HOENDER EN SPEK ROLLETJIES
gistraant se oudurfie was baaaaie lekker
hoender en spek rolletjies oppie kole
4 hoenerborsie fillette in mote gesny (blokke)
1 groot ingemaakte groen vye fyn gekerf
3 e roomkaas
1 pakkie repiespek
2 e sojasous
2 e olyfolie
meng die vye en kaas
skep met n teelepel van die mengsel op die fillette en rol dit toe
draai n repie spek om die gevulde fillet en steek met n stokkie vas plaas vir n halfuur in vrieskas
meng sojasous en olyfolie en smeer alkante van die rolletjie
braai op kole tot bruin vir +- 15 min
BRON – Gideon Louw
GIDEON SE AARTAPPELGEREG



GIDEON SE AARTAPPELGEREG
8 aartappels gekook en in wiele gesny
1 pakkie sampioene gekerf
1 ui gekerf
1 eetlepels crushed garlic
2 koppies gerasperde kaas
1 pakkie sampioen sop
1/2 liter room
1 koppie melk
Smoor die uie, sampioene en garlic in ‘n bietjie olie
Pak die aartappel wiele in ‘n oondbak en strooi die sampioenmengsel daaroor
Strooi sout na smaak oor die aartappels
Meng die room, melk en pakkie sop en bedek aartappels daarmee
Bak dan in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC vir ‘n uur
Strooi nou die kaas bo oor en grill tot kaas gesmelt is
Resep en foto’s – Gideon Louw
PAPPEDELLE
MIELIEPAP IN STREEPSPEK
Mieliepap in streepspek toegedraai en op die rooster gebraai wow iets besonders probeer dit gerus.
Sny die koue mieliepap in lang blokkies, draai toe met spreetspek, steek vas met stokkies en braai op die kole.
Mens kan ook ‘n strepie kaas in die mieliepap sit voor jy hom toedraai.
Foto en idee: Johan Coetzee
STUFFED GREEN PEPPERS

One of my favorite’s stuffed green peppers
I take French stir fry veggies fry them add salt and pepper and ina paarmans garlic and herb spice then when cooked I add sweet butternut I bought from Spar mix it into veggies, then cut green pepper in half scoop out seeds place in microwave safe bak fill with mixture, put a little water at bottom of bak cover with lid and microwave for about 6min take out sprinkle with feta and microwave another minute
BRON – Karin Lubbe
GEVULDE SAMPIOEN PAKKIES
100g Philladelpia roomkaas, saggemaak
1 Eetl suurroom of room
20g of 2 eetl hoogvol Parmesan of Peccorino, vars gerasper van blok (nie klaar gerasper nie, dis aaklig) – kan uitlaat.
1 knoffelhuisie, gekap saam met
1 takkie roosmaryn en 2 takkies pietersielie
Meng bogenoemde saam.
10 sampioene wat net begin oopmaak, nie groot plattes nie. Jy wil net ‘n cavity he wat kan gevul word.
10 strepe bacon, kamertemp (rol makliker)
GEEN sout nie, bacon is sout genoeg. Vul al die sampioene met vulsel, rol bacon om dit en steek met tandestokkie vas. Probeer so rol dat dik stuk van bacon die laaste oorkom. Rooster bokant EERSTE tot die vulsel net wil begin uitloop, en draai om. Rooster onderkant. (pan of braaivleisrooster) Jy kan dit ook in die oond bak, 180g vir so 30 minute.
Foto en resep: Kiti De Jager
KRUMMEL MOSSELS
KRUMMEL MOSSELS
1 groot pak mossels in skulp
Pak op rooster!
Braai 4 knoffel huisies in bietjie olie en voeg 1 k krummels by braao tot lekker bruin!
Spice mossels lekker
Sny ‘n pakkie Ina Paarmans kaas sous oop en skep bo op mossels!
Skep nou die krummels bo oor! Geur met lemon peper van tannie ina
Kan op vuur gebraai word of in die oond!
Ek het dit in die oond gedoen
Onder die grill vir paar minute
HEERLIK
Foto: Benhet Niewenhuis
DAUPHINOISE AARTAPPEL EN TAMATIE-GEBAK
Hierdie aartappelgebak is ’n wonderlike bygereg by ’n braaistuk of ’n heerlike maaltyd vir vegetariërs.
Genoeg vir 4-6 mense
8 aartappels, geskil en in dun skywe gesny
375 ml (1½ k) mozzarella
125 ml (½ k) cheddar
sout en peper na smaak
250 ml (1 k) room
6 knoffelhuisies, fyngemaal
3 tamaties, in skywe gesny
’n hand vol pietersielie, gekap
Voorverhit die oond tot 180 ⁰C en voer ’n 20 cm-koekpan uit met bakpapier.
Rangskik ’n laag aartappelskywe op die bodem. Meng die kase en strooi oor die aartappels, geur met sout en peper, en voeg dan nog ’n laag aartappel by. Hou aan lae pak tot dit talle lae diep is.
Meng die room en knoffel in ’n beker. Giet dit oor die lae aartappels. Geur die aartappels en druk dit in die pan af. Verkoel 30 minute.
Bak die aartappels 45 minute of tot halfgaar en kyk met ’n vurk of dit deurgaar is.
Haal die aartappels uit die oond en rangskik die tamatieskywe bo-op. Geur die tamaties met pietersielie, sout en peper.
Sit terug in die oond en bak 15 minute of tot heeltemal gaar.
Sit warm voor saam met ’n slaai.
Nota:
Adam Cloete : O ja, ek het afgewyk van die resep deur bacon by te voeg. Ek dink dit is ‘n moet in hierdie resep.
Foto: Adam Cloete
GIDEON SE GEVULDE AARTAPPELS
Kook die aartappels tot gaar, sny die aartappels in die breedte deur, haal van die binne kant uit. Maak ‘n smoor van uie, greenpeppers, sampioene, bietjie room en kruie en speserye en net waarvan jy hou. Sop die aartappel hol met die vulsel, maak toe, en maak in die lengte vas met ‘n toutjie, braai op die vuur tot gaar….
Gideon se: maar dit is net soos jy daar sê ekt die kopvan die aartappel af gesny en beide kante uit gekol sommer mt n teelepel etoe die filling ingestop in altwee kante die kop weer opgesit en toegebind met n toutjie , smeer die aartappels met olie, en nie in foelie nie netso op die kole gebraai sonder om die rooster te hard toe te druk anders dtuk jy dit plat en stukkend ekt natuurlik die aartappels vooraf tot amper gaar gekook en afgekoel tot koud en toe oppie kole !







