IDEES VIR BYKOSSE EN SLAAIE VIR ‘N BRAAI

IDEES VIR BYKOSSE EN SLAAIE VIR ‘N BRAAI
Elza Charlez:
Klein gekookte aartappels in bacon toegedraai.
Hotdog rolls, maak vir elkeen sy eie garlic broodjie.
Linda Laing
Broccoli slaai. Broccoli, gebraaide bacon, uie ringe, gekerfde neute, sprinkle “pine nuts”. Sousie gemaak van mayonnaise, asyn en suiker. My mense is mal daaroor.
Elsabé Burger
Gebakte butternut feta uieflokkies en salad sprinkle!
Gesond lekker
Welserine Engelbrecht Strodike
Koop deeg by spar, maak bolletjies. Sit in jou oondpan, gooi bruin suiker en room oor en bak.
Antoinette Roux Ribeiro
Ons maak groente pakkies in die oond.
Verskeidenheid groente met speserye en bietjie botter, toegedraai in foelie.

Lorna Haasbroek Els
KORSLOSE GROENTE GEREG
500 g gemengde groente (gevriesde groente sal ook werk)
1 ui gekap
5 repe spekvleis gesnipper
250 ml gerasperde kaas
125 ml olie
2 eiers geklop
1 blik pitmielies gedreineer
125 ml melk
Sout en peper na smaak

Meng al die bestanddele saam. Skep in ‘n vuurvaste oond bak ten minste 2lit. Bak sowat 45 min in voorverhitte oond by 180°C. Sit warm of koud voor met braaivleis.

Nico Oosthuizen
Groen appel en vanilla jogurt slaai
Vat granny smith appels sny hulle in blokkies.
Sit so bietjie neute.
Sit bietjie Bosbessies (cranberries) by.
Bedek alles met vanilla jogurt.
Roer deurmekaar en bedien.
Moet verkiesklik eers ‘n rukkie in die yskas wees.

Marisa Brand
Potato bake.
gebakte aartappel met suurroom, baba aartappeltjies deurgesny, gebraai met knoffelbotter, uie en bacon
Mark Steven Smith
Baby aartappels gekook in asyn en rissies !!!!

Heidi Hendricks
Gerookte hoender slaai.
gerookte hoender fillette
blaarslaai en groen appels
Sny blokke of fyn soos verkies meng met mayonnaise

Melissa Viljoen
Groot mushrooms met garlic en botter in die middel, gebak in die oond of op die braai. Altyd lekker vir ‘n braai bykos

Ivanda Venter
Angel hair pasta slaai. Ina Garten resep.
Marineer vir vier ure so 200 g rosa tamaties in helfte gesny, met so twee lepels vars knoffel, 9 basil blare gesny en olyfolie, sout en peper. Kook so 5 bondels angel hair pasta en dreineer. Voeg gemarineerde tamaties by terwyl pasta warm is, een koppie fyn kaas soos parmesaan en bedien dadelik. Heerlik.

Shané Du Toit
Beet en rocket slaai…(GROOT gunsteling van ons)
Of ‘n gestolde wortelring (in die hitte is dit altyd ‘n wenner).
Ivanda Venter
Ek is ook mal oor beet en rocket, ek sit bietjie feta, blokkies butternut, sonneblomsade en balsamic reduction by. Dit is soos Woolworths slaai. Hou van · 1 · 3 ure
Shané Du Toit
Presies so..myne kry ook Dannish feta by, met sade en cashews en dan maak ek ‘n sous met mosterd, balsamic en bietjie heuning by…heerlik!!
Marieta Matthews
Waatlemoen (in blokkies gesny), vars mint en fetaslaai. Sprinkel bietjie olyfolie oor. Klink weird maar dis heerlik, gesond, en maklik
Elize De Lange
Koop Buns sny hulle middeltwee. Braai uie, bacon, mushrooms en greenpepper en spice die mengsel… Meng die mengsel met mayonnaise en bietjie gerasperde cheddar en pak dit op die broodjies. Rasper kaas bo-oor en bak in die oond tot goudbruin..

Ella Nortje
2× blikke heelpit mielies
‘n ui
green pepper fyn gekap
n wieletjie feta kaas in gekrummel
en n halwe koppie kaas blokkies gesny met sout en pepper en n bietjie slaai sous

Anita Huisamen
Koeskoes slaai.
Maak koeskoes gaar. Pak in bak in rye. Koeskoes, groen appel in blokkies, rooi appel in blokkies, kaas blokkies, dadels klein stukkies. Elkeen in sy eie ry behalwe kaas. Gooi kaasblokkies en neute bo oor. Lekker, kleurvol. Pas op vir te veel koeskoes.

