CORRIE SE PAPTERT MET BLIKKIES MIELIES


CORRIE SE PAPTERT MET BLIKKIES MIELIES
Braai tot gaar:
± 1 koppie van elk van die volgende:
gekerfde uie
gesnipperde spek
gesnyde sampioene
Meng die volgende saam:
1 koppie rou mieliemeel
1 koppie room
¾ koppie suiker
2 eiers
5 ml bakpoeier
1 blik roommielies
1 blik heelpit mielies
Meng met spekmengsel. Plaas mengsel in oondvaste bak.
Bak in oond by 180°C vir 1 uur.
Strooi kaas oor. Sit deksel op.
Sit oond af en laat in oond staan tot kaas gesmelt is.
Baie lekker.
Resep: Corrie Volschenk








