TISH SE “SWEETCORN BAKE” IN DIE MIKROGOLF

TISH SE “SWEETCORN BAKE” IN DIE MIKROGOLF

Lekker en maklik.
1 blik creamstyle sweetcorn
1 eier
2 eetlepels suiker
1 fyn gekerfde ui
2 eetlepels maizena
bietjie olie
Meng alles goed saam en mikrogolf vir 4 min. Meng weer, rasper kaas bo-oor en mikrogolf vir ‘n verdere 4 min.
Resep:  Tish Bowers




ELSABE SE BROS UIE EN KAASBROODJIES

ELSABE SE BROS UIE EN KAASBROODJIES
Sit 8 snye volgraan bruin brood op ‘n bakplaat.
Maak so 3/4k botter sag en meng goed met 1/3 pakkie uiesoppoeier.
Rasper ongeveer ‘n koppie cheddar kaas grof en meng by die botter in.
Smeer oor die 8 snye brood en sny brood soos verlang.
Bak by 180C vir ongeveer 20min of tot die broodjies heeltemal uitgedroog is.
Laat afkoel en bedien by sop of bredie of as verversing saam met drankies.
Maak genoeg die mense gaan vra vir nog 🙂
Bron en foto: Elsabe Templeton




LORAINE SE LEKKER PAPTERT

LORAINE SE LEKKER PAPTERT
Resep as volg : Pap gemaak bietjie stywer as kapokaartappels gekook tot gaar, toe blikkie room mielies ingeroer en nog so rukkie laat kook. Tamatie en uie sous gemaak met sout en bietjie suiker om die suur van die tamatie se breek. Bacon lekker bros gebraai. Laag pap in glasbak geskep toe tamatie en uie oorgegooi, bacon oor gestrooi, weer laag pap oor geskep. 250ml room oorgegooi. Lekker baie kaas oor gestrooi en in oond gebak tot goudbruin. Kan ook mushrooms en greenpeppers saam die tamatie en uie braai en bietjie knoffel insit vir variasie.
Bron en Foto: Loraine Peyper Viljoen




EDNA SE PAP BALLETJIE GEREG

EDNA SE PAP BALLETJIE GEREG

Maak pap gaar.. genoeg vir jou aantal gaste. (nie styf nie jy moet dit so in balle met 2 lepels in n bak kan Skep.
Skep dit dan in ‘n bak, ek het so nege handpalm grote balle gekry.
Dan maak jy jou eie sous… ek het sommer braai relish, bruin uiesop, bietjie braaispices, bietjie chutney en tamatiesous. Kook die sous lekker deur. Dan gooi jy die sous so tussen die papballe.
Braai uiering en mushrooms…  in botter en knoffel… nie te pap nie… en gooi bo oor die papballe.
Dan rasper jy lekker baie kaas bo oor… sit in die oond by 180 grade C tot lekker warm en tot die kaas so wil wil crispy word.
Haal uit en sny peppedews  bo oor… dit is die verassingkies so tussen die happe… die papdis ruik fantamagories… ala Edna…. Volgende keer gaan ek room ook oor die pap gooi ekt net nie gehad nie…. as dit proe soos dit ruik…. dans dit n wenner…

FOTO EN RESEP:  Edna Liebenberg Willemse




RONEL SE KAAS EN SPEK BRAAIROLLETJIES


RONEL SE KAAS EN SPEK BRAAIROLLETJIES
Bron en foto: Ronel Blignaut
Brooddeeg gekoop of maak jou eie. Ek het my eie brooddeeg resep gevat. Jy kan dit self aanpas na hoeveel rolletjies jy wil maak.
4 koppies koekmeel
¼ teelepel sout
bietjie suiker
½ pakkie kitsgis
louwater
botter

Meng die meel, sout, suiker en kitsgis saam.
Giet die louwater by en knie tot n stywe deeg.
Smeer lekker met botter
Laat rys tot dubbel hoeveelheid

Vleis vulsel:
Braai uie, knoffel, spek en groen soetrissie in ‘n pan met ‘n bietjie gemengde kruie. Jy kan insit wat jy wil.
Smelt botter so 250 g saam knoffel en hou eenkant.
2 koppies gerasperde kaas hou eenkant.
½ koppie room as jy verkies.

Brooddeeg
Smeer pannetjies met die gesmelte knoffel botter lekker dik.
As die deeg goed gerys het rol balletjies en dip in die knoffel botter nie te groot nie en pak in panne. Genoeg vir 2 panne ek het so 18 rolletjies uitgekry
Smeer nog bietjie gesmelte knoffel botter oor. Klink baie maar dit is nie.