Maryke Ryan
My oom Atti se mieliegereg
60 ml koekmeel
60 ml suiker
60 ml olie
10 ml pakpoeier
4 eiers
2 blikke room mielies

Meng bestanddele goed.
Sit in ‘n oondpan
Bak op 180 ºC vir ‘n uur.

Olga Roux
Ma Marie se noodle slaai
500 gr screw noodles
2 groot wortels fyn gerasper
½ ui fyn gerasper
500 ml mayonnaise
¼ koppie olie
Bietjie swart peper grof
2 teelepels mosterd poeier
Blikkie kondensmelk
Knippie sout

Henrietta Boeije
Mollie se slaai
Meng piesangs, blikkie pynappel en pitmielies met gelyke dele mayonnaise en kondensmelk..almal hou daarvan

Anneline Hendricks
My eie braai slaai .
3 groot aartappels heel gekook
2 groot uie in ringe gesny en
2 groot tamaties in ringe gesny

Pak die ringe in lagies.
Sout en peper soos die lagies gepak word, net nie te veel nie.
Maak n witsous of kaassous en skep oor, sit in oond vir 15 minute. Kan warm of koud bedien word.

Esmarie Buys
BROCCOLI SLAAI
2 broccoli koppe (ek gebruik hier 1 broccoli en een blomkool)
1 ui, fyn gekap
250 g spek stukkies (bits of bacon)
150 g Cheddar, in klein blokkies gesny
Sous:
250 ml mayonnaise of ½ ongegeurde joghurt en ½ mayonnaise
100 ml kondensmelk

Breek die broccoli in stukkies en spoel dit af. Sny in kleiner stukkies. Kook die broccoli en blomkool en ui in vinnig-kokende water vir 2 minute. (jy blansjeer basies die broccoli en kool – kook net op)
Dreineer in ‘n vergiettes sodat al die water afloop. Braai die spek tot gaar en bros.
Laat alles goed afkoel. Meng die broccoli met die spek, en meng die kaasblokkies daarby in.
Meng die mayonnaise en kondensmelk saam en roer dit deur die slaai.
Verkoel voor opdiening.
Ek gooi by my broccoli slaai ook neute by. Net voor ek dit opdien strooi ek een pakkie croutons oor.
Sit gerus paar rosyntjies, gevriesde ertjies en mielies by
1 teelepel kerrie by die mayonnaise en kondensmelksous is ook heerlik
Indien jy nie die mayonaise en kondensmelk sous wil maak nie, probeer die sous.
By die sous resep is dit wys om die slaai oornag te laat staan om “te trek” vir optimale geur
Sous
125 ml wit asyn
250 ml suiker
250 ml olie of minder
15 ml droë mosterd
Klits alles goed saam en skep oor die slaai.

Esmarie Buys
BLOMKOOLSLAAI
1 blomkool (in blommetjies gebreek)
24 gevulde olywe (in skyfies gesny)
6 groot radyse ( in skyfies gesny)
250 ml Cheddar kaas ( in blokkies gesny)
1 Bossie grasuie (fyn gekap) opsioneel
SLAAISOUS
100 ml suurroom
34 g Knoffelsousmengsels (2 x 17 g pakkies) ek gebruik knorr sien foto( gebruik droog)
100 ml mayonnaise
Plaas die alles in slaaibak en meng met slaaisous en knoffelmengsel.
Verkoel die slaai tot dit bedien word.
Hou redelelik lank in die yskas en word lekkerder soos dit staan!
Foto: Esmarie Buys (Blomkoolslaai)




BRUIN UIESOP AARTAPPELS

BRUIN UIESOP AARTAPPELS
4 groot aartapels
150 g botter of margarien
1 pakkie bruin uiesop
Sny aartappels in konsertina styl.
Smelt botter.
Voeg sop by botter meng goed.
Skep die bottermengsel oor die aartappels.
Kook op hoog in mikrogolf 20 min in bak met deksel op.
Resep en foto: Meisie Van Der Colff

Ek hou baie van hierdie aartappels! my Resep wat ek volg is
2 pakke middelslag aartappels skoon gewas, sny in skywe, maar nie heeltemal deur nie, sit in oondpan met ‘n deksel,
Strooi nou 2 pakkies bruin uiesop oor en vat 500 g regte botter (kan 500 g Rama ook gebruik) en sny in skywe, sit bo op aartappels, sit deksel op en sit in oond 180 ºC vir +- uur of todat aartappels gaar is!
Ek kook nie aartappels voor die tyd nie!
Baktyd kan langer vat afhangende van die tipe aartappels wat jy gebruik! So ek maak maar pan elke 30 min oop om te kyk! Baie lekker saam met braaivleis of steak.

