer oor.
Voeg die gouestroop, asyn en aftreksel by.
Verhit tot kookpunt en prut vir 2 min.
Dreineer die aartappels en skep in die kastrol met die sous.
Strooi die koljanderblare oor en sit voor met braaivleis.




GEBAKTE KOOL

gebakte kool Charlenetested

GEBAKTE KOOL
Ongeveer koolkop, grof gekerf
1 groterige ui
2 groterige aartappels
ham / viennas / kaasworsies / spek na keuse
1 pakkie “Potato Bake” (Bacon and Cheese)
Gerasperde Kaas
Kook kool op in bietjie soutwater tot net bros. Dreineer goed en skep in gesmeerde oondbak.
Kerf ui en soteer in botter. Skep oor kool.
Skil aartappels en sny in klein blokkies. Kook in mikrogolf tot net-net gaar. Dreineer en braai in botter tot ligbruin. Skep oor kool en uie.
Braai ham, viennas, kaasworsies of spek in botterpan. Skep oor kool-mengsel.
Meng alles liggies met ‘n groot vurk.
Meng “Potato Bake” volgens aanwysings en gooi bo-oor koolmengsel.
Rasper kaas bo-oor en bak in oond (180°C) vir ongeveer 20 minute tot gestol.

Foto:  Charlene Lienkie Dames en Adam Cloete

 




UIEFRITTERS

UIEFRITTERS
3 groot uie
25 g botter
¾ koppie koekmeel (185 ml)
1 groot eier
125 ml melk
knippie sout
olie vir diepbraai
Skil en kap die uie in groterige stukke.
Smelt die botter in ‘n groot pan en braai die uie liggies tot net sag, nie bruin nie. Sif die meel en sout saam, voeg die eier en melk by en klits goed deur. Voeg die uie by die meelmengsel en roer deur. Skep lepels vol van die beslag in warm olie. Braai ongeveer 3 minute aan elke kant tot goudbruin. Dreineer op handdoekpapier. Bedien dadelik.
Resep: Retha van So maak mens

 




BYKOSSE EN SLAAI VIR ‘n BRAAI / SPITBRAAI


BYKOSSE EN SLAAI VIR ‘n BRAAI / SPITBRAAI
VOORGEREGTE
Om die hongerpyne te stil kan crudités en doopsouse, taramasalata en bros, vars brood of patees en beskuitjies. Op ‘n koue dag kan self ‘n warm sop in bekers bedien word, maar omtrent 20-30min voordat die hoofgereg bedien word.
BYGEREGTE
Stysel:
Alle vorms van brood is baie gewild, franse brode, rolletjies, kruie- of knoffelbrood, potbrood, mieliebrood, stokbrood en vetkoek
Pap van mieliemeel, stywe- of krummelpap met die tradisionele tamatie en uiesous
Aartappels in die skil gebak, of in foelie in die kole, bedien met botter, suurroom en grasuie
Groente
Warm slaai – vars gekookte groente wat nog bros is met franse slaaisous, of die gewone groenslaai, of die eindelose lys van slaai soos aartappel, wortel, beet, drie bone, koolslaai ens om net ‘n paar te noem. Hou net die balans reg, moenie gebakte aartappels en aartappelslaai maak nie, of pasop vir teveel slaai met mayonnaise oor.
As mens plek het om die disse warm te hou, is die mieliegereg en die mieliepaptert ook ‘n goeie voorstel.

Geplaas deur Rina Kleinhans




PERFEKTE BRAAIBROOD


PERFEKTE BRAAIBROOD
vetkoekdeeg
uie (soos nodig)
spinasie (soos nodig)
Genoeg gerasperde cheddarkaas
bacon (soos nodig)
Braai gesnipperde spinasie, uie en bacon saam. Maak deeg plat en versprei gebraaide bestanddele oor. Strooi gerasperde kaas oor. Rol op. Smeer pan lig met olie/ spray and cook. Sny kepe in deeg en braai gaar. Laat rus vir 10 minute.

