ELIZE SE ZAMBIA BIERBROODJIE


ELIZE SE ZAMBIA BIERBROODJIE
3 ½ koppies bruismeel
1 teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
340 ml Mosi bier
125 gr spek
1 ui fyngekap
1 blikkie heelpit mielies, gedreineer
1 koppie gerasperde cheddar kaas
125 ml gemarineerde songedroogde tamaties (gesnipper)
Vars tiemie van stokkie af)
2 eetlepels olyfolie
Braai gesnipperde spek in olyfolie tot gaar. Haal uit pan.
Braai uie in spek vet in dieselfde pan tot gekaramaliseerd.
Meng al die droë bestanddele in ‘n groot meng bak.
Meng droë bestanddele met bier.
Voeg kaas, spek, heelpit mielies, tamatie, tiemie en uie by, meng goed.
Skep in voorbereide broodpannetjie.
Bak in voorverhitte oond (180ºC) vir 45 minute tot gaar.
GENIET
Resep en foto: Elize de Kock




FEES PAPTERT

FEES PAPTERT
Resep geplaas deur Lucinda Van Vuuren
FOOD LOVERS RECIPES
3 koppies mieliemeel
6 koppies water
1½ teelepel sout
1 bottel biltong smeerkaas
250 ml room
1 blikkie geroomde sampioene
250 g ontbytspek
2 uie
gerasperde kaas

Stel oond op 180°C, en spuit ‘n bakskottel.
Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.
Snipper en braai spek en uie.Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene.
Skep in lae in bakskottel: pap, dan spek mengsel. Herhaal lae.
Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is.
Bedien saam met braaivleis.




KOHLRABI-CARROT-PANCAKES

KOHLRABI-CARROT-PANCAKES

Today I would like to share with you the recipe for “Kohlrabi-carrot pancakes”. We ate them with horseradish except my son who used caster sugar 🙂

Ingredients (20 pancakes)
dough
2 kohlrabies (broccoli stems or celeriac (especially in remoulades) or turnips or parsnips can be substituted for kohlrabi)
2 carrots
half an onion
2 cloves of garlic
a fistful of minced dill
2 eggs
5 tablespoons of flour
salt and pepper
oil for frying
additionally:
sausage
kale shoots
cherry tomatoes
horseradish

Dice the onion and garlic. Peel the kohlrabies and carrots, grate them, add salt and leave them in a bowl for an hour. Drain the mixture, then mix in the eggs, flour, onion, garlic and dill. Heat the oil in a pan, fry the pancakes on a low heat until golden. Cube the sausage and fry it in a dry pan. Serve the pancakes with horseradish, beansprouts, sausage and cherry tomatoes.

SOURCE: Katarzyna Posłuszny‎
https://www.home-madepatchwork.com/




FRIEDA SE SUIKERMIELIETERT

FRIEDA SE SUIKERMIELIETERT
3 eetlepels botter
3 eetlepels suiker
3 eiers
3 eetlepels bruismeel , hoogvol
knippie sout
1 ½ koppies melk
1 groot blik room suikermielies
Meng botter en suiker.
Klits die eiers by.
Skep bruismeel en sout by en meng.
Voeg die melk en die suikermielies by en meng deur.
Skep in gesmeerde skottel en bak tot goudbruin en gestol.
Ek kan nou nie onthou hoe lank in Halogene, ek weet ek het dit 25 min gebak by 170ºC en toe gedraai na 180ºC en nog ‘n rukkie gebak.
Bron en foto: Frieda Greyling




AARTAPPELVULKAAN

AARTAPPELVULKAAN
750g smash – aangemaak.
25g botter of margarien (30 ml)
50ml koekmeelblom
500 ml melk
2 eiers geskei
500ml gerasperde cheddar-kaas
5 ml sout
1ml mosterdpoeier
Knypie peper
Bietjie gerasperde kaas gemeng met broodkrummels
Smeer bakskottel en smeer smash op boom en teen kante.
Stel oond op 200 grade C. (400 F)
Maak witsous van botter, meel en melk. Klits eiergele en roer by witsous in. Haal van plaat af en roer kaas, sout, mosterd en peper by. Klits eierwit styf en vou liggies in witsous in. Gooi op aartappels in bakskottel. Strooi kaaskrummels bo-oor en bak 25-20 min. Dien dadelik op.

