HEERLIKE SPINASIE- EN SPEKPASTEI

HEERLIKE SPINASIE- EN SPEKPASTEI
Dit is beslis n wenner en flop nooit! En ‘n treffer saam braai vleis!
1 rol skilferkorsdeeg
1 ui gekerf
500 g spek fyn gesny
knoffel, sout en peper na smaak
gemengde kruie (gedroog is reg)
1 kg spinasie skoon gewas en fyn gesny
gerasperde kaas

Braai ui, spinasie en spek saam tot water van die spinasie weg gekook het! Voeg die kruie en sout, peper en chilli flakes(as verkies) by! Laat die vulsel goed afkoel.
Gebruik ‘n groot Pyrex glas bak! Spray en cook die bak en lê die skilferkorsdeeg in die bak, laat die res van die deeg oor die bak hang.
Nadat die vulsel afgekoel het, skep dit in die kors en rasper kaas bo-op.
Vou die ekstra deeg wat oorhang bo oor!
Verf bietjie geklitste eier bo oor en bak tot goud bruin op 180ºC.
Laat staan die pastei bietjie staan dit bedien word!
Treffer!!!!! Geniet dit!

Resep en foto: Gina Hattingh




GESTOOFDE PERSKES EN KLUITJIES

2013-09-09-gestoofdeperskesenkluitjiestested
GESTOOFDE PERSKES EN KLUITJIES
Perskes
500 g gedroogde perskes
water – genoeg om perskes te bedek (5 koppies)
knippie sout
125 ml suiker
1 eetlepel botter
Plaas die perskes in pot. Voeg water en sout by. Kook die perskes tot sag. Meng suiker en botter by.
Kluitjies
250 ml bruismeel
knippie sout
1 eetlepel suiker
water
Meng die droë bestanddele met water tot stywerige deeg vorm. Skep lepelsvol op saggekookte perskes. Sit deksel op en prut oor stadige hitte tot kluitjies gaar is.
Foto: Die Bloubakkie

Rita Olckers
Hierdie heerlikheid kan met ontbyt bedien word, dan sonder die kluitjies, met griekse jogurt, by ligte middagete met roomys en saans as nagereg met warm dun vla. Dis soos ek dit bedien en ook as bykos by vleisgereg.
Maak dit, hou dit in julle yskas, julle sal nie spyt wees nie. Ek gebruik ook die gemengde droë vrugte.
Heerlik!!!!( moenie vergeet om stukkie pypkaneel by te sit terwyl dit kook nie).

Christina De Jager
Ek maak ‘n dik sousie van vla in die soet perskes en ek meng ‘n eier in die kluitjies, my ma en pa het altyd so gemaak.

 

 




PAMPOENMOUSSE TERT

2013-09-08-pampoenmoestert
PAMPOENMOUSSE TERT
Room saam :
175 ml botter
3 eiers
200 ml suiker
Voeg by :
30 ml maizena
15 ml bakpoeier
4 eetlepel hoogvol gaar afgekoelde butternut (mash dit)
klein bietjie sout
Smeer n tertbak met botter of Spray-Cook.
Skep die hele beslag in die gespuite bak, en bak vir ongeveer 40 min by 180 ºC.
Strooi skoon kaneel bo-oor sodra dit uit die oond kom. Dit is heerlik.
Resep: Rounel Siecker




KLUITJIES VIR POTJIEKOS

KLUITJIES VIR POTJIEKOS
250 ml bruismeel
5 ml sout
30 ml botter
10 ml gekapte pietersielie
water om te meng

Sif meel en sout saam, vryf botter in, voeg pietersielie by en maak aan met water om sagte deeg te vorm wat jy kan skep.
Skep lepelsvol op potjiekos, sit deksel op en prut 30 min sonder om deksel te lig.

 




FLIPPEN LEKKA GEBRAAIDE AARTAPPELS

2013-09-01-flippenlekkeraartappels-tested
FLIPPEN LEKKA GEBRAAIDE AARTAPPELS

750 ml kookolie
750 ml koue water
8 tot 12 medium grootte aartappels, geskil en halveer

Plaas koue olie en koue water bymekaar in pot.
Voeg die heel aartappels by en plaas deksel op.
Plaas op stoofplaat op hoogste stelling.
Kook vir sowat 45 minute.
Verwyder deksel en braai vir nog sowat 15 minute.
Op hierdie stadium het al die water reeds verdamp.
MOET NOOIT ROER NIE.
Verwyder uit olie en besprinkel met Flippen Lekka Spice.
Die aartappels sal vir ten minste nog ‘n uur lank “crispy” bly.
Moenie bang wees dat die storie sal vlamvat nie. Slegs wanneer jy koue water by warm olie gooi sal dit brand slaan.

