HEATHER SE GEBOTTELDE BRAAISLAAI-HAWAIIN STIR FRY

hawain chilli saladtestedbottel stirfry

HEATHER SE GEBOTTELDE BRAAISLAAI-HAWAIIN STIR FRY

Hierdie slaai noem ek Braaislaai en is heerlik, hou baie lank.
1 kg Hawaiin stir fry Mix
1 koppie suiker –  1 cup sugar
1 koppie asyn –  1 cup vinegar
1 teelepel sout – 1 teaspoon salt
1 teelepel borrie – 1 teaspoon turmeric
1 teelepel kerrie – 1 teaspoon curry powder medium

Put all ingredients in a pot as well as the frozen Hawaiian stir fry mix.
When it starts to bubble, throw in 1 heaped spoon of Maizena which you have mixed to a paste with 2 tablespoons cold water into the mix and just let cook through for a minute. Put the stove off and bottle hot into glass bottles. Let cool down and keep in fridge. Wonderful with steak or meatballs or chicken or basically everything!

Gooi alles in pot en laat opkook.
As begin kook, gooi 2 teelepels Maizena wat met 2 eetlepels water aangemaakis, in.
Laat weer opkook en skakel plaat dan af.
Bottel, eet en geniet!
Resep:  Heather Strumpher

Nota:  Jy gebruik net 1 koppie suiker op 1 kg Hawain stir fry, die een met die pynappel in, het al met die ander probeer, maar ek koop altyd die pers pak, weet nie of ek die “brand ” naam mag sê nie, julle moet ook nie die slaai laat kook en kook nie, as jy klaar die maizena ingegooi het en hy begin kook, haal dadelik van stoof af en bottel warm in gesteriliseerde flesse of laat afkoel en sit in yskas, altyd plastiek oor slaaibak, want anders kom al die yskas se geure in die slaai of andersom.

Foto: Rista Grobbelaar‎




SOET BROODJIE

soetbroodjie

SOET BROODJIE
½ brood deeg gebruik
¾ koppie suiker
1 houertjie room

Deeg in bolletjies gemaak.
Room en suiker gemeng en bo-oor deeg gegooi.
Gebak op 180°C tot gaar.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie
Rina Kleinhans: Ek gooi bruinsuiker onder in die bak en dan weer bo-oor ook saam met die room en dit is net eenvoudig heerlik.




POTBROOD

POTBROOD

POTBROOD
Gebruik dié resep vir die allerlekkerste brood. Hy wérk, as jy sorg dat die kole net warm genoeg is. Die idee vir dié brood en vulsels kom eintlik van daai mollige Ingelsmannetjie met die skoeter – Jamie Oliver.

Jy het nodig vir 1 potbrood of 2 langwerpige brode:

7 koppies witbroodmeel
2 x 10 g-sakkies kitsgis
2½ koppies louwarm water
2 eetlepels suiker
3 teelepels fyn sout

Laat dit gis. Gooi die meel in ’n diep bak. Meng die gis, water en suiker in ’n ander kleiner bak en laat vir tien minute staan totdat die gis begin skuim. Gooi dit by die meel en voeg ook die sout by.

Oefen daai spiere. Meng tot al die bestanddele goed gemeng is en haal dan die bol deeg uit en sit dit op ’n plat, meelbestrooide oppervlak. Druk, knie, vou en rol die deeg vir sowat 10 minute of totdat dit lekker sag en elasties is.

Rus ’n rukkie. Sprinkel ’n bietjie meel in ’n bak, sit die deeg daarin en sprinkel ook ’n bietjie meel oor die deeg. Maak die bak toe met kleefplastiek en ’n klam vadoek en los dit in ’n warm plek om te rys tot dubbel die oorspronklike grootte.

Weer ’n bietjie spiere. Knie dit weer af vir ’n paar sekondes en sit dit in die ronde ysterpot (of twee broodpanne) om vir ’n tweede keer te rys tot dubbel die oorspronklike grootte. Hanteer die ysterpot versigtig sodat jy nie al die lug uit die deeg uitskud nie.

