GEBAKTE NIKNAKS GROENBONEGEREG

groenbone met niknakstested
GEBAKTE NIKNAKS GROENBONEGEREG
500 g groenboontjie stukkies
250 g fyn spek (bacon)
1 groot ui, grof gekap
1 pakkie sampioene, gekap
½ groot pak Niknaks, fyn gedruk
1 pakkie aanmaak kaassous
1 houer (250 ml) room
± 125 ml gerasperde kaas

Meng alles saam behalwe die kaassous en room.
Giet kaassous (gemaak van room en kaassous poeier) bo-oor.
Sprinkel kaas oor en bedek met foelie
Bak vir 1 – 1 ½ uur by 180 ºC.
Resep: Louise van Aswegen de Wet
Foto: Rina Kleinhans
Nota: Nuncia Botes –  Dis baie lekker saam bbq simba chippies ook, my skoonpa maak dit so en ek vrek oor dit.




PAPTERT MET ROU MEEL

paptert met rou meeltested

PAPTERT MET ROU MEEL
Ek het toe die paptert resep weer bietjie aangepas om my en my familie se smake te pas:

Braai saam:
2 fyngekapte uie
1 greenpepper in blokkies gesny
1 pakkie diced baconHaal van stoof af en gebruik sommer die pot om die vlg bestandele saam te meng:
1 blikkie sweetcorn
1 blikkie pitmielies
3 koppies mieliemeel
250 ml room
250 ml water
1 pakkie sampioene – in skyfies gesny

1 teelepel bakpoeier
1,5 teelepel sout
2 eetlepels suiker
2 tamaties in blokkies gesny

Smeer/spuit pyrex bak met spray and cook en gooi beslag daarin. Bak @ 180 ºC vir ongeveer 1 uur. Strooi ongeveer 1 koppie kaas bo-oor – laat staan tot moet opdien en warm sommer op tewyl jy die kaas laai verbruin onder die grill  HEERLIK en MAKLIK!

Resep en foto:  Sunet Dodd

 




MAKLIKE BRAAI PAPTERT

paptert met rou meeltested

MAKLIKE BRAAI PAPTERT
|Dit is rou mieliemeel en nie gaar pap nie – dit is wat die tert so maklik maak!
2 koppies braaipap of gewone mieliemeel
2 blikkies sweetcorn
1 blik heel mielies – helfte van water afgegooi
2 teelepels bakpoeier
3 teelepels suiker
2 teelepels sout
rooipeper na smaak
500 ml room
2 koppies gerasperde cheddar kaas

Meng alles goed deur.
Gooi in ‘n oondvaste bak met deksel of sit foelie oor.
Bak vir ongeveer 1 uur by 180º C.
Heerlik die volgende dag as dit koud is met bietjie botter!
Resep:  Heiner Lange
Foto:  Christelle Coetzer

 

 




ASKOEKE – ROOSTERKOEKE

ASKOEKE – ROOSTERKOEKE
Footlong broodjies
18 koppies brood en koekmeel, gemeng
3 pakkies gis
30 ml sout
135 ml suiker
8 ½ koppie louwarmwater, gemeng met 45 ml olie

Sit alles in groot skottel, voeg louwarm water by en knie goed.
Laat rys tot dubbel.
Knie af en laat weer hoog rys.
Vat stuk deeg, hanteer min, en rol in dik wors, op ‘n meelbestrooide oppervlak, druk plat, ± 1 ½ cm hoog en sny in verlangde porsies.
Laat weer rys.
Braai op rooster of ysterplaat al 4 kante. Dit vries baie goed, maak 1 min op 100 krag warm en dis weer doeksag!
Die resep maak ook heerlike veerligte vetkoeke. Volg dieselfde metode, bak in warm olie.
Ek kry uit die 18 koppies meel, 30 footlong of 28 groot vierkantig vir burgers of 40 klein ontbyt askoeke uit .

