YORKSHIRE PUDDINGS

YORKSHIRE PUDDINGS

Het Anthony Worral-Thompson TV show die maklikste denkbare resep gekry.

1 kop meel
1 kop eiers
1 kop melk
knippie sout
Meng tot slap deeg.
Verhit 1 eetl olie/lard in muffin pan in die oond tot baie warm. Skep deeg in olie en bak by 180º tot gaar.

Geplaas deur Suneth van Rensburg




BABA-AARTAPPELTJIES

 

Baba Aartappels Uieringetested
BABA-AARTAPPELTJIES

Klein baba aartappeltjies
1 koppie growwe sout (Ja 1 hele koppie)
Water tot aartappels bedek is.

Kook die aartappels in die soutwater tot sag. Dit neem lank en die soutspikkels stoom orals ( moenie skrik nie)
Toets of sag is deur met mes te prik, maar moenie die geprikte een weer terugsit in soutwater nie.

Wanneer gaar is die tekstuur binne romerig en nie sout nie.
Dis net buite so sout.
Bedien met gesmelte botter of net so.
Dis verslawend! Pas op vir die bloeddruk!
BRON: Onbekend




UIERINGE

Baba Aartappels Uieringetested
UIERINGE

Uieringe: die kits aartappelpoeier is die geheim – baie belangrik

Ingredients:
1/2 cup all-purpose flour
1/4 cup cornstarch (maizena)
2 tablespoons instant mashed potatoes (die poeier)
big pinch of cayenne
1 cup cold club soda (soda water)
2-3 cups Panko (Japanese-style breadcrumbs), or as needed (Panko is net ‘n naam)
fine salt to taste
vegetable oil for frying
2-3 yellow onions, cut into 1/4-inch rings

Ons het te min krummels gehad (sommer die Kelloggs soort wat ons gehad het gevat) toe maak ons verder kaas Doritos fyn met gewone broodkrummels wat ons in die oond gedroog het daarby.

Mens meng die meel, maizena en kits mash en dan gooi jy sodawater by en meng tot gladde deeg en laat rus paar minute. Doop ringe daarin en dan in krummels met die sout en speserye in en braai in olie.

 

 




LIEZL SE AARTAPPELGEREG

 

10382164_704878876216606_7169601921407274567_ntested
LIEZL SE AARTAPPELGEREG

Kook die aartappels tot semi gaar en sny dan in dun skywe. Pak in oondbak en verf met olyfolie. Sprinkel met vars tiemie en sout/peper. Bak in oond by 220°C vi 45min.
Haal uit en sprinkel met parmesaan en bak verder vir 15min.
Grill dan vir paar minute tot kleur reg lyk.
Bedien.

BRON EN FOTO: Liezl Louw




POTATO BAKE SAAM MET BRAAIVLEIS

10384732_4043351058084_6757335591883706814_ntested

 

POTATO BAKE SAAM MET BRAAIVLEIS

Ek het aartappels gekook tot sag nie te sag nie, geskil en in snye gesny.

Uie en sampioene saam gebraai met sout en peper’

Twee pakkie potato bake die bacon geur gemeng met melk, en oor die

aartappels gesit, lekker baie kaas bo oor gerasper en in oond gebak 180ºC.

vir plus minus 1 uur tot dit nie loperig is nie.

Bron en foto: Marie Rheeder Troskie‎




FRANSE AARTAPPELGEBAK

2014-06-10-franseaartappelgebaktested
FRANSE AARTAPPELGEBAK
5 groterige gekookte aartappels in blokke gesny
300 ml room
3 knoffelhuisies
30 ml platblaarpietersielie, fyngekap
groot knippie sout
vars gemaalde swartpeper
400 g blaardeeg, verkoel
1 eiergeel, geklop

Sit aartappels in ‘n mengbak saam met room, knoffel, pietersielie, sout en peper. Meng goed. Wees versigtig om nie die aartappels te stukkend te druk nie. Verdeel die deeg in twee stukke, die een effens groter as die ander. Rol albei in sirkels uit en bedek ‘n gesmeerde oondvaste bak met die groter een. Gooi die vulsel netjies en kompak in en bedek met die kleiner sirkel. Vou mooi toe en borsel die deeg liggies met die eiergeel.
Bak vir 30 minute teen 180 ºC tot goudbruin en nog 30 minute teen 150 ºC. Laat staan om af te koel. Die aartappels absorber die room soos dit afkoel.

Bron en foto:  Nico_Jenny van der Merwe




LEKKER PATATGEREG SAAM MET BRAAIVLEIS

FLR BB Template

LEKKER PATATGEREG SAAM MET BRAAIVLEIS
Hier is ook iets vir jou saam met braaivleis. Skil patat en kook heel net tot sag en ‘n toetspen deur kan gaan. Sny in skywe en pak met dun gesnyde vars pynappel skywe. Pak in lae met pypkaneelsuiker en klontjies botter. IN OONDPAN OF PYREXBAK OOND 180ºC VIR 40 min en bedien. HEERIK!
Idee:  Bets Brink




NJAMMIE-PATATS

FLR BB one day when I'm big

NJAMMIE-PATATS
1.5 kg patat
300 ml margarien
300 ml bruin suiker
750 ml mini-malvalekkers
2.5 ml fyn kaneel
1 ml fyn neut

Kook die patat tot gaar en skil af. Sny die patat in groterige blokkies, en druk van die blokkies effens fyner met ‘n vurk. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ‘n oondvaste bak.
Meng die margarien, bruin suiker, 500 ml van die malvalekkers, kaneel en neut saam in ‘n kastrol. Kook oor medium hitte, en roer gedurig tot die malvalekkers gesmelt is. Meng die patat goed by die mengsel in. Skep dit in die voorbereide bak uit en bak in die oond vir 15 minute. Verwyder uit die oond en gooi die res van die malvalekkers bo-oor. Plaas terug in die oond en bak tot die malvalekkers gesmelt en goudbruin is.
Hierdie resepie is baie lekker!! hahah amper soos poeding… en is ordentlik soet
BRON- BENHET NIEUWENHUIS




BROCCOLI EN KAAS GEBAK

 

2014-06-01-broctested

500g broccoli
1x 410g blik sampoenroomsop
70ml karringmelk
175ml gerasperde kaas
50ml mayonnaise
1 eier, geklits
125ml soutbeskuitjies gekrummel
Kook broccoli in soutwater tot gaar maar nog bros. DreinEer en plaas in n oondbak! Meng sop,karringmelk, kaas, may en eier en gier oor broccolie! Meng beskuitjiekrummers en botter en strooi oor broccoli! Bak 30 min by 180c in n voorverhitte oond!!

Dis baie lekker!!!! Regte sondag kossies

(Kook met sewe bestandele kookboek)

Benhet Nieuwenhuis




GEBAKTE RYSGEREG

 

FLR BB with Heart

2 koppies gaar rys
2 eiers
2 uie, gerasper
2 koppies melk
1 koppie gerasperde cheddarkaas
sout en peper
1.Plaas helfte van die rys in ‘n gesmeerde bak en dan helfte
van die uie. Daarna die helfte van die sout, peper en die
gerasperde kaas. Herhaal die lae.
2.Klits melk en eier saam en giet bo-oor.
3.Bak in matige oond tot die mengsel gestol is.
BRON- Cecilia Bedser