LEATITIA SE BLOMKOOL TERT

LEATITIA SE BLOMKOOL TERT
3 x groot blomkole, gestoom (ek het dit nie gemash nie, maar naby aand die koppies afgesny)
1 wit ui, opgekap
1 rooi ui, opgekap
500 g  Bacon bits
1 pakkie sampioene, opgekap
1  rooi en geel vars paprika (peppers), opgekap
400 ml  room
1 Cheese Veggie Bake

Stoom blomkool.
Braai uie, bacon, sampioene,en paprika(peppers) saam in bietjie olyf olie.
Maak die veggie bake met room aan.
Ek bietjie growwe sout, smoke garlic en chillie bygegooi na smaak.
Meng alles en gooi in oondbak.
Bak vir 20 min op 180°C.
Gooi gerasperde kaas oor, laat staan ‘n rukkie en bedien.
Foto en resep: Leatitia Odendaal Van Dyk




BLATJANG AARTAPPELS

BLATJANG AARTAPPELS
6-8 middelslag aartappels
sout
250ml vrugte blatjang
250ml kook water
125ml mayonaise
1 pakkie dik wituiesoppoeier
Kook aartappels in skil net tot sag.
Verhit die oond tot 180 grade C.
Dreineer aartappels en halveer elkeen met skil en al oorlangs.
As jy baba aartappels gebruik, sny dit net in die helfte Plaas die halwes met die gesnyde kante na bo
in ‘n vlak oondvaste bak met ‘n inhoudsmaak van +- 2,5liter.
Meng die res van die bestanddele en skep dit oor die aartappels en bak vir ‘n halfuur lank. Bedien warm.
Foto:  Melissa Ann Vermeulen –  I cut my potatoes into 1/4’s. Will make them again. Especially with a braai.

 




SPUR SE UIERINGE


SPUR SE UIERINGE
4 uie, 5 mm dik gesny
500 ml bruismeel
5 ml sout
250 ml koue water
olie vir diepbraai
geursel van jou keuse
Bedek uieringe met yswater vir 2 ure in yskas. Meng bruismeel en sout en klits die koue water geleidelik by om gladde beslag te vorm. Dreineer uieringe en skud water af. Plaas koekmeel in sakkie en skud uieringe daarin. Verhit olie oor matige hitte. Doop uieringe een vir een in beslag en bak in olie tot bruin. Dreineer op papier handdoek en geur met sout.
Bron: Amanda Conradie




ELSABIE SE MIELIEPAPTERT MET SPINASIE

ELSABIE SE MIELIEPAPTERT MET SPINASIE
Maak 2 koppies mieliemeel aan in ‘n slap pap (+- 5-6k water).
Braai gekapte spinasie en uie en gooi ‘n blikkie tamatie & uie by en prut tot meeste vloeistof weggekook. Geur na smaak.
Braai 2 pakkies sampioene in olyfolie en botter tot dit begin verkleur en verwyder van hitte.
Rasper 2 koppies skerp Cheddar kaas.
Spuit of smeer ‘n groot oondvaste bak en skep die helfte van die pap onder in. Skep die spinasie mengsel oor die pap en volg met die res van die pap. Skep die sampioene bo-oor, strooi die kaas oor en bak vir 15min by 200C of tot die kaas mooi gesmelt het en die gereg deurwarm is.
Bron en foto: Elsabie Templeton




BEENMURG POTBROOD

BEENMURG POTBROOD
Potjiekos of braaivleis sonder potbrood is net nie dieselfde nie.
500 g bruismeel
1 pakkie beesstertsopoeier of bruin uiesoppoeier
1 ml sout
1 ml rissiepeper
125 g gerasperde Cheddarkaas
125 g beesbeenmurg, stukkies gesny, rou nie te klein nie
1 eetlepel fyn gekerfde knoffel
½ fyn gekerfde ui
1 teelepel suiker

Braai gekerfde ui met suiker tot goudbruin.
Meng al die bestanddele en skep in ’n gesmeerde platboompotjie of in ’n gesmeerde broodpannetjie.
Bak sowat 1 uur tussen die kole of 45 minute in ’n oond by 180°C.
Bron: Bekende Willem Arlow se resep
Resep geplaas deur en foto van: Johan Röntgen




