PATAT- EN MALVALEKKERTERT

2013-08-25-patatenmarsmellowtertdanjoolivier
PATAT- EN MALVALEKKERTERT
Ons het vir die resep 4 pakkies patats gebruik
Patats
4 kruienaeltjies
5 ml neutmuskaat
2 ml gemmmer
200 ml gesmelte margarien of botter
15 ml kaneel
100 ml bruinsuiker

Kook patats en naeltjies tot amper gaar (onthou die patats moet nog in oond bak vir so 15 min)
Smelt die botter en suiker. Voeg die neutmuskaat, gemmer en kaneel by die bottermengsel.
Pak die patats in ‘n gepaste oondpan en skep die sous bo-oor die patats.
Maak toe met foelie en bak vir ongeveer 15 -20 min.
Haal uit die oond en pak die gesnipperde malvalekkers bo-oor die patats.
Bak weer tot die malvalekkers ‘n goue bruin kleur het.

Geniet saam snoek!
Ps. Die malvalekkers smelt in die patats in, as dit ‘n rukkie afgekoel het, is die gereg dan op sy lekkerste. Enjoy!!!!
Resep en foto: Danjo Olivier




“BABY MARROW” SOUFLE

baby marrow souffle gesnytested
“BABY MARROW” SOUFLE

Mens moet maar die resep aanpas vir die hoeveelheid mense.
Hierdie is genoeg vir 4 mense.  As jy dit nie in die klein brood pannetjies wil bak nie, kan dit in ramekins gebak word, dan het jy sommer ‘n lekker porsie per persoon.

4 – 5 groterige “baby marrows”, gerasper
1 groot wortel, gerasper
1 prei, ongeveer 10 cm of na smaak, gerasper
2 eiers, goed geklits
50 ml melk
60 ml koekmeel (¼ koppie)
1 eetlepel bruinsuiker
½ teelepel bakpoeier
sout en vars gemaalde swartpeper
½ teelepel Ina Paarman vergetable seasoning
gerasperde kaas vir bo-oor

Meng gerasperde groente met die meel, bakpoeier en suiker.
Klits eier en melk saam en meng by groente in.
Gooi sout/peper en kruie by en proe vir smaak, pas aan indien nodig.
Skep in klein broodpannetjies of ramekins, strooi bietjie kaas bo-oor.
Bak by 180°C vir ongeveer 20 min of tot gaar.
Keer uit en bedien saam met enige warm ete of steak.
Resep en foto: Rina Kleinhans




ROGBROOD BLOKKIES EN MURGPAMPOENTJIEGEREG

FLR BB with Heart

ROGBROOD BLOKKIES EN MURGPAMPOENTJIEGEREG
Ag ek het vanaand die lekkerste bykos gemaak.  So maak mens:
6 snye rogbrood in groterige blokke gesny
1 middelslag ui in blokke gesny
2 knoffelvingertjies gekneus
4 murgpampoentjies in ringe gesny
5 groot tamaties in stukke gesny
1 koppie cheddar kaas fyn gerasper
sout/ peper en veggiespice na smaak.
20 ml olyfolie
Stel die oond op 180 ºC.
Braai die uie en knoffel tot uie verbruin in die olyfolie.
Voeg die murgpampoentjies by en braai verder, maar pasop die murgpampoentjies word gou sag. Dit moet vinnig geroer word tot die murgpampoentjies bruin is.
Voeg die broodblokke by en roer deur (dit absorbeer die meeste van die olie)
Sit laastens die tamaties by en roer. Moenie dat die tamaties pap kook nie. Dit moet net bietjie sous afgee.
Haal van die stoof en strooi die speserye oor.
Spuit ‘n oondbak en gooi die kaas bo oor. Bak net totdat die kaas gesmelt is.
Dien op as bykos saam met gebraaide skaaptjoppies en soetwortels of ertjies.
Heerlik
Resep: Amanda Verster Vd Merwe

 

 




PAPBALLE

mieliepap balle Jorinatested

PAPBALLE
Ek het stywe pap gemaak so dat jy dit kan rol in balletjie. Laat afkoel en holtes in gemaak.
Ui, tamatie, geel-groen-rooi peppers, en spek saam gebraai met so bietjie gemengde kruie, holtes gevul daarmee, meng room met potato bake en oorgegooi en toe kaas oorgestrooi en in oond gebak @ 180 grade Celsius vir 30min.

papballe

Bron:  Sanché Vermaak

Anzel L Boshoff
Het ek stywe pap gemaak en ‘n blik sweetcorn by die pap gegooi. Het dit laat af koel en pap balle gemaak. Ek het ook die 250 ml room gevat en ook patato bake ( die bacon) gemeng en oor die pap balle gegooi. Gerasperde kaas en ook gebak tot ‘n goue bruin kleur. Oond was ook op so 180ºC




CAROL SE PAMPOENTERT

pampoentert carol

CAROL SE PAMPOENTERT
2 koppies gaar pampoen
4 eetlepels suiker
3 eetlepels botter
2 eiers
½ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
sout
½ koppie melk
gerasperde neutmuskaat
fyn naeltjies en kaneel


