MARIKA SE JALAPENO POPPERS

jalepano popperstested

MARIKA SE JALAPENO POPPERS

Hier is my weer gawe van Jalapeno poppers.
Ek het Jalapeno’s gevat en die putte uit gehaal, maar nie alles nie. (Ons hou van die brand so ek los van die putte in). Ek meng dan enige geur Maaskaas met gerasperde kaas, sout en peper na smaak. Ek vul dan die Jalapeno’s met die mengsel en draai dit toe met rou spek en maak die spek vas met tande stokkies. Dan gaan dit braai toe. Ons braai dit gewoonlik totdat die spek ‘n lekker bruin kleur het. En dit is dit.
Bron en Foto: Marika Tegmann




CHEESE PULL-APART BREAD

pull apart breadtested

CHEESE PULL-APART BREAD

INGREDIENTS

1 loaf whole wheat bread
500 grams low moisture mozzarella, cut into about twenty slices
200 grams grated cheddar
Salt and pepper, to taste
A handful chopped parsley
3 tablespoons melted butter
2 teaspoon garlic
1 packet cooked bacon bits

PREPARATION

1. Preheat oven to 400˚F/200˚C.
2. Cut the bread diagonally to form diamond shapes, making sure not to cut all the way down to the base of the bread.
3. Place the slices of mozzarella between cuts and cooked bacon.
4. Cover with grated cheddar.
5. Sprinkle parsley and melted garlic butter.
6. Add salt and pepper.
7. Bake for 15-20 minutes or until all the cheese is melted and the bread is lightly toasted..
8. Enjoy!
Source and Photo: Marika Tegmann




AARTAPPEL-EN-SPEKGEBAK MET IDEAL MELK

aartappel_ntested
AARTAPPEL-EN-SPEKGEBAK MET IDEAL MELK
8 eiers
5 medium groot aartappels
1 pak gesnipperde bacon/ of ham kan gebruik word
1 medium ui
2 koppies gerasperde kaas
1 blik ideal melk 380ml
Halwe blikkie melk…gebruik idealmelk se blik
Bietjie sout soos jy daarvan hou
Mushrooms en kool opsioneel

Kook artappels tot half sag.
Sny in skywe en braai bruin in olie
Meng eiers, ideal melk, melk in aparte houer. Ons het sommer sout en spesserye by mengsel gegooi.
Braai uie, bacon en mushrooms in pan.
Pak lae in oondvaste bak. Eers aartappel, dan bacon mengsel en dan kaas. Herhaal tot alles in bak is. Gooi die eier en melk mengsel bo oor. Gooi res vd kaas bo oor. Bak vir plus minus 45 tot 50 min by 180 grade… tot eiermengsel gestol is.

Ek het koolblare ook ingesit. Baie heerlik. Geniet dit!

Bron: Elsa du plessis
Foto: Madeleine Pitout




SPEK EN RISSIE MIELIEBROOD OP DIE KOLE

POTBROOD MET SPEK gIDEONtested

SPEK EN RISSIE MIELIEBROOD OP DIE KOLE
Foto:  Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
200 g spek
15 ml olie
500 g bruismeel
5 ml sout
2 ml bakpoeier
1 x 410g blik pitmielies gedreineer
10 g koljanderblare gekap of 15ml gemengde gedroogde kruie
2 brandrissies fyn gekap ek het n teelepel chillie flakes gebruik
250 ml gerasperde chedder kaas
500 ml karring melk
2 eiers

Sny die helfte van die spek in blokkies en hou die res eenkant.
Braai die spekblokkies in die olie tot bros en hou eenkant.
Sif die meel , bakpoeier en sout saam in groterige mengbak.
Meng die pit mielies , koljander , brandrissie ( chillie flakes ) , kaas , en gebraaaide spek deur die meelmengsel.
Klits die karringmelk en eiers goed saam voeg by die meelmengsel en meng goed.
Skep die mengsel in n swartpot wat uitgevoer is met bak papier en gespuit is met spray en cook.
Pak die oorblywende spekrepies op die mengsel en bak vir 60 min op matige kole met kole bo op die deksel van die pot.
Bedien saam met gesnyde avo skywe.

