ROOMMIELIEKASSEROL

ROOMMIELIEKASSEROL
375 ml vars witbroodkrummels
250 ml gerasperde kaas
1 blik roommielies
30 ml mayonnaise
250 ml melk
2 eiers geklits
Sout en Peper
Botter

Meng broodkrummels, kaas, mielies, mayonnaise, melk en eiers.  Geur met sout en peper. Giet in gesmeerde oondbak en stip met botter. Bak so 35-40 min by 200ºC tot gepof en goudkleurig.

Resep: Cornelia Marais Myburgh

 




LEKKER AARTAPPELSKYFIES – CHIPS

tested
LEKKER AARTAPPELSKYFIES – CHIPS
Deur  Susan Forbes Pieters
FOOD LOVERS RECIPES

Ek sit ‘n deksel op sodra ek die aartappels in die olie gesit het, dan haal die deksel af die laaste 5 min om dit crispy te maak maar steeds sag binne.

Dan my heerlike (sout en asyn) chippie resep : sowat ‘n kwart tot half koppie wit asyn met halwe teelepel sout op sowat 2 en half liter water, sit chippies in en kook tot al dente, dreineer, sit in oondpan met bietjie olyfolie en grill tot goudbruin. Strooi dan growwe sout en bedien warm.

 




GEMENGDE GROENTE PAP BALLE

 

2015-06-07-gemengdegroentepapballetested

GEMENGDE GROENTE PAP BALLE

BESTANDELE
Pap
Gemengde groente
Garlic sout
Parsley
Thyme
Swart pepper
Aromat
Bietjie kaas.
Kellogs krimmels

METODE
Meng alles saam, maak balletjies en roll in kellogs krimmels. Braai in olie.
BRON/FOTO: Natascha Du Toit‎




PAP BALLE MET SIMBA CHIPS

2015-06-07-papballetested

PAP BALLE MET SIMBA CHIPS

BETANDELE
Pap
Pak creamy chedder simba chips fyn gedruk
1 eier
Bietjie kaas
bietjie aromat
Kellogs krummels gerol en olie toe.

METODE
Meng alles saam, maak balletjies en roll in kellogs krummels. Braai in olie.

BRON/FOTO: Natascha Du Toit‎




SLAPPAPPOFFERS

2015-12-19-slappappofferstested

SLAPPAPPOFFERS
100 ml mieliemeel
500 ml water
1 eier, geklits
250 ml bruismeel
2 ml mosterd poeier
2 ml sout
knypie rooipeper
125 ml gerasperde Cheddar kaas
kookolie vir diep braai
aromat na smaak
Meng die mieliemeel en water in ‘n pot en verhit tot kookpunt. Plaas die deksel op en kook vir 15-20 minute tot ‘n slappap, roer af en toe.
Laat die pap afkoel tot louwarm. Voeg die eier by die pap en meng deur. Sif die bruismeel, mosterd, sout en peper saam en meng goed met die papmengsel. Voeg die kaas by en meng deur. Die kaas kan weggelaat word indien verkies. Skep teelepels van die beslag in warm diep olie en braai alkant tot goudbruin.
Dreineer die gaar poffertjies op kombuispapier en strooi geuropwekker (bv Aromat) oor.
Bedien die poffers warm of koud.
Nota Elize de Kock – ek het hierdie poffers baie gemaak, moenie gaarmaak voor die tyd nie, “prep” alles en hou die beslag in die yskas. Maak dit gaar net voor bediening. Koud of later is die poffers nie lekker nie, ek maak net genoeg en hou die res van die beslag in die yskas vir die volgende dag. Voeg rissievlokkies, gegeurde sout of braaispeserye by vir ekstra smaak.
Resep en foto: Adam Cloete




GEBRAAIDE PAP BALLETJIES

 

2015-06-06-papballetjiestested

GEBRAAIDE PAP BALLETJIES
Ek het gisteraand se koue pap gevat,  een rou eier, Aromat, parika sout en peper na smaak, Een rou ui fyn gesny en ‘n halwe sweet rooi pepper daarby geroer.   Balletjies gemaak, In corn flakes krummels gerol en toe gediep braai.
Bron en foto:  Thelma En Wessel DuPreez




HOEVEEL MENSE KAN JY KOS GEE MET N SKAAP OP DIE SPIT

 

SPIT

HOEVEEL MENSE KAN JY KOS GEE MET N SKAAP OP DIE SPIT
Wanneer ons skaap op die spit werk ons altyd op die volgende
Ek dink ons werk altyd op so n 20-23kg skaap vir 30  mense

Berie Smith –  jy werk 500g per persoon uit sonder bene. Vir die grote skaap wat julle gaan gebruik 20- 23kg kan jy 30 – 40 mense kos gee. Jy het bykosse en nog hoender ook. Hoop dit help vir jou. Dis hoe ek dit altyd uitwerk en daar’s oorgenoeg vir almal en ‘n bietjie left overs vir die volgende dag. Vir voorgereg, kan jy onder in jou bak waar die vet afdrup, ‘n bietjie water gooi. Sit dan klein aartappeltjies en uitjies, skilpadjies en klein kaasworsies daarin om gaar te word. Jy kan ook mushrooms daarin sit. Roer net gereeld dat dit nie aanbrand nie. Geniet julle spitbraai. Alternatief is om ‘n groot stuk beesroast, heel hoenders, skaapboud of varkboud te koop en dit te spitbraai. Dit gee jou ‘n verskeidenheid van vleise, maar dit mag dalk duurder uitwerk.