Ronel Thoma




GIDEON SE SAMPIOENE OP DIE VUUR

GIDEON SE SAMPIOENE OP DIE VUUR
Twee groot bruin sampioene
‘n Bietjie gesmoorde uie
‘n Bietjie gerasperde kaas en n bietjie gebraaide spek wat gekerf is
Vul die sampioene eers met n lagie gesmoorde ui dan met n lagie spek en dan bo op n lagie gerasperde kaas
Braai dit dan op stadige kole tot dit lekker deur warm en die kaas gesmelt is omtrent n halfuur.
Resep en Foto: Gideon Louw




OONDGEBAKTE BOTTERSKORSIE EN PREI (BYGEREG)


OONDGEBAKTE BOTTERSKORSIE EN PREI (BYGEREG)
1 kg botterskorsie, geskil en blokkies gesny
1 Bos preie (leeks), gewas en in diagonale skyfies gesny
olyfolie
Ina Paarman Green Onion Seasoning
Ina Paarman Garlic Pepper
6 takkie vars roosmaryn

Verhit oond tot 200°C.
Plaas 3 – 4 eetlepels olyfolie in ‘n oondpan en plaas in die warm oond tot kookwarm. Versprei die gesnyde preie in die pan en plaas pan terug in oond vir 10 minute. Plaas intussen die pak met botterskorsie vir 4 – 5 minute in die mikrogolfoond op 100% krag. Haal pan uit oond en meng die botterskorsie met die preie. Geur goed met die geurselsout en peper en druk die takkie roosmaryn tussen die pampoen in. Gooi mildelik olyfolie bo-oor. Bak vir 20 minute. Die groente moet roast en nie stoom nie. Dus is dit baie belangrik om nie meer groente as hierdie hoeveelheid op ‘n slag in die oondpan te sit nie. Jy moet kan sien en hoor dit roast, groente moet bruin puntjies vorm. Na 20 min, voel met ‘n skerp mes of die pampoen sag is. Jy kan nou die oond se grill aansit en dit vir so 5 minute grill vir ekstra lekkerte. Jy kan Fetakaas of Cheddarkaas oorsprinkel indien verkies, dis baie lekker.

Ek maak die pampoen effens gaar voor die tyd omdat dit soms baie lank kan neem vir groente om sag te bak in die oond as jy dit rou insit, veral as jy haastig is. So spaar jy ook ‘n bietjie elektrisiteit. Dit halveer die baktyd in die oond.

Ons eet dit vanaand saam met ons braaivleis 🙂

Eie resep en foto:  Louise Groenewald.




SAVOURY SAMP

SAVOURY SAMP
500 ml samp
7 ml salt
10 ml oil or butter
250 g bacon chopped
250 g mushrooms
250 ml mayonnaise
125 ml cream (I use milk instead – about 2 cups – 3 cups)
1 packet white onion soup powder
1 packet mushroom soup powder
250 ml cheddar cheese
Pepper to taste
Boil samp with salt until cooked.
Heat oil in a pan and fry bacon and mushrooms until brown
Mix mayonnaise, cream, soup powder and cheese in large mixing bowl
Add the samp, bacon and mushrooms and season with pepper
Spoon mixture into dish and bake for about 60 minutes or until brown on top.
Recipe and photo by Zelda Ellis




