HOT CROSS BUNS WITH MILK POWDER

HOT CROSS BUNS WITH MILK POWDER
In a bowl mix together:
2 cups sifted cake flour
4 tbsp castor sugar (add more if you want it sweeter)
2 tbsp instant yeast
1 large egg, lightly beaten
1 1/4 tsp salt
2 cups warm milk heated in microwave at 30 second intervals, must be lukewarm
2 tbsp milk powder such as Klim, Nespray or Nida or any other depending on your choice

Mix it all wooden spoon until combined. Set aside for 15 minutes on the counter.

Add the following to the above bowl:
1/2 cup canola oil
3 cups sifted cake flour
2 tbsp mixed spice
2 tbsp cinnamon
1 tsp ground ginger
1 tsp nutmeg
1 1/2 cups seedless raisins

Bring the dough together with your hands incorporating all the ingredients. Tip out dough onto lightly floured surface and knead well for 10 minutes. In a clean bowl rub some oil and add kneaded dough. Wet top with a bit of oil. Let rise in a warm place for 1 – 1 1/2 hours until dough has doubled in size. Grease a 23 x 34 cm baking dish with butter.
Deflate dough and knead a further 2 mins. Break off 15 equal pieces of dough and roll in the palm of your hand. Place side by side in baking dish. Cover with tea towel and allow 2nd rise of dough for 30 mins. Preheat your oven to 180°C. When risen again pipe on the crosses.

For the cross:
1/4 cup flour
2 tsp castor sugar
3 – 3 1/2 tbsp water
Mix to a paste and pipe a cross on your buns from a zip lock bag (corner cut).
Bake buns for 25 to 30 minutes.
Remove from oven and glaze with golden syrup or apricot jam diluted with a little warm water.
PHOTO: Lucia Rinquest




RONEL SE HEEL EIER BROODROLLETJIES

RONEL SE HEEL EIER BROODROLLETJIES
Ek het Sondag besluit om sommer potbrooddeeg te maak met eiers en sous.
10 gr Anchor kits droë gis
1 kg witbrood meel (ek gebruik koekmeel)
10 ml suiker
20 ml sout
65 g margarien
650 ml louwarm water

Voeg al die droë bestanddele saam in ‘n mengbak. (NB. Sit gis eenkant dan suiker en dan sout. Moenie op mekaar sit in meel nie.)
Meng nou droë bestanddele, laat gis en sout en suiker goed gemeng is.
Vryf nou margarien met jou vingers in.
Voeg nou water by en meng tot dit ‘n bal vorm.
Nou kan jy dit knie totdat deeg sag en elasties is.
Sit deeg terug in mengbak en sit bak in n groot plastiese sak en laat rys.
Jy kan een pot brood maak of die buns.
As jy brood maak bestryk brood met geklitste eier.

Het eiers gekook en laat afkoel.
Deeg in balletjies gemaak en in oondpan gesit laat dit rys.
Het toe ‘n holte in elke bol gemaak en eiers in holte gesit en weer laat rys.
Terwyl dit gestaan het het ek die volgende sous gemaak.

4 middelslag uie, opgekap
1 blik sampioene of 1 pakkie vars sampioene.
Knoffel en half pakkie of blikkie tamatie paste, gemeng met 500 ml warm water, sout en peper by uie mengsel ingegooi.
1 eetlepel kerrie poeier
1 telepel borrie
1 eetlepel asyn
1 teelepel suiker

Meng alles.
Het alles saam gebraai behalwe die tamatie paste en water.
Het tamatie paste gemeng met water en by uie in gesit en gekook vir so 10 min.
As sous te loperig is voeg bietjie Maizina water by om te verdik.
Gooi sous oor buns as dit klaar gerys het en bak op 160°C vir ± 40 tot 45 min.
Baie vullend.
Foto en Resep: Ronel Muller Thoma




KNOFFELRING BROOD

KNOFFELRING BROOD
Deeg:
2 groot eiers
25 ml kookolie
50 g suiker
500 ml lou warm water
10 ml kits gis
10 ml knoffelsout
knippie gemmer
ongeveer 1 kg koekmeel
ekstra meel vir knie
Klits die eiers, olie, water en suiker saam in ‘n groot bak.
Meng die koekmeel, knoffelsout en gemmer.Neem’n bietjie van die meelmengsel en meng dit met die gis.
Voeg die gis en meelmengsel by die eiermengsel, voeg die helfte van die koekmeelmengsel by en roer deur.
Hou aan koekmeel byvoeg totdat ‘n sagte deeg vorm, knie vir 5 tot 10 minute.
Plaas die deeg in ‘n gesmeerde bak en laat rys tot dubbel in volume. Knie die deeg af en maak bolletjies.
Knoffelsous:
175 g gesmelte botter
3 tot 6 knoffelhuisies, gekneus
10 ml knoffelsout
25 ml vars gekapte pietersielie
10 ml gedroogte gemengde kruie
Sesamsaad om oor te strooi
Voorverhit die oond tot 190ºC.
Smelt die botter in ‘n klein kastrolletjie en voeg die res van die sousbestanddele by en meng goed.
Doop elke bolletjie deeg indie  sous en pak dit in ‘n oondskottel.
Bedek die deegbolletjies en laat dit rys vir 15 tot 30 minute.
Strooi die sesamesaad oor die bolletjies en bak dit in die voorverhitte oond vir 30 tot 35 minute tot gaar.
Resep: Johan En Christelle Riekert




