MIELIEPAP CUPCAKES

mieliepap cupcakestested

MIELIEPAP CUPCAKES
Ek spuit ‘n kolwyntjie pannetjie dan sit ek ‘n skeppie pap in en druk dit teen die kante vas
Sit my vulsel wat ook al bo op met kaas dan bak ek dit so 30 min op 190ºC en sit dit voor soos ‘n pap cupcake saam met braaivleis.  Ly te mooi.

Nota van Hanta:  Ek het geroomde sampioene, mozarella kaas en feta kaas ingesit as vulsel en cheddarkaas bo-oor gerasper.
Resep:  Yuanita du Toit
Foto: Hanta Henning




KRUMMELPAP OP DIE KOLE

tested
KRUMMELPAP OP DIE KOLE
3 koppies mieliemeel
2 koppies water
1 teelepel sout
Dit is heel normaal vir die pap om ’n kors onderin die pot te maak.
As jy lus het, kan jy die pot selfs verhit net voordat jy die kors uit- haal en dit dan saam met ’n klontjie botter eet.
Kole Medium tot koel.
Kry die water aan die kook en voeg die sout by.
Haal die pot van die vuur af.
Mik vir die middel van die pot en gooi al die mieliemeel in ’n hoop in die water. Jy behoort nou ’n ‘mieliemeel-ys-berg’ in die pot te hê.
Die basis is onder water en die boonste deel steek in die middel van die pot bo die water uit.
Sit die deksel op en skuif ’n paar kole onder die pot in.
Jy wil hê die water moet effens borrel, maar eintlik moet die res van die water in die mieliemeel in stoom.
Jy kan een of twee keer kyk of daar genoeg hitte is en die water darem in stoom verander, maar moenie te dikwels kyk nie, want stoom gaan verlore elke keer as jy die deksel oplig – stoom wat veronderstel is om in die meel (en nie die blou lug nie) in te trek.
Ná 20 minute haal jy die deksel af en gebruik ’n tweetandvurk om die ysberg te breek.
Roer die pap met mening saam met enige water wat nog in die pot oor is totdat die inhoud soos krummelpap lyk.
As jy dink sake lyk ’n bietjie droog (jy behoort so te dink), voeg ’n koppie water (koud of warm) by en roer die pap met ’n tweetandvurk.
Sit weer die deksel op en laat aanhou stoom oor matige hitte vir nog so 20 minute.
Bedien warm.

 




PAPBOLLE MET SPEK

998583_3467849550906_1572982759_n
PAPBOLLE MET SPEK
Stywe pap gemaak.
Uie en groen soetrissies, sampioene en spek saam gebraai.
Maak pap in ronde bolle en pak in gesmeerde pirex bak.
Druk ‘n gat in elke papbol, skep die spekmengsel in die pap bolle se gate en regoor die paptert.
Giet die room oor die hele paptert.
Rasper die kaas bo-oor die paptert, sit in oond op 180 ºC tot bruin.

Resep en foto: Marie Rheeder Troskie

 




MIELIEPAPKOEK

mieliepaptested

MIELIEPAPKOEK

Gebruik oorskietmieliepap wat nie te styf is nie en skep dit in ‘n gesmeerde randkoekpan. Sit die pap in die yskas tot dit koud is. Keer dit uit. Berei ‘n sous van gebraaie uie en tamaties voor en skep dit in die holte. Laat die papkoek afkoel en bedien saam met braaivleis.
Hierdie papkoek kan ook gevries word. Haal dit uit die vrieskas en laat ontdooi wanneer nodig. Draai dit in foelie toe en verhit in die oond. Sny dit in skywe en bedien. Jy kan ook enige vleismengsel in die holte sit.
*Keur mieliegeregte*-Rina Kleinhans.

