GESTOPTE SOETRISSIE OP DIE BRAAI

 

2015-11-28-gestoptesoetrissieopdiebraaitested

GESTOPTE SOETRISSIE OP DIE BRAAI
Een groot green sweet soetrissie.    Sny die koppie mooi uit vir hergebruik en krap die ergste wit en pitte uit.
Ek het saam gemeng
Een groot gesnipperde bruin sampioen en
twee kleingekerfde uitjies
n kwart teelepel chillie flakes
n bietjie sout
asook een van my gunsteling worsies se uitgedrukte vleis
Stop dan die rissie vol met die aangemaakte mengsel en plaas die koppie weer op sy plek.   Braai oor stadige kole vir omtrent n driekwart uur deur gereeld in die rondte te draai.  Skud n bietjie vye balsamiese reduction bo oor en geniet !!
Bron en foto:  Gideon Louw

Johanna Vermaak
Gideon Louw, ek maak dit ook, met verskillende vulsels. Ek het een keer maalvleis gaargemaak, tamatiepasta. Na smaak, pietersielie, grasuie en wortels baie fyngerasper en dit in voedselverserker gemeng. Ek het die uitgeholde peppers gestop, dekseltjie teruggesit en kaas bo-oor gestrooi en in oond gebraai totdat kaas mooi gebak is…..as voorgereg gebruik….mooi op bordjie met garnering bedien

 




SONIA SE KAAS BRAAIBROODJIES

2015-11-23-soniasekaasbraaibroodjie
SONIA SE KAAS BRAAIBROODJIES

`n Pak winkel vetkoek deeg
2 x “patato bake” pakkies (ek koop verskillende geure en meng die twee saam )
250 ml room
250 ml melk
kaas

Vat die deeg en rol hulle balletjies uit pak so 2-3cm uitmekaar uit in n diep oond pan. Maak jou patato bake, room en melk aan en gooi oor die deeg balletjies, rasper kaas bo oor en bak teen so 150grade 15-20 min loer maar kort kort of hy gaar is .

Baie baie lekker! Die patato bake mix maak n lekker room sousie aan die onderkant~pancake.

Resep: Bonita Colyn
Geplaas deur: Sonia Knoetze




KOOS SE RYS IN DIE POT-ARM-MANSPOTJIE

2015-11-19-koosserysindiepottested
KOOS SE RYS IN DIE POT-ARM-MANSPOTJIE

Ek het uie gebraai tot glaserig en toe uit gehaal uit die pot uit.
Hoender stukkies in die pot gepak. Speserye gegooi en stadig laat kook geen water nie.
Toe die hoender so halfpad gaar is gooi ek die uie terug in die pot. Sit aartappel by en een beker rou rys.
Nog sout oor die aartappels en rys en laat kook vir so 30 minute.
Toe sny ek Baby Marrows by en los alles toe vir 30 minute.
Ek ket gewag tot die rys mooi gaar is en toe gooi ek bietjie Paprika oor net vir die kleur.
Bedien saam met Pampoen en Beet slaai.

Nota:  ek probeer glad nie water ingooi nie. Daar is baie vog in die hoender en ek kook stadig so op no 3 op my stoof plaat. Die rys val los tussen die aartappel en vleis en kook in die sous en maak glad nie klonte nie. As jy die rys ingooi en jy sien daar is te min sous kan jy net bietjie water bygooi sodat als noe onder brand nie maar ek moet se ek hou van klein bitjie aanbrand onder in die pot dis die lekkerste. Kook net heeltyd stadig. Dit vat n maklike 2,5 tot 3 ure

Resep:  Koos van der Merwe

Charmaine Grove ons noem die rys vleis en aartappel pot sommer “arm-mans potjie” smile emoticon




JO ANNE SE HASH BROWNS

2015-11-18-joannesehashbrownstested
JO ANNE SE HASH BROWNS
4 half gaar aartappels
1 eier, geklits
2 eetlepelspoeiermelk
⅓ koppie meel
1 eetlepel sout
1 eetlepel suiker
⅛ eetlepel peper
1 eetlepel sagte botter

Sny aartappels in klein stukkies.
Meng alles saam en druk aartappels bietjie plat.
Skep tussen 2 velle kospapier en rol liggies tot so 1 cm.
Vries dit. Sny in blokkies en braai in warm olie.

