RINIE SE KERRIEBOONTJIES

Rinie se groenboontjie slaaitested
RINIE SE KERRIEBOONTJIES
4 lb groenboontjies gekerf (1.8 kg)
4 groot uie gekerf
1 1/2 koppies asyn
1 eetlepel mosterd
1 1/2 eetlepels maizena
2 eetlepels kerrie
1 1/2 koppies suiker

Kook die boontjies en uie saam met ‘n bietjie sout vir +- ‘n halfuur en dreineer
Voeg dan 1 koppie water by die boontjies en plaas op ‘n warm plaat
Maak ‘n sous van al die ander bestanddele en voeg dit by die boontjies en prut vir 2- 3 min en bottel dit warm
BRON – Rinie Louw




RYS EN STAMPKORING GEMENG

RYS EN STAMPKORING GEMENGtested
RYS EN STAMPKORING GEMENG
Resep en foto: Stefaans Blaauw
FOOD LOVERS RECIPES
Ons is mos te gewoond om net te maak wat ons ken, of waarmee ons groot geraak het..
DIT is waarmee ek Groot geraak het…
½ koppie rys
½ koppie stampkoring
½ teelepel sout
1 eetlepel BOTTER, of Olyfolie
3 koppies water

Kook tot dit droog is, dan is dit gaar, en geniet saam met enige potjie..
AS jy dit EENKEER geëet het…dan eet jy nie sommer weer skoon ryspot NIE.

 




POTATO DAUPHINE

Potato Dauphinetested
POTATO DAUPHINE
120 ml water
0.25 ml salt
60 g butter or margarine
70 g strong flour
2 eggs, beaten

Potato Mixture
450 g potato, cooked and mashed
30 g butter
1 egg yolk

For the choux paste:
Bring the water, salt and butter to a boil in a saucepan.
Remove from the heat.
Add the flour and mix in with a wooden spoon.
Return to a moderate heat and stir continuously until the mixture leaves the sides of the pan.
Remove from the heat and allow to cool.
Gradually add the beaten eggs, mixing well.

Potato mixture:
Add the butter and egg yolk to the warm mashed potatoes; mix well.
Season to taste.
Mix the choux mixture and the potato mixture together, making sure they are well combined.
Mould the mixture into cylinder shapes (or quenelle them using two spoons).
Deep fry in hot oil (185°C/365°F), until golden.

Photo: Marie Grobler




FILO ROLLE MET BOTTERSKORSIE EN PATAT

FILO ROLLE MET BOTTERSKORSIE EN PATAT
Kook 1 kg botterskorsie en 1 kg patats in apparte potjies.   Drein goed en maak fyn net so sonder suiker of botter.   Los in yskas dat dit lekker styf bly.   Meng in ‘n bakkie suiker en kaneelen smelt ‘n bakkie botter.  Trek kleefplastiek oor ‘n brood bord en lê ‘n paar velle filodeeg op die bord, smeer elke laag met botter.  Smeer ‘n laag fyn botterskorsie en gooi kaneel suiker oor.  

Weer folideeg en dan botter,  dan patats en kaneel suiker.  Gaan aan met die proses tot alles op is.   Sit die bord in yskas vir ‘n rukkie.   Vat dan die kleefplastiek punt naaste aan jou en rol ‘n lekker stywe rol. Moet lyk soos ‘n swiss roll koek as jy klaar is. Sny lekker dik skywe met baie skerp mes. Pak in gesmeerde oondbak en bedek met ‘n houertjie room en kaneel suiker en bak in oond tot lekker goudbruin.   Bedien as ‘n by dis vir sondag ete.
Bron Tanya Erasmus




GERALDINE SE STAMPMIELIE-GEREG

stampmielie geregtested
GERALDINE SE STAMPMIELIE-GEREG
Hier is n lekker by kos saam met braaivleis.
3 koppies stampmielies
1 koppie mayonnaise
1 pakkie wit uiesop
250 ml room
250 gr spek gesnipper
1 ui gekerf
kaas om bo-oor te rasper
1 pakkie sampioene opgesny
aromat na smaak.
Week mielies oornag. Kook volgede dag. Dreineer en spoel met koue water af. Braai ui, sampioene en spek gaar. Meng alles saam. Skep in gesmeerde bak, strooi gerasperde kaas oor en bak by 180 ºC tot goudbruin.

