MAKLIKE CINNABONS

cinnabonstested
MAKLIKE CINNABONS
My ma se resep
1 sakkie aktiewe droë gis
1 koppie warm volroom melk
2 eiers by kamertemperatuur
¾ koppie witsuiker
4 koppies bruismeel
1 teelepel sout
1/3 koppie botter, ligtelik gesmelt
Vulsel  (***sien nota onder)
1 koppie donker bruinsuiker
3 eetlepels kaneel
1/3 koppie botter, gesmelt om op die deeg te smeer
Versiersel:
1 houer roomkaas
4 eetlepels gesmelte botter
1 teelepel vanilla geursel
1/8 teelepel sout
1 ½ koppies versiersuiker
Sit jou oond op so 60ºC, vir die rys van die deeg.
Plaas die warm melk en gis in ‘n mengbak en laat vir so 5 minute rus.
Voeg die witsuiker, botter, sout, eiers, meel en meng tot dit goed gemeng is en ‘n bal vorm.
Sit nou die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak knie vir omtrent 15 minute. Moet nie oorknie nie. Smeer nou ‘n glasbak met botter liggies, en plaas die deeg daarin en maak toe met plastiek. Sit in die 60 ºC oond, en laat rys vir omtrent ‘n uur.
Terwyl die deeg rys, maak die vulsel.
Meng die botter en smelt die bruinsuiker daarin en voeg dan die kaneel by.
Maak ook nou die versiersel en sit eenkant. Die versiersel word al die bestandele gemeng met ‘n elektriese klitser tot alles ingemeng en glad is. Sit eenkant.
Na die deeg gerys het, haal uit oond maar los die oond op 60 ºC vir ‘n tweede rys.
Druk die deeg effeks plat, maar moet nie afknie nie. Rol nou die deeg uit tot dit so ongeveer ‘n halwe sentimeter tot ‘n sentimeter. Smeer met die gesmelte botter, en smeer met die suiker/kaneel stroop mengsel.
Rol dit nou op laat dit lang “worse” vorm, omtrent so dik soos vrou se pols, of bietjie dikker. Sny nou wieletjies van omtrent ‘n sentimeter tot 1/5 sentimeter dik. Pak die wiele in ‘n gesmeerde oondbak, maar dit moet net net raak aanmekaar. Maak weer toe met plastiek en sit terug in die oond vir nog ‘n uur om weer te rys.
Na die uur sal die cinnabons weer bietjie gerys het, en behoort nou aanmekaar te raak. Haal dit uit die oond en verhit die oond na 180ºC. As die temperatuur reg is, haal die plastiek af, en bak vir ongeveer 15 – 18 minute. Die cinnabons sal effens bruin wees bo op. Moet nie te lank bak nie, anders raak hulle droog.
Versier die cinnabons onmiddelik na hulle uit die oond uit is met die roomkaas versiersel.

Resep en Foto:  Dewet En Tania Botha 

*** Ek het gevind later om die vulsel mengsel in ‘n stroop te maak, eerder as korrelrigheid van die bruinsuiker. Hierdie spesifieke foto was nou my eerste, maar ek het gevoel dis asof die bruinsuiker nie lekker opgelos het en stroop gemaak het nie. So later het ek die bruinkuier, botter en kaneel eerder in ‘n stroop gemaak en oorgesmeer, dan is die korrelrigheid minder.




BILTONGBROOD

biltong brood marietested

BILTONGBROOD
Marie Rheeder Troskie
Hoeveelhede na smaak:
1 pak winkel brooddeeg
uie, gekap
tamaties, in blokkies gesny
sout en peper
1 pakkie potato-bake, gemeng met
melk

Braai die uie en tamatiestukkies in olie en geur met sout en peper en laat afkoel.
Rol die winkeldeeg oop op ‘n meelbestrooide oppervlakte.
Smeer die uie en tamatiemengsel oor die deeg en sit die biltong oor die hele deeg.
Rol deeg op, sny in skywe en pak rolle in oondbak.
Meng die potato-bake met die melk en giet bo-oor.
Bak in die oond teen 180°C vir ± 45 minute.
Kan kaas ook bo-oor rasper.




