GROENTE AU GRATIN

 

tested

GROENTE AU GRATIN
Die lekkerste wat ek al ooit geëet het, is groente. Probeer dit tog.
botterskorsie, sny in die helfte en kook tot sag
Witsous:
25 ml margarien
25 ml koekmeel
2 ml sout
1 ml paprika
200 ml melk
1 klein uitjie, fyn gekap
5 sampioene, opgesny
50 ml broodkrummels
50 ml gerasperde cheddarkaas

Smelt margarien in kastrol.
Soteer uie tot deurskynend en voeg sampioene by.
Meng meelblom by en roer tot alle margarien geabsorbeer is.
Voeg melk by en roer aanhoudend.
Voeg sout, peper, pietersielie, aromat, ens by volgens smaak.
Giet die witsous bo-oor en strooi kaas en krummels bo-oor.
Rooster tot goudbruin onder die boonste element van die oond.
Ps: enige vleis soos maalvleis, salamie, bacon, ens kan saam witsous bygevoeg word.
Resep geplaas deur Els Chante




OUMA SE GERASPERDE AARTAPPEL EN WORTELKOEK

adam se wortel en aartappelkoektested

 OUMA SE GERASPERDE AARTAPPEL EN WORTELKOEK
Ek het ‘n baie ou resep wat baie van julle seker ken. Dit is “Ouma se gerasperde aartappelkoek”. Ek het egter gisteraand besluit om dit bietjie aan te pas en wortels in plaas van aartappels te gebruik en nie ‘n idee gehad oor wat gaan gebeur nie. Julle kan self oordeel. Ek het egter in gisteraand se poging 750g wortels gebruik en aangevul met 150g aartappels. Dit is egter met groot vertroue wat ek die volgende resep met julle deel.

900 g gerasperde aartappels / wortels, of gekombineer
4 groot eiers
4 eetlepels fyngekapte pietersielie of seldery
2 fyngemaakte knoffelhuisies
sout en peper
1 teelepel neutpoeier
50 g botter
2 eetlepels olyfolie

Meng die gerasperde aartappels / wortels, eiers, pietersielie / seldery, sout, peper en neut en die knoffel in ‘n mengbak.
Verhit die botter en 1 eetlepel olyfolie in ‘n groot braaipan. Wanneer dit so warm is dat die skuim begin verminder, krap die aartappelmengsel in die pan en smeer dit egalig oor die pan. Werk vinnig want die pan is warm en die eier begin onmiddellik onder te stol. Kook vir ongeveer 3 minute oor hoë hitte sodat die onderkant kan verbruin en verminder dan die hitte vir ongeveer 6 – 7 minute vir die aartappelmengsel om styf te word.
Plaas ‘n bord bo-op die pan en draai dit om sodat die bo-kant onder in die bord lê en gly dit terug in die pan. Skuif ‘n paletmes onder die koek in en lig dit versigtig op om die ander eetlepel olie onder die koek in te laat. Verhoog die hitte weer vir 3 minute om die anderkant te verbruin en kook dan verder vir ongeveer 6 minute om die koek heeltemal te laat stol.
Laat effens afkoel, en gly dit uit op ‘n bedienbak, of keer dit weer om met ‘n bord en plaas dit dan in ‘n bedienbak. Ek het gevind dat altwee kante basies dieselfde lyk.
NOTA. Omdat die eiers bietjie klein gelyk het, het ek besluit om 5 te gebruik en omdat wortels nie soveel stysel het om te help bind nie, het ek toe nog een bygesit vir veiligheid. Ek het dus medium grootte eiers vir die wortels gebruik.
Resep en foto:  Adam Cloete




PAMPOENMOES TERT

PAMPOENKOEK

PAMPOENMOES TERT

Room saam:
175 ml botter
3 eiers
200 ml suiker

Voeg by:
30 ml maizena
15 ml bakpoeier
4 eetl hoogvol gaar afgekoelde butternut (mash dit)
klein bietjie sout

Smeer ‘n tertbak met botter of Spray-Cook.
Gooi die hele beslag in die bak, en bak vir ongeveer 40 min by 180°C.
Strooi skoon kaneel bo-oor sodra dit uit die oond kom. Dit is heerlik.

Bron- Rounel Siecker




PAMPOENTERT

 
 2014-03-06-img-20140306-01609
PAMPOENTERT
500 ml gaar pampoen
100 ml suiker
knippie sout
2 groot eiers
250 ml melk
5 ml bakpoeier
5 ml vanilla
40 ml vla poeier
20 ml botter
fyn kaneel vir bo-oor
Meng al die bestanddele saam.
Bak in oond in gesmeerde pan.
Bak in oond van 180°C vir 35 tot 45 minute.
Strooi kaneel bo-oor.
Resep van my vriendin Belinda
2de Foto: Johan Röntgen‎ – Het die pampoen probeer, maar net rou gerasperde botterskorsies gebruik.



GEKRUMMELDE SAMPIOENE

GEKRUMMELDE SAMPIOENE
500 g wit sampioene met ‘n klam lappie afgevryf
4 snye geroosterde bruinbrood, fyn gekap in ‘n voedselverwerker
1 koppie fyn gerasperde parmesaan kaas
4 eiers geklits
100 g mielieblom
Olie vir diep braai

Maak twee mengbakke – een met die mielieblom en die ander met die broodkrummels en parmesaan gemeng.
Dompel al die sampioene in die eier en haal uit. Gooi in ‘n bak met die mielieblom en maak seker dit is lekker bedek.
Plaas weer terug in die eiermengsel en dan in die krummelmengsel. Maak seker dit is goed bedek. Braai in lekker warm olie tot bruin. Haal uit en dreineer. Doen hierdie net voor opdiening.