Kole toe met jou. Sodra die deeg uitgerys is, kan jy die pot op die kole sit en kole op die deksel stapel. Kyk ná ’n halfuur of die brood begin bruin word en sit die deksel terug met nuwe kole op. Dit behoort ná ’n uur gaar te wees. Haal die pot van die vuur af en los dit vir ’n halfuur om af te koel voor jy die pot omkeer om die brood uit te haal.

Rene Truter Wessels




CREAMED CORN

creamed-corn
CREAMED CORN

This side dish will knock the socks of of your dinner guests. Seriously it is incredible. Words cannot describe how good it is. I always double the recipe because it’s the first dish to run out.  The recipe is from Diane Phillips’ Do-Ahead Thanksgiving Dinner class, also from Great News Cooking School.

500 g kernel corn (defrosted)
1½ cups whipping cream
2 teaspoons salt
1 teaspoon sugar
3 tablespoons flour mixed with 3 tablespoons softened butter
½ cup grated Parmesan cheese

Butter or spray a baking dish. Sprinkle dish with 2 – 3 tablespoons Parmesan cheese, tilting the pan to distribute the cheese. Bring the cream to a boil. Reduce the heat and add corn. Simmer for 5 minutes. Stir in salt and sugar.

Make a paste with the butter and flour, and stir into the corn and cook until the mixture boils and thickens. Turn corn into the baking dish and sprinkle with remaining cheese.

Refrigerate up to four days. Bake at 170ºC for 30 minutes until bubbling and golden brown.




BIER- EN SOPBROODJIES

bierbroodjiestested

BIER- EN SOPBROODJIES
1 pakkie bruismeel
1 pakkie bruin uiesoppoeier of sop van jou keuse
1 blikkie bier/karringemelk/melk of water  ongeveer 330ml

Meng alles goed saam, plaas die deeg in ‘n broodpannetjie,  sprinkel gerasperde kaas oor en bak by 180 ºC vir ongeveer 1 uur.

Variasies:
Gebruik sampioenesop en sny vars sampioene by.
Mens kan regtig enige iets insit soos biltong, soetrissies, rissie, of net waarvoor jy lus het.

Resep:  Rina Kleinhans
Foto: Mandy van Wyk




GIDEON SE POTBROOD EN WORSGEREG

gideon se worsgeregtested

GIDEON SE POTBROOD EN WORSGEREG

Eindelik my vrou oorreed om sover te kom ommie reseppie te gee x mos rekenaar gestremd.
4 x 250ml koekmeel
halwe teelepel sout
10 gr droë kitsgis
1 eeetlepel suiker
2 eetlepels kookolie
400 ml louwarm water
1 geklitste eier

Sif meel en sout saam voeg suiker en gis by en meng ,voeg olie en water by om ‘n sagte deeg te vorm ,
Knie deeg tot glad en nie meer klewerig nie bedek en plaas in geoliede bak en laat op ‘n warm plek rys tot dubbel in volume.
Knie af en vorm ‘n bal met die deeg, plaas in gesmeerde pot, smeer deeg met geklitste eier. Plaas pot op ligte kole asook kole bo op deksel bak so +- 20min.
Plaas jou gunsteling pakkie wors bo op brood en bak nog so 20 -25 min. en siedaar !!?

Gideon Louw
Sorrie julle ek sien nou eers die vraag neeeee ek het nie die wors vooraf gaar gemaak nie, maar eers die brood ‘n rukkie gebak totdat die deeg styf is en toe die wors opgesit met bietjie meer kole op die deksel !

Foto en idee:  Gideon Louw




MIELIEBROODJIES IN BLIKKIES GEBAK

mieliebroodjie in blikkies

MIELIEBROODJIES IN BLIKKIES GEBAK
Resep en foto: Annetjie van Huyssteen
FOOD LOVERS RECIPES
Ek koop vars suikermielies en sny pitte af. Het altyd gevries in vrieskas – dis net my man en ek. ‘n Pak suikermielies is te veel daarom vries ek liewer wat oorbly. Idee van tunablikkies het ook ontstaan omdat ‘n hele brood te veel is vir ons.