CUCUMBER RAITA WITH LITTLE CHILLI


CUCUMBER RAITA WITH LITTLE CHILLI
1 cucumber (grated)
salt (to taste)
140 g plain yogurt (5 oz)
1 pinch chili powder
1 pinch ground cumin or 1 pinch roasted cumin seeds
fresh ground pepper (to taste)
1 slice cucumber, dusted with
paprika (to garnish)

Drain the grated cucumber well so that you squeeze out as much moisture as possible.
Add the yougurt, chili powder, ground cumin (or toasted cumin seeds) and salt and pepper to taste.
Chill 30 minutes in refrigerator and stir well before serving.
Dust the single cucumber slice in paprika and garnish

Photo:  Lesdee Gloak Bam




WILLEM SE PAMPOENTERT

WILLEM SE PAMPOENTERT
250 ml suiker
25 ml koekmeel
5 ml sout
2 ml kaneel
55 ml botter gesmelt
750 ml gaar pampoen fyngedruk
259 ml room
3 eiers
Verhit tot 150 grade C.
Sif droë bestandele saam in n bak..
Voeg res van bestandele by en meng baie goed deur.
Skep in tertbak van 30 x 25 cm.
Bak 90 minute.
Verwyder uit oond en sprinkel met ekstra kaneel suiker indien verkies.

Foto: Willem Bierman




WILMA SE GEVULDE SAMPIOENE

WILMA SE GEVULDE SAMPIOENE
6 goot bruin sampioene skoon gevee met ‘n borseltjie
1 klein uitjie
20ml blatjang
Sout en peper na smaak
100ml baie fyn gerasperde kaas
Haal die stingeltjies van die sampioene uit en kap fyn. Kap die uitjie ook fyn.
Braai in olyfolie saam met uitjie
Meng met sout, peper en blatjang. Skep n holtes van sampioene, strooi kaas oor en bak in warm oond, 180gr C vir 20min.
Bedien as voorgereg of bykos
Bron en foto: Wilma Josey Venter




CORRIE SE LEKKER PAPTERT MET ROU MEEL

CORRIE SE LEKKER PAPTERT MET ROU MEEL
Braai saam en hou eenkant:
2 groot uie, gekerf
1 pk spek, gesnipper
1 bakkie sampioene, gekerf
Meng saam:
1 koppie mieliemeel
1 koppie suiker
1 koppie room
1 koppie water
1 blik heelpit mielies
1 blik soet mielies, room soort
2 eiers
5 ml bakpoeier

Gooi mengsels bymekaar en skep in oondbak.
Bak oop vir 1 uur by 180°C.
Strooi genoeg gerasperde kaas oor en sit deksel op.
Sit oond af en los in oond tot kaas gesmelt is. Dis devine!!
Bron: Corrie Volschenk




CHICKEN AND HAM CHOWDER WITH CRISPY POTATO SKINS


CHICKEN AND HAM CHOWDER WITH CRISPY POTATO SKINS
4 medium sized carrots (cut in small blocks)
3 big potatoes (cut in small blocks)
1 med sized onion diced.
4 slices of ham, sliced in strips
3 pieces of chicken breast without bone also cut into blocks
1 tin mushrooms
1 cup cake flour
2 chicken cubes
water
1 sprig of rosemary cut finely
salt and pepper to taste
Put a bit of cooking oil in bottom of pot and let it heat. Now put in your carrots and rosemary in pot and fry for 3 min. Then add your onions and mushrooms and fry until onions is transparent. Add your chicken blocks and ham and fry for another 3 min.
Now add your potatoes and mix well. Spice with some salt and pepper – not much. Add your cup of cake flour and mix well.
Take the chicken cubes and disolve in 2L hot water and put it in pot and stir well. Add more water until veggies is covered. Cook on low heat until all the veggies is soft. Taste to see if you need some more salt and add again.
Take some potato skins and fry them until golden brown. (like making chips)
I add some lemon and rosemary salt on them and cut into small pieces. Now add them also and stir in with the chowder. Enjoy.

Source: Ronel Muller Thoma