SJOKOLADE BROOD


SJOKOLADE BROOD
Ek het die sjokolade brood gebak en is baaaasie lekker, ek’t dit sommer soos koek geëet.
3 koppies meel
1 ½ teelepel kakao poeier
1 ½ teelepel sout
15 g vars gis
1 koppie louwarm water
2 eetlepels strooisuiker
2 eetlepel saggemaakte botter
75 g bruin gekerfde sjokolade

Gesmelte botter om te smeer

In ‘n groot mengbak sif die meel, kakao en sout saam. Roer die suiker in. Maak ‘n holte in die meel.
Meng die gis met 60 ml water, voeg dit in die holte en voeg die res ook by en meng tot ‘n deeg.
Knie die botter in op ‘n meel oppervlak tot ‘n egalige en gladde elastiese deeg.
Plaas die deeg in ‘n liggies geoliede bak en bedek met ‘n kleefplastiek wat gespuit is en bedek met ‘n doek en plaas op ‘n warm plekkie en laat rys vir ‘n uur tot dubbel die groote.
Keer dan uit op ‘n meel area en knie liggies af en voeg die sjokolade by en knie liggies in.
Bedek met ‘n plastiek lagie en bedek met ‘n doek en laat rys op ‘n warm plekkie vir 45 min
Bak dan in ‘n voorverhitte oond op 220 ºC vir 10 min.
Verlaag die hitte tot 190°C en bak vir ‘n verdere 25 tot 30 min.
Smeer met gesmelte botter en laat afkoel.
Resep en foto: Gideon Louw




BREAKFAST BREAD


BREAKFAST BREAD
3 eggs
1 cup cottage cheese
200 gr grated yellow cheese
1 cup self raising flour
1/2 cup oil (125 ml )
pinch salt
Mix all ingredients together with your choice of flavor.

For flavour variations:
Corn
Olives
Sundried tomatoes
Dill
Spinach
Herbs
Baby marrow
Top with sesame seeds or pumpkin seeds.
Bake at 180°C for 20 to 30 min.
Recipe and photo: Madie Tecklenburg




BRAAIVLEIS BROODJIE VAN MIELIEMEEL


BRAAIVLEIS BROODJIE VAN MIELIEMEEL
500 ml fyn gerasperde wortels
425 ml kookwater
30 ml olie
15 ml heuning
500 ml mieliemeel
2 ml rooipeper
5 ml sout
4 ekstra groot eiers, geskei

Voorverhit die oond tot 180ºC en voer twee broodpannetjies se bodem met bakpapier uit.
Smeer of spuit die pannetjies. Meng wortel, kookwater, olie en heuning.
Sif mieliemeel, peper en sout saam en voeg by die wortelmengsel. Klits eiergele en voeg by die mengsel.
Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit liggies in by die mengsel. Skep mengsel in pannetjies en bak 45-50 minute.
Resep geplaas deur Johnny Steyn




MIELIEBROOD MET MIELIEMEEL


MIELIEBROOD MET MIELIEMEEL
Resep geplaas deur Johnny Steyn
Foto:  Nicolette Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
150 ml mieliemeel
550 ml koekmeel
25 ml bakpoeier
15 ml suiker
2 ml sout
450 ml melk
80 ml olie
3 eiers
410 g blik mieliepitte, gedreineer

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer ’n broodpan uit.
Sif die droë bestanddele saam.
Klits die melk, eiers en olie saam.
Voeg die melkmengsel en mieliepitte by en meng liggies.
Giet die mieliemengsel in die broodpan en bak vir ongeveer 1 uur.




BILTONG, KAAS- EN UIE-POTBROOD


BILTONG, KAAS- EN UIE-POTBROOD
500 g bruismeel
1 bier
1½ koppies gerasperde Cheddarkaas
250 ml fyn (nat) biltong
125 ml fyn, bruingebraaide uie

Meng die meel en bier goed. Voeg 1 koppie kaas, die biltong en ui by en meng alles saam. Plaas dit in jou gesmeerde pot en bedek met die res van die kaas.
Bak tot gaar met paar kole op die deksel en onder die pot.
Toets met ‘n skoon mes of totdat hy onderkant mooi hol klink.
Eet warm met plaasbotter en konfyt.