GEGEURDE BIERBROODJIES IN BLIKBEKERS

2014-08-02-bekerbroodjiestested

GEGEURDE BIERBROODJIES IN BLIKBEKERS
(4 bekers uitgekry)
125 ml gerasperde Cheddar-kaas
500 g bruismeel
5 ml sout
340 ml bier
125 g swoerdlose strepiespek, gekap en gebraai
1 blikkie gerookte mossels
1 blikkie pitmielies

Meng die helfte van die kaas met die bestanddele.
Skep in ‘n gesmeerde blikbekers.
Besprinkel met die res van die kaas.
Bak in ‘n varkie-oond vir een uur, of tot deurgaar.
Bron:  Louise Venter




KNOFFELROLLE

2014-07-25-knoffelrolletested
KNOFFELROLLE
In ‘n pan oor medium hitte voeg bymekaar en maak pasta van die volgende:
2 eetlepels botter
2 eetlepels koekmeel
2 teelepel knoffel
½ teelepel droë pietersielie
knippie gedroogde tiemie
Voeg dan by:
250 ml melk
250 ml vars room
1 blik Creamstyle suikermielies
1 teelepel groen brandrissie (opsioneel)
2 eetlepels mayonnaise
Sout en peper – na smaak
Roer voortdurend totdat die sous effens verdik.
Speel met die hoeveelheid deur met die oog te kyk, as jy ‘n bietjie meer sous wil he, moenie bang wees nie gooi ‘n bietjie meer melk ( ½ koppie) by die sous.
Variasie – jy kan ‘n pakkie gesnyde sampioene by die sous voeg asook gebraaide spek
Intussen, pak jou rolletjies (klaar gekoopte buns) in ‘n gesmeerde oondbak.
Gooi die sous oor die rolle, sprinkle genoeg gerasperde kaas en gekapte grasuie oor.
Plaas in ‘n voorverhitte oond van 180 ºC tot die kaas gesmelt en die sous lekker taaierig en dik is.
Bedien warm
Plasing: Marisza Olivier




ROOMBROODJIE

2014-07-23-10397232_10152646319533573_6584794309506225553_otested
ROOMBROODJIE
1 pak gekoopte deeg
1 pakkie bruin uiesoppoeier
Gerasperde kaas
250 ml vars room

Maak deeg in bolletjies en pak in bak / pot.
Strooi soppoeier oor. Giet room oor. Strooi kaas oor.
Bak teen 160°C vir 40 min.
Ek breek bolletjies los en sny dan in snytjies.
Bron en foto: Chantelle Geldenhuys –
2de foto:  Veronica Els: Ek het lekker gebraaide maalvleis, sampioene en ‘n bietjie kerrie pasta, bladjang en tamatiesous bo oor gesit saam met parmasan, feta en verouderde cheddar. Dit was uit die boeke!
Wat ek gedoen het is ek die room en soppoeier gemeng en oor gegiet toe sit ek dit in die oond dat dit rys en lekker mooi gebak is, toe sprinkel ek die gaar maalvleis en kaas oor en sit hom vir nog so tien minute in die oond.




ONTBYT BROODJIES

17 - ONTBYT BROODJIEStested
ONTBYT BROODJIES
Broodmasjien deeg (brood/vetkoek deeg) russels hopps groot masjien
1 ¾ koppies melk
2 eetlepels olie
2 eetlepels suiker
1 eetlepel cremora
2 teelepels sout
4 koppies koekmeel
1 pers pakie kitsgis
Stel masjien op 7 en start

As ek broodjie of rooster koeke bak vervang ek net die 4 koppie koekmeel met 3 koppies koekmeel en 1 koppie witbroodmeel
O ja! En dan sit ek ‘n balletjie  deeg in so dat hy net net oor half vol is!! Dan smeer ek hulle bo op met mayonaise en bak 30 min by 180ºC