CHARLEEN SE AARTAPPELGEBAK


CHARLEEN SE AARTAPPELGEBAK
Lekker clubhouse steak, medium rare natuurlik, met potatobake en brusselspruite vir aandete. Die steak het ek gegeur met growwe peper, maldon sout, en vars suurlemoensap.
Aartappelgereg
5 groot aartappels, geskil en in 1 cm skywe gesny
1 pakkie Royco Parmesan & garlic potatobake poeier
1 pakkie Royco creamy cheese & bacon potatobake poeier
500 ml melk
200 ml room
250 g bacon bits
gerasperde kaas
sout en peper na smaak
½ teelepel knoffel
250 g sampioene, gekerf
Braai bacon, sampioene en knoffel saam. Pak een laag aartappels in oondbak. Geur met sout en peper. Gooi bacon mengsel oor. Pak nog ‘n laag aartappels oor. Geur met sout en peper. Meng poeiers met melk en room en gooi oor aartappels. Bak in 180 ºC oond vir ongeveer 45 minute. Haal uit, strooi kaas oor, en plaas terug in oond totdat kaas lekker gesmelt het.
Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen




ERNA SE BROS GEBRAAIDE OOND AARTAPPELS


ERNA SE BROS GEBRAAIDE OOND AARTAPPELS
Skil en sny aartappels in stukke.
Kook tot amper sag in soutwater.
Dreineer goed en gooi in oondpan wat met spray n cook gespuit is.
Dribbel ‘n bietjie olie oor die aartapels en geur soos jy wil. Roer deur (ek keer dit om met n eierspaan)
Bak op 180°C vir 20 min. Dan roer jy dit om en bak weer so 20 min. Dan kyk jy elke 10-15 min tot lekker crispy.
As jou oond ‘n “fan”het, gebruik dit.
Gebruik olie spaarsamig. Dit moenie in olie lê en braai nie.
*Ek maak dit gewoonlik saam met braaivleis. Dan kook ek klaar en berei voor in oondpan. So uur voor ons eet sit ek dit in die oond en kyk dan na die einde se kant hoe lank dit gaan wees voor braaivleis reg is en stel oond so warmer of kouer.
Dis lekker as jy dit dadelik uit die oond kan opdien. As dit staan is dit nie meer so crispy nie.
FOTO EN RESEP:  Erna Van der Merwe




QUICK AND EASY PARTY ROLLS

QUICK AND EASY PARTY ROLLS
One sheet of store bought puff pastry
Vienna sausages
grated cheese
salami
chutney

Preheat oven at 180°C. Take Mrs Balls chutney and spread a good bit all over the pastry. Place salami to cover pastry and top with grated cheese. Roll the pastry so the salami and cheese are inside. Cut in rings and place cut sausages in the middle. Bake till golden brown, about 25 minutes.
Recipe posted by Kyle Jensen
Photo Kyle Jensen




POTATO, MARROW AND MUSHROOM BAKE


POTATO, MARROW AND MUSHROOM BAKE
Supper…potato, marrow and mushroom bake with roast chicken, plain and simple but it was “uit die boonste gestoeltes” yummy!
4 medium potatoes, peeled and cut in rings
3 baby marrows, cut in rings
1 small onion
250 g mushrooms, sliced
2 tablespoons of flour
½ a cup of milk
clot of butter
salt
chilli powder
Dry Mixed Herbs
cheese

Cook the potatoes in salt water till soft but firm.
Fry the onion in a little oil till soft.
Add then the marrow and saute for a few minutes add the mushroom and stirfry together till soft but still firm.
Now add a clot of butter to the mixture, let it melt and add 2 tablespoons of flour, mix it through.
Then add a half a cup of milk and stir till the sauce thickens.
Season with salt, mixed herbs and a little chilli powder.
Transfer the cooked potatoes to a greased bowl.
Pour the mushroom sauce mixture over, mix lightly and cover with cheese.
Bake in a pre-heated oven till the cheese is melted.
Recipe and photo by Noelene Rutledge Saal




ELIZABETH SE POTBROOD MET ‘N VERSKIL

ELIZABETH SE POTBROOD MET ‘N VERSKIL
Potbrood met ñ verskil gemaak vandag.
½ ui gebraai met 1 teelepel knoffel, sout en peper na smaak.
4 eetlepels koekmeel bygevoeg met bietjie melk en sonder klonte is.
2 koppies chedder kaas en 1½ koppie melk bygevoeg en gekook tot stywe kaassous
Winkeldeeg gekoop, dit gemeng met wit uie soppoeier en balletjies gemaak, pak in swart pop net buite om en dit weer laat rys.. Toe deeg mooi uitgerys is, het ek die kaassous in die middel gegooi en gerasperde kaas oor gestrooi, dit oor kole gebak met kole op deksel. Heerlik uitgekom.
Bron en Foto: Elizabeth Haupt