MASHED POTATO AND BACON BOMBS

testedmash potato bombs

MASHED POTATO AND BACON BOMBS

2 cups leftover and chilled Mashed Potatoes
Bacon..one slice per Bomb
1 Egg
1/2 cup Dry Bread Crumbs
Cheddar Cheese cut into 1″ chunks (one chunk per Bomb)
Salt and Pepper to taste
Skewers or toothpicks
Oil for frying~ I used Canola
Sour Cream and toppings for dipping

In a large bowl combine the Mashed Potatoes, Egg, and S&P until well blended.
Grab a small scoop of the Mashed Potatoes and gently form it around a Cheddar Chunk…
Place the Bread Crumbs into a shallow bowl, and roll that baby evenly in the Bread Crumbs. Fry them up in the oil (350 degrees, until they’re evenly golden…
Let the drain on some paper towel .
Serve them with Sour Cream, and serve them warm so they explode!
Foto:  Gideon Louw en Leanne Thurston Coetzer




HEERLIKE GROENTE-GEBAK

FLR BB with Hearttested

HEERLIKE GROENTE-GEBAK

1 – 2 botterskorsies, in skywe gesny
1 pakkie murgpampoen, in lang repe gesny
1 pak sampioene, in skywe gesny
1 blik Ideal Melk
1 pak potato bake van u keuse

Pak groente in lae in gesmeerde oondbak. Meng blik Ideal Melk met potato bake en giet oor groente. Bak teen 180°C tot gaar. Strooi kaas oor en braai tot kaas gesmelt en goudbruin is.

Hhmm, te lekker vir woorde. Probeer ook gereg maak van aartappels in skywe gesny, uie in ringe gesny en sampioene in skywe gesny. Pak ook in lae en maak soos bo.

Cornelia Myburgh




BRAAI BYKOS IDEES

groente op die vuurtested

BRAAI BYKOS IDEES
Liesel Joubert Russell
Nog iets wat baie lekker is. Groen, geel en rooi soetrissies. Uie, klein mielies, sampioene, klein murgpampoentjies. Sny dit alles in groot chunks, sprinkel ‘n pakkie wit uie soppoeier oor en room. Sit in oond tot groente gaar maar steeds bros is. As jy voel die sous is te dik of dit wil brand, vat jou room bakkie giet melk daarin en giet oor. Ek meng gewoonlik my melk en room. O ja, swart growwe peper.

Liesel Joubert Russell
Of n knoffelbrood en mengelslaai of n lekker pot brood.

Verna Eva Els
Maak putu pap met spek, sampioene en mielies in met ‘n lekker uie en tamatie sous. Het dit 1 keer gemaak en die pot was leeg na die braai.

Liezl Louw
Maklike “self-saucing” broodjie – jy eet hom somer sonder botter: Meng 1 koppie room, 1 koppie melk, 1 pakkie potato bake en 2 eetlepels crushed garlic. Spuit ‘n oondbak en skep die helfte van die mengsel daarin. Maak golfball grootte balle van die gekoopte winkeldeeg en pak in bak se bodem. Giet res van die mengsel oor en bedek met gerasperde kaas. Sit in preheated oven 180ºC vir 35min. Ons het ons sn sommer in swartpot opi kole gedoen….!!! Enjoy!!!

Susan Holm
Gebruik gekoopte deeg en giet die helfte van 1/3 koppie bruinsuiker in gesmeerde dubbelpan, strooi bietjie kaas ook onder in, maak deeg bolletjies en plaas bo op suiker en kaas, giet 1 glasie room bo oor en die res van suiker, strooi kaas mildelik oor en maak toe, bak vir 1 uur by 180ºC. Klein aartappeltjies met skil gekook, halveer, voeg mayonnaise, aromat, sprietuie, meng deur en laat bietjie staan vir geure en smaakmiddels om te trou, geniet gate uit.

Deon Nieuwoudt
Probeer patat rol.

Suneth van Rensburg
In plaas van vleis braai kan jy Koftas maak en braai. Sit dit voor met flat breads of pita en tzaziki.
Kofta
30 ml Parsley, finely chopped
½ cup fresh coriander, chopped
1 onion, finely diced or grated
1 garlic clove, minced
1.5 kg lamb or beef mince
1 egg
5 ml each – ground coriander, cinnamon, paprika, cumin
Salt and pepper to taste
Mix all together and form sausage like meat balls. Push a sosatie stick through mince sausage and braai.

Karen van Wyk
Braai spek en meng met room spinasie en feta… skep op daai groot sampioene en sprinkel kaas bo oor. Druk in oond tot sampioene lekker gebak is en tadaa een lekker bykos.

Rudolph Faurie
Spinasie en feta pasteie op di kole. Maak room Spinasie soos gewoonlik, net bietjie minder sous. Laat afkoel. Voeg lekker baie feta by. N uitgerolde instant puff pastry vir deeg, en voila! Braai oor medium kole en draai gereeld sodat deeg reg deur gaar word. Vulsel kan ook verander word na ingelegde vy, camembert- en brie kaas. Drizzle net bietjie heuning oor as gaar. Lekker eet.

