GESTOPTE SOETRISSIES

1623599_607149936032867_1865284203_ntested

GESTOPTE SOETRISSIES
10 groot en ferm soetrissies
500 g maalvleis
1 fyngekapte ui
1 blikkie geskilde heel tamaties 
sout en peper na smaak
1 teelepel neutpoeier
½ koppie ontpitte rosyne
1 koppie gesmelte margarine
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
1 koppie rys
1 teelepel fyn koljander

Sny die bokante van die soetrissies af en hou eenkant om weer as dekseltjies te gebruik. Sny die pitte van die soetrissie versigtig uit om nie die wande te beskadig nie en plaas dit in ‘n oondbak. Braai die ui in bietjie van die botter tot sag. Voeg die maalvleis, die fyngemaakte tamaties en helfte van die sous, sowel as die sout en peper, neut, koljander en rosyntjies by die ui en roerbraai tot die vleis bruin is. Voeg die rys by ek kook vir nog 7 minute. Meng die kaas daarby in. Vul die soetrissiedoppe met die mengsel en plaas die dekseltjies terug bo-op. Giet die res van die botter bo-oor die rissies en bak in die oond by 180ºC vir 45 – 60 minute, tot die rys gaar is.

Dieselfde resep kan vir lekker groot stewige tamaties gebruik word. In dié geval word die binnekant van die tamaties uitgeskep en gebruik in plaas van die blikkie tamaties.
ADAM CLOETE




GESTOPTE GEBAKTE BOTTERSKORSIE (BUTTERNUT)

1922486_640568186009249_250326190_n
GESTOPTE GEBAKTE BOTTERSKORSIE (BUTTERNUT)
1 groot botterskorsie
1 fyngekapte ui
1 gekapte soetrissie
250 g sampioene in skyfies gesny
125 ml melk
1 pakkie romerige veggie bake
250 ml gekrummelde Fetakaas

Kook die hele, ongeskilde botterskorsie in water vir 25 minute sodat dit gedeeltelik gekook is of stoom dit in die groentestomer. Verwyder versigtig van die water, sny dit in die helfte deur en skep die pitte uit. Skep nou van die vlees uit om die holtes dieper te maak en hou die uitgeskepte pampoen eenkant. Plaas die uitgeskepte helftes in ‘n oondbak met die uitgeholde kante na bo.

Verhit bietjie olie in ‘n pan en braai die ui en soetrissie tot sag. Voeg die sampioene en uitgeskepte pampoen by. Meng die melk en die inhoud van die pakkie Veggie bake en giet dit by die res in die pan. Roer goed deurmekaar en laat prut vir 5 minute by ‘n lae hitte. Verwyder van die hitte en meng die Fetakaas daarin. Stop die holtes van die pampoenhelftes styf met die vulsel en bak by 180ºC vir 25 minute tot goudbruin. Maak seker dat die pampoen deeglik sag gekook is deur ‘n skerp mes in die dikste deel van die vlees te druk. As dit sonder moeite ingaan, is die pampoen gaar. Sprinkel nog bietjie Fetakaas en gesnipperde Chives bo-oor en bedien.
Foto en resep:  ADAM CLOETE




UIERINGE (SPUR STYL)

1898016_10203060550023783_1022698703_ntested

UIERINGE (SPUR STYL)
Ek het dit maar op my manier gemaak.
Die uie dun gesny met my slicer, meel gegeur met sout en in plastiek sak gegooi.
Gemeng en in bak uitgegooi. Meeste van die meel afgeskud en gebraai in olie tot bruin en crispy.

Resep en foto:  Marie Dumas Jennings




BROCCOLI PARMESAN FRITTERS

broccolli fritterstested

BROCCOLI PARMESAN FRITTERS
There’s a lot of broccoli and very little pancake in this fritter. The broccoli is not grated or pureed, but left in small, recognizable bits that are bound lightly, faintly, to their batter of egg, parmesan and flour. And when you cook them right — that is, to a crisp, in a preheated, heavy, oil-slicked skillet — they get a fantastic crisp edge to them, like they were coated in frico.To serve: I like these with a dollop of the garlicky lemon yogurt I share here, roughly 1 cup plain yogurt, 2 tablespoons lemon juice, 1 tiny minced clove of garlic, a bit of zest and salt. It would also be good with this homemade ricotta, with or without additional lemon juice. They’re also good simply, with just a squeeze of lemon juice. I think I’d also enjoy them with a little crumbled feta on top. Oh, and of course, you can put a runny fried egg on top of it. But I don’t need to tell you that.