Resep: Hester Vrey
Foto: Geraldine Chantel Combrink
Nota:  dis vrek lekker bietjie knoffel bygegooi, het my stampmielies vanoggend is water geweek en so 4 uur vir 1 uur in mikrogolf gekook,sag sag sag




MICHELLE SE PAPATPOFFERTJIES

tested
MICHELLE SE PAPATPOFFERTJIES
4 medium patats, geskil en in skywe gesny
1 eetlepel botter/margarien
2 eetlepels suiker (bruin of wit)
1 teelepel borrie
¼ teelepel kaneel
knypie sout
2 koppies water

Kook al die bogenoemde bestandele saam tot patats sag is en al die water weggekook is.
Maak fyn en voeg die volgende by:
2 eiers, geklits
± 1  ½ koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier

Die beslag moet nie te styf of te loperig wees nie.
Bak desertlepels vol in diep olie tot goudbruin.
(Om te toets of jou olie reg is: sit 1 teelepel van die mengsel in olie, as hy dadelik na bo styg, is jou olie reg)
Dreineer poffertjies op kombuispapier.
Maak ‘n Karamel sous en gooi bo oor.
Bedien warm en geniet!!

RESEP EN FOTO: Michelle Joubert

Elize de Kock
Karamelsous:
15 ml botter/margarien
200 ml suiker
200 ml melk
15 ml mielieblom
175 ml koue water
5 ml vanilla/karamel geursel
Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt.
Los mielieblom in water op en roer in ‘n straaltjie by die melkmengsel.
oeg geursel by, kook tot verlangde dikte en gooi oor warm patats.




KLAPPER WORTELGEREG

coconut carrottested
KLAPPER WORTELGEREG
6 groot wortels, gerasper
250 ml vars broodkrummels
250 ml melk
2 ekstra groot eiers
125 ml suiker
125 ml klapper
Kook die wortels tot net gaar en dreineer goed.
Meng met res van die bestanddele en skep in oondvaste bak, gesmeer.
Stip met botter en bak 25 minute by 180°C tot ferm en goudbruin.
Sit voor as bygereg saam met braaivleis of soos verkies.
Genoeg vir 4 – 5 mense.
Het hom jare terug by vriendin gekry.

Resep geplaas deur Rita Van Zyl
Bron: Onbekend




STAATMAKER AARTAPPELKOEKIES

potato cakestested
STAATMAKER AARTAPPELKOEKIES
Was 2 middelmatige aartapels skoon af. Rasper met skil en al op growwe kant van rasper.
Klits 1 eier liggies en voeg by die aartappels.
Geur met 1 teelepel sout en ‘n kwart teelepel peper.
Meng 1 klein ui, gerasper by die aartappels in.
Roer ‘n ½ koppie koekmeel en 2 teelepel bakpoeier hierby in.

Skep lepels vol in warm olie en bak albei kante tot ligbruin. ( nie te vinnig laat bak nie anders is dit nog rou binne).
Resep en foto:  Hannetjie Snyman




GROENBOONTJIES MET SPEK EN KAAS

Groenboontjies met bacon en kaastested
GROENBOONTJIES MET SPEK EN KAAS
Kook groenbone en ui in water met net sout en peper na smaak totdat dit sag genoeg vir jou is.
Braai die spek stukkies in ‘n pan tot krakerig.
Meng alles saam in ‘n oond bak, strooi gerasperde kaas bo oor en bak in die oond op 180ºC totdat die kaas ook lekker gesmelt en bruin is.
Baie maklik en baie lekker, ‘n resep wat ek by my Ma geleer het.
Resep en foto: Eduan Joubert




KAAS EN UIE BROODROLLETJIES

broodrolletjiestested

KAAS EN UIE BROODROLLETJIES
Broodbolletjies vir saam met vanaand se oxtail:
4 koppies koekmeel (helfte het ek vervang met nutty crunch)
½ pakkie kitsgis
10 ml sout
5 ml suiker
water om stewige deeg te vorm.
Ek het 10 ml van Ina Paarman se Garlic en Herb seasoning by mengsel gevoeg.

Meng goed en laat rys op warm plek tot dubbeld die grootte.
Sny blokkies kaas en hou eenkant.
Sny 2 meduim uie grof en braai in olie met so 3 eetlepels bruinsuiker tot lekker taai.
Plaas van die gebraaide uie onder in pan en maak bolletjies met blokkie kaas in elke bolletjie.
Pak in gesmeerde pan en sit res van die uie en kaas tussen die bolletjies.
Laat weer rys vir 20 minute.
Bak teen 180°C vir 30 minute en giet dan ‘n mengsel van 50 ml olyfolie en 50 ml kookwater oor broodjie.
Bak tot gaar.
Resep en foto: Marietjie van der Merwe‎