RONEL SE KAAS EN SPEK BRAAIROLLETJIES


RONEL SE KAAS EN SPEK BRAAIROLLETJIES
Bron en foto: Ronel Blignaut
Brooddeeg gekoop of maak jou eie. Ek het my eie brooddeeg resep gevat. Jy kan dit self aanpas na hoeveel rolletjies jy wil maak.
4 koppies koekmeel
¼ teelepel sout
bietjie suiker
½ pakkie kitsgis
louwater
botter

Meng die meel, sout, suiker en kitsgis saam.
Giet die louwater by en knie tot n stywe deeg.
Smeer lekker met botter
Laat rys tot dubbel hoeveelheid

Vleis vulsel:
Braai uie, knoffel, spek en groen soetrissie in ‘n pan met ‘n bietjie gemengde kruie. Jy kan insit wat jy wil.
Smelt botter so 250 g saam knoffel en hou eenkant.
2 koppies gerasperde kaas hou eenkant.
½ koppie room as jy verkies.

Brooddeeg
Smeer pannetjies met die gesmelte knoffel botter lekker dik.
As die deeg goed gerys het rol balletjies en dip in die knoffel botter nie te groot nie en pak in panne. Genoeg vir 2 panne ek het so 18 rolletjies uitgekry
Smeer nog bietjie gesmelte knoffel botter oor. Klink baie maar dit is nie.

Skep die gebraaide spek oor die rolletjies. Moenie die kaas oor sit nie, dit is vir laaste voor opdien. Laat weer rys tot dubbel.
Bak by 180ºC vir so 30 min. Sprinkel nou die kaas oor en sit terug in oond vir so 10 min. Of tot goudbruin.
Wat nog lekkerder is…. As jy room ook by die spek-kaas-uie -knoffel-groen soetrissie in sit.
Bedien warm.
Dit is ‘n sagte rolletjie. Geniet dit!




SIPHOKAZI’S NUTELLABON

SIPHOKAZI’S NUTELLABON
INGREDIENTS
4 cups flour
1 tsp salt
2 tsp yeast
1/2 cup brown sugar
1/2 cup warm water
1/2 cup milk
10 Tbsp butter softened
1 tsp cinnamon
1 tsp vanilla
3 eggs
2 cups Nutella
METHOD
Combine yeast , 1 tsp sugar and half a cup warm water in a bowl
Leave for 10 minutes until foamy
In a saucepan bring milk ,sugar , salt and butter to a boil, set aside to cool.Add to the yeast mixture along with the eggs , vanilla and flour and mix to form a dough
Transfer the dough to a floured surface and knead until smooth
Place in a clean bowl, cover with the clean cloth , leave on a warm place to rise for an hour
Heat oven to 180 degrees C
Transfer dough onto a floured work surface and roll into a rectangle
Spread the Nutella evenly and leaving a border on one long side
Roll the dough into a log and brush the end with water or egg wash to seal
Cut into rounds and place on a greased baking tray
Sprinkle with cinnamon and bake for 20-25 minutes or until golden brown and cooked
Source and Photo: Siphokazi Mdlankomo




ALTA SE DEEG VIR VETKOEK, ROOSTERKOEK EN BROOD

ALTA SE DEEG VIR VETKOEK, ROOSTERKOEK EN BROOD
6 hoog vol koppies koekmeel
Golfballetjie grootte suurdeeg, (Ek bak met koekie suurdeeg wat ek by pnp se bakkery koop)
1 hoogvol teelepel sout.
Maak holte in middel van meel en voeg bietjie sterk lou water saam suurdeeg en meng dit deur.
Voeg nog nog sterk louwater by tot ‘n sagte deeg, knie deeg goed deur.
MaAk toe en laat rys.
Knie deeg af en laat weer rys. gebruik deeg grootte volgens jou panne, vorm brood in gesmeerde pan,
Maak toe en laat tot gelyk met pan gerys,
Sit oond aan op 180 grade bak vir ‘n uur.
Vir vetkoeke maak balletjies volgens grootte van vetkoeke, laat rys ,druk effe plat, bak in warm olie,
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk




ERICA SE VINNIGE “FRYJACKS”


ERICA SE VINNIGE “FRYJACKS”
Resep en foto: Erica Barker
FOOD LOVERS RECIPES
Vanoggend gou “fryjacks” gemaak vir ontbyt, ek het nie brood in die huis gehad nie.
2 koppies bruismeel
3 teelepels bakpoeier
knippie sout
1 eetlepel botter
1 koppie water

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Sny of vryf die botter by die meelmengsel in tot die meel soos krummels lyk, voeg die water bietjies-bietjies by, terwyl jy meng of knie tot die deeg nie meer klewerig is nie. Deel die deeg in 2 en laat dit rus vir 20 min. Rol die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak met ‘n deegroller tot ongeveer 1 cm dik, sny die deeg in 8 stukke en braai in olie tot bruin.




ZEE SE KONKEL ROOSTERKOEKE

ZEE SE KONKEL ROOSTERKOEKE
Jy kan jou eie roosterkoeke maak of hulle klaar koop en dan net die vulsel opsit en braai.
Roosterkoek:
250 g witbroodmeel
250 g koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g-kitssuurdeeg
15 ml suiker
315 ml warm water

Meng die witbroodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg in ‘n elektriese menger met ‘n deeghaak. Meng die suiker en warm water saam en voeg by die meel. Meng goed. Jy kan die mengsel ook met ‘n houtlepel aanmaak en dit op ‘n meelbestrooide oppervlak met jou hande knie tot elasties. Dit neem so 10 minute. Sit die deeg in ‘n groot genoeg bak vir dubbel die grootte daarvan. Maak die bak met kleefplastiek toe en laat rys tot byna dubbel die grootte op ‘n louwarm plek. As dit die dag nogal koud is, sit ek my lou-oond op laag en laat die deeg daarin rys. Knie die deeg af en vorm jou roosterkoeke – tradisioneel ‘n ovaalvorm. Besprinkel die roosterkoeke met ekstra meel en sit hulle op ‘n bakplaat om weer te rys. Hulle moet weer tot so dubbel die grootte rys. Braai stadig oor matige kole en draai nou en dan om. Dit sal so 20 – 30 minute neem. Onthou, die deeg moet gaar word.
Vulsel:
8 roosterkoeke
2 gekapte tamaties
1 groot gekapte ui
genoeg gerasperde kaas
Meng die volgende saam:
1 koppie mayonaise
2 eetlepel blatjang
2 eetlepel Dhyana en rissiesous
Genoeg gerasperde kaas
Meng nou alles met die tamatie en ui.
Sny koeke net aan een kant oop, stop met die vulsel en braai oor kole tot lekker warm deur. Ek was sommer lus vir iets anders toe kom dit heel lekker uit!

Resep en foto: Zee Grobbelaar




TESSIE SE PLATBROOD

TESSIE SE PLATBROOD
Bak tyd vir brood 60 min, oond 150ºC
Bak tyd vir plat brode 45 min
(Plaas n oonvaste bak met warm water onder in oond vir tyd van bak proses)
Bestanddele vir gewone brood:
6 koppies koekmeel
(1 koppie meel extra as deeg dalk the nat is voeg bietjie vir bietjie by terwyl jy knie/ dit hang van vog gehalte van meel af )
1 tot 2 teelepels sout
Sif 6 koppies meel en sout saam in groot genoeg bak om in te knie
1 sakkie kits gis
2 eetlepels suiker
2 eetlepels koekmeel
Meng gis poeier, suiker en meel saam in n 1 liter beker. Voeg 1koppie lou water by en roer goed sodat suiker oplos en daar teen klonte is nie. Voeg nog n koppie lou water en 75ml kookolie be en laat rys todat daar n skuim laag bo op gismengsel is.
Meng gismengsel by meel mengsel en meng met n slaplem mes of houtlepel. Knie nou tot deeg elasties is . Voeg lou water by as deeg the styf is gedurend knie proses of meel as dit te nat is (knie proses is afgehandel as deeg nie meer aan bak of hande vassit nie . Smeer olie oor deegbol, bedek met plastiek en kosdoek en laat rus op n warm plek tot deeg verdubbel het. Knie af maak brode – laat weer rys tot deeg verdubbel het en bak vir 60 minute by 150ºC.
Keer brood uit, sprinkel effens met koue water en maak toe met kosdoek tot dit effens afgekoel is .