Skep die gebraaide spek oor die rolletjies. Moenie die kaas oor sit nie, dit is vir laaste voor opdien. Laat weer rys tot dubbel.
Bak by 180ºC vir so 30 min. Sprinkel nou die kaas oor en sit terug in oond vir so 10 min. Of tot goudbruin.
Wat nog lekkerder is…. As jy room ook by die spek-kaas-uie -knoffel-groen soetrissie in sit.
Bedien warm.
Dit is ‘n sagte rolletjie. Geniet dit!




DIE LEKKERSTE GROENBOONTJIES ÓÓIT

DIE LEKKERSTE GROENBOONTJIES ÓÓIT
700 g groenboontjies sag gekook,  hou eenkant

Braai die volgende in bietjie botter tot lekker gaar en deurskynend.
1 groen soetrissie, fyn gekap
1 ui, fyn gekap
1 huisie knoffel, fyn gekap

Gooi by:
10 ml kerriepoeier (van jou keuse- ek gebruik 11/1 curry spice of roasted Masala as jy iets met ‘n byt soek)
10 ml borrie
*Braai so 1 min om geur vry te stel.

Dan gooi jy die volgende by:
200 ml bruin suiker
125 ml bruin asyn
250 ml All Gold tamatiesous
Kook saam so 5 min.
(as dit te loperig is voeg dan 10 ml Maizena/Cornflour gemeng met ‘n bietjie koue water by en kook stadig tot dik)
Gooi oor jou gaar groenboontjies of enige groente van jou keuse en kook net deur.
Resep en foto: Christiene Botha




ERIKA SE PAPTERT

ERIKA SE PAPTERT
olie
botter
1½ beker water
krummelpap meel (ek het whitestar gebruik in grys pakkie)
1 houertjie room
1 pakkie potato bake
Roast Vegetable pasta sous
1 klein blikkie chakalaka met mielies
kaas, gerasper
2 uie, opgesny
tiemie
Om pap te maak, kook die water in swaarboom kastrol. Sodra kook, draai plaat af tot op laagste. Gooi knypie sout in en twee koppies pap (krummelpap meel). Meng deur om krummels te vorm. Sit deksel op en roer elke 10 – 15 minute. Prut so vir ongeveer 50 min.
In ‘n pannetjie, gooi bietjie olie en botter en braai twee opgesnyde uie daarin tot bruinerig. Kan ook bietjie tiemie bygooi.
Plaas gaar krummelpap in ‘n oondvaste bak. Meng dan die gebraaide uie, chakalaka en pasta sous volgende by die krummelpap. Meng goed deur.
Maak nou die potato bake aan met die room en gooi dit bo-oor die krummelpap mengsel.
Laaste gooi gerasperde kaas oor na smaak.
Bak in oond by 180°C tot potato bake gestol het.
Resep en foto: Erika Foot




MARIAAN SE PAPBALLE


Lekker gebraaide steak, wildvleis worsies, papballe en uie, groenpeper en tamatiesmoor:
MARIAAN SE PAPBALLE 😊
Maak stywerige pap en laat afkoel.
Gooi olie in diep pot en verhit tot lekker warm.
Rol balle in skoon handpalms.
Wanneer die olie reg is, sit so 3 balle in pot en bak tot lig goudkleur.
Skep uit en bedien met sous soos verkies

Foto en resep:  Esme Scheepers Van Wyk




ZEE SE MIELIEGEREG


ZEE SE MIELIEGEREG
60 ml botter
60 ml koekmeel
60 ml suiker
4 eiers
15 ml bakpoeier
2 blikkies roommieilies

Klits die eiers, voeg dan al die ander bestanddele by en meng goed deur, moenie ‘n elektrisie klitser gebruik nie, meng net deur met ‘n houtlepel. Gooi in oondvaste oondbak en bak teen 180ºC vir plus minus ‘n uur tot effe bruin bo.
Hierdie is ‘n japtrap gereg en baie baie lekker!

RESEP EN FOTO:  Zorana Zee Vd Berg
Tweede foto: Marie Rheeder Troskie




MINESTRONE AND CHEESY ROSTI


MINESTRONE AND CHEESY ROSTI
2 tablespoons oil
1 packet streaky bacon chopped
2 cloves garlic crushed
1 onion chopped
2 sticks celery
2 small leeks cleaned and sliced
2 carrots peeled and chopped
1 large potato peeled and cubed
1 bay leaf
1 teaspoon Italian herbs
1 can tomatoes
1 tablespoon brown sugar
1 litre chicken stock
2 small baby marrow sliced
1 can butter beans drained and rinsed
Salt and pepper
Grated cheese
Parsley
Heat oil in a heavy based pot and fry the bacon
Add the onion, celery , leeks and fry for 2 minutes
Add the carrots, garlic and potatoes and cook for 5 minutes
Add the herbs, tomatoes, stock
Cook for for 15 minutes then add the baby marrow and the beans
Cook for further 5 minutes
Check for seasoning
Serve with rosti and garnished with parsley and grated cheese
Enjoy
Recipe and photo: Siphokazi Mdlankomo