 




FILLET MET WHISKEY SOUS

filet_ntested

FILLET MET WHISKEY SOUS
Fillet met whiskey sous – saam aartappel en patatkaasgereg
Fillet:
3 aartappels
1 patat
1 pakkie wit uiesoppoeier
½ koppie melk
gerasperde kaas
Marinade:
½ koppie whiskey
½ koppie bruin suiker
½ koppie worcestersous
¼ koppie olie
3 eetlepels mosterd poeier
Meng al die marinade bestandele en marineer vleis oornag.
Braai tot gaar soos verkies.
Pak die aartappel en patat skywe in lae, sprinkel droë soppoeier oor. Giet melk oor. Bak vir 25 min teen 190°C. Haal uit en sprinkel kaas oor. Bak verder tot kaas bruin is.
Resep en foto: Cecil Dunhin




MIELIEPAP IN DIE OOND MET CHAKALAKA

pap in die oond marthatested

MIELIEPAP IN DIE OOND MET CHAKALAKA
750 gr growwe mieliemeel
250 ml melk
500 ml water
¼ koppie olie
2 blikke sweetcorn
Ui en sampioene gebraai
Blikkie chakalaka of tamatie en uie sous.
Kaas
Sout en peper na smaak
Meng die mieliemeel, water, melk, sweetcorn gebraaide uie en sampioene saam en skep in oondpan, skep dan die tamatie en uie bo oor en rasper kaas oor.
Bak in die oond tot gaar.
Bron: Vertaal en aangepas deur Sharmane Engelbrecht
Foto: Martha Coetzee
Ek probeer die resep as bykos vir later se braai. Ek’t net kaas bo oor gestrooi en droë pietersielie. Ek’t Boerie Relish gebruik ipv tamatie en uie smoor.




EMMA SE SJOKOLADE ROTI OP DIE KOLE

emma se sjokolade roti op die koletested

EMMA SE SJOKOLADE ROTI OP DIE KOLE
‘n Heerlike soet bederf na ‘n braai.
1 Roti, smeer sjokolade oor, byvoorbeeld squillos, ‘n fyn flake, klein marshmallows, piesang – rol op, sit in in braai sif op lou kole, draai gereeld om tot roti gaar is.
Bron en foto: Emma Beetge




GEBAKTE GROENTE GEREG SAAM MET BRAAIVLEIS

groentetested

GEBAKTE GROENTE GEREG SAAM MET BRAAIVLEIS
1 x 250 gram gevriesde gemengde groente met ‘n aartappel en bietjie sampioene klein opgesny, genoeg vir 3 mense en bietjie sag gekook
bacon, fyn opgesny en gebraai met uie
2 eiers
½ koppie melk
¼ koppie olie
sout en peper
1 pakkie sampioen soppoeier
sout en peper

Meng olie, soppoeier, eiers, melk, sout en peper alles saam, meng by die groente in bak wat met spray en cook gespuit is.
Rasper kaas bo-oor.
Bak in oond 180ºC en tot kaas gesmelt het.

Bron en 2de Foto: Marie Rheeder Troskie
Foto:  Noelene Theron Buys – Het vanaand vir vleislose aand hierdie gemaak. Heerlik uitgekom.




ELZA SE PUTU PAP MET MIELIES

pap_ntested

ELZA SE PUTU PAP MET MIELIES
Bestandele:
5 k kookwater met 7 ml sout
1 groot eetlepel botter
3 1/2k mieliemeel
1 blik suikermielies
Metode:
Kook water, sout en botter.
Roer meel by. Verminder hitte na nr 3, afhangende van jou stoofplaat se hitte. Dit moet stadig stoom.
Na ongeveer 1/2 uur roer die mielies by.
Roer af en toe en stoom gaar. Hoe langer, hoe meer geurig. Ek stoom dit nie minder as 1 1/2 uur nie.
Resep en foto: Elza Kemp




GEURIGE STAMPMIELIES OP DIE KOLE

tested

GEURIGE STAMPMIELIES OP DIE KOLE
300 ml – 1 ¼ koppies stampmielies
4 koppies water
1 ½ koppies melk
2 eetlepels kookolie
2 uie gekap
2 soetrissies gekap
250 gr spekvleis fyngekap
3 tamaties geskil en fyngekap
5 ml mosterdpoeier
3 ml rooipeper
5 ml sout
Vars gemaalde swart peper
3 eiers geklits
500 ml cheddarkaas gerasper

Week stampmielies oornag in water, bring tot kookpunt en prut vir 4 uur. Voeg nog water by gedurende gaarmaaktyd indien nodig.
Voeg melk by en prut 20 minute. Verhit olie en braai uie , soetrissie en spekvleis tot uie deurskynend is.
Voeg tamaties, mosterd, sout en peper by groentemengsel, meng en vou eiers in. Strooi gerasperde kaas bo-oor en laat potjie sowat 30 minute op koel kole totdat stampmielies gestol is.
8 tot 10 porsies
Bron: Lienie Struwig