Ek het by 180 grade gebak en kaas oorgestrooi nadat ek dit uit die oond gehaal het.
Resep geplaas deur Hettie Theunissen
Foto: Hettie Theunissen




POTATO BAKE BROODJIE

POTATO BAKE BROODJIE
125 ml melk
2 eetlepels margarien, gesmelt
4 koppies koekmeel
1 teelepel sout
1 pakkie gis

Sif meel, sit sout en gis by. Meng melk en margerien by. Gooi ongeveer 300 ml lou warm water by en knie die deeg. Laat rys vir 30 min, knie deeg af. (ek sit hier my vulsel in) laat rys vir nog 30 min en dan bak vir 30 min teen 180°C.
Het brood deeg uitgerol en gevul met gebraaide uie, knoffel en Viennas en sommer kaas en feta ook op gesit. Toe rol ek die deeg soos ‘n rolkoek op en sny in wiele. Dit weer laat rys. Net voor baktyd ‘n pakkie potato bake gemeng volgens pakkie instruksies en oor gegooi. 180°C vir 30 min.

Bron en Foto: Nicolene Adams




POTBROOD BOLLETJIES

POTBROOD BOLLETJIES
1 pak deeg
1 houer room
Pakkie kaas sous
1 pak bacon bits gebraai

Meng room kaassous en bacon saam in bak.  Gooi in braaipan en maak klein bolletjies deeg aan en rangskik in pot. Sprinkle bietjie kaas en knoffel bo-op en bak in oond op 180ºC vir so 40 min. of tot gaar.
Foto:  Ingrid Mouton




BACON WRAPPED SWEET CORN

BACON WRAPPED SWEET CORN

Right lets talk side dishes, in this case the sweet corn bacon wrap! Ladies pay attention this is a crowd pleaser!

What you need:
1. 2 packs of streaky bacon
2. A few jalapeno chillies
3. Some basil
4. Some flat leaf parseley
5. Salt
6. Pepper
7. 4 sweet corns
8. Olive oil
9. Grated chedder cheese

Method:
1. Finely cut the chillies and de seed them aswell
2. Lay the bacon out next to each other depending use the sweetcorns to determine how many next to each other.
3. Brush bacon with olive oil
4. Chop basil and flat leaf parseley finely
5. Sprinkel salt and pepper over bacon then add the chillie, parseley, basil and cheese
6. Now take the sweetcorn and from one end roll the bacon around it, a key note is that you must overlap your bacon and you can add more to secure it really niceley
7. Place on grill and turn occasionally, note to try and roll it instead of picking it up each time with the tong as this will destroy the bacon wrapping.
8. Braai until browned and serve.

Foto en resep:  Marilyn Gombert




STUFFED JALAPENO POPPERS

STUFFED JALAPENO POPPERS
Het chillies gehad en moes dit gebruik voor dit afgaan.
Ongelukkig het ek nie spesifieke resep nie, het maar hoeveelhede geskat.
12 Chillies halveer en ontpit
Creamcheese
Gouda fyn gerasper
Paprika
Dill
Onion powder
Sout & growwe swart peper
So 2 e botter
2 e knoffel
So 1/2 k Broodkrummels
Smelt botter en braai knoffel tot amper bruin.
Voeg brood krummels by en meng deur en haal van plaat af.
Meng al die ander bestandele deurmekaar en vul die chillies daarmee.
Druk die chillie met die kaas kant in die krummels.
Pak in ‘n pan en bak by 200°C vir so 8-10 min.
Heerlik 🙂

Bron: Frances Smith
Foto: Frances Smith




SAMPIOENAARTAPPEL-SKOTTEL MET SJERRIE


SAMPIOENAARTAPPEL-SKOTTEL MET SJERRIE
6 middelslag aartappels
200g sampioene gesny
1ui gekap
3 knoffelhuisies
50ml botter
4 respies spek gekap en gebraai
5ml sout
Varsgemaalde swartpeper
125ml vleisaftreksel
250ml room (ekt net 125ml gebruik)
3ml paprika
5ml droe gemengde kruie
50ml sjerrie
Verhit oond tot 180c
Kook aartappels tot halfgaar laat afkoel en trek skille af (ekt die skil aangelos)sny gelyk aan een lang kant en hol uit. Kap uit geskepte aartappels fyn.
Braai sampioene,ui, knoffelhuisies in botter en voeg spek en fyn aartappels by.
Vul uitgeholde aartappels, rangskik in skottel en skep res van die vulsel Bo oor.
Meng sout, peper, vleisaftreksel, room, paprika, kruie en sjerrie. Verdik sous met 10ml maizina indien nodig.
Giet oor aartappels
Bedek en bak 45 min
Sit warm voor
Was baie baie lekker !!

FOTO: Benhet Nieuwenhuis