Marisa Vosloo

Foto: Natalie Jessica Koekemoer-Groot

Foto 2:  Barbara Vermeulen
2 bottels kookolie
1 bottel water
Plaas in swart pot op vuur. Sit geskilde aartappel in koue olie en wanneer dit kook, sit deksel effens skeef, wanneer die aartappels ‘crispy’ is, haal uit, dreineer op handdoekrol en gooi dadelik braaisout oor. Moenie roer nie, behalwe as aartappels al redelik crispy is.




MAKLIKE MIELIETERT

1378172_587616314609530_1076898550_n

MAKLIKE MIELIETERT
4 eiers
1 koppie bruismeel
4 eetlepels suiker
4 eetlepels gesmelte botter
1 teelepel vanilla geursel
1 blikkie roommielies
Meng alles saam en sit in voorbereide oondvaste bak.
Bak by 180 ºC vir ongeveer 1 uur tot goudbruin en gestol.
Resep:  Mariana Cassie Carosini



YOLANDI SE LEKKER KNOFFELBROOD

yolindi se knoffelbroodjie
YOLANDI SE LEKKER KNOFFELBROOD

Nou wil ek ‘n resep met julle deel, dis die lekkerste garlic broodjie wat jul ooit aan jul lippe sal kan sit.
Ek kry die resep by my pa, het hom nou al seker 2 jaar en almal eet hul vingers af vir dit.

Vat 6 – 10 lang buns (net hoeveel jy wil maak en hoeveel gaste jul gaan hê, maar glo my maak baie).
Sny dit in so 5 – 7 cm, dan pak jy dit in ‘n pan mooi styf teen mekaar, maar die  binnekant moet boontoe wys.
Dan meng jy ‘n koppie mayonnaise en ‘n koppie gerasperde kaas in ‘n bak dit moenie te loperig wees nie en ook nie te droog nie. (julle sal sien as jul dit meng) so meet met die oog.
Meng dan knoffel saam met dit so 3 – 4 eetlepels vol.
Smeer dit oor al die buns in die pan lekker dik tot alles bedek is.
Sprinkel paprika oor, lekker baie.
Sprinkel weer gerasperde kaas bo-oor .
Bak in die oond op 180 ºC tot bruin.

Dis baie lekker saam ‘n braai of ‘n voorgereg.

 

Resep: Yolandi van den Heever
Foto: Corne Marais




AARTAPPELS VIR BRAAI

braai aartappels
AARTAPPELS VIR BRAAI
Klein ongeskilde aartappeltjies
Klein uitjies in skil nie groter as die aartappels nie
1 pak knoppie Sampioene
Knoffel botter

Sit alles in ‘n pan, smelt botter as dit gekoopte knoffelbotter is. Of maak jou eie met botter, knoffel, sout en pepper en ‘n spuit suurlemoensap.
Skep die botter oor die aartappels en uie, maak toe met foelie en bak in die oond op 220 ºC vir ‘n uur of tot bruin.




4 KAASBROODJIE VIR BRAAI

4 KAASBROODJIE VIR BRAAI
8 worsbroodjie bolangs gegleuf maar nie die punte deur gesny nie
¼ teelepels fyn gemaakte knoffel
½ uitjie baie fyn gekap
250 g Cheddar kaas fyn gerasper nie grof nie
100 g Mozzerella fyn gerasper nie grof nie
1 Feta wieletjie fyn gekrummel
100 g Tusser of enige ander kaas tot jou beskikking
2 skyfies salami fyn opgesny
Mayonnaise
Foelie in blokkies gesny groot genoeg om rolletjies toe te maak

Meng alles saam buiten mayonnaise.
Voeg mayonnaise by totdat dit ‘n stywe skepmengsel maak.
Vul broodjies genoegsaam. Maak met foelie toe, maar hou die bokante oop. Bak op 180 ºC tot bruin en kaas gesmelt.
Resep: Corne Marais




ROOSTERKOEKE

roosterkoek - rou
ROOSTERKOEKE
4 koppies koekmeel
`n pakkie kitsgis
1 eier
125 g botter
100 ml melk
1 teelepel sout
2 teelepels suiker
Meng bogenoemde met louwarm water net genoeg  om ‘n deeg te vorm wat lekker hanteerbaar is vir die knieslag. Knie die deeg lekker baie tot elasties.  Vorm jou roosterkoeke, en pak op ‘n meelbestrooide oppervlak waarop jy ‘n stukkie waspapier gesit het soos in die foto.
Laat rys tot dubbel die grote.  Braai op matige kole op ‘n oop rooster tot gaar en nie te bruin nie.
(As die kole te warm is sal die roosterkoek nie kans kry om binne gaar te word nie). Hulle was betyds gaar vir middagete, met appelkoosjam en sterk cheddar kaas

Bron en Foto: Moira Kemp