Yield: 9 (because my recipes never want to grace us with neat, well-rounded numbers) 2 to 2 1/2-inch fritters

8 ounces (1 small-to-medium bundle, 225 grams) fresh broccoli (3 cups chopped)
1 large egg
½ cup (65 grams) all-purpose flour
1/3 cup (30 grams) finely grated parmesan cheese
1 small clove garlic, minced
½ teaspoon Kosher salt, plus more to taste
A pinch of red pepper flakes or several grinds of black pepper
Olive or vegetable oil for frying

Prepare your broccoli: Separate the florets from the biggest stem(s). Cut the florets into 1-inch chunks. To prepare the stems, I like to peel them, as the skin can be thick and doesn’t cook quickly, then slice them into 1/2-inch lengths. You should have about 3 cups of chopped broccoli total.

Steam your broccoli until tender but not mushy: Use whatever method you prefer. My quickie, lazy method is to bring a ½-inch or so of water to a boil in a small saucepan, then add the broccoli, place a lid on it and simmer it for 5 to 6 minutes. Drain the broccoli, then set it aside to cool slightly.

In the bottom of a large bowl, lightly beat your egg. Add the flour, cheese, garlic, salt and pepper. Then, add the somewhat cooled broccoli and, using a potato masher, mash the broccoli just a bit. You’re looking to keep the bits recognizable, but small enough (¼- to ½-inch chunks) that you can press a mound of the batter into a fritter in the pan. Once mashed a bit, stir or fold the ingredients together the rest of the way with a spoon. Adjust seasonings to taste.

Heat a large, heavy skillet over moderate heat. Once hot, add a good slick of oil (I usually use a mix of olive and vegetable oil), about 2 to 3 tablespoons. Once the oil is hot (you can test it by flicking a droplet of water into it; it should hiss and sputter), scoop a two tablespoon-size mound of the batter and drop it into the pan, then flatten it slightly with your spoon or spatula. Repeat with additional batter, leaving a couple inches between each. Once brown underneath, about 2 to 3 minutes, flip each fritter and cook on the other side until equally golden, about another 1 to 2 minutes.

Transfer briefly to paper towels to drain, then to a serving plate if you’ll be eating them shortly or a baking sheet in a 200 degree oven if you’d like to keep them warm for a while until needed. Repeat with remaining batter, adding more oil as needed. Serve with some of the suggestions listed in the head notes, above.

Photo: Nicolette Fick

 




GEBAKTE UIEVLA


GEBAKTE UIEVLA
2 groot uie, in ringe gesny
olie
2 ekstra groot eiers, geskei
250 ml melk
250 ml cheddarkaas, gerasper
5 ml sout
Voorverhit oond tot 180°C en spuit ‘n oondvaste bak met kossproei.
Giet kookwater oor uie, laat ‘n rukkie staan en dreineer goed. Soteer in bietjie olie tot sag. Skep die uie in die oondvaste bak.
Klits eiergele en melk saam. Voeg die kaas by en geur met sout en peper. Klits eierwitte styf en vou by kaasmengsel in.
Giet oor die uie en meng liggies.
Bak sowat 30-35 minute lank of tot vla gestol is.
Sit dadelik voor saam met ham of wors.
Genoeg vir 4 porsies
Uit my resepteversameling van 40 jaar – Cecilia Bedser



BRAAIBROODJIE IDEES

 tested

BRAAIBROODJIE IDEES
Gerasperde cheddar gemeng met goeie kwaliteit mayonnaise, fyn gekapte agurkies(sweet and sour).
Uie, tamatie, sout en vars swart peper. Smeer brood met botter.
Smeer nou die kaas en mayonnaise so 3mm dik op die brood en sit res van die bestanddele na smaak op jou brood.
Sprinkel koue water liggies op die brood kant wat eerste braai tot effens klam en braai oor stadige kole.
Herhaal met die ander kant. Die water laat die brood stoom voor dit rooster en sorg so dat die kaas egalig smelt

Knoffel en Kaasbroodjie
Gewone braai broodjie, maar inplaas van die ou tamatie, kaas en uie, smeer jy jou brood met knoffelbotter en gerasperde kaas. Dan braai jy hom maar gewoon weg op die kole. Niks spesiaal nie, maar bly vrek lekker.