Resep:  Frieda Greyling




MAX SE RATATOUILLE-ROL

tested
MAX SE RATATOUILLE-ROL
Ons het dié ‘Ratatouille-rol’ vandag by ons braai bedien, met mengelslaai en ‘n avokado- en roomkaasslaaisous. Hoop julle kan dit ook geniet soos ons dit geniet het. Berei Ratatouille vooraf na smaak.
Braai saam in olyfolie:
1 rooiui, opgekap
bietjie knoffel en gemmer
1 eiervrug, opgesny, sny in skywe vooraf, besprinkel met sout, laat staan 30 minute en spoel af
1 elk rooi, groen en geel soetrissie, opgekap
2 – 3 gekapte tamaties
Ricotta of gerasperde Cheddar
Na al die bestandele saamgebraai is, laat dit ‘n ruk stowe tot sag.
Laat die mengsel afkoel en voeg kase van eie keuse by die mengsel.
Rol 1 “Cheese and Herb” blaardeeg bietjie dunner uit, behou die vierkant vorm.
Deel die vierkant in twee (anders hanteer dit te moelik).
Smeer die ratatouille mildelik oor die twee helftes deeg, nie tot op die rante wat moet heg nie en rol die gevulde deeg op.
Smeer water op die twee dele wat moet heg en plaas die naat na onder op ‘n gesmeerde bakplaat.
Smeer die deegrolle met geklitste eier en besprinkel met saadjies (opsioneel) en bak vir 45 – 60 minute teen 180° C.
Plaas die rolle op ‘n mooi opdienbord en garneer na smaak met vars kruieblare.
Sny in skywe en bedien met enige bykoss van jou keuse. Dit is heerlik!!!
Nota: Partykeer sny ons dit eers in wiele voor dit gebak word, smeer met geklitse eier en bak vir omtrent 20 – 30 minute en geniet.
Resep: Helene Kluge




SAMPIOENTERT BY BRAAIVLEIS


SAMPIOENTERT BY BRAAIVLEIS
[HEMELS LEKKER!]
Vir 6 mense
Die rand raak lekker bros endie pap absorbeer die sampioene se sous.
2 koppies water
½ teelepel sout
225 g braaipap, of ‘n mengsel van polenta en mieliemeel
2 koppies Gruyerekaas, gerasper
1 klein ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
750 g (3 pakkies) gemengde bruin en portobellosampioene, in skyfies gesny
olyfolie of botter
¼ koppie balsamiese asyn
2 eetlepels bruinsuiker
4 eetlepels sojasous
¼ koppie pietersielie, gekap
2 eetlepels vars tiemie of roosmaryn, gekap

Verhit die water en sout tot kookpunt. Roer die meel by en laat dit vir 20 minute prut tot dit gaar is.
Roer ‘n hand vol kaas by die pap in.
Spoel ‘n vlak bak (20 x 30cm) met koue water uit (dit keer dat die pap vassit) en keer die pap daarin uit. Sprei dit eweredig uit. Bedek dit met foelie en laat die pap oornag afkoel.
Braai die ui, knoffel en sampioene in ‘n bietjie botter of olyfolie in ‘n pan. Gooi die asyn, suiker, sojasous en gekapte kruie na 5minute by. Laat die helfte van die vloeistof wegkook. Proe en voeg nog sojasous, asyn of suiker na smaak by, en laat prut. Verwyder dit van die hitte en voeg 2 eetlepels botter by.
Keer die koue pap op ‘n werkoppervlak uit en sny dit in twee ewe groot blokke. Sit die een blok op ‘n oondpan of ‘n pan waarin hy net mooi pas, dit help dat die twee lae op mekaar bly, wat met botter of olyfolie gesmeer is. Skep driekwart van die sampioenmengsel op die pap en strooi ‘n hand vol kaas bo-oor. Sit die ander blok pap soos ‘n kors bo-op. Strooi die res van die kaas bo-oor en besprinkel met ‘n klein bietjie olyfolie.
Bak dit vir 30 minute by 180°C tot die bokant bros is. Sny die tert in skywe en sit dit saam met die res van die sampioensous bo-oor voor.
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Nota: en so werk alles nie altyd soos dit moet nie!
Gelukkig is floppies die lekkerste!!!!!!!!! myne wou nie opmekaar bly toe hy begin bak nie maar die smaak was lekker!!!!!!!! ekt net minder tiemie in.