BRON/FOTO: Jo-Anne Smit




STAMPMIELIE GEREG MET SPEK

2015-11-15-stampmieliegeregtested

STAMPMIELIE GEREG MET SPEK
Gaar stamp so 2 koppie of meer
1 koppie mayonnaise
1 koppie room
1 pakkie bruinuie sop poeier
1 pakkie gebraaide spek
1 pakkie gebraaide mushrooms
1 ui gebraai
1 koppie kaas

Meng alles met stampmielies en bak 180 C vir 30 min!!
HEERLIK HEERLIK!
BRON: Fiona Viljoen
FOTO: Benhet Nieuwenhuis




LEKKER PAMPOENTERT

pampoentert marlene2tested

LEKKER PAMPOENTERT
4 x 250 ml gaar pampoen
2 x 250 ml koekmeel – gesif
20 ml bakpoeier
4 ml sout
3 geklitste eiers

Ek het my pampoen gekook soos ek dit kook vir soetpampoen. Net bietjie minder suiker ingegooi omdat ek die sousie bo-oor sit. Maak pampoen fyn. Sif meel, bakpoeier en sout by. Meng. Voeg geklitste eier by en meng goed deur. Skep in oondbak. Bak by 180°C vir so 45 min.
Stroop:
30 ml margarien
375 ml suiker
250 ml melk
20 ml Maizena
180 ml kouewater
Kook margarien, suker melk saam in kastrol. Meng die Maizena met die water en roer stadig by die mengsel in kastrol wat kook. Laat kook so vir ‘n paar minute. Ek voeg bietjie karamel essense ook by. Sny warm tert in blokkies en skep dadelik die warm stroop oor die warm tert. Maak tert langs die kante los sodat stroop kan intrek. Jy kan resep halveer as jy wil.

Resep en foto: Marlene Mouton Carstens




MIELIEBROODJIE MET KAAS

2015-11-07-mieliebroodjiemetkaastested
MIELIEBROODJIE MET KAAS
Resep en foto:  Neels Lombard
FOOD LOVERS RECIPES
500 g bruismeel
1 blik heel pit mielies
3 teelepels bakpoeier
2 eetlepels asyn
200 ml kaas
5 ml sout
500 ml melk

Meng alles saam, sit in brood pan.
Bak teen 180°C vir 1 uur.




LEKKERSTE MIELIETERT MET BACON

2015-11-06-lekkerstemielietertmetbacontested

LEKKERSTE MIELIETERT MET BACON
SOURCE: Amke Fourie
PHOTO: Janka Nagel
FOOD LOVERS RECIPES
2 blikkies creamy sweetcorn
60 ml suiker
60 ml gesmelte botter
4 eiers
15 ml bakpoeier
1 pakkie spek, gaar
60 ml koekmeelblom

Meng alles saam en bak vir 40 min teen 180°C en geniet!




PANNETJIES BRAAI

PANNETJIEBRAAI2PANNETJIE BRAAI 3tested

PANNETJIES BRAAI
Ons doen dit gereeld en dis verskriklik lekker! Ons deel die ete op in voorgereg, dan hoofgereg en nagereg is plaatkoekies met souse en roomys, so elkeen bak ook sy eie poeding. Hier is my lysie wat ons gebruik. Ons verwerk als appart in die voedselverwerker, dit moet redelik klein of fyn verwerk wees) en pak vir elke paartjie sy eie bord bestandele, anders is dit heeltyd rek en aangee! Souse na smaak!
Voorgereg:
Gebraaide Halome Kaas
Uie
Knoffel
Botter
Klein steurgarnale (shrimp) Room ________
Daarna:

Eiers
Maalvleis
Hoenderblokkies
Varkblokkies gemeng met spek

Gaar aartappelblokkies
Gaar rys

Gerasperde wortels
Gerasperde kool
Julian babymarrows
Uie fyn gekap
Skywe sampioene
Red peppers
Gekapte grasuie
Vars kruie
Chillie
Verskeie Speserye
Sout & Peper
Blatjang, sweet chillie sous, soya sous, worchestersous, ander souse
Vars room

Cheddar kaas
Motzarella kaas
Olie
________________________________________
Poeding:
Plaatkoekies (deeg in melkbekers)
Roomys
Stroop
Sjokoladesous

 

Eunanza Farrell
LEA’S PANCAKES (plaatkoekies)
BESTANDELE
Lewer 9 Lerwer 18
375 750 ml Koekmeelblom
40 80 ml Suiker
15 30 ml Bakpoeier
2 5 ml Sout
1 2 Eiers
375 750 ml Melk
40 80 ml Olie
METODE
Klits eiers, melk en olie saam
Voeg droë bestanddele by en klits net totdat deurgemeng
Bak in bietjie olie tot ligbruin (soos plaatkoekies)
Klein pannetjie kan gebruik word, om groot ronde plaatkoekies te maak

Eunanza Farrell




DEVILS FORK MUSHROOMS

2015-11-01-devilsforkmushrooms
DEVILS FORK MUSHROOMS
3 pakkies sampioene
750 ml olie (olyf olie as jy het)
30 ml Aromat
120 ml Worcestersous
60 ml gekapte knoffel

Marineer sampioene in sous vir 4 ure (deur nag beter)
Braai op warm kole op ‘n vurk of stokkies, en bedien as voorgereg of versnappering.
Resep en foto: Cecil Dunhin