Maak die pampoen heeltemal fyn. Laat afkoel.
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Klits die suiker en botter tot romerig. Voeg die eiers een vir een by – klits aanhoudend. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg om die beurt met die melk by die eiermengsel. Voeg die gaar pampoen by. Moenie te veel roer nie. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak en strooi speserye bo-oor. Bak vir 30-45 minute.
Persoonlike wenk: Ek strooi allerhande pitte bo-op asook growwe bruin suiker – hierdie pampoentert is heerlik warm of koud en vries ook baie goed!
Resep en foto:  Carol Visser




BRAAIBROODJIES

braai broodjie

BRAAIBROODJIES
’n Braai is nie ’n braai sonder ’n braaibroodjie nie. Maar menings wissel oor watter vulsel die lekkerste is!
(vir 1 broodjie)
2 snye witbrood
botter vir albei snye
4 snye sterk cheddarkaas
sowat 3 tamatieskywe
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
sowat 3 uieringe (gewone of rooi-uie)

Smeer 2 snye witbrood – dis die lekkerste. (Jy kan wel ander brood gebruik, maar is dit so lekker?) Plaas 2 snye kaas op die een sny brood. Sit die tamatieskywe bo-op en geur met sout en peper. Plaas uieringe bo-op. Sit die ander skywe cheddarkaas op die tweede sny brood. Sit dit, kaas ondertoe, bo-op die eerste sny. Druk die twee snye styf op mekaar vas. Party mense bind die broodjie vas met ’n toutjie, maar as jy ’n toeklaprooster gebruik, hoef jy dit nie te doen nie. Wanneer jou kole reg is (nie meer té warm nie) braai jy die broodjies taamlik hoog bo die kole. Draai hulle elke nou en dan om om seker te maak die kaas smelt en die uie word effens sag. Braai bruin soos jý daarvan hou.

Lekker variasie
my geheime spesiale braaibroodjies – julle moet dit probeer – dis hemels – ek braai klomp uie (dun fyngekerf) in kelon bietjie olie – dan gooi ek Jimmy sous by en laat lekker inbraai – laat dit heeltemal afkoel – wanneer koud smeer op brood met dun gesnyde tamatie en gerasperde kaas sout en peper -braai op vuur – stadig – dis regtig heerlik
Marietjie Nel




GILLIAN SE LEKKER PAP IN DIE PRUTPOT

GILLIAN SE LEKKER PAP IN DIE PRUTPOT
2 – 3 koppies mieliemeel
500 ml kookwater
500 ml warm melk
kaas na smaak
heelpit mielies na smaak
5 – 10ml sout na smaak
Meng die mieliemeel, water, melk en die sout in die prutpot (slowcooker)
Ek sit al vroeg middag die pot aan op High, maar as jy wil kan jy al in die oggend dit begin op “High”, en later afdraai na “Low” of “Auto” toe.
Die prut dan heel dag, so roer maar net af en toe, en voeg nog vloeistof by indien nodig.
As pap reg is, voeg die kaas en mielies ook by en roer deeglik.
Laat staan op “Low” om warm te bly tot benodig.

Resep: Gillian Logan Bredenhann




GEVULDE AARTAPPELS

2013-08-07-doityourself
GEVULDE AARTAPPELS

Op die eerste foto is die uie, aartappels en ham, sny die aartappels soos op die prentjie,  sit ‘n skyfie ui en ham in elke gleuf, sit bietjie sout oor en bak in die oond, sodra die aartappels sag is, gooi gerasperde kaas oor en bak tot kaas gesmelt. Dit is hoe ek dit verstaan, hoop dit kom lekker
n/s ek is seker mens kan ook knoffel of net waarvan jy hou hier by sit




MIELIEPAP MUFFINS


MIELIEPAP MUFFINS
(lekker by braaivleis)
Jy benodig (vir 6)
2 koppies mieliemeel
4 koppies water
1 teelepel sout
3 eetlepels olyfolie of botter
2 eiers
2 hande vol kaas, gerasper
4 eetlepels gekapte vars kruie, of 1 eetlepel droë kruie
1 teelepel rooipeper
1 teelepel paprika
1 koppie heel mieliepitte
6 sondroogtamaties, gekap
12 kersietamaties, gehalveer

Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Maak eers die pap. Bring die water en sout tot kookpunt. Voeg die mieliemeel daarby en roer tot dit verdik. Laat dit met ’n deksel op prut vir 10 minute. Verwyder dit van die hitte en laat die pap afkoel.
Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap daarby.
Skep die mengsel in ’n gesmeerde muffinpan. Skep dit maar vol, want dit rys glad nie. Bak die muffins vir ongeveer 20 minute.
Wenk: Die muffins is ’n blink plan as jy oorskietpap het. Gooi ’n hand of drie vol gebraaide spek of oorskietboerewors by en eet dit vir brekfis. Dis ’n geduldige resep dié

BRON: Jenny van der Westhuizen

 




CHEESE CORN BAKE – WEIGH-LESS

cheese corn bake

CHEESE CORN BAKE – WEIGH-LESS
(serves 2)
70 g canned whole kernel corn = 1 med veg
4 Melrose slim cheese wedges = 2 dairy
2 eggs beaten = 2 protein
200 ml whole milk = 2 dairy
1 tomato, skinne and choed
40 g onion grated = 1/2 veg
Aromat to taste
Spray ovenproof dish, mix all ingredients together in dish. Bake at 180ºC for 20 min or until set.