 




KNOFFELRING

Knoffelring

KNOFFELRING
Deeg:
2 eiers
25 ml olie
500 ml louwarm water
60 ml suiker
10 ml kitssuurdeeg
10 ml knoffelsout
knippie gemmer
5 x 250 ml koekmeel

Knoffeldoopsous:
125 ml margarien, gesmelt
2-3 knoffelhuisies, gekneus
10 ml knoffelsout
25 ml pietersielie
10 ml gemengde kruie
sesamesaad

Klits eier, olie, suiker en water.
Meng droë bestanddele. Maak deeg. Knie tot sagte deeg (5-10 min). Plaas in bak. Bedek.
Laat 60 min staan tot dubbel die groote. Vorm balletjies.
Smelt botter. Meng res van bestanddele by.
Doop elke balletjie in mengsel. Sit in oondbak. Bedek. Laat 15 – 30 min rys.
Bak 25-30 min by 180ºC of tot goudbruin. (heerlik saam sop of braaivleis.)

Geplaas deur Joyce Koen
Foto: Nella Kootstra




CHAKALAKA EN PAPVINGERS

CHAKALAKA EN PAPVINGERS
chakalaka:
250 ml canola olie
3-4 knoffelhuisies gekap
1 groot ui gekap
5 ml kerrie poeier of paar kerrieblare
2 rooi brandrissies ontpit en gekap
3 cm stuk gemmerwortel gerasper
5 tamaties grof gekap
1 groen en rooi soetrissie ontpit en in stukke gesny
2 groot wortels skoongeskraap en gerasper
1 blik (400 g) gebakte bone
Sout en peper na smaak
45 ml vars koljanderblare gekap

Verhit die olie en braai die knoffel en ui daarin tot sag. Voeg die kerrie by en verhit nog 2-3 min. Voeg brandrissies, gemmerwortel en tamaties by en verhit sowat 10 min tot dit begin stukkend kook. Voeg die soetrissies en wortels by en verhit nog 10 min. Roer die gebakte bone by, geur met sout en peper na smaak en verhit tot goed warm. Sprinkel die koljander oor. Skep in ‘n fles en bere minstens ‘n dag in die yskas sodat die geur kan ontwikkel.
Maak lekker stywe pap, druk vas in ‘n bakplaat en laat koud word, sny in vingers. Diep braai die papvingers in warm olie en bedien saam met die chakalaka sous.
Indien verkies kan jy die vingers in eier en krummels doop, laat staan in die yskas tot lekker koud en braai dan in diep olie.




GEVULDE UIE OP DIE KOLE

Image030tested

GEVULDE UIE OP DIE KOLE
(4 porsies)
Vulsel
250 ml gaar rys
4 repe spekvleis
Bietjie soetrissie gekap (Opsioneel)
5 ml pietersielie
30 ml hoenderaftreksel
Sout en swart peper na smaak
4 groot uie
Botter
Sny die uie so boonste punte af, mAar hou die skille aan. Kook die uie met skil en al vir ongeveer 5min tot sag. Haal die binneste deel van die ui uit, maar los genoeg om ‘n stewige dop te vorm. Kap die binnedeel van die ui fyn en meng saam met die res van die bestandele, buiten die botter. Skep die vulsel binne-in die uie doppe en stip elke met ‘n klontjie botter. Neem 2 lae foelie en smeer die blinkkant (binnekant) met bietjie olie en draai die uie daarin toe. Braai in die kole (Meduim) vir ongeveer 20 min, bedien terwyl nog warm.
Heerlike saam met braaivleis.
Foto en resep:  Rina Kleinhans

 




MOLSHOPE

molshope - Jacquestested

MOLSHOPE
3 tot 4 lekker groot aartappels
Groterige klont margarien
2 – 3 ml bakpoeier
Sout na smaak
250 ml room
125 ml gerasperde Cheddar kaas

Skil en kook die aartappels gewoonweg tot sag.
Dreineer en druk fyn.
Voeg die margarien, bakpoeier, sout en ‘n bietjie van die room by en klits dit met ‘n vurk tot lig.
Smeer ‘n oondvaste bak en skep lepelsvol van die aartappels daarin.
Gooi die res van die room bo-oor.
Strooi die kaas dan bo-oor.[ Bloukaas is net so lekker by halveer net die soorte kaas]
Bak dit 20 – 25 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180 °C.

Foto: Jacques Marianne Van Niekerk

Florrie van Heerden
Hi almal, ek maak molshope met n twist…dit is sommer ‘n ete op sigself.
Ek braai spek, uie, tamaties en groenrissie saam en voeg dit dan by die aartapels, gebruik n roomys lepel om mooi ronde balle te vorm