PAMPOENTERT MET MARSHMALLOWS

pampoentert met marshmellowstested

PAMPOENTERT MET MARSHMALLOWS
KORS:
1 1/4 kop. Gemmerbeskuitjies.
1/3 koppie bruin suiker
1/3 koppie gesmelte botter

Maak die beskuitjies fyn en meng met die bruin suiker en die botter. Druk vas op die boom en kante van n tert bak en bak 10 minute by 180 grade C
VULSEL:
2 1/2 koppie gekookte en fyngemaakte butternut pampoen
1/2 koppie bruin suiker
2 eiers geklits
1/2 koppie room
3 eetlepels koekmeel
1 teelepel kaneel
1/2 teelepel neut muskaat
1/4 teelepel gemaalde gemmer
1/2 teelepel vanielje ekstract

Meng alles saam en skep in tertkors.Bak vir 30 minute of tot net geset.Gooi ‘n pak marsmallows bo oor en bak vir nog 10 minute of tot net gesmelt en begin verbruin. Julle moet hom oppas want daardie marsmallows brand baie maklik.
Ook baie lekker met geel patats i p v pampoen.




POTATO BAKE BROOD

potatobake broodjietested

POTATO BAKE BROOD
(VRIENDIN HARE IN SWART POT GEMAAK )

1 bol gekoopte deeg
2 pakkies patato bake – een soort of gemeng
250 ml room
250 ml melk en genoeg kaas

Ek het die potato bake aangemaak met room en een en ‘n halwe koppie melk.
My glasbak met spray en cook gespray.
Bietjie van die aangemaakte potato mix wat ek met room en melk aangemaak het onder in die bak gesit, net tot gelyk met bak.
Brood deeg in bolletjies gemaak en in bak gepak.
Die res van die potato bake oor die deeg bolletjies gegooi en baie kaas bo-oor gerasper.
Gebak op 180°C vir plus minus 1 uur. Gaan met braaivleis eet vanaand.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie

Lekker variasie
Lizelle De Jager
Het my broodrolletjie resep gebruik, het nie potato bake nie, veg bake, kaas gevat, swart peper, knoffel olyfolie oregano, pietersielie by. Dit gaan nou oond toe in my nuwe swart pot.




LEKKER BYKOSSE BY KERRIE

LEKKER BYKOSSE BY KERRIE

Mariette Visser
My ouma het altyd vir ons hierdie storietjie aanmekaar geslaan as die kerrie so bietjie aan die warm kant was…….ons eet dit vandag nogsteeds so saam. Wat jy dit noem, weet ek glad nie, maar dit is heerlik! Rasper appel en komkommer en meng met bietjie mayonnaise.
Rina Kleinhans
lekker tamatie-komkommer-uie salsa[sambal]
Blatjang, piesangs, Klapper en natuurlik n lekker broodbord eenkant op die tafel, met vars broodrolletjies
Christabel Garisch
Hier 5 goed is altyd op my tafel…Bulghaarse Yoghurt Mrs. Balls Chutney, klapper
En dan ‘n sambals wat gemaak is van vars gesnipperde Danhia, ryp tamatie. En rooi uie. Alles fyn klein blokkies opgekap geur Bruin asyn, sout en peper, mens noem dit sambals. ‘N lekker naan brood is ook altyd ‘n wenner!
Louise Groenewald
Alhoewel dit Grieks is en dus nie tradisioneel saam met ons kerries nie, maak ek altyd Tzakziki saam met my kerrie. Griekse jogurt, gerasperde komkommer(sit in sif dat vloeistof kan drain), sout, peper, vars knoffel, bietjie olyfolie.

Mosterdsaad en Klapperstrooisel
3 eetlepels klapper
1 eetlepel swart mosterdsaad
1 eetlepel olie
Verhit die olie met die mosterdsaad in ‘n kastrolletjie. Die mosterdsaad gaan woes begin skiet – sorg dus dat jy ‘n deksel byderhand het.
Voeg die klapper by sodra die mosterdsaad begin skiet en roer dit oor stadige hitte. Hou dit fyn dop, want dit brand gou aan.
Sodra die klapper goudbruin is, is dit reg! Dit het ‘n heerlike geur Dis baie lekker oor groente, gewone witrys of Kerrie.




MARMITE- EN KAASBROODJIE

marmite en kaas broodjietested
MARMITE- EN KAASBROODJIE

Smeer dik botter of margarien op broodjie, dan marmite en dan baie gerasperde kaas.
Plaas ‘n snytjie bo-op, sit weer baie botter, marmite en gerasperde kaas op, pak ander snytjie bo-op.
Herhaal so vier keer, afhangende hoeveel mense daar is. Maak toe met foelie.

Sit in oond op 180°C vir ± 25 na 30 minute tot kaas lekker gesmelt het.

BRON EN FOTO: Marie Rheeder Troskie




Shalane se Yorkshire pudding

yorkshire pudding shalanetested

Shalane se Yorkshire pudding

Mengsel baie eenvoudig ons gebruik net 2 eiers meet in maat beker gooi dieselfde hoeveelheid van die eiers melk by klits dit saam dan voeg jy dieselfde hoeveelheid meel by met n knippie sout en klits todat daat geen klonte is nie.
jy kan enige spice by sit as jy wil maar ons hou van dit plein met die gravy! Jy laat staan dit vir so lank as wat jy kan! Mens kan dit aanmaak die aand voor die tyd ook!

