“POTATOBAKE” BROODWIELE

tested
“POTATOBAKE” BROODWIELE
Heerlik saam met braaivleis.
1 gekoopte sakkie deeg
2 eetlepels gekapte knoffel
2 eetlepels basiliekruidpesto
babaspinasie blare
Fetakaas
sout en peper na smaak
3 koppies gerasperde Cheddarkaas
1 koppie room
1 pakkie van jou gunsteling “potato bake”, ek hou van die “sour cream en chives”
¼ koppie melk
Rol die deeg uit en smeer die knoffel oor die oppervlak gevolg met die pesto. Pak die spinasie bo-op die pesto en sprinkel die blare met die Feta. Sprinkel met sout en peper na smaak. Strooi 1½ koppies Cheddarkaas na die sout en peper oor en rol die deeg met die vulsel op in ‘n worsvorm, sny die opgerolde deeg in wiele.
Pak die deelwiele met die spiraalkant na bo in ‘n gespuite oondpan, laat spasies tussenin die wiele. Laat die deegwiele rys tot dubbel die volume. Meng die room, melk en “potato bake” saam en giet dit bo-oor die deegwiele. Sprinkel die ander 1½ koppie Cheddarkaas bo-oor die wiele en bak dit in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 40 – 60 min. So maklik en so lekker!
Resep: Alida Boshoff




BAIE MAKLIKE GEBRAAIDE UIERINGE

1606990_10152096641884356_1271767203_ntested
BAIE MAKLIKE GEBRAAIDE UIERINGE
Skil 1 groot ui en dikkerige ringe en plaas in yswater in yskas.
Laat ten minste ‘n uur in die yswater staan.
Vat 1 koppie koekmeel en plaas in ‘n plastiek sakkie.
Meng 1 koppie bruismeel met 1 koppie water.(Ek’t met bier gemeng)
Dreineer die uieringe van die water.
Plaas die uieringe eers in die sakkie met koekmeel en doop dan in die bruismeel/water mengsel.
Plaas in warm kookolie tot mooi bruin.

Resep en foto: Benhet Niewenhuis




MAKLIKE MIELIEKOEKIES

1536737_195669437303678_1443905842_ntested

MAKLIKE MIELIEKOEKIES
Hierdie mieliekoekies is maklik en heerlik saam met braaivleis.
Blikkie sweetcorn (suikermielies)
1 koppie bruismeel
sout en peper na smaak
1 eier

Meng alles saam en braai lepelsvol in vlak olie.
Maklike en heerlike mieliekoekies net soos ouma dit gemaak het.
Resep en Foto: Tina De Welzim-Wewege




PIETAS SE AARTAPPELGEREG


PIETAS SE AARTAPPELGEREG
Het vanaand met ons braai iets anders probeer wat lekker uitgekom het, dalk nog n aanpassing hier en daar.

Aartappel wat in helfte gesny was met n paar snye in, gekook in mikrogolf vir 4 minute, toe op braairooster gesit vir braai, en kort kort n mengsel van olyfolie, botter, vars roosmaryn, knoffel, en rooiwyn asyn met sout op aartappels geverf met kwassie, baie goed gewerk vir eerste keer. Wat n lekker bykos vir n braai

Pieter Coetzee Beter idee is om gekookte aartappels in skywe te sny en te braai, dan smeer jy dit gedurig, myne het opgebreek wat steeds lekker was. Ek moet nog meer eksperimenteer. Geniet dit. Dis baie smaakvol.

Resep:  Pieter Coetzee




HASSELBACK POTATOES

appelslaai en hasselback aartappel -2tested
HASSELBACK POTATOES

Scrub 6-8 medium-sized nicely shaped potatoes. Boil them in salted water for 10 minutes, then drain well. Leave to cool slightly and then peel.

Preheat the oven to 220°C.
Cut a thin layer off one side of each potato so they will stand upright. Then cut across the potatoes at 2-3mm intervals, but don’t cut right through. Put the potatoes onto a roasting tray.