(Resep hoeveelheid is vir 2 broodjies)
3 eetlepels mieliepitte
3 eetlepels mieliemeel
3 eetlepels koekmeel
1 teelepel gis
2 eetlepels gerasperde kaas
¼ teelepel sout
bietjie rooipeper

Meng met 50 ml louwarm water en knie paar minute. Laat 30 – 60 min in mikrogolf oond rus tot dubbel in volume. Knie effens en plaas in gesmeerde tunablikkies. Laat rys en bak ongeveer 7 min oond 180ºC.

 




PAPTERT MET KAASKRULLE


PAPTERT MET KAASKRULLE
Ek het toe die naweek paptert met kaaskrulle gemaak, my familie het hul vingers afgeeet.
Braai saam:
1 pak spek, in blokkies gesny
1 groot uie, gekerf
1 bakkie sampioene, opgekerf
Voeg by:
1 – 2 pakke kaaskrulle fyn gedruk (pas aan na gelang van die hoeveelheid pap)
250 ml room
genoeg gaar slappap
Ekstra:
gerasperde kaas

Maak  genoeg slappap vir die aantal mense wat jy wil bedien,
Meng spekmengsel by, skep in ‘n oondbak, strooi gerasperde kaas oor en bak in oond (180°C) vir ± 20 min. Heerlik!
Foto: Wynand Van Huyssteen
Resep: Elize Gouws




KNOFFELBROOD MET ROOM

2015-12-13-knoffelbroodmetroomtested

KNOFFELBROOD MET ROOM
1 kg vetkoek deeg – deeg wat by “Spar/Checkers” te koop is.
500 ml Ultramel room of enige ander volroom
kaas, soveel soos wat jy wil insit (ekke vat sommer lekker beleë cheddar)
gebraaide spek (opsioneel)
gekapte swart olywe (opsioneel)
knoffel, oveel soos wat jy wil insit

Maak die deeg in lang vorm (soos ‘n brood).
Sny dit in die middel oop (in lengte), voeg kaas, knoffel, ens. in en druk die deeg toe.
Draai die deeg om met gesnyde kant na onder.
Plaas die deeg in gesmeerde broodpan /oondpan (pan moet diep wees).
Gooi 375 ml room oor die deeg.
Strooi bietjie kaas en paprika bo-oor.
Vooraf verhit die oond tot 180°C.
Bak ongeveer uur.
Gooi die laaste room oor – 5 minute voor die brood uitgehaal word.
Die warm brood kan in die room in pan gedoop word soos dit geëet word of opgesmeer word. Hoe langer die brood in die room lê hoe lekkerder.
BRON: Tinkie Nel Nortmann
FOTO: Lisinda Blaauw

 




LEKKER BROODJIE VIR BRAAI

LEKKER BROODJIE VIR BRAAI
500 g Golden Cloud Savoury Muffin Mix
100 ml (40 g) grated mature Cheddar cheese
100 ml (50 g) grated Mozzarella cheese
100 ml (40 g) grated Emmentaler cheese/
50 ml garlic chives, roughly chopped
60 ml sundried tomatoes in olive oil vinaigrette,drained and roughly chopped
12 Calamata pitted olives
80 ml melted butter
70 ml sunflower oil
320 ml milk (ek gebruik sommer karringmelk)
2 eggs

Preheat oven to 180 °C.
Mix the cheeses, garlic chives, sun-dried tomato and half the olives into the dry Golden Cloud Savoury Muffin Mix.
Beat the butter, oil, milk and eggs together and mix into the dry ingredients according to instructions on Golden Cloud pack.
Transfer batter to a greased 22 cm loaf tin.
Lightly press the remaining olives into the top of the loaf and bake for 30 minutes.
Reduce oven heat to 160 °C, cover top with foil and bake for another 20 – 25 minutes or until a skewer comes out clean when inserted.
Allow to cool slightly before turning out onto a wire rack.
Resep geplaas deur Tinkie Nel Nortmann