VLEIS KLUITJIES


VLEIS KLUITJIES
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
12,5 ml botter (margarien)
175 ml melk

Sif droë bestanddele saam, vryf die smeer in en sny vloeistof in met ‘n slaplemmes. (Ek meng dit sommer met ‘n gewone lepel)
Jy kan vloeistof byvoeg indien die beslag te styf is. (Beslag kan eerder te slap wees as te styf.)
Doop ‘n lepel in die vleissous of sommer net enige water en skep lepels vol op jou sop of vleis.
Sit die deksel op en laat 10 na 15 min lank stadig kook.
Moenie oopmaak voor daar nie ten minste 10 min verstreke is nie. (Ek laat dit altyd vir 15 minute kook)
Resep geplaas deur Kobus Theunissen
Foto: Adam Cloete




KOOS SE AARTAPPEL GEREG


KOOS SE AARTAPPEL GEREG
5 aartappels
bietjie olie
knoffel botter
droë Worcestersous korrels
250 ml room
1 pakkie Knorr Three Cheese souspoeier
gerasperde kaas

Vanaand weer bietjie ‘n aartappel dis gemaak.
Aartappels geskil en in so halwe sentimeter skywe gesny.
In water gekook tot so amper gaar maar nie heeltemal sag nie.
Gooi olie in ‘n oond pan net so dat die bodem nat is.
Pak die aartappels in die pan en draai om sodat daar olie aan die bokant van die aartappel is.
Vanaand het ek knoffel botter oorgerasper net so dat daar genoeg na smaak oor die aartappels is.
Droë Worcetersous korrels oorgegooi en toe in die oond gebak op 160º C tot die aartappels begin bruin raak.
250 ml room gemeng met een pakkie Knor Three Cheese souspoeier en oorgegooi.
Kaas oor gerasper en terug in die oond en gebak tot kaas gesmelt is en die room gestol het.
Saam het ek vark boud chops in die oond gebak.
Foto en Resep: Koos van der Merwe




GIDEON SE AARTAPPELWIELE


GIDEON SE AARTAPPELWIELE
Hierdie aartappeltjies gaan ek beslis weer laat verbykom want djeeerlik was hulle.
Genoeg vir 4
3 groot aartappels, geskil en met die mandolien in wiele gesny met sy dikste setting en laat lê in sout water vir ‘n uur lank (½ koppie sout op 1 liter water )
1 eetlepel knoffelvlokkies
½ koppie parmasaan kaas
1 koppie meel
2 eiers, geklits
1 teelepel gemaalde swartpeper
olie vir vlakbraai
2 koppies fyngemaakte broodkrummels

Meng die peper en meel saam met die knoffel.
Meng die broodkrummels met die kaas.
Doop die aartappel wiele eers in die meel dan in die eier dan in die krummels.
Laat staan in die yskas vir omtrent ‘n uur.
Ek het die olie op die kole in my braaipan verhit en die skywe in die olie gebraai tot goudbruin en gaar, omtrent 2 tot 3 min aan ‘n kant.
Foto en resep: Gideon Louw




HOENDERKLUITJIES


HOENDERKLUITJIES
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 eier geklits
bietjie sout
melk om mee te meng

Meng die droë bestanddele saam, maak die geklitste eier aan met bietjie melk.
Meng alles saam tot deeg wat nie te slap is nie deur nog melk by te sit soos nodig, skep lepels vol in kokende hoenderaftreksel.
Kook vir halfuur op lae hitte.
Moet nie die deksel op lig nie, dan val die kluitjies plat.
Ek het my hoender uitgehaal en deeg net in sous geskep.
Maak seker dat daar genoeg sous in die pot is, kluitjies het baie sous nodig anders is dit droog.
Resep geplaas deur Duifie Miller
Foto: Duifie Miller




GIDEON SE AARTAPPEL GEREG


GIDEON SE AARTAPPEL GEREG
1 kg aartappels gekook, sny die aartappels sonder om dit deur te sny
¼ koppie botter en fyn knoffel om tussen die aartappel skuiwe te smeer
Voeg sout en peper by na smaak
Bak in oond tot botter gesmelt.
Haal uit oond, pak gesnipperde gaar spek en snytjies kaas tussen die aartappel skuiwe.
Sit terug in oond onder grill vir paar minute.
Resep en foto: Gideon Louw