Vir Knoffel en Kruie Plat Brood
Vorm deeg soos vir Franse brood, plaas op bakplaat, druk plat en sny skywe bo in nat deeg brode met n skerp mes.(ek spasieer myne sodat jy porsies kan afbreek en nie nodig het om te sny nie. Sny skywe so 2 cm uit mekaar / moenie deur sny )
meng :
1 teelepel fyngekapte gekneuse knoffel
1/2 teelepel tiemie
1 teelepel gekapte pietersielie
1/4 teelepel paprika
1/4 koppie olyf olie
meng goed en smeer in gleuwe op brood
Strooi growe see sout bo oor. laat rus tot brode verdubbel het in groote
Bak vir 45 min teen 150ºC.
Bron en foto: Tessie Pretorius




TRADITIONELE TUISGEMAAKTE HOT CROSS BUNS

TRADITIONELE TUISGEMAAKTE HOT CROSS BUNS
‘n Nuwe eerste vir my: Hot Cross Buns – sonder ‘n cross!|
480 gram koekmeel
30 gram kitsgis
100 g bruinsuiker
5 ml kaneel
5 ml neutmuskaat
1 ml gemengde speserye
Ruim knippie sout
3 ml bakpoeier
3 ml koeksoda
Skil van 1 suurlemoen
Skil van 1 lemoen
35 ml melk
45 ml botter
2 eiers
5 ml vanilla ekstrak
135 gram sultanas en rosyne

Vir die kruis (wat ek nie gemaak het nie):
125 gram koekmeel
75 ml water
Vir die glasiersel:
65 ml goue stroop
65 ml kook water

Meng die meel, gis, bruinsuiker, kaneel, neutmuskaat, gemengde speserye, sout, bakpoeier, koeksoda, skil en gedroogde vrugte saam in ‘n groterige mengbak.
Verhit die botter en melk saam tot die botter gesmelt is. Klits die eiers liggis saam met die vanilla en meng by die melk mengsel in. Giet alles by die droë bestandele.
Meng die deeg tot dit alles begin saam kom. Knie vir 10 minute tot die deeg nie meer aan jou hande vas klou nie. Bedek met kleefplastiek en sit in ‘n warm plek om te rys tot dubbel in groote vir 1½ uur.
Knie die deeg af tot oorspronklike grootte. Vorm 12 (of 16) rolletjies van dieselfde grootte.
Plaas die rollerjies op ‘n gesmeerde bakplaat. Los genoeg plek om te rei. Bedek weer met kleefplastiek en los vir 30 minute om te reis.
Voorverhit die oond solank tot 180°C.
Nou die deel wat ek uitgelaat het. Meng die meel en water vir die kruis om ‘n gladde pasta te vorm en sit in ‘n spuitsak/plastieksakkie. Spuit ‘n kruis oor elke rolletjie.
Bak vir 15 minute tot die rolletjies goudbruin is en deurgebak is.
Maak solank die glasiersel deur die stroop en kookwater te meng.
Kwas die glasiersel oor die rolletjies terwyl dit warm is sodra dit uit die oond kom – sommer so 3 of 4 keer.

NOTA: Ek sal volgende keer my rolletjies nader aan mekaar pak.

Resep geplaas deur: Wayne Dugmore
Foto: Wayne Dugmore




BETS SE ROOSTERKOEKE

BETS SE ROOSTERKOEKE
(Lewer 16 koeke)
Ek het hierdie roosterkoeke vandag gemaak saam met lekker kaaswors wat ons toe sommer op die elektriese braaier gemaak het. Dit is ‘n vinnige en maklike resep vir wanneer daar nie tyd is om die deeg eers te laat rys nie.