Heat 60 ml butter, 30 ml olive oil and 2 cloves crushed garlic together until melted. Season with salt and freshly ground black pepper and 10 ml chopped fresh rosemary.

Pour the butter mixture over the potatoes. Roast them in a preheated oven for about 1 hour, until golden and crispy. Baste the potatoes two or three times during cooking.

Wenke:  Mens kan ook bruin uiesoppoeier of parmasan kaas oorstrooi- heerlik

Foto:  Rina Kleinhans




RICE WITH FRIED VEGGIES

rice with fried veggiestested

RICE WITH FRIED VEGGIES
2 cups cooked rice
1 onion
½ red pepper
½ yellow pepper
30 ml sunflower oil (2 Tablespoons)
125 g mushrooms whole
2 baby marrows sliced
20 ml soy sauce
pinch of black pepper
5 ml Garlic parmesan and origanum seasoning Robertsons

Fry vegetables in hot oil until almost cooked, add rice fry 3 min more add seasoning and soy sauce. Serve hot.
Recipe and photo: Elize de Kock




MARTIE SE BONESLAAI EN BYKOSSE

martie se lekker bone slaaimartie se bykosse

MARTIE SE BONESLAAI EN BYKOSSE
Vanaand se kos, vleisbroodjie, die bolaag was kapokertappels gemeng met so 3 eetlepels bruismeel
1 eier
2 eetlepels gesmelte botter
Die bone slaai is ‘n resep wat ek gekry het in ‘Taste’ van Woollies 2012. Waatlemoen slaai met feta en slaai sprinkel, en avo. Die bone slaai:
3 eetlepels stroop
2 eetlepels olyfolie
1 eetlepels wynasyn
2 teelepels dijon mosterd
2 knoffeltoontjies fyn
Gebraaide spek stukkies
gekapte geroosterde amandels

Kook die boontjies tot dit nog krakerig is. Giet sous oor, sprinkel amandels en spek oor, laat koud word en roer deur. (S&P)
Daarby geroosterde butternut en rooi spaggetti.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman




SKOONSUSTERS SE SPINASIETERT

spinasietert
SKOONSUSTERS SE SPINASIETERT
Stoom spinasie en uie tot lekker gaar.
Voeg opgehoopte eetlepels koekmeel by spinasie en witpeper en meng ‘n bietjie aromat by.
Klits 3 tot 4 eiers met ‘n bietjie melk goed, en voeg by spinasiemengsel.

Variasie:  viennas, russians of spek by enige van jou keuse, met gerasperde kaas ook van jou keuse by. bak op 180ºC tot mooi gaar.
Bedien met braaivleis.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie




KNOFFEL EN UIE RINGBROOD

1424467_628980383812247_526603971_n
KNOFFEL EN UIE RINGBROOD
Vriende wat gevra het, ek koop nooit deeg nie, knie my eie broodjies.
4 koppies koekmeel
1 pakkie gis
2 teelepels suiker
5 ml sout
louwarm water, ongeveer 1 koppie
Knie tot jy ‘n lekker elasties deeg kry, maak toe en laat rys 15 minute.
Knie af, maak bolletjies, sit in ringpan.
Smelt gedroogte uie, gedroogte knoffel, gedroogte pietersielie en smelt saam so 3 eetlepels botter, gooi oor deeg. Laat rys weer vir so 15-20 minute. Bak op 180°C vir 20 minute, walla!
Resep van Hettie Botha




NATASJHA SE SPESIALE BRAAIBROODJIES

braai broodjies natasjha
NATASJHA SE SPESIALE BRAAIBROODJIES
broodrolletjies
1 blikkie roommielies
½ blikkie kondensmelk
2-3 lepels mayonnaise
Meng alles. smeer oor die broodjies. Rasper kaas oor en bak vir rukkie in oond tot kaas gesmelt en grispy is.
Resep en foto: Natasjha Hartslief Blom