Papbolletjies met gebraaide spek en uie

 

papbolletjiestested

Papbolletjies met gebraaide spek en uie met sampioensous met room en kaas oor.

Maak pap nie te styf en laat afkoel.

Braai uie bruin voeg spek by en braai.

Maak n pakkie sampioen sous aan dit moet stywerige sous wees meng sous saam met spek.

Neem pap en vorm bolletjies maak holte in die middel plaas n teelepel van spek mengsel in holte en vou bolletjie toe.

Plaas bolletjies in bakskottel gooi room en kaas oor bak teen 180 grade tot kaas gesmelt en bruin is.

Foto en Resep:  Poppie Naude




PAMPOEN ROL

2014-09-26-pampoenroltested

PAMPOEN ROL
Baie lekker saam braai vleis!!!
Ek’t my pampoen sag gekook en fyn gedruk! Net n bietjie sout by!! Laat afkoel!
Smeer oor skilferkors deeg! Rol op!!
Bak 20 min by 200grade C gooi nou ‘n koppie room oor en bruinsuiker!!
Terug in die oond vir so 20min!!!! Heerlik!!!!

My room was te min ek het net ‘n halwe koppie gebruik! Maar BAIE LEKKER
BRON- Benhet Nieuwenhuis‎




BRAAIBROODJIES IDEES

 

2014-09-24-braaibroodjiesidees
BRAAIBROODJIES IDEES

Hier is lekker idees vir braaibroodjies by braaivleis. Variasies vir braaibroodjies (Hotdog buns en hamburger buns)

1. Sit bietjie chutney op saam kaas tamatie en uie baie leka

2. Tamatie,Basil/Rocket Pesto en Mozerella Kaas!!!

3. Garlic en cottage cheese en potato bake gemeng, smeer dit op en braai

4. Lekker gesmeer met botter aan die binnekant, en dan begin ons met gerasperde Cheddar kaas, tamatie skyfies, sout en wit peper, uie ringe (moenie skaam wees nie! pak sommer lekker dik!) en op die teenoorgestelde snytjie: Wimpy se mosterd en chutney gemeng…. smeer mildelik – maak toe en braai!

5. Jy kook so 8 eiers rasper dit en n blok kaas meng saam met mayonnaise en sout en pepper na smaak dan sny jy die bo kan van die bun af en hol dit uit dan sit jy aspersies onder en dan die eier en kaas bo op sit in oond tot kaas smelt dit is heerlik saam braai vleis

6. Maak so mushroom broodtjie…vat mushroom.uie,bacon braai dit saam meng ‘n botteltjie room met n pakkie hoendersop en gooi dit in,dit word vinnig en lekker dik meng dan net melk by om hom dit die regte dikte tekry,vat dan n hotdog bun en sit mengsel daar in en gooi lekker baie kaas oor! En sit in oond tot kaas gesmelt het.

7. Uie en appelkooskonfyt ek weet klink snaaks maar heerlik probeer gerus.

8.  Franco Dippenaar
Bestandele. Brood. Cheddar kaas gerasper. Brie kaas in lang dun repe gesny,so 3 per broodjie. Een houer uie marmelade. Vars uie in ringe gesny. Smeer marmelade op die brood. Nie te dik nie. Plaas cheddar en brie bo op en dan uie ringe. Smeer botter aan buitekant van brood en braai stadig oor kole tot kaas gesmelt het en goud bruin.




ELIZE SE CHAKALAKA BROODJIE

2014-04-01-basiesebrooddeegtested
ELIZE SE CHAKALAKA BROODJIE
Hi daar, resep wat ek in die skool geleer het.
Jy kan jou eie brooddeeg maak, maar as jy lui is soos ek, koop sommer by picknpay en  chakalaka van jou keuse.
Rol deeg uit en sny in vierkante so 4cmby4cm.

Dip die deeg vierkante in chakalaka sous en pak bo op mekaar in ‘n kolwyntjie pan. Jy kan garlic en kaas ook tussen die lagies pak, maar nie bo op want dit bak te hard.
Bak teen 180ºC vir so 35 tot 40mins. Effens gesonder as die olie weergawe en bietjie minder moeite.
Resep en foto: Elize Strydom




CHAKALAKA MIELIEKOEKIES

chakalaka koekiestested

CHAKALAKA MIELIEKOEKIES
Ek het my vrou gou gehelp met die bykosse vir die braai en besluit toe om Chakalaka koekies te bak om saam te geniet met die braaivleis.

2 blikkies Chakalaka met sweetcorn
4 eiers in gemeng saam met die Chakalaka
Moenie vra hoeveel nie, maar koekmeel tot amper styf maar nog loperig seker  ongeveer 2 koppies.
Voeg 2 teelepels bakpoeier by, en meng goed en braai in warm olie
En so lyk die brousul en proe nogal heerlik. Sal dit netnou geniet saam met die braaivleis.