Dan as jy dit maak kan jy beef dripping gebruik of vegetable oil! Ons gebruik regte botter! Sit dan teelepeltie in elke cup cake bakkie en sit in oond todat dit vuur warm is dan gooi jy jou Yorkshire pudding mengsel tot so half in die bakkie mengsel sal kla begin borrel sit terug in oond tot crispy bruin! En geniet! Hehe

Shalane Bowins




KARIKA SE YORKSHIRE PUDDING

yorkshire pudding karikatested

KARIKA SE YORKSHIRE PUDDING
Ons familie resep
1 Kop meel,
1 kop melk,
3 eiers,
3ml sout
en olie vir die muffin pannetjies.
en die oond moet op 210 grade C wees.
Meng eers die droe bestandele saam( in aparte bakkie en ook die melk en eiers) ek het alles saam gemeng en dit vir so 15min laat staan. In daai tyd het ek my oond op 210C gesit en my muffin pannetjie met spray en koek bespuit en n teelepeltjie oli in elke pannetjie gesit. Sit die pannetjies in die oond om warm te word.  Skep jou deeg in elke gaatjie en sit in die oond.  Ek het nie n tyd vir hoelank dit was nie ek het dit uit gehaal toe dit goud bruin was +- so 15min.

Resep en foto:  Karika Etzebeth




GROENTE GEVULDE BOTTERSKORSIE

2014-04-24-butternut

GROENTE GEVULDE BOTTERSKORSIE
2 Botterskorsies
2 aartapels geskil en in blokkies gesny,
Sout na smaak
30ml olyfolie
2 uie grof gesny
1 bos spinasie goed gewas en ontstingel
150ml roomkaas of vetakaas
Vars gemaalde swartpeper na smaak
250ml witsous
200ml gerasperde cheddarkaas

Plaas heel botterskorsies in kookwater en kook tot gaar. Sny botterskorsies in helfte deur en skep pitte uit. Kook aartapels in soutwater tot gaar. Dreineer. Skakel oondrooster aan. Verhit olie in pan en sorteer uie tot sag. Voeg spinasie en gaar aartapelblokkies by en kook oor lae hitte tot spinasie net verlep is. Verwyder van hitte en roer kaas by. Geur met sout en peper. Skep spinasiemengsel in holtes van botterskorsies, skep dan die witsous oor en sprinkel cheddarkaas oor. Plaas in oond en rooster tot kaas gesmelt is. Genoeg vir 4 mense.
BRON- Hanle Shrewsbury




LEKKER SPINASIE IN DIE OOND

 

oven baked spinach

1-2 Bossies spinasie fyngekerf
1 Gerasperde ui
4 Eiers
Bietjie melk
10ml gemengde kruie
Gemaalde swartpeper
5ml sout
Gerasperde kaas

Kook spinasie tot amper gaar. Braai ui in bietjie olyfolie tot gaar. Voeg spinasie by met speserye. Skep uit in oondbak. Klits die eiers en bietjie melk en gooi bo-oor. Gooi gerasperde kaas bo-oor en bak @ 180 grade C vir so 25 minute.
Gebraaide spek, sampioen en feta kan bygevoeg word as jy wil.
BRON- Madri Henn




SAVORY CHEESE DIP BREAD BOWL

tested

SAVORY CHEESE DIP BREAD BOWL

Moes dit net deel,dit is sooo lekker.Jy kan enige kaas mengsel mk uit alle kase waar van jy hou,so 2 of 3 kase in n kaas sous in gemaak dan kan jy bacon opkap en pepper en as jy wil n chillie vir bietjie byt-braai als lekker tot bacon stukkies lekker goud bruin is,sit dit dan in die kaas sous en meng.

Brood maak jy met gewoone brood deeg, ek koop sommer brood deeg dan rol ek een stuk uit soos n pitza base en dan met die res van die deeg maak jy bolle en sit dit vas op ronde pitza base deel en bak tot mooi bruin sodra klaar gebak is kan jy die smeer met garlic botter oor als en dan in die middel jou kaas sous,dis lekker om onmiddelik voor te sit,en elk een help hom self.
O ja jy kan die kaas sous mengsel met die brood bak en sit myne gewoonlik in net nadat brood lekker uit gebak het,dan borrel daai kasies lekker saam tot broodjies lekker bruin gebak is. As jy bang is kaas brand sit dit eers in wanneer brood klaar gebak is-jy kan dit in oond sit en vir ‘n min of 2 bietjie grill.
Dis n resep wat jy kan maak en breek nes jy wil en dit sal nog steeds wonderlik proe.My ma het altyd haar 3 kaas sous mengsel gemaak en dan gekerfde biltong ingemeng.
BRON- Maryke Smit Robberts




SKORSIES MET BLOUKAAS


SKORSIES MET BLOUKAAS
Ons het gisteraand ‘n verskriklike lekker bygereggie geëet, sommer so saam met die braai. Julle kan dit gerus probeer, dis vrek lekker.

Maak skorsies gaar en verwyder pitte.
Plaas in ‘n oondpan en plaas botter, blokkies Bloukaas en vars gekapte Salie (Sage) in die holtes.
Laat dit dan lekker smelt en deurwarm word in die oond.
Aan tafel roer jy dit net deur met ‘n teelepel.
Dis absoluut heerlik. My man eet nie Bloukaas nie, maar het twee deurgewerk.

RESEP EN FOTO: Louise Groenewald