Vollie Neels Volschenk
Met ‘n spitbraai kan jy werk op 40-45 mense per skaap. Dink altyd aan die hoeveelheid wat ‘n normale mens by die Spur eet. 300-400g vleis per persoon. Werk hom daarvolgens uit en onthou die bene.

Patience O’Kennedy
mens kry baie meer porsies uit as jy di hele skaap laat ontbeen en dan spitbraai.
Party ouens braai hul skaap klaar en laat hom afkoel in koelkamer en saag die hele skaap dan tjops van bo na onder en dan plaas hulle dit onder in die bv.gasbraaier saam met hul aartappels en sampioene en klein uitjies wat dan ook al gaar is of hulle plaas dit in groot swartpotte op kole om dit ekker warm te hou dan kom mens baie ver met bv. 1 skaap maklik 40-45mense op n 25kg skaap..

Ida Bouwer
Met al 3 ons kinders se mondigwordings was skaap gebraai en ons het gemiddeld 35-40 mense kos gegee per skaap. Bykosse was slaaie, klein broodrolletjies, rys/macaronie en gebakte groente. Die skaap was nie ontbeen nie, want dit moeilik om dit te spitbraai as dit klaar ontbeen is. Dan moet jy liewer gatlam maak (vleis in ‘n groot bak, maak gat in grond, bedek met kole)

Dalene Brits
Ek stem met 40-45 persone uit ondervinding




PUMPKIN PIE WITH OATS

2015-05-26-pumpkinpietested
PUMPKIN PIE WITH OATS

1 cup cooked pumpkin
1/2 cup flour
1/2 cup rolled oats
1/2 cup brown sugar
1/2 cup cream
5 ml baking powder
Pinch of salt
Cinnamon
1/4 cup seed and sultana mix to sprinkle on top
Heat the oven to 180*C. Mix all the ingredients, sprinkle with seed and sultana mix.
Bake for 30 to 40 minutes or until golden brown.
Sprinkle with cinnamon and serve.

Recipe and photo: Louise Venter




SALTY POTATOES

2015-05-25-saltypotatoestested
SALTY POTATOES

Eerstens moet jy n goeie “non stick” pan he.
Ek maak dit in elektr braaipan op hoogste gestel heel tyd.
Sny aartappels in blokkies-dit moet baie droog wees.
Braai dan in bietjie olie, moenie roer voor begin self loskom en bruin word.
Dan kan jy begin omkeer om alle kante bruin en gaar te maak.
As gaar en mooi bruin, kerf uie in en braai tot uie gaar.
Geur met peri-peri, sout, cheese aromat en varsgemaalde swartpeper.
Of na smaak.
Dien dadelik op terwyl bros.

En as jy daai aartappels extra lekker wil he…braai in uitgebraaide varkvet!

Foto en resep:  Jacqus Marianne Van Niekerk




FANIE SE PAPTERT

tested

FANIE SE PAPTERT
Paptert loop so…
1 kg Impala mieliemeel
2 blikke tamatie en uie
1 blik chacalaka mild en spicy of hot soos u verkies
1 blik 3 bone
2 pakke gekerfde bacon
2 pakke mushrooms
2 blokke cheddarkaas
2 groot uie
2 vars tamaties
1 blik sweet corn
Crushed garlic na smaak
All gold tamatiesous
Chutney
Aromat

Braai uie tot sag saam met tamaties, voeg bacon by en braai tot bruin, voeg mushrooms by en braai en voeg dan knoffel by. Gooi blikke támatie en uie en chakalaka en bone by, voeg tamatiesous en chutney by na smaak en kook vir sowat 10 min.
Gebruik groot bak, daar kom baie uit, skep eers die pap, gooi die sousmengsel oor en dan lekker baie kaas. Dan weer pap, sousmengsel en druk dit in die oond. Ek gooi die laaste kaas oor net om te smelt en bak dit nie tot die kaas bruinerig raak nie…..
Die sweet corn gooi ek in die pap. Ek sit ook nie ekstra sout of peper by nie, gebruik net aromat.
Hoop dit kom lekker uit.
Hierdie paptert maak ek gereeld en is baie lekker.
BRON – Fanie Smit
Lynette Jacobs Wasserman – My metode is baie soos Fanie s’n behalwe dat ek nie geblikte tamatie & uie gebruik nie; ek maak graag my eie smoor. Ook meng ek cheddar, feta en bloukaas. Gee die paptert net so bietjie diepte!