KAPOKAARTAPPEL MET KAAS EN SPEK

KAPOKAARTAPPEL MET KAAS EN SPEK
10 meduim grootte Aartappel sag gekook en fyn gemaak.
2 eetlepels bruismeel
2 eiers
Sout en Garlic en herb spesery
1 pakkie repies vark spek
2 cm kaas blokkies
Meng eiers en meel saam speserye met kapokaartappels rol in bolle met blokkie kaas in die middel. Sit spek om en sit elke bol in die gaatjie van ‘n muffin pan.  Dit maak 6 groot bolle.
Bak dit op grill 200 ºC tot spek bruin is.
Ek het dit saam bloubul steak, Kudu wors en Koolslaai bedien.
Foto en resep: Meisie van der Colff




PAMPOENTERT A LA AMANDA

PAMPOENTERT A LA AMANDA
2.5 koppies gaar fyngedrukte pampoen (ek gebruik twee pakkies van Woollies se klaar opgesnyde pampoen wat ek stoom in mikrogolf?
1 koppie gesifte bruismeel
1 koppie vars room
1 koppie witsuiker
2 lekker vol eetlepels sagte botter
2 eiers
1 teelepel bakpoeier
Ek meng botter en suiker eerste by warm, fyn pampoen dat dit lekker smelt. Meng res van die bestanddele by. Skep in ‘n bak, sprinkel met kaneel en bak so 30 minute teen 180°C.
Bron: Amanda Diamond




GIDEON SE GEVULDE AARTAPPEL


GIDEON SE GEVULDE AARTAPPEL
Julleeeeeeeee hierdie was nou wraggies lekker
Ek weet nie wat ek dit kan noem nie maar djeeerlik was dit
Ek het twee van die langste aartappels in ons plaaslike kettingwinkel se rak uitgesoek
Ek het hulle n ent weg gekook met skil en al tot byna sag, ‘n stukkie van sy kop afgesny en toe uitgehol met n dun skerp messie,  jy kan ook n ontpitter gebruik
Ek het n klein bietjie sout en peper in die holte gesit
Ek het toe n lekker stukkie kaaswors op lengte afgesny en binne in die uitgeholde aartappel gedruk en die kop weer opgesit en dit mooi met spek toegedraai
Die ander aartappeltjie het dieselfde pad geloop maar ipv spek het ek dit toegedraai in n stukkie netvet
En toe is dit kole toe
Ek het dit stadig gebraai en so af en toe met n bietjie heuning sweet chilliesous en dijonmostert wat gemeng is gesmeer en ohgggg  dit was lekker
Daai worsie se sousie het daai artappel gesoak met sy kaassousie van binne af en van buite af het die spek en die netvet dieselfde job gedoen
Ai dis lekker om lekker te kan eet
Resep en foto:  Gideon Louw




STOWE BOONTJIE IN TAMATIESOUS

STOWE BOONTJIE IN TAMATIESOUS
Iets anders met boontjies in tamatiesous. Lekker warm of koud.
15 ml olie
1 groot ui, gekap
2 knoffel toontjies, fyn
1 soetrissie, gekap
7.5 ml kerrie poeier
1 ml fyn kaneel
1 ml fyn koljander
1 ml fyn gemmer
1 ml fyn komyn
2 blikke boontjies in tamatiesous
1 groen appel, geskil en in blokkies
30 ml rosyne
30 ml blatjang
sout en peper
bietjie asyn

Braai rissie, ui, knoffel en speserye vir so 5 min. Roer gereeld. Voeg boontjies, appel, rosyne en blatjang by. Prut 20 min en voeg asyn by. Kook deur en bedien.
Bron: Heidi van Greyton
Foto: Martie Fourie Moolman




BRAAIVLEIS GEVULDE SAMPIOENE


BRAAIVLEIS GEVULDE SAMPIOENE
2 Groot stewige bruin sampioene
200 gm Mozerella kaas (gerasper)
1 Tlp gemengde kruie
1 Tlp woestersous sout
2 Tlp knoffel
2 Groot eetlepels margarien/botter
Oorskiet braaivleis en kaaswors fyn gekerf
sout en pepper na smaak
Sny die stammetjies uit die mushrooms en kerf fyn.
Meng die stammetjies met vleis en 2 derdes van die kaas en al die speserye en kruie. Los een kant.
Meng knoffel met gesmelte botter, en skemp in die mushrooms.
Skep die vleis mengsel in die mushrooms, druk liggies vas (passop vir te hard druk die mushrooms sal oop breek)
Plaas mushrooms in oond bak en maak liggies toe met foil.
Bak in voorverhitte oond van 170’C vir 15min, en verhoog oond se hitte dan na 190 en haal foil af, bak verder vir 10 min. of tot lekker bruin is.
Sit oorblywende kaas bo op dadelik, en dien op.