VARIASIES: (Sonder die biltong en uie)
‘n Pakkie droë, bruin uiesop
‘n Eetlepel of twee Marmite of Frey Bentos
Neute en rosyne
Spek (brosgebraai en gekrummel)
Olywe, kappers en ansjovis
Baie vars knoffel en pietersielie; gemengde kruie van jou keuse
Resep geplaas deur Johnny Steyn




BROOD VAN VARSGEMAALDE KORINGMEEL


BROOD VAN VARSGEMAALDE KORINGMEEL
Daar was n vraag oor unbleached brood meel. Ek kry my meel van koring wat vars gemaal is en dus met niks behandel is nie. Van ek my brood met dit bak, suiwel, suiker en alle gewone meel gebak uitgesny het en net my brood met vars meel bak, is ek baie gesonder.
Vir ‘n broodjie wat genoeg is vir my en vroulief vir 2 dae, gebruik ek net:
1 kg vars gemaalde meel
1 pakkie gis
20 ml bruin suiker (blykbaar ‘n moet om gis te aktifeer)
20 ml margerien
5 ml sout
sade, soos lus is voor
500 ml lou water

Meng droë bestanddele sonder sade en vryf margerien, in gooi sade by en begin meng met water.
Dit maak ‘n middelmatige slap na stywe beslag. Plaas dit in gesmeerde pan.
Laat rys op warm plek tot dubbeld (ek plaas dit in oond wat op 50º C gestel is vir so 15 – 20 min en haal dan uit)
Bak dan teen 190°C vir 45 min.
Resep en foto: Pieter Pieterse




TIEN MINUTE MIKROGOLF MIELIEBROOD


TIEN MINUTE MIKROGOLF MIELIEBROOD
Foto en resep: Ina Stevens
2de Foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
2 eetlepels olie
2 eetlepels suiker
2 eiers
1 blikkie roommielies

Die geheim is om ‘n ring pan te gebruik, dit kom rou uit in die middel in ‘n gewone pan.
Meng alles saam, as beslag baie styf is, voeg bietjie melk by.
Spuit ring pan met spray and cook en voeg paprika binne en teen kante.
Skep beslag in, plaas op omgekeerde piering in mikrogolf en bak vir 10 min teen 100% krag.
Heerlik saam met ontbyt of braaivleis (soet of sout).




ROGBROOD MET 100% ROGMEEL


ROGBROOD MET 100% ROGMEEL
500 g 100% rogmeel
15 ml asyn
7.5 g droë gis
12 5 g sout
325 ml water

Meng al die droë bestanddele SAAM.
Gooi water by (kamer tempratuur) geleidelik tot alles goed gemeng is.
Knie vir +- 8min (dis baie taai, lyk soos venster “putty”).
Maak die deeg toe in ‘n bak en doek en laat staan vir 1 1/2 uur.
Knie die deeg weer en sit in pan wat jy wil bak, maak toe en laat staan weer vir ‘n uur om te rys,  kan ook oornag laat staan.
Bak op 180ºC vir +- 45 tot 50 min (ek het vir 1 uur 15 min in gas oond gebak)
Verwyder dadelik van pan na gebak en sit op ‘n droog rak.
Laat afkoel en vir 24 uur staan om geur te trek voor sny.
Nota:  Ek het ook ‘n klein pannetjie gebruik 20 cm x 11.5 cm x 7.5 cm.
Foto:  Rudi Maree




BANANA BREAD WITH BUTTERMILK


BANANA BREAD WITH BUTTERMILK
3 large bananas or 4 small ones, cut up
125 g butter
1 ½ cups sugar
2 eggs
½ cup of buttermilk
2 cups of flour
¼ teaspoon baking powder
¾ teaspoon bicarbonate of soda
1 teaspoon salt

Cream butter and sugar until light and fluffy.
Add eggs and beat some more.
Add cut up bananas and buttermilk and blend till smooth.
Lastly add sifted dry ingredients.
Bake at 180 °C for 45 minutes.
N.B. I baked 2 loaves, so I doubled the recipe.
Photo: Yasmeen Ibrahim
Recipe posted by Yasmeen Ibrahim




ROSYNTJIEBROOD MET KARRINGMELK


ROSYNTJIEBROOD MET KARRINGMELK
Resep en foto: Johan Snyder
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg pakkie bruismeel
250 g pitlose rosyne
1 liter houertjie karringmelk
30 ml suiker
10 ml bakpoeier
knippie sout

Stel oond op 180ºC.
Sif droë bestanddele saam, meng suiker saam.
Gooi rosyne by en voeg die karringmelk by.
Skud die kartonnetjie agterna met ‘n bietjie melk uit.
Meng deeglik met houtlepel.
Skep uit in gesmeerde broodpannetjie.
Bak vir een uur.
Keer uit en laat afkoel.