GEPIEKELDE CHILLI

2015-09-12-gepiekeldechillitested
GEPIEKELDE CHILLI

BESTANDDELE
1 liter strooi suiker (ek gebruik sommer gewone wit suiker) – jy kan verminder na 750 ml, maar nie minder nie, dit help met preservering.
3 liter wit asyn
Roer saam tot suiker opgelos is, voeg die volgende by en kook vir 10 minute sodat die geure kan ontwikkel –
40 ml swart peperkorrels
2 kaneel stokkies
10 heel naeltjies
10 star anise blommetjies
4 lourierblare (opsioneel)
skil van 1 of 2 suurlemoene (net die geel)
1 kg afgespoelde chillies – variasie van jou keuse. Hou heel of sny in stukke of gooi in chopper vir fyner weergawe. Jy kan die saadjies in hou as jy warmer byt soek of verwyder vir meer mak weergawe.

METODE
Gooi die voorbereide chillies by die warm mengsel, bring weer tot kookpunt, kook vir 2 minute (die fynes) of 5 minute vir die groter weergawes. Bottel in gesteriliseerde bottels. Vul op met die pekel mengsel tot so 5 mm onder die bo punt. Vee rand skoon, draai deksel op. Los verkieslik ‘n paar weke om die mengsel te laat verouder.

NOTA
Ek gooi gewoonlik die speserye in ‘n 5 liter bottel asyn en laat dit staan tot ek dit nodig het vir ‘n volgende batch piekels wat ek maak. Dit is dieselfde basiese mengsel wat ek vir meeste van die goed gebruik. In die proses kry die goed tyd om ryp te word.

BRON: Relish/Petro Borchard
FOTO: Petro Borchard




BUTTERNUT WRAPPED IN BACON BAKED IN A LEMON HONEY SAUCE

2015-09-11-butternutwrappedinbaconbakedinalemonhoneysaucetested
BUTTERNUT WRAPPED IN BACON BAKED IN A LEMON HONEY SAUCE
1 butternut cut length wise
2 or 3 packets of bacon strips
2 tablespoons chipped ginger
thyme
½ of lemon juice
3 to 5 tablespoons honey

Wrap butternut pieces in bacon strips.
Sprinkle with ginger.
Mix honey and lemon juice.
Brush over butternut wraps.
Bake on 200°C for 20 min.
Bake another 10 min on 250°C.
Source and Photo:  Shan T Russ




MARIE SE BRUIN UIESOP BROODJIE

bruin uiesop broodjie
MARIE SE BRUIN UIESOP BROODJIE
1 pakkie bruismeel (500 g)
1 pakkie bruinuie soppoeier
1 houertjie karringmelk (500 ml melk met 40 ml suurlemoensap werk ook)

Spuit broodpannetjie spray en cook – ek het ‘n glasbak gebruik.
Meng bestanddele alles saam voeg n bietjie water by as jy sukkel om te meng ek het bietjie minder as halwe koppie water by gevoeg.
Rasper kaas bo oor
Bak in oond 180 ºC vir 1 uur of tot mes skoon uitkom

Resep en Foto: Marie rheeder troskie

Desmond Proudfoot says: Add a pinch of thyme, a few crushed cloves of garlic and a cup of grated cheese to the mixture and it will taste even better




PAMPOEN POFFERTJIES GEBAK SOOS KOEKSISTERS

2015-09-04-pampoenpoffertjiesgebaksooskoeksisterstested
PAMPOEN POFFERTJIES GEBAK SOOS KOEKSISTERS
1½ koppie koekmeel
1 koppie gaar pampoen
1½ teelepel bakpoeier
2 eiers
knippie sout

Meng alles en bak teelepelsvol in diep olie en doop in kokende stroop.