Bron en Foto: Suenell Liebenberg




PAPTERT MET N KINKEL


PAPTERT MET N KINKEL
Ek het Elsabie Templeton se Mieliepaptert met spinasie se vulsel gebruik. Ek het nie my pap voor die tyd gaargemaak nie. Hier volg die resep soos ek dit gemaak het.

Papmengsel:
2 koppies mieliemeel
250 ml melk
1 eier
2 blikkies tamatie en knoffel
Meng alles saam.

Braai die volgende saam:
1 groot ui, gekap
2 x 250 g sampioene, gekap
1 kg spinasie, gekap
500 ml gerasperde kaas

Gooi die helfte van mieliemeel mengsel in ‘n bak.
Strooi van die kaas oor.
Gooi die uie, sampioene en spinasie mengsel oor.
En die res van die mieliemeel mengsel oor.
Strooi res van die kaas oor.
Bedek met tinfoelie en bak vir 60 min @ 180° grade.

Foto en resep: Elna Erasmus




LORRAINE SE PAP VORMPIES

LORRAINE SE PAP VORMPIES
Maak genoeg slap mieliepap vir die hoeveelheid mense wat jy gaan bedien.
Meng gewone slappap met:
1 koppie gemengde gevriesde groente (ontvries)
Pakkie potato bake – sour cream and chives
250ml room
Meng bogenoemde bestandele saam en roer dit in die pap, laat prut vir 10-15 min tot heel gaar. Skep in bak en laat stol tot skep tyd of skep in aparte ramekins vir indiviuele porsies. Keer mooi uit op die bord voor bediening
Ek het ‘n ramekin gebruik om pap vormpies te maak.
Bron en foto: Lorraine van Rooyen




KOOLKOP OP DIE BRAAI

KOOLKOP OP DIE BRAAI
1 koolkop
2 koppies gerasperde kaas
2 eetlepels gekapte knoffel
1 medium ui opgesny
4 eetlepels aromat
1 koppie botter
1 pakkie bacon bits
1 pakkie sampioene gesny
Braaisous
Sny koolkop in ster snye
Strooi aromat tussen blare
Meng kaas, botter, uie, knoffel en kaas met sampioene.
Vul tussen blare
Gooi braai sous oor
Maak toe in foelie, braai vir 2 ure op kole.
Bedien met braaivleis
Bron en foto: Cecil Dunhin




BRAAI PAP WITH A TWIST

BRAAI PAP WITH A TWIST
180 g Mealie Meal
10 ml Robertsons Spice For Rice
5 ml Robertsons Crushed Chillies
375 ml Water
85 ml Milk
15 ml Oil
½ Small Onion finely chopped
2 Eggs beaten
250 ml
Self Raising Flour
Cooking Oil for frying
In a pot, cook mealie meal, Robertsons Spice for Rice, Crushed Chillies and water, stirring until mixture becomes still and begins to form a ball.
Remove from heat and add milk, oil and onion and mix well. Allow to cool slightly before stirring the eggs into the mixture.
Add the flour and mix to form a fairly stiff mixture.
Pour oil for frying into a deep pan or skottle braai and drop spoonful’s of batter into hot oil and fry until golden brown on all sides.

Photo: Gideon Louw




MIELIEPASTEI

MIELIEPASTEI
110 g Botter
1/2 k Uie fyn gesny
1/2 k Greenpepper fyn gesny
225 g Ideal melk
1/4 k Koekmeel
1/4 k Maizena
1 blik Heelpit mielies gedreineer
1 blik Cream mielies
2 Eiers geklits
Smelt botter in pot en braai uie en greenpepper tot deurskynend (maar moenie bruin braai nie).
Voeg Ideal melk by en laat prut op lae hitte.
Voeg nou meel en maizena by, maar hou aan met roer.
Voeg nou die 2 blikke mielies by en gooi stadig geklitste eiers ook in.
Hou aan roer vir so 15 min. totdat dit stywerig begin raak.
Skep uit in oond bak.
Bak by 170°C vir 40 min.
Laat staan en afkoel vir so 30 min.
Bron en Foto: Frances Smith