BRÖTCHEN (DUITSE BROOD ROLLETJIES)

BRöTCHEN (Duitse Brood Rolletjies)
2 ½ tot 3 koppies meel
1 pakkie aktiewe droë gis
1 teelepel suiker
1 teelepel sout
1 teelepel olie
1 koppie warm water
1 eierwit

Gooi 2 ½ koppies meel in ‘n groot bak en vorm ‘n gat in die middel. Meng gis, suiker en twee eetlepels water in ‘n aparte houer. Gooi die gismengsel in die gat, maar dit mag nie meng met die meel nie. Bedek die bak met ‘n lap en sit eenkant vir 15 min in  ‘n warm plek.
Voeg die oorblywende water en olie by en klits tot dit gemeng is. Draai deeg uit op toonbank en knie tot glad. Voeg die oorblywende ½ koppie meel by indien nodig. Sit deeg in ‘n bak, bedek en laat dit rys tot dubbel in grootte. Verdeel die deeg in 12 dele.
Vorm in ovaalrolletjies en plaas 8 cm uitmekaar op ‘n gesmeerde bak papier. Bedek en laat rys tot dubbel in grootte. Klits eierwit en 1 teelepel water met ‘n vurk tot glad en borsel op die rolle. Bak 15 tot 20 minute in ‘n voorverhitte oond teen 230 °C tot goudbruin.
Foto: Geane Jacobs




SPINASIE EN HAM ROL


SPINASIE EN HAM ROL
600 g gevriesde spinasie (ontvries)
100 g spek
100 g gekerfde ham
50 g Feta
1 groot ui
1 suurlemoen
500 ml room
1 rol bladerdeeg (puff pastry)
1 eier
Kap die uie en spek op in klein blokkies and gooi in pan (met bietjie olie)
Terwyl dit stadig kook, druk al die sous uit die ontdooide spinasie
Wannner uie en spek lekker gebraai is, voeg die gekerfde ham en room by
Rasper ‘n halwe suurlemoen skil daarin en kook tot dikkerig (moenie oor kook nie).
Laat bietjie afkoel
Vat ‘n kwart lemoen se sap en gooi dit oor uitgedrukte spinasie en meng deur.
Gooi spinasie en ham mengsel in ‘n blender (chopper) en maak fyn.
Haal uit die mengsel en gooi in n bak.
Breek feta op in stukkies en roer met die hand in.
Rol deeg oop en sit spinasie en ham mengsel in.
(Ek sit dit so lengte gewys sodat dit lyk soos ‘n wors)
Rol om en gebruik eier om die einde aan mekaar te plak
Rol dit san soos ‘n wors in die rondte (of nes jy wil)
Bak op 160 ºC for 25 minute tot lekker bruin.
Resep en fotos: Kyle Jensen




BROODROLLETJIES VAN VETKOEKDEEG IN DIE OOND GEBAK

BROODROLLETJIES VAN VETKOEKDEEG IN DIE OOND GEBAK
2 koppies koekmeel
1 koppie nutty wheat of bruin broodmeel
1 eetlepel suiker
1.5 teelepel sout
7 g kits gis
30 ml kookolie om meet te knie
½ – 1 koppie warm water (moet jou hand daarin kan hou)
Sit die meel, suiker, sout en gis in ‘n mengbak en roer lekker baie met ‘n “whisk” om alles goed gemeng te kry.
Maak gaatjie in die middel van die meel en begin met ongeveer ‘n halwe koppie water, meng en knie, voeg die hele tyd nog bietjie water by en sit bietjie olie aan jou hand en knie, hou aan met water bysit tot jy ‘n lekker elastiese deeg het maar nie te slap nie. Knie nou lekker deur vir ongeveer 5 min.
Maak toe in ‘n olie gesmeerde bak, sit ‘n plastiek sakkie oor en dan ‘n lekker dik vadoek sodat hy lekker warm kry. Laat staan tot verdubbel. (ongeveer 30 min) Knie af en vorm jou rolletjies deur die deeg mooi rond te maak, pak in die pan waarin jy hulle gaan bak, sit eenkant neer om weer te rys tot verdubbel. Smeer met ‘n kwassie bietjie melk wat jy met ‘n teelepel suiker aangemaak het oor die rolletjies net voor jy dit in die oond sit.
NOTA: Ek het my oond verhit tot 40°C, hom afgesit en die rolletjie in die oond laat rys.
Sodra die rolletjies gereed is, haal uit die oond, verhit die oond tot 180°C en sit die rolletjies in die oond, bak vir 25-30 min.
Wanneer jy op hulle klop sal hulle “hol” klink dan weet jy jou rolletjies is gaar.
Eet met lekker botter en konfyt of maak ‘n heerlike burger.
Resep en foto: Rina Kleinhans