Nota:

Floraine Wasserman Venter
Ek sit by tamatiesmoor ook sampioene, peppadews en gekerfte biltong, strooi gerasperde kaas en ekstra fyn biltong en gekapte pietersielie oor net voor opdiening




BAKED VEGETABLE WITH TOMATO DRESSING

baked veggiestested

BAKED VEGETABLE WITH TOMATO DRESSING
Serves 4-6
This baked veggie with tomato dressing is perfect to serve with a braai or with a oven roasted chichen.
1 red sweet pepper
1 butternut
1 onion, coarsely chopped
2 garlic cloves, finely chopped
60 ml chopped parsley
30 ml chopped oreganum
250 g brown onion, finely chopped
Olive oil
Salt and pepper
Zest and juice of 1 lemon
115 g Rhodes Tomato Paste
10ml soft brown sugar
Preheat the oven to 180°C and grease one large oven dishes with butter or oil. Chop all the vegetables and herbs and arrange in one of the prepared dishes. Mix the olive oil, salt and pepper, the lemon juice and zest, tomato paste and sugar and drizzle some of it over the veggies. Roast for about 30-45 minutes or until cooked. Serve with extra tomato dressing.

Useful Tips
Use the veggies to make a vegetarian lasagne.
Make the lasagne the night before you want to serve it, as it’s easier to slice once it’s stood for a while.
Use leftover vegetables to make this dish.

Photo: Anita Steyn

 




STAMPMIELIE GEREG

969131_3489134764274_1761250627_n
STAMPMIELIE GEREG
4 tot 6 koppies gaar stampmielies (nie te droog)
1 pakkie potato bake (enige geur)
¼ koppie melk
¾ koppie mayonnaise
1 koppie room
1 koppie fyn gesnyde sampioene
1 koppie gesniperde spek
2 uie grof gekap
1 koppie gerasperde cheddar kaas

Voor verhit die oond tot 180ºC.
Braai spek, uie en sampioene in olyfolie.
Meng mayonnaise, potato bake, melk en room goed.
Meng dit nou met die stampmielies en skep in ‘n voorbereide bak.
Strooi kaas oor en bak vir 30 minute.
Heerlik saam met braaivleis.
Foto en Bron: Louise Venter




SAMPIOENE OP DIE VUUR

mushrooms op die vuur
SAMPIOENE OP DIE VUUR
Vat heel lekker groot sampioene en pak dit op foil.

Mens moet eintlik daai foil bakke gebruik maar myne was te klein – toe sit ek dit in foil en maak dit weer toe met foil bo-oor – dan het ons dit in ‘n rooster gesit onder die kole bak in die binne braai so dit word nie direk op die kole gebraai nie – so hy stoom gaar van die hitte – en ek het pynappelstukkies ook ingesit met bietjie pynappelsous – en dan gee dit so effe soet smaak – dis regtig baie lekker – ek het uie ook fyn bo-oor gekerf maar baie min want my meisiekind vol nonsens met uie – die uie stoom ook lekker gaar.

Ek het die potjies knoffel gemeng met botter – so teelepel vol – dis redelik sterk, skep dit op die sampioene en rasper kaas bo-oor.

 Resep en foto: Marietjie Nel



MA SE SPAGETTI

ma se spagetti
MA SE SPAGETTI

Kook spaghetti gaar, dreineer. Braai fyn gekapte uie en knoffel voeg 2 sakkies tamatie pasta by.
Gooi sout, peper en droe pietersielie by en meng goed met spaghetti.
Baie lekker by vleisgeregte
Foto en resep:  Marie Dumas Jennings



GIDEON SE KAAS BUNS

2013-09-30-gideonsekaasbuns
GIDEON SE KAAS BUNS

Dit is gewone buns met snye waarin knoffelbotter “wat ek self aan maak ” ingestop is druk soveel kaas as wat jy kan saam met die knoffelbotter innie snye in, en dan nog bo oor die bun ,!! ryk en lekkkkerr !

BRON- Gideon Louw




SLAP MIELIEPAP BOLLETJIES

mielieballetjies
SLAP MIELIEPAP BOLLETJIES
Oorskiet pap van ontbyt
1 eier
3 stukkies ham baie fyn opgesny
groot handvol cheddar kaas
Ina Paarman Green Onion
Ina Paarman Garlic and Herb en
Aromat na smaak
Vorm bolletjies en rol in meel. Bak tot goudbruin aan alle kante in baie vlak olyf olie in ‘n pan.

Resep en foto: Naudéa Visser