Stroop:
Kook saam 2 koppies suiker en 3 koppies water.
Foto: Annelise Engelbrecht




SWEETCORN BAKE

2015-11-25-sweetcornbaketested
SWEETCORN BAKE
Serves 4-6
cooking time : 55 min
prep time : 10 min

Ingredients:
100 g Margarine
2 Eggs
100 g Self Raising Flour
15 ml Robertsons Masterblends for Roasts Aromatic Roast Potato
250 ml Milk
410 g Creamed Sweetcorn

Instructions:
Using an electric beater, cream the margarine and then add the eggs. Mix well. Fold in the self-raising flour and the Robertsons Master Blend for Roasts (Aromatic Potato). Mix milk and the creamed corn and add to the flour / egg mixture. Bake for +- 45 minutes at 180 degrees Celsius until set. Serve as a side to braai meat.

PHOTO: Lisinda Blaauw




SOUSKLUITJIES / DUMPLINGS

2015-08-27-souskluitjiestested
SOUSKLUITJIES DUMPLINGS
250 ml meelblom
5 ml bakpoeier
1 ml sout
50 ml botter/margarien
2 eiers
suiker gemeng met kaneel
125 ml gesmelte botter

Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter daarin.
Kilts die eier en 1 eetlepel suiker tot baie lig.
Voeg dit by die meelmengsel en meng liggies.
Gooi water in ‘n kastrol sodat dit omtrent 5 cm diep daarin staan.
Voeg 2.5 ml sout en 1 ml kaneel by en laat dit kook.
Doop ‘n teelepel in die kookwater en skep ‘n ronde teelepel vol deeg daarmee uit, sit dit in die kokende water. Skep 4 kluitjies in die kastrol van 17 cm deursnit. Laat hulle 10 min lank kook met deksel op.
NB: Indien meer as 5 kluitjies gelyktydig ingeskep word, slaan party daarvan toe.
Lig die kluitjies uit die water, sit hulle in ‘n warm bakskottel en strooi kaneelsuiker bo-oor asook gesmelte botter. Vul water aan indien dit minder as 5 cm vlak bereik en laat kook eers voordat kluitjies weer ingesit word.
Herhaal tot die deeg op is.

Foto en resep gepos deur Elize de Kock




SAMANTHA SE HEERLIKE AARTAPPELKOEKIE

SAMANTHA SE HEERLIKE AARTAPPEL KOEKIEtested
SAMANTHA SE HEERLIKE AARTAPPELKOEKIE
Vanaand se aandete was baie lekker! Oond gebraaide vark tjops, gemengde groente en sommer my eie aartappel koekie
Resep vir die aartappel koekie:
4 aartappels gekook ek gemash met sout en peper
Halwe ui fyn gesny
Pepperdews so veel soos jy wil, ek sal tot brand rissies daar insit.
1 koppie kaas
Koppie meel
1 eier
Toe diep braai ek dit tot lekker goud bruin. Sprinkel dan bietjie sout oor en geniet!!
Sal lekker wees saam enige dis.
BRON – LID – Samantha Minne
Vanaand se aandete was baie lekker! Oond gebraaide vark tjops, gemengde groente en sommer my eie aartappel koekie
Resep vir die aartappel koekie:
4 aartappels gekook ek gemash met sout en peper
Halwe ui fyn gesny
Pepperdews so veel soos jy wil, ek sal tot brand rissies daar insit.
1 koppie kaas
Koppie meel
1 eier
Toe diep braai ek dit tot lekker goud bruin. Sprinkel dan bietjie sout oor en geniet!!
Sal lekker wees saam enige dis.
BRON – LID – Samantha Minne




GEURIGE LAMSVLEIS MET KERRIEVRUGTE

tested

GEURIGE LAMSVLEIS MET KERRIEVRUGTE
4-6 porsies
6 lamstjops
sout en peper
1 middel groot ui gekerf
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel worcestersous
2 eetlepels blatjang
gerasperde skil en sap van ‘n ½ suurlemoen
1 eetlepel olie