Foto en resep:  Benhet Nieuwenhuis




“KANNIE-OPHOU-ETIE-BROODJIE” (wenner)

10 - Kannie ophou etie broodjietested
“KANNIE-OPHOU-ETIE-BROODJIE” (wenner)
My 1ste broodjie inskrywing – gevulde pizzabroodjie
Deeg
4 koppie  bruismeel
¾ eetlepels kitsgis
2 eetlepels kookolie
1 teelepel sout
1 ½ koppie warm water
2 eetlepels suiker
Meng alles saam maar gebruik slegs 2 koppies meel. Soos jy dit saammeng, voeg res van die meel by.
Knie vir 8-10min.
Bedek en laat rys vir ‘n uur.
Rol dan uit tot so 5 mm dik.
Smeer deeg met chutney. Sny ham en salami in blokkies. Pak salami/ham laag en bedek met mozarella.
Rol toe en smeer met eier en sprinkel met crushed garlic en sesame saad. Oond toe vir 25min op 190°C op gespuite bakplaat.
Bedien met gepiekelde chilli indien verkies.
Voilá!!!!!
Resep en foto:  LIEZL LOUW




PANBROOD

panbroodtested
PANBROOD
6 koppies koekmeel
¼ koppie olie
3 ¾ koppie lou water
1 pakkie kitsgis
4 teelepels suiker
sout
Meng al die bestanddele. Plaas in ‘n oliegesmeerde pan.
Laat rys vir 30-45 min.
Bak in muffin panne 40 min 180 ºC of 1 uur as jy ‘n brood maak.
Het dit eers weer in die panne laat rys voordat ek dit gebak het. In die muffinpanne bak ek dit sommer.

Kry 12 muffinbroodjies uit. Geniet!!!

Resep en foto:  Bernadette Vers




VERNEUK CINNABONS

2014-07-13-cinabonstested
VERNEUK CINNABONS
Driekwart pak gekoopte winkel brood deeg.
1 koppie sagte botter
2 eetlepels fyn kaneel
1 koppie bruinsuiker
2 eetlepels maizena ( dit help dat die mengsel nie sommer uit ooze nie)
Rol deeg uit in omtrent 20 x 30cm
Smeer botter oor. (nie tot teen die kante nie)
Meng kaneel, suiker en maizena. Sprinkel oor deeg. Rol dit bietjie vas met koekroller. Rol op soos Swissrol.
Sny in eweredige skywe en pak in gesmeerde bak.
Bak vir so 15 min by 180ºC.
VERSIERSEL:
1 bakkie roomkaas
¼ koppie botter
1 koppie versiersuiker
vanilla geursel
bietjie suurlemoensap
Giet versiersel oor sodra die rolletjies uit die oond kom.

Bron en foto:  Martie Fourie Moolman




PIZZA HAMBURGER BALLS

tested
PIZZA HAMBURGER BALLS
pizza dough for 10-12 balls
½ cup shredded mozzarella cheese
½ cup shredded cheddar cheese
½ cup browned hamburger pattie or mince
¼ cup crispy bacon bits
Black pepper
Onion powder
Egg white, beaten
Parmesan cheese, gratedDevide the dough into balls, flatten each piece
Top them with shredded mozzarella cheese, shredded cheddar cheese, browned hamburger pattie pieces and bacon bits etc. Wrap the dough around the filling in a ball. Pack it in a oven dish sprayed with S&C with the open sides to the bottom.
Brush the tops with a beaten egg white. If prefer you can put some grated parmesan cheese on top.
Bake at 200 ºC for about 15-20 minutes or until golden brown.
Foto:  Svetlana Smit
pizza humburgers

Tessa Nel
‘N maklike pizza degie
2 koppies bruismeel
100 g Stork bake
knippie sout
¾ koppie melk
Meng sout en meel saam, vryf botter in en voeg melk bietjie bietjie by,  meng tot sagte deeg.
Rol uit in grote na verlang. Ek gebruik hierdie degie vir tuisgemaakte pizza sowel as pasteie … heerlik