GROENTE OP DIE VUUR SAAM MET BRAAI

groente in foil op vuurtested

GROENTE OP DIE VUUR SAAM MET BRAAI

Ek het gebruik:
Wortels, klein uie, spinasie, radyse, aartappels, greenpepper, knoffel en cocktail tamaties. Jy kan enige groente insit. Ekt voorheen baba beetjies en buttenut en patats ook al gebruik. Vars knoffelhuisies is die lekkerste. Dan kruie en sperserye van jou keuse. Met mildelike toediening van olyfolie. Maak dig toe in heavy duty foelie. Sommer 2 lae aangesien kole rondom en bietjie bo-op gesit word. Groente kan sodra daar kole is op die vuur gaan. Nie te warm. Amper soos wanneer broodjie in pot gemaak word. Hulle moet maar op kant kuier tot braaivleis gaar is. Dis regtig heerlik!

Bron en Foto:  Karin Klinck Pitout




AARTAPPEL SKOORSTENE

aartappel skoorstene waynetested
AARTAPPEL SKOORSTENE
Kook medium tot groot aartappels sag en laat dit afkoel tot jy daarmee kan werk.
Voorverhit jou oond solank tot 180°C.
Sny die aartappels aan die onderkant gelyk sodat hulle regop staan by hulself.
Sny die aartappels nou aan die bokant oop en hol dit uit, maar nie tot heel onder nie.
Sit repe spek rondom die aartappels en steek dit met ‘n halwe tandestokkie vas.
Pak die aartappels in ‘n gespuite bak.
Maak ‘n lekker droërige vulsel vir binnekant.

Ek het gebruik:
roomkaas
feta kaas
rooi, geel en groen peper in stukkies gesny
sampioene, in stukkies gesny
uie flokkies
knoffel flokkies
papadew spice
mayonnaise

Gooi ‘n teelepel barbeque sous (ek het Spur s’n gebruik) in elke aartappel.
Skep nou elke aartappel tot amper vol met vulsel.
Druk ‘n stewige stuk sterk kaas bo in (ek het sommer cheddar gebruik).
Skep ‘n teelepel parmasan kaas bo-op elke aartappel.
Smeer die spek om die aartappel met barbeque sous – dis ‘n morsige storie.
Bak die aartappels vir so 25 – 30 minute tot die spek gaar is, die kaas gesmelt is en die parmasan begin bruin word.
Bedien saam met ‘n groen slaai.

Foto en resep:  Wayne Dugmore




ELIZE SE SUIKERBROOD

suikerbroodtested

ELIZE SE SUIKERBROOD
Vriendin my idee gegee
Winkeldeeg
Donker bruin suiker
Margarien
300ml room
Rol deeg uit en smeer met botter en strooi suiker oor.
Smeer pan met olie en strooi nog suiker onder in pan.
Rol deeg op soos n rolkoek en plaas in pan met suiker.
Laat rys tot dubble in grootte.
Gooi eetlepel suiker by room en meng goed. Gooi oor deeg.
Bak deeg in voorverhitte oond van 180°C omtrent 30min of tot mooi bruin.

RESEP EN FOTO: Suenell Liebenberg




CECILIA SE YSTERVARKBROODJIE

ystervark broodtestedystervark brood 2

CECILIA SE YSTERVARKBROODJIE

Hierdie is ongelooflik lekker en sooooo maklik.

Neem een ciabata broodjie.
Sny sirkel in die middel.
Sny randjie af van hele sirkel camenbert.
Plaas camenbert in die middel van die broodjie.
Meng na smaak: basil pesto, olyf olie en knoffel.
Sny broodjie (vierkant patroon)
Smeer openinge met die basil mengsel.
Gooi klein bietjie olyf olie eweredig oor broodjie, asook sout.
Bak vir 25 min teen 180 grade celcius in oond.
Bron en Foto: Cecilia Richards




SUIKERMIELIE TERT

tested

SUIKERMIELIE TERT
60 ml meel (of meer afhangende van hoe loperig sweetcorn is)
15 ml bakpoeier
60 ml suiker
4 eiers
2 blikkies (410g elk) sweetcorn
60 ml margarien gesmelt

Voorhit oond tot 180°C.
Smeer ‘n oondvaste bak met margarien (26 cm x 22 cm).
Meng al die bestanddele goed saam.
Giet in die voorbereide bak en bak vir 1 uur of tot gaar.
Sny in blokke en bedien warm of koud saam met braaivleis.
Genoeg vir 8 mense.
Bron: Marlea Smith Reid




WARM KOOL EN RYS SLAAI

warm kool en rys slaaitested
WARM KOOL EN RYS SLAAI
1 koppie rou rys gekook soos jy daarvan hou, nie te pap gekook nie.
Los n pakkie hoendernoedelsop op in 1½ koppie water en bring tot kookpunt terwyl geroer word, prut vir 10min.
Braai 2 groot uie, op gekerf en 4 koppies fyn gekerfde kool in n ½ koppie margarien of botter tot net sag maar nog effe bros. Meng met sop en dan met gaar rys. Ek het bietjie sout oor die kool gestrooi terwyl ek gebraai het maar die resep vra nie vir sout nie. Die gereg is maar vaal en ek sal volg keer gerasperde wortel en greenpepper saam met die kool braai vir bietjie kleur, maar dit was heerlik al was ek bietjie skepties.