Plaas die tjops in ‘n vlak bakskottel, geur dit met sout en peper en plaas die ui bo-op.
Meng die ander bestandele en gooi oor die vleis. Bedek die skottel en bak ongeveer 1 ¼ uur in die oond by 200ºC.
In ‘n aparte bak maak die kerrievrugte, bak saam met die vleis vir die laaste 30 min.
Rangskik die vleis en kerrievrugte op ‘n opskepskottel en bedien.
KERRIEVRUGTE
3 koppie ingemaakte vrugte, perskes, pynappel, appelkose of mengsel van die 3
3 eetlepels vrugtestroop
2 eetlelepels meduim sterkte kerriepoeier
sap van ½ suurlemoen
2 eetlepels bruinsuiker
botter
Plaas die vrugte in ‘n vlak gesmeerde bakskottel. Meng die kerrie, vrugtestroop, suurlemoensap en skep oor die vrugte.
Bestrooi met bruinsuiker en plaas klontjies botter bo-op die vrugte.
Bak saam met die tjops in die oond en bedien saam met die tjops.
Hiedie vrugte is ook heerlik saam met enige gebraaide vleis.




AARTAPPELS OP DIE VUUR

aartappels op die vuurAARTAPPELS OP DIE VUUR 2tested

Aartappels op die vuur!!!!
Sny 6 aartappels in blokkies!
Gooi sout en peper of spice oor!
Ekt n ui ook in gesny!
Ekt amper 1k room oor gegooi
Maak goed toe met foli en sit op rooster van die begin van die braai tot die einde!! Ons sin was so uur op! Maar kan langer gaan hy gaan net lekkerder word
Draai so nou en dan!
Wanneer wil eet Strooi kaas oor!
Baie lekker sorg net dat jou foli ordentlik toe is! En geur die aartappels lekker!!!
Benhet Nieuwenhuis




MINI KAASSOUFFLE

 

2015-08-14-mini-kaassoufflétested

MINI KAASSOUFFLE
(6 – 8 mini-soufflés)
40 g botter
60 ml meel
200 ml melk
2 koppies gerasperde sterk cheddar of gruyère-kaas
3 eiers, geskei
knippie kremetart

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smelt die botter in ‘n kleinerige kastrol. Sodra dit gesmelt is, voeg die meel by om ‘n roux te vorm. Hou ‘n oomblik aan roer en verwyder dan van hitte. Voeg melk bietjie vir bietjie by. Plaas terug op hitte en hou aan roer om ‘n redelike dik witsous te vorm. Gooi kaas bietjie vir bietjie by en hou aan roer tot al die kaas gesmelt is. Verwyder weer van hitte en roer eiergele by. Klits die eierwitte en kremetart tot styf. Voeg een derde van die eierwitmengsel by die kaassous en roer vinnig deur met ‘n metaallepel. Voeg daarna die kaassous by die oorblywende eierwit. Meng vinnig deur, maar wees versigtig dat jy nie te veel meng nie. Die idee is om soveel moontlik lug in die mengsel vas te vang. Spuit silikoon-muffinpanne goed en skep die soufflémengsel daarin. Maak elke holte driekwart vol. As metaalmuffinpanne gebruik word, moet die panne goed gesmeer en die bome met bakpapiersirkels uitgevoer word, wat
tot die grootte van die bome gesny is. Vul ‘n oondpan met sowat 2 cm kookwater. Plaas die muffinpanne in die oondpan en bak vir 15 minute. Haal die muffinpanne uit die water, laat ‘n oomblik afkoel en dop uit op ‘n bakplaat wat met gespuite bakperkament of ‘n silikoon-bakmatjie gevoer is. As metaalpanne gebruik word, moet die kante van die soufflés effens met ‘n mes losgemaak word voor jy hulle op die bakplaat uitkeer. Bak nog 10 minute teen 200 °C. Die soufflés kan ook vooraf gemaak en weer gebak word om uit te pof. As dit in die yskas gebêre is, moet die soufflés teen kamertemperatuur wees wanneer hulle gebak word. Voorverhit die oond tot 200 °C en bak vir 10 minute. Plaas die soufflé soos ‘n eiland in die middel van ‘n bord mosselroomsop, garneer en sit voor.