MIERSHOOP SAMPIOENE EN KOOL

2014-03-04-miershoopsampioeneenkool
MIERSHOOP SAMPIOENE EN KOOL

Sny ‘n koolkop so in kwarte, en haal die Stronk in die middel uit.
Sprinkel bietjie neut muskaat oor, sout en Braai speserye.
Sit die kool in ‘n pot met bietjie water en kook totdat die blare begin oopmaak soos n boek.
Braai die miershoop sampioene, saam met UIE en BEES BACON, totdat dit lekker bruin is. Sprinkel bietjie sout en swart peper oor.

Wanneer die koolkop se blare uitmekaar begin val, pak die kool op ‘n opskep bord en skep die sampioenmengsel so tussen die blare in, en sprinkel weer bietjie neutmuskaat en so 1 eetlepel Mayonnaise oor (as jy nie vars ROOM het nie).

Druk dit in die oond en maak lekker wam so in die bord.
EN GENIET ‘n lekker Groente en “vleis” ete.
RYK maar LEKKER…

Resep en foto: Stefaans Blaauw




GIDEON SE POTBROOD

2014-03-02-gideonsepotbroodtested

GIDEON SE POTBROOD
4 koppies koekmeel
½ teelepel sout
10 g droë kitsgis
2 eetlepels suiker
2 eetlepels kookolie
± 400 ml louwater

Sif meel en sout in ‘n mengbak , voeg suiker en kitsgis by en meng deeglik.
Voeg olie by asook water sodat ‘n sagte deeg te vorm.
Knie deeg af tot glad en nie meer klewerig is nie.
Plaas in ‘n ligte geoliede bak, bedek en plaas op ‘n warm plek totdat dit dubbel in groote is.
Maak ‘n holte in deeg en druk weer toe nadat gesnipperde uie en gerasperde kaas en crushed garlic ingesit is.
Sit in platboom pot met toegevoude kant onder.
Plaas op matige kole met ‘n paar kole bo op deksel vir ± 1 uur sny ‘n ligte kruis bo op deeg voor begin gaar maak !!!!!
Resep en foto: Gideon Louw

Nota:
Ons het gister aand hierdie heerlike potbrood gebak.
Dit is ons gewone deegresep waar ‘n koppie gerasperde kaas, ‘n pakkie bacon wat vooraf gaargemaak en gesnipper is asook twee teelepels droë knoffel saam met die deeg in geknie is.
Die deeg word dan opgedeel en groterige balle gemaak wat in ‘n halwe koppie gesmelte botter gerol word en dan in die pot gepak word en dan oppie kole gebak word.
Dit was djeeeerlik lekker sag.
Amper soos koek.

Vir die roosterkoek het ek die deeg nadat dit geknie en gerys het, platgedruk en ‘n blokkie kaas in die middel gesit en dit toegevou en doodgewoon saam met die ander koeke gebraai.
Djeeerlik!




WARM AARTAPPELS

tested

WARM AARTAPPELS
Ek het daai “Hot potato” gemaak wat erens gestaan het dat dit ‘n Aussie gereg is. Ek het so gemaak:
6 medium groot aartappels
6 repies spek
4 – 6 spring onions
150 g botter
4 knoffelhuisies
genoeg gerasperde cheddar kaas
sout, peper en hoenderspeserye na smaak
vars pietersielie Kook aartappels, skil en al tot gaar.
Smelt botter en druk die knoffel daarby fyn gemaak.
Smeer solank jou bakplaat met ‘n lagie knoffelbotter en bak DIE spek tot crispy. (sommer terwyl jou oond op 180°C kom)
Sny die uie in ringetjies.
As aartappels gaar is, sit hulle versprei op die plaat bo-op die lagie botter en spekvet.
Druk nou die aartappel met ‘n masher plat, maar nie te hard druk nie, net sodat die skil mooi oop is.
Strooi nou die gesnipperde spek en uie ringe bo-oor, skep dan die res van die gesmelte knoffelbotter bo-oor.
Strooi sout, peper en speserye na smaak oor. (die flippen lekka spice lyk my ook lekker hier)
Strooi dan die kaas en pietersielie bo-oor.
Bak tot die aartappels lekker crispy en die kaas bruin is!

Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




SWEETCORN FRITTERS

tested

SWEETCORN FRITTERS

Today’s recipe for sweetcorn fritters is from Isa Uys. It’s so easy and delicious.

All you need is:
1 tin of KOO sweetcorn
1 cup Golden Cloud flour
1 teaspoon baking powder
1 egg

Mix the ingredients well.
Drop spoonfuls in deep or shallow oil.
When crispy and golden brown on both sides, drain on kitchen paper.
Season with caster sugar for a sweet treat, or salt and cayenne pepper with a spicy bite.




MIERSHOOP SAMPIOENE – OMAJOVA

2014-02-17-picture1
MIERSHOOP SAMPIOENE – OMAJOVA
LEKKER…Miershoop Sampioene, op die kole gebraai…soos n pizza.
Inligting van Wikipedia – Termitomyces schimperi, commonly referred by its Herero name Ejova (singular), is a mushroom associated with the termite species Macrotermes michaelseni of Namibia. In the plural the mushroom is referred to as Omajowa (with the alternative spelling of omajova or omayova) by both the Herero and Ovambo people of Namibia. German Namibians refer to the mushroom as Termitenpilz.[1] T. schimperi is the largest member of its genusBron: Stefaans Blaauw