6 koppies koekmeel
4 eetlepels bakpoeier
2 teelepels sout
2 eiers
2 koppies (500 ml) melk

Sif droë bestanddele saam.
Klits eiers en melk saam.
Voeg by droë bestanddele en knie goed. (Ek het dit sommer in die menger geknie).
Knie vir ± 3 minute.
Strooi meel op jou werksoppervlak en skep deeg daarop.
Rol in ‘n wors en sny in 16 stukke.
Strooi bietjie meel bo-oor, druk lekker plat en plaas dit op nie te warm kole of braaier.
Braai 10 – 15 minute of tot gaar.
Bedien met botter en konfyt.
NS: Resep kan met sukses halveer of verdubbel word.
Foto en resep:  Bets Lourens




GIDEON SE PAASBOLLETJIES

GIDEON SE PAASBOLLETJIES
10 g kitsgis
1 koppie lou warm melk
1/4 koppie witsuiker
500 g koekmeel
1 teelepel sout
1/4 koppie water
50 g botter in blokkies gesny
1 koppie rosyne
1 teelepel fyn kaneel
1 teelepel gemengde speserye

Afronding :

1/4 koppie koekmeel
1/4 koppie water
1/4 koppie heuning wat verhit is
Voer ‘n groot bakplaat met bakpapier uit en spuit met kos sproei

Meng die gis helfte van die suiker en die melk in n maatbeker en laat staan vir 30 min op n warm plek tot dit ‘n dik laag skuim bo op vorm
Plaas die meel die res van die suiker die sout rosyne kaneel en speserye by in die bak van ‘n menger met ‘n deegkaak ( ek’t dit met die hand gemeng )
Giet die gismengsel geleidelik by terwyl die menger op ‘n stadige spoed is
Giet die water bietjie vir bietjie by as die deeg ‘n bietjie styf is
Voeg die botter by en laat die menger nog 10 min vinnig knie of tot die deeg ‘n bal om die haak maak en nie meer klewerig is nie
Bedek dit en laat rys vir 40min op ‘n warm plek tot dubbel in vlume
Knie die deeg dan liggies af en vorm agt balle van tennisbal groote
Pak dit op die bereide bakplaat en laat rys vir nog 30 min
Bak vir 30min in ‘n voorverhitte oond op 180 grade C
Afronding:
Meng die koekmeel en water en skep in ‘n spuitsak en spuit ‘n kruis op elke balletjie
Verf dan met die louwarm heuning
En siedaar
Foto: Gideon Louw




CHELSEA BUNS MET GLASEERSEL

CHELSEA BUNS MET GLASEERSEL
Deeg:
2 en 2/3 koppies meel
3 eetlepels witsuiker
1 teqelepel sout
1 pakkie gis
1/2 koppie water
1/4 koppie melk
2 eetlepels botter
1 groot eier
Vulsel:
1/4 botter
2 eetlepels kaneel poeier
1/4 koppies bruinsuiker

Glanseer:
1 koppie versiersuiker
1 teelepel vanilje ekstrak
3 eetlepels melk

In n groot bak, meng die meel, suiker, sout en gis.
In kleiner bak, verhit die water, melk, botter tot gesmelt.
Meng die nat mengsel met die droë mengels.
Voeg eier by. Meng alles tot n bal vorm.
Laat dit rus vir 5 min.

Voor verhit oond tot 200°C
Na 10min draai dit af
Sit die deeg in die oond vir 5min
Haal die deeg uit die oond en rol dit uit tot reghoek vorm.
Voeg die botter en smeer dit oor en sprinkel met kaneel en bruinsuiker.
Rol dit in n wors en sny in stukke.
Pak in bak wat vooraf met botter of spray&cook berei is.
Sit deksel op bak en sit die oond (wat af is) vir 20min om te reis.
Haal die deksel af en draai oond tot 190°C en bak vir 20min.
Meng glasiering en skep oor die buns.

Bron: Cecil Dunhin