Resep: Franco Dippenaar




SPINASIEGEREG

spinasie geregtested
SPINASIEGEREG
 Uie, knoffel en spekstukkies in ‘n pan gebraai, bietjie gekapte groenrissie en tamaties bygesit, gegeur met sout en peper en toe gaar spinasie(opgekook en fyn gesny) daarby geroer.
Klompie gerasperde kaas ook ingeroer en dit toe met die gaar penne gemeng.
Saam met, op die kole gebraaide, rib-eye en varknek steakies en aartappelskyfies voorgesit.
Resep en foto: Adam Cloete



EIERVRUGGEREG

1010628_10202916264697538_2114702334_n
EIERVRUGGEREG
1 groot eiervrug in blokkies gesny, moet nie skil nie.
1 ui gekap
1 knoffelvingertjie gekap
2 snye witbrood in 250 ml melk geweek
3 ml mosterd poeier
sout en peper
100 g chedderkaas gerasper
250 g spek in blokkies
3 eiers, kruie van jou keuse
Braai uie en spek, voeg knoffel en eiervrug by en braai tot glaserig. Klits eiers en voeg al die ander bestanddele by. Meng goed. Plaas in gesmeerde vuurvaste bak, sprinkel nog kaas oor en bak in oond 180ºC vir 30 tot 40 min. Kan skyfies tamaties bo-op sit voor jy dit bak. Sprinkel bietjie paprika bo-oor
Resep en foto: Martie Fourie Moolman



EASY SAMP BOBOTIE

stampmieliebobotietested
EASY SAMP BOBOTIE

“The Duchess @ Cornwall” served a lovely, rich dish today….. and easy to prepare as well

Put 5 cups already cooked Samp in a baking dish and smooth it a little.
Dissolve a chicken stock cube in a cup of boiling water. Pour over the samp evenly. In another bowl , prepare 3 eggs and whisk in one and a half cup of cream, 1 teaspoon salt and ½ teaspoon coarse black pepper . (optionally also add half a teaspoon chopped up green chilly). Then pour the mixture over the samp and bake on 200°C for 35 minutes or until set. Scatter parsley over when it comes out of the oven. Serve immediately.
Enjoy

Recipe and photo: Heather Strumpher




SLAP PAP-STYWE PAP-KRUMMEL-PAP

mieliepap in slow cooker

SLAP PAP-STYWE PAP-KRUMMEL-PAP

Die geheim van goeie pap lê in die regte verhouding van water tot meel. Maar hoeveel water vir slappap – en hoe gereeld roer jy krummelpap nou weer? Ons verduidelik jou mooi.

Jy benodig

(genoeg vir 4-6 mense)

Vir stywepap
1½ koppie water en 1 koppie mieliemeel

Vir sagte ontbytpap
2 koppies water en 1 koppie mieliemeel

Vir krummelpap
1 koppie water en 1 koppie mieliemeel

Só maak jy

Stywe- en ontbytpap
Meng die helfte van die koue water met die meel en hou dit eenkant. Giet dan die res van die water in ’n pot, geur dit met sout, en verhit die water tot dit vinnig borrel en kook.
Skep die meelmengsel by en verlaag die hitte. Prut die pap vir 20-30 minute terwyl jy dit aanhoudend roer om ’n gladde dog stywe tekstuur te kry. Stywepap prut omtrent 5 minute langer as ontbytpap.

Krummelpap
Giet die water in ’n pot met ’n deksel, geur dit met sout en verhit dit tot kookpunt. Giet al die meel op een slag by sodat dit op ’n hoop in die middel van die pot lê. Moenie dit roer nie.
Sit die deksel op en kook die meeltoring vir 7 minute.
Krap die pap met ’n vurk los sodat dit fyn krummels maak.
Draai die hitte laer (of verminder die kole) en stoom die pap vir 20-30 minute tot dit sag en gaar is.
Roer ’n klontjie botter in en skep op.
Bron: Wegsleep

Marianne de Beer
Die maklikste manier wat ek my kids geleer het is om 2 koppies water te kook en dan so ½ koppie mieliemeel met koue water te meng tot ‘n gladde pasta en dan by die kookwater in te roer. Jy kan bietjie meer meel gebruik, maar soos hulle dit maak het dit dan nie melk nodig nie, net klontjie botter en suiker.