POTBROOD

POTBROOD MARYKEtested

POTBROOD
So lig soos ‘n veer en so lekker soos my eie ma se gebak toe ek ‘n klein dogtertjie was. Baie maklik
2 pakkies 500 g Wright’s Ciabatta Bread Mix (kom in ‘n klein pakkie soos bruismeel)
700 ml warm water
30 ml olyfolie
Botter vir knie
Knie deur met botter plaas in plat boom pot en laat staan rukkie om te rys.
Plaas in koue oond en bak 1 uur op 180ºC met deksel op. Let wel dit moet ‘n koue oond wees wanneer jy die brood insit en net vir een uur, keer uit op rakkie om af te koel.
Foto en resep: Maryke Nel McCaig



VINNIGE “FANCY” BROOD

FLR BB one day when I'm big