Rudolph Faurie
Jalapeños, sny 1 kant op sy van bo na onder en ontpit. Stop met feta en sterk cheddar. Draai toe in spek. Draai toe in dun lagie van deeg wat oor bly van spinasie pies. En braai tot mooi bruin. Dit so lekker jou oom sal jou in skryf vir master chef!

Rudolph Faurie
Barbara ek dink Putu pap is stywe pap. Krummel pap het ontstaan by Zulu nasie en slap pap by Xhosa. Putu pap eg noordelike styl van pap eet.

Maria Du Plooy
Klein aartappeltjies net net sag gekook met skil aan, in die helfde gesny! Braai twee groot stukke botter of margarien saam ui wat opgekap is met groen en rooi soetrissies, sampioene, knoffel en paprika! – sout en peper na smaak! so twee teelepels! Hang af van hoe warm disse julle eet! Vou toe in ‘n pakkie van foil, sit dit op die vuur terwyl die vleis gaar word! ! Heerlik! Strooi bietjie dill oor na die tyd! Heerlik!

Chrisna De Waal
Of ‘n aspersie knoffelbroodjie. Kry brotchens en blikkies aspersies, smeerkaas, knoffelbotter en skyfies kaas. Smeer en plak hom behoorlik, draai foelie om en sit op die rooster. Dit is heerlik!

Magda Cheyne
Bak brood en maak dan lekker braai broodtjies dit is ook baie lekker

Wilma Von Graszouw
My malvlekkerslaai.. vrek lekket saam met vleis.
1 pakkie klein malavalekkers
1 blikkie crushed pynappel ( dreineer die sous af) en
1 x 500 g griekse ongegeurde joghurt
Meng alles saam en los in yskas vir 4 tot 5 ure.

Johnny Anderson (foto ingeluit bo aan blad)
Lekker groente op die vuurtjie… dis vining en as jy nie die braai werk doen nie dan beteken dit jy hoef net dit voor te berei

Alta Britz-Snyman
Baie lekker aartappel wat dun snytjies gesny nie deur ni. Sprinkel met seesout en olyfolie bak voorverhitte oond 30min met deksel en 40min sonder deksel @ 200ºC baie lekker.




MURGPAMPOENTJIE, SPEK EN FETA TERT

MURGPAMPOENTJIE, SPEK EN FETA TERT
1 medium ui
1 teelepel fyn knoffel
1 pakkie murgpampoentjies
1 pakkie spek
sout, peper na smaak
½ teelepel gemengde kruie
paprika
2 skywe fetakaas
3 groot eiers
125 ml bruismeel
1 teelepel bakpoeier
250 ml natuurlike jogurt/melk
½ koppie cheddar kaas
olyf olie
250 ml sampioene
125 ml groen soetrissie (opsioneel)


Voorverhit oond tot 180°C. Soteer uie, rissie en knoffel tot sag. Voeg fyngekapte spek by, braai tot gaar. Voeg sampioene en grofgerasperde murgpampoentjies by en soteer tot sag, geur met sout, peper, paprika en kruie en meng goed deur. Skep in gesmeerde tertbak. Krummel fetakaas oor. Klits eiers en roer meel, bakpoeier en jogurt of melk by, meng tot gladde mengsel. Giet bo-oor spekmengsel en sprinkel gerasperde kaas oor. Bak vir 25-30 minute tot goudbruin en gestol.

Resep:  Corinne Moore Gelderblom




SPINASIEROLLADE

spinasie roulade adamtested

SPINASIEROLLADE
ROLLADE
100 g Stork Bake
125 ml (½ k) koekmeel
500 ml (2 k) warm melk
250 ml (1 k) gerasperde
cheddarkaas
sout en vars gemaalde swartpeper
4 ekstra groot eiers, geskei
300 g spinasie, gewas, gestoom en fyn gekap

VULSEL
125 ml (½ k) songedroogde
tamatie- of basiliepesto
375 ml (1½ k) gekrummelde
ricottakaas
60 ml (¼ k) gekapte vars
pietersielie of basilie

Voorverhit die oond tot 160 °C.
Spuit ’n pan van 35 x 25 cm met kleefwerende kossproei. Voer die pan met bakpapier uit en spuit weer.

ROLLADE
Maak ’n witsous met die STORK BAKE, koekmeel en warm melk. Haal van die plaat af. Voeg die kaas by en roer tot gesmelt. Geur met sout en peper. Voeg die eiergele en spinasie by en meng. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou versigtig by die spinasiemengsel in. Giet in die pan en maak bo-op gelyk.

Bak 25-30 minute tot goudbruin en gepof. Keer uit op ’n klam teedoek, rol versigtig op met die hulp van die teedoek en laat afkoel.

VULSEL
Meng die pesto, ri-cotta en kruie. Rol die rollade oop wanneer dit effens afgekoel het en smeer die vulsel oor.
Rol weer op, sny in skywe en sit voor met slaai.