FOTO:  Marianne de Beer
BRON:  kortpadkos” van Anette Human




GROENBOONTJIE EN KOESKOES GROENTE GEBAK

boontjie_ntested

GROENBOONTJIE EN KOESKOES GROENTE GEBAK
125 ml koeskoes
250 ml beesvleis aftrekstel
2 knoffel huisies, fyn gedruk
500 g groenboontjies
250 g sampioene
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 groot ui, gekap
4 skywe fetakaas, in blokkies gesny
3 eiers
5 ml gedroogde pietersielie
2,5 ml gedroogde gemengde kruie
sout en swart gemaalde peper na smaak

Plaas koeskoes in ‘n bak, giet die beesvleis aftreksel oor en laat staan vir 10 min.
Verhit olie in ‘n pan en sorteer die uie en knoffel tot sag, voeg die boontjies by en roerbraai tot sag maar steeds ferm. Voeg die groen- en rooirissie by en roerbraai tot sag. Laastens gooi die sampioene by en roerbraai. Voeg die kruie, sout en swartpeper by.
Meng die koeskoes met die groente mengsel. Gooi die fetakaas by en meng.
Klits die eiers saam en meng met die groente mengsel.
Bak vir 20 min by 180˚C. Bedien saam met avo sasla.

Avo Salsa:
2 Avo’s, in blokkies gesny
80 ml matige salsa
30 ml sterk blatjang
100 ml gewone jogurt
Meng bogenoemde bestanddele alles saam.
Resep en foto: Elna Erasmus




GESONDE WEERGAWE VAN ‘N AARTAPPELGEREG

Gesonde weergawe van n aartappelgeregtested
GESONDE WEERGAWE VAN ‘N AARTAPPELGEREG
6 Meduim aartappels in skywe gesny.
1 groot ui.
1 pakkie vars spinasie gewas en ontstam.
Sny in repe en laat le hul 15 min bedek met kookwater. Dreineer.
Sit een lagie aartappelskywe onder in bak en sprinkel 1 pak bruin uiesop poeier bo oor. Sny die ui in skywe en pak bo op en dan die spinasie.
Gooi nog n bietjie growwe peper op.
Boonste lagie kry weer aartapelskyfies en laaste 3 koppies room.
Bedek en bak in oond by 200grade vir uur en half.
Bak van bo die laaste 10 min.

BRON: Yvonne Steyn




MAUREEN SE AARTAPPELGEREG

maureen se aartappelgeregtested

MAUREEN SE AARTAPPELGEREG
Ons begin met 4 lekker groot aartappels, kook hulle tot net sag in n pot met sout water
Dan sny ons al die kleure green peppers, met ui en bacon lekker fyn en braai in pannetjie tot net net gaar
Dan vat ons vars room so 750ml met n knippie sout, 4tl mazina of koekmeel, n knypie peper en mixed herbs
Dan sny ons die aartappels in kwarte en pak rond en bont in n gesmeerde oondvaste bak (oond moet voorverhit wees op 180 grade C) dan skep ons die uie, greenpepper en bacon mix oor die aartappeltjies gooi die room mengsel oor en bak vir so 10minute op 180 grade C tot gestol dan vat ons lekker gerasperde kaas en strooi mildelik (nie vir die wat gewig dophou nie ne) oor die baksel, dan sit ons die oond op grill en bak tot kaas gesmelt os en lekker bruin is bo! Heerlik!!

FOTO EN RESEP:  Maureen Murphy




SUEMERIA’S POTATO BAKE

tested
SUEMERIA’S POTATO BAKE
Brown some onion, green pepper, yellow pepper, red pepper set aside.
Cook some bacon bits till almost done, add one can of corn kernels or frozen corn.
Cook till bacon is done.
Add the onion mix. In a glass bowl spread a layer of cooked potatoes add some of the mixture and spread evenly and coat with lots of mozzarella and cheddar cheese and sprinkle a thick layer of finely grated biltong.
Add another layer of potatoes and layer till the ingredients are done.
Add as much layers as you want.
Mix your packet of potato bake with 250ml cream and 250-300 ml milk and add a pinch of maizena to thicken the sauce extra and it makes it more creamy.
Add your potato bake mix to the potatoes, add some cheese on top and bake….
You can add more ingredients like mushrooms

Recipe: Suemeria Nel