RESEP: Sanchen Grobler




BRAAIVLEIS BAKED BEANS

2015-07-05-braaivleisbakedbeanstested

BRAAIVLEIS BAKED BEANS
1 x 410g Kook Baked Beans in tamatiesous
25 ml bruinsuiker
2 ml droe mosterd
65 ml tamatiesous
4 repe spekvleis fyn gesnipper
50 ml gepkapte ui
50 ml worcestersous

Stel oond op 180°C. Meng alles saam en gooi in oondvaste bak met deksel en bak vir 20 min. Verwyder deksel en bak verder vir 20 min.
Kan ‘n dag voor die tyd gemaak word. Bedien warm of koud.
Foto:  Marie Fourie
Heerlik! Ek het Kerriepoeier en vars gemaalde swart peper asook ekstra ui bygesit. Ek persoonlik sal volgende keer eers alles braai en dan saam baked beans meng en dan sal ek dit vir korter in oond sit. Ek so bietjie bisto ook by gesit toe ek sien sousie bietjie loperig en toe terug in oond gesit. Baie lekker!

 




PYNAPPEL OOR DIE KOLE

PYNAPPEL OOR DIE KOLE
2 pynappels
75 ml botter of margarine
5 ml kaneel
125 ml bruinsuiker
125 ml soet witwyn

Skil die pynappels af en sny in stukke. Rol die stukke in die suiker en deel in 4 porsies op. Plaas elke porsies op aluminium foelie, (blink kant binne) en sprinkel bietjie botter op. Giet die wyn en kaneel oor. Maak mooi toe en braai vir omtrent 10-15 min oor medium hitte kole.
Heerlik en maklik




MIELIEGEREG

GEBAKTE SUIKERMIELIE GEREGtested

MIELIEGEREG
Heerlik by braaivleis
1 blik room suikermielies
3 eetlepels suiker
3 eiers
½ teelepel sout
2 eetlepel koekmeel
¾ koppie melk
1 teelepel bakpoeier
margarine

Meng die meelblom, sout, bakpoeier en suiker saam. Klits die eiers en voeg die mielies en melk by. Voeg die mieliemengsel by die meelmengsel en meng baie goed.

Sit in gesmeerde oond bak en sit klontjies margarine bo-op. Bak by 180°C vir ongeveer 1 uur, tot toetspen skoon uitkom en gereg gestol het. Probeer om die gereg gereed te hê wanneer jy gaan bedien, want dit lyk soos ‘n souffle, maar indien nie moontlik nie, verhit in mikrogolf voor bediening vir paar minute.
Bron: Rina Kleinhans




MIELIEPAPBOLLETJIES

MIELIEPAPBOLLETJIES
Gaar mieliemeel pap
250 g spekvleis
2 uie fyn gekap
1 groen soetrissie fyn gekap
1 knoffelhuisie fyn gedruk
1 eier geklits
sout
1 ml rooipeper
50 ml pietersielie fyn gekap
Om bolletjies in te rol:
2 eiers geklits
sagte broodkrummels
olie vir diepvetbraai

Braai spekvleis tot bros.
Voeg uie, soetrissie en knoffel by en braai tot sag.
Voeg by mieliepap en meng goed.
Voeg die eier, rooipeper, sout na smaak en pietersielie by en meng goed.
Vorm in bolletjies so groot soos okkerneute.
Doop in geklitste eier en dan in broodkrummels, braai in diep olie tot goudbruin.
Bron: Izette Pretorius Smit

 




MIELIEPAP BOLLE

mieliepap balle Jorina

MIELIEPAP BOLLE
vir Braaivleis
Maak lekker stywe mieliepap, laat effens afkoel, rol bolle so groot soos frikkadelle, pak in oond skottel.
Braai ui, tamatie, sampioen en spek saam.

Maak lekker groot gat in elke bal met jou duim en skep die mengsel daarin.
Gooi een houertjie room bo-oor en sommer genoeg gerasperde kaas, en bak in die oond, 180ºC vir so ongeveer ‘n uur.
Maak seker die room gaan tussen die balle in.
As jy baie balle maak gebruik meer room, alles gebruik mens na gelang van die hoeveelheid balle jy gaan maak.
Bedien warm.

VARIASIE
Kan ook suikermielies in die mieliepap gooi vir variasie
Jy kan ook drie kleure peppers insit en die room meng met potato bake –
Rina Kleinhans – eie resep
Foto: Jorina Claassen