Genoeg vir 8.

Adam Cloete se weergawe
Soos ek belowe het, het ek toe ‘n spinasie roulade probeer maar met ‘n maalvleis vulsel. Ek het dus die vulsel van die resep vervang met ‘n maalvleis vulsel wat ek gekook het soos ‘n redelike droë bolognese. Dit het egter nie lekker gesny nie en ek sou voorstel as iemand dit doen om liewer worsvleis, wat ‘n vaster tekstuur het, te gebruik. Maar lekker was dit lekker!!!!

 




POLENTA FLAN

polenta flantested
POLENTA FLAN

Ek het toe die polenta flan gemaak.
4k water
1 1/2 t sout
1k polenta
2tbs olyf olie (ek het 1 garlic infused avo olie en 1 lemon infused avo olie gebruik)
1tbs basil pesto

Kook water en gooi sout by
Klits polenta stadig by
Kook vir 10 min
Roer olyf olie en pesto by
Gooi in gesmeerde flan pan en bak 20min teen 180C

Ek het dit koud gebruik en n koue vulsel gemaak.
Verskeie pickles (gherkins, uie, peppers, bell peppers)
Fyn gesnyde komkommer
Olywe
Feta kaas
Balsamic vinegar, olyf olie, rissie sous, heuning, soja sous (altesaam seker so 1 – 2 tbs)

polenta flan 2

Resep en foto:  Wian Swart




GROENBOONTJIE GEREG

2014-08-07-boontjiegeregtestedboontjie gereg

GROENBOONTJIE GEREG
Maak 1 pak simba chips fyn en gooi in bak!  (chutney chips werk goed)
Dreineer 2 blikkies groen boontjies, gooi bo-op die chips,  strooi kaas oor, gooi 1 koppie room oor! Strooi paprika oor! Bak 15 min by 180ºC
BAIE LEKKER
Foto en resep: Benhet Nieuwenhuis

AANPASSING

Letisia Griessel
Dankie vir die inspirasie Benhet. Het dit vanaand as bygereg saam met braaivleis gemaak.
1 Blikkie groenbone met groen aspersies vervang.
3/4 pak chips onder gegooi en die ander 1/4 voor die kaas bo-oor.
Mengsel van Cheddar en Mozarella bo-oor.
Soveel komplimente gekry. Was uit die boeke lekker.

 

 




LEKKERSTE PAMPOENTERT

pampoentert corneliatested

LEKKERSTE PAMPOENTERT
4 koppies gekookte pampoen
1 koppie bruismeel
1 koppie suiker
1 koppie melk
1/2 koppie olie
1 teel sout
2 eiers
2 teel bakpoeier

Meng bogenoemde bestanddele goed en skep in gesmeerde oondbak.
Bak teen 180 grade C tot gaar. Maak volgende sous op stoof en gooi oor warm
pampoentert wanneer uit oond kom.

Sous
1 koppie suiker
½ koppie water
½ koppie melk
4 teel botter
2 teel maizena
knypie sout

Kook saam tot ‘n dikkerige sous vorm. Gooi dan oor warm tert.
Geniet dit hoor. Smaak nes ‘n malva-poeding.
Foto en resep: Cornelia Myburgh




DANIE SE AVO BRAAIBROODJIE

 

AVO BRAAIBROODJIE 2tested

EEN DOOIE HOENDER SE 2 AGTERKWARTE , SOUT,GROWE SWART PEPER EN ITALIAANS KRUIE, DIS NOU MY GROENTE. ROOSTER BROOD, ALBEI KANTE CHEDDAR KAAS, ALBEI KANTE AVO MET BIETJIE PAPRIKA EN IN DIE MIDDEL GEROOKTE VARKSPEK

EK PLAAS DIT OP ‘N BORD MET DIESELFDE GROOTE BORD BO-OP DIE SPEK IN DIE MIKRO GOLF OOND SODAT DIT NIE OPKRIL NIE .

BRAAI DAN JOU BROODJIE OOR DIE KOLE TOT NET MOOI GETAN

Danie Barnard




GEBAKTE BOTTERSKORSIE MET UIE

 

2014-07-30-botterskorsietested

 

GEBAKTE BOTTERSKORSIE MET UIE

Twee kleinerige botterskorsies geskil en in groterige stukke gesny.
Een of twee uie in dik ringe gesny
1 Pakkie bruinuiesop poeier
Botter

Plaas die botterskorsies en uie op ‘n groot vel foelie en stooi die soppoeier daaroor.   Stip met ‘n goeie klompie botter en vou die foelie om die skorsies soos ‘n pakkie sodat dit deeglik toe is.   Bak in die oond vir 45 minute of tot die skorsies gaar is.   Indien nodig, plaas dit oor in ‘n mikrogolf bak en mikrogolf dit vir nog ‘n paar minute om dit deeglik sag te kry.  Toe ek dit gedoen het, het ek bietjie medium droë sherry oorgestrooi vir ‘n nattigheidjie.
ADAM CLOETE