GIDEON SE ROOSTERKOEKE

GIDEON SE ROOSTERKOEKE
5 x 250 ml wit of bruin broodmeel
1 pakkie kitsgis
62.5 ml melkpoeier
6 ml sout
30 ml suiker
375 ml louwarm water
60 ml sagte botter of margarien

Meng al die droë bestanddele in ‘n groot mengbak en maak ‘n holte in die middel. Giet louwarm water bietjie vir bietjie by en meng tot ‘n stywe deeg. Voeg nou die botter by en knie dit by die deeg in. Hou aan tot die deeg glad en elasties is. Vorm die deeg in ‘n bal en smeer met olie en laat rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume.
Maak seker die vuur brand al. Jy het matige kole nodig. Knie die deeg af en knyp klein balletjies af. Rol elke balletjie effens platter met ‘n koekroller op ‘n meelbestrooide oppervlak. Laat weer rys.
Pak die broodjies op ‘n gesmeerde rooster en braai hoog oor matige kole. Draai gereeld en rooster tot die broodjies hol klink as daarop geklop word.
Foto: Gideon Louw




GREAT SUCCESS ENGLISH MUFFINS

GREAT SUCCESS ENGLISH MUFFINS
1 cup milk
2 tablespoons white sugar
1 package active dry yeast
1 cup warm water (110 degrees F/45 degrees C)
1/4 cup melted shortening / Holsum
6 cups all-purpose flour
1 teaspoon salt
Warm the milk in a small saucepan until it bubbles, then remove from heat. Mix in the sugar, stirring until dissolved. Let cool until lukewarm. In a small bowl, dissolve yeast in warm water. Let stand until creamy, about 10 minutes.
In a large bowl, combine the milk, yeast mixture, shortening and 3 cups flour. Beat until smooth. Add salt and rest of flour, or enough to make a soft dough. Knead. Place in greased bowl, cover, and let rise.
Punch down. Roll out to about 1/2 inch thick. Cut rounds with biscuit cutter, drinking glass, or empty tuna can. Sprinkle waxed paper with cornmeal and set the rounds on this to rise. Dust tops of muffins with cornmeal also. Cover and let rise 1/2 hour.
Heat greased griddle. Cook muffins on griddle about 10 minutes on each side on medium heat. Keep baked muffins in a warm oven until all have been cooked. Allow to cool and place in plastic bags for storage. To use, split and toast. Great with orange butter, or cream cheese and jam.
Recipe posted by Silvia Van Eck
Photo:  Renate Strydom Engelbrecht




CHEESE-FILLED GARLIC BREAD ROLLS

CHEESE-FILLED GARLIC BREAD ROLLS
Heerlike broodjies. Ons het dit geniet saam ‘n heerlike steak..
1 loaf (1 kg) frozen bread dough, thawed
Cubes mozzarella cheese (1.5 cm each)
Sun-dried tomato, chopped
3 tablespoons butter, melted
2 teaspoons minced fresh parsley (keep 1/2 tsp for top of rolls)
2 garlic cloves, minced (keep 1/2 tsp for top of rolls)
1/2 teaspoon Italian seasoning
1/2 teaspoon crushed red pepper flakes
2 tablespoons grated Parmesan cheese
Divide dough into portions.
Mix parsley, Italian seasoning, sun dried tomato, garlic and pepper flakes in a small bowl.
Flatten each portion of dough slightly, spread parsley and garlic mixture in the middle and shape around a cheese cube to cover completely; pinch to seal.
Place each roll in a greased muffin cup, seam side down.
Cover with kitchen towel, let rise in a warm place until doubled, about 30 minutes.
Preheat oven to 180°C.
In a small bowl, mix butter, parsley and garlic.
Brush over rolls; sprinkle with Parmesan cheese.
Bake until golden brown, 15-18 minutes.
Cool 5 minutes before removing from pans.
Serve warm.
Photo and recipe posted by Elize de Kock




ERNA SE BRAAIBROODJIES MET ‘N VERSKIL

ERNA SE BRAAIBROODJIES MET ‘N VERSKIL
Koop brooddeeg.
Breek bolletjies af en druk en trek deeg bietjie platter op n meelbestrooide oppervlak.
Sit jou vulsel(bv. Kaas,tamatie en uie) op en vou toe.
Druk kante mooi toe en braai oor die kole.
Heerlik
Resep en foto: Erna Van der Merwe