Resep en foto:  Koos van der Merwe




Mieliepap met kaas en suikermielies

 

Maak lekker stywe pap (+- 6 eters). Dan sit ek by: 125 g margarine, 1 blik suikermielies in roomsous en 1 koppie of meer gerasperde kaas, gewoonlik cheddar.

Roer goed deurmekaar met vurk (groot vleis vurk) en laat so bietjie rus op lae plaat en bedien met n spesiale “sheba” sous (ook in die tvl leer ken).

Lekker! De Van Eyks is maar groot en goeie eters. Hehe!
Rina Botha van Eyk




ANEL SE BRAAIPAAI

 

2014-03-22-vegetarianbraaipietested

– my weergawe
2 rolle skilferkorsdeeg (probeer die “herb” rol),
1 pak baba spinasie (net lekkerder),
1 ui & tamatie,
250 gesnipperde spek &
250 gr kaasworsies in stukkies gesny,
1 rooi rissie & geel rissie,
400gr pak sampioene;
Fetakaas – Mozzarellakaas-  Cheddarkaas (knoffel opsioneel)
Metode: Laat ontdooi die deeg en rol uit op snyplank. Braai ui, spek & kaasworsies saam, voeg fyngekapte tamatie by, rou gekapte soetrissie; speserye soos jy verkies (sweet basil & knoffel) Sit die helfte van rou spinasie op deeg. Sit uie en spekmengsel op. Pak sampioene op. Sit nou verskillende kase op. Eindig met ander helfte van spinasie. Plaas deeg bo-op. Verf met eier/melk. Dit help om die onderste deeg bietjie groter uit te rol as die “deksel”, maar nie te dun, anders breek dit maklik. Vou deeg oral toe, soos ‘n pakkie, Gebruik toeklap rooster met randjies. Braai hoog op vuur. Braai 15 minute stadig, dit brand maklik.

Anel Engelbrecht Portela
Foto:  Gideon Louw




GEBAKTE APPELS MET GEMMERKOEKIES

2014-09-16-gebakteappelsmetgemmerkoekiestested
GEBAKTE APPELS MET GEMMERKOEKIES

Het dit vandag probeer. Heerlik saam met vla of roomys.
4 tot 5 appels, suur groen appels werk die beste
4 eetlepels bruinsuiker
15 gemmerkoekies
4 eetlepels botter
4 eetlepels rosyne

Verwyder die appel se klokhuis, maar los die skil aan.
Meng die suiker, rosyne, gemmerkoekies, botter en stop die mengsel in die appel.
Pak in swaarboom pot op matige hitte en wag tot suiker en botter aan die onderkant begin smelt.
Voeg paar eetlepels water by om stoom te maak met deksel op.
Kook vir 10 – 15 min, skep uit sodra appels sag is.
Bedien saam met vla of roomys.
Foto:  Christina En LP Louw




MEYER SE MIELIEPAPBALLE

2014-09-14-papballetested

MEYER SE MIELIEPAPBALLE
In aparte kastrol, maak mieliepap styf aan en kook tot gaar. Laat afkoel.
Maak ronde balle (grootte afhangende van wat jy verkies)
Pak balle in glasbak en druk gaatjie in elke bal
Maak Sheba van die volgende: tamaties, sampioene, geel, rooi en groen peppers. Geur na smaak.  Sheba is lekker dik sous van bogenoemde alles saam gebraai.
Gooi bo-oor papballe


Braai so 1-2 uie tot lekker bruin
Gooi uie en roommielies bo-oor sheba mengsel
Een bakkie room bo-oor mengsel
Strooi genoeg gerasperde kaas bo-oor
Bak vir ongeveer 1 uur by 180ºC of tot die kaas gesmelt en die room dik is
Resep aangepas deur Amanda Conradie
Resep en foto verskaf deur Meyer Combrink




MIELIEPAPSKYFIES (CHIPS)

 

2014-09-14-papchipstested
MIELIEPAPSKYFIES (CHIPS)

Druk warm stywepap op die boom van uitgespoelde bak vas om ‘n laag +/- 25 mm dik te vorm.  (Spoel bak dat dit net nat is onder vir die pap om nie vas te sit nie, of sprei dit met Spray&Cook.
Laat goed koud word en keer pap uit op snyplank
Sny pap in skyfies van 25mmx25mmx5mm
Pak in draadmandjie en diepvetbraai in warm olie tot lig bruin en dreineer op kombuispapier
Strooi sout, knippie rooipeper of knoffel/uiesout oor

Bron: Word wys in die kombuis
Foto:  Adam Cloete