GEROOMDE PITMIELIEGEBAK


GEROOMDE PITMIELIEGEBAK
15 ml botter of margarien vir smeer
50 ml droë broodkrummels
50 ml botter of margarien
30 ml koekmeel
knippie sout, rooipeper en gerasperde neutmuskaat
250 ml melk
3 eiers, geskei
15 ml fyngekapte groen soetrissie (opsioneel)
15 ml fyngekapte geel soetrissie
15 ml fyngekapte rooi soetrissie
30 ml fyngekapte ui of sprietui
1 x 400 g blik pitmielies, gedreineer
250 ml gerasperde

Voorhit die oond tot 170 °C.
Smeer 1 liter reghoekige, vlak oondskottel met botter.
Strooi genoeg broodkrummels in die gesmeerde bak om
die bodem en kante goed te bedek.
Smelt botter, meelblom en geurmiddels saam.
Voeg die melk by en verhit oor matige hitte tot kookpunt.
Roer aanhoudend met klitser tot gladde, dik sous vorm.
Hou eenkant.
Klits die eiergele liggies saam met die soetrissies en uie,
Voeg dit en die mielies saam met helfte van die kaas by sous.
Roer tot dit goed gemeng is.
Klop die eierwitte styf en vou dit liggies by die mengsel, die mengsel moet nog skuimerig wees.
Giet in die oondbak en strooi die oorblywende kaas bo-oor.
Bak ongeveer vir 25 min of tot dit ferm en goudbruin is.
Keer uit op ‘n bord en plaas op ‘n opdienbord.
Resep geplaas deur Sue Pretorius
Foto: Sue Pretorius




GIDEON SE AARTAPPELKOEKIES (HASH BROWNS)

GIDEON SE AARTAPPELKOEKIES (HASH BROWNS)
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
4 medium grootte aartappels, geskil en gerasper en gespoel tot die water skoon is
1 medium ui, fyngekerf
1 koppie koekmeel
1 teelepel knoffelvlokkies
2 geklitste eiers
sout en peper na smaak
olie om in te bak

Meng die aartappels, meel en eiers saam met die sout en peper en ander bestanddele tot ‘n beslag nie te droog nie.
Verhit die olie in ‘n pan op die kole of op die stoof en skep groterige lepels vol en druk effens plat. Bak aan beide kante tot goudbruin.




BRAAI ONIONS AND POTATOES

BRAAI ONIONS AND POTATOES
tin foil for roasting
30 ml olive oil
750 g baby potatoes
250 g baby onions in their skins
5 ml thyme
5 ml origanum
sea salt
black pepper

Brush the tin foil with some olive oil and toss the potatoes and onions in the remaining oil, thyme and origanum.
Season with sea salt and black pepper.
Place the potatoes and onions into the foil to make one large parcel and fold the edges in twice so as not to allow any steam to escape.
Cook over coals for about 40 minutes or until the potatoes are tender.
Recipe posted by : Elena Kaminaridou Prins




GERALDINE SE BILTONG BRAAIBROODJIES

GERALDINE SE BILTONG BRAAIBROODJIES
1 Franse brood (Ek het ‘n kleintjie gevat)
2 bakkies Maaskaas, enige naam en geur)
1 koppie Cheddar kaas
biltongpoeier (hoeveelheid hang van jou eie keuse af)
gebraaide sampioene, laat afkoel

Meng alles saam en vul broodjie.
Gooi ekstra Cheddar bo oor en draai in foelie toe
Braai op die kole of sit in die oond totdat die kaas gesmelt is.
Resep en Foto: Geraldine Marais




LOUISE SE PATAT – PAN

LOUISE SE PATAT – PAN
Ek het gister hierdie patat-pan aanmekaar geslaan vir saam met ons snoekbraai. As jy ‘n soet patatgereg wil maak, strooi net bruinsuiker oor. Ek wou dit nie so soet gehad het vir saam met die snoek nie.
Die patats was so groot (6 het 4.5kg geweeg!) dat ek dit maar in die drukkoker gesit het om gaar te maak.
Ek kon 5 inkry.
Dit was net genoeg om die oondpan vol te maak.
Ek het dit die vorige aand gaargemaak en velletjies die oggend afgetrek.
Skywe gesny en in pan gepak.
Toe sprinkel ek bietjie Ina Paarman Potato spice oor en stip met blokkies botter (regte botter). Toe gooi ek een houertjie room oor en bak dit in ‘n lekker warm 200° grade C oond. Vir so 30 min. en toe sit ek die grill vir so 5 min. aan.
Dit het heerlik gesmaak.
Resep en foto: Louise Groenewald