ZEE SE KAASWORSIE EN SAMPIOEN BROODJIE

ZEE SE KAASWORSIE EN SAMPIOEN BROODJIE
1 pak gekoopte deeg
4 gesnyde kaasworsies
2 eetlepels knoffelpoeier
2 eetlepels sampioen souspoeier
gerasperde kaas
knoffelbotter (meng en smelt gekapte knoffel en botter saam)

Meng alles buiten die kaas en knoffelbotter goed deur jou deeg, plaas in gesmeerde broodpan en laat rys broodjie in pan.
Bak so 25 min  by 180 ºC,  smeer dan knoffelbotter oor broodjie en strooi kaas oor.  Bak nog 10 min dat kaas smelt,  haal uit smeer weer met gesmelte knoffelbotter. Laat afkoel en bedien.

Resep en foto: Zee Grobbelaar




ZEE SE KONKEL ROOSTERKOEKE

ZEE SE KONKEL ROOSTERKOEKE
Jy kan jou eie roosterkoeke maak of hulle klaar koop en dan net die vulsel opsit en braai.
Roosterkoek:
250 g witbroodmeel
250 g koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g-kitssuurdeeg
15 ml suiker
315 ml warm water

Meng die witbroodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg in ‘n elektriese menger met ‘n deeghaak. Meng die suiker en warm water saam en voeg by die meel. Meng goed. Jy kan die mengsel ook met ‘n houtlepel aanmaak en dit op ‘n meelbestrooide oppervlak met jou hande knie tot elasties. Dit neem so 10 minute. Sit die deeg in ‘n groot genoeg bak vir dubbel die grootte daarvan. Maak die bak met kleefplastiek toe en laat rys tot byna dubbel die grootte op ‘n louwarm plek. As dit die dag nogal koud is, sit ek my lou-oond op laag en laat die deeg daarin rys. Knie die deeg af en vorm jou roosterkoeke – tradisioneel ‘n ovaalvorm. Besprinkel die roosterkoeke met ekstra meel en sit hulle op ‘n bakplaat om weer te rys. Hulle moet weer tot so dubbel die grootte rys. Braai stadig oor matige kole en draai nou en dan om. Dit sal so 20 – 30 minute neem. Onthou, die deeg moet gaar word.
Vulsel:
8 roosterkoeke
2 gekapte tamaties
1 groot gekapte ui
genoeg gerasperde kaas
Meng die volgende saam:
1 koppie mayonaise
2 eetlepel blatjang
2 eetlepel Dhyana en rissiesous
Genoeg gerasperde kaas
Meng nou alles met die tamatie en ui.
Sny koeke net aan een kant oop, stop met die vulsel en braai oor kole tot lekker warm deur. Ek was sommer lus vir iets anders toe kom dit heel lekker uit!

Resep en foto: Zee Grobbelaar




FRESH CORN PARCELS


FRESH CORN PARCELS
Good afternoon Food Lovers
This is my quickest version of my Grandmother fresh mealie bread
She used to grind the mealies on a stone and cooked the bread in a three legged black pot on an open fire
Those are my beautiful memories
4 fresh mealies cut off the cob ( reserve the husks for later use)
1 cup cake flour
15 ml baking powder
5 ml salt
5 ml sugar
125 ml milk
4 strings
Using a food processor lightly crush the mealies.
Mix with the rest of the ingredients and stir to combine.
For each parcel use 4 husks.
Lay the husks to make a blanket for each parcel and make sure that the husks overlap.
Spoon 2 tablespoons on each blanket.
Wrap and tie with a string.
Steam over boilng water for 20-25 minutes or until cooked.
Serve hot or cold with tomato and onion African relish ( Bisto).
Enjoy.
Source and photo: Siphokazi Mdlankomo




GIDEON SE LEKKER SOUS VIR VARKSTEAK

GIDEON SE LEKKER SOUS VIR VARKSTEAK
2 eetlepels botter
1 eetlepel knoffel
60 ml dijon mostert
60 ml witwyn
1 eetlepel heuning
1 koppie room
1 teelepel droë tiemie

Meng alle bestanddele en verhit tot effens dik en bedien saam met varksteak

Crisptjips
Sny aartappels in  5mm dik skywe met die slicer en bak in olie tot goudbruin
Heerlik saam met die mosterdsous as jy dit daarin dip

Slaai
Gesnyde rooi en witkool in gelyke dele
2 gerasperde wortels
1/2 gekerfde rooi ui
1 koppie mayonnaise
2 eetlepels heuning
Bietjie chillie flakes en swartpeper na smaak

Meng die mayonnaise en heuning en meng met ander bestanddele en siedaar.
Bron en Foto: Gideon Louw




BILTONG EN FETA POTBROOD

BILTONG EN FETA POTBROOD
4 koppies koekmeel
1 eetlepel suiker
1 teelepel sout
1 ring feta kaas
2-3 eetlepels biltong saagsels
Een pakkie gis
+/- 500 louwarm water
Meng bogenoemde goed
Smeer jou swart pot goed en plaas die deeg daarin, laat rys tot vol.
Plaas op die kole, paar kole onder die pot en paar bo op die deksel, nie te warm nie maar warm genoeg. Bak vir ongeveer 1 uur, of tot brood hol klink as jy daarop klop.

FOTO EN RESEP:  Anne-Marie Matthee




BRAAI PIE VANAF ABU DHABI

BRAAI PIE VANAF ABU DHABI

1 rol Puff pastry
3 verskillende kaas soorte
Spinasie blare
Spek
Uie
Sampioene
Knoffel
Eier om bo op te smeer
Speserye van jou keuse

Ons is net 3 mense so het een rol puff pastry in die helfte gesny. Spuit ‘n rooster met “no stick spray”.
Braai spek, uie, sampioene en knoffel saam. Maak seker dit braai droog. Gooi speserye van jou keuse by. Laat afkoel.
Sit pastry op gesmeerde rooster en begin jou lae pak. Eerste spinasie dan kaas gevolg met spekmengsel. Strooi weer jou kaas mengsel oor. Laaste nog ‘n laag spinasie. Plaas die ander gedeelte van die pastry bo-op. Knyp kante toe en smeer die hele pastei met eiermengsel bo-op spinasie ook. Pak nog ‘n laag spinasie bo-op vir afronding, smeer ook eier
Braai oor stadige kole tot pastei gaar is. Laat rus vir 10 min en geniet.
Foto enh resep:  Malinda Kieser Geldenhuys




ALET SE ROOMKOOL GEREG

ALET SE ROOMKOOL GEREG

1 koolkop
250ml room en
1 koppie melk
1 koppie gerasperde broodkrummels
1.5 koppie kaas enige kaas van jou keuse
1 pakkie Wit uie sop.
1 Ui opgesny.
Sout of en peper na smaak.
Kerf koolkop op in redelike klein stukkies en die ui. Kook dit saam tot sag. Dreineer. Gooi in n ronde bak om te meng. Vat jou room, melk en wit uie sop en meng saam. Gooi jou broodkrummels intussin oor die kool, meng dan die room, melk en uie mengsel in.
Gooi in pan strooi kaas oor en n klontjie botter as u wil.
Bak dan eers onder so ongeveer 15 min BY 180 grqade C en dan bo tot goud bruin. (grill)
As daar geen vleis bedien word saam met die gereg nie, kan jy gemengde koue vleis se afval stukkies koop gewoonlik by checkers se deli. Jul kan dit insit as jy dit so verkies dan is dit basies een ete op sy eie of n vleisie aan die kant enige van jou keuse.
genoeg vir 4 tot 6 mense.
Jy kan dit verdubbel ook soos ons het.
Resep en foto:  Alet Van Wyk Weitsz




RINIE SE PAMPOENTERT

RINIE SE PAMPOENTERT
Resep en foto:  Gideon Louw
2de foto:  patattert
FOOD LOVERS RECIPES
Vroulief het gistraant die pampoentert gemaak saam met ons slaaibraai (hoender)
2 koppies gaar pampoen, gedreineer
¾ koppie suiker
2 eetlepel gesmelte botter
2 eetlepel meel hoogvol
2 teelepel bakpoeier
2 eiers wit en geel, geskei
1 koppie melk (heel laaste )

Meng suiker en botter en voeg die eiergele by.
Sif die meel, sout en bakpoeier saam en meng by die mengsel in.
Voeg die gaar pampoen by en meng deur.
Klits die eierwitte styf en vou in by die mengsel.
Sit laaste die melk by en meng.
Skep in voorbereide oondbak.
Besprinkel met kaneel en suiker voor bak.
Bak in matige oond op 180°C tot gestol en effens bruin.

 




PLAT KAAS-EN-SPEKBROODJIE

PLAT KAAS-EN-SPEKBROODJIE
1 k bruismel
knippie sout
10ml botter
200m ml gerasperde kaas
8 repe spek, gebraai en fyn gesny
150 ml melk
15 ml tamatiesous
15 ml worcestersous
Smeer n baplaat, ek vind die losboom van n koekpannetjie werk 100 persent vir Halogene
Sif meel, sout en bakpoeier
Vryf die botter in
Voeg die kaas en spek by en roer liggies
Meng die melk, tamaiesous en worcestersous saam en voeg by droe bestanddele
Meng liggies
Skep op bakplaat en vorm sirkel
Bak 25-30 min by 180 grade
Bedien met botter en kaas, heerlik saam met braaivleis

FOTO:  Frieda Greyling




LEANDRI SE MURGPAMPOENTJIE GEREG

LEANDRI SE MURGPAMPOENTJIE GEREG
2 pakkies murgpampoentjies, gesny
1 pakkie sampioene, gesny
3 medium tamaties, geskil en in blokkies gesny
1 ui, fyn gesny
fyngedrukte knoffel, na smaak
2 teelepels Worcestersous
2 teelepels Bisto
1 teelepel Maizena

Plaas al die groente in ‘n pot met bietjie water en kook tot sag (kook jou groente soos jy daarvan hou ek kook dit nie pap nie)
Voeg ook die knoffel en Worcestersous by.
Wanneer die groente reg is en water weg gekook het, maak die Bisto en Maizena aan met ‘n koppie water.
Voeg dit nou by die groente en kook tot ‘n dik sousie. Jy kan nou sout en peper na smaak.
Hierdie is ‘n ‘tried and tested’ resep in ons huis en heerlik saam enige gereg, braaivleisie of as ‘n gereg op sy eie.
(Banting vriendelik as jy Maizena en Bisto uithaal)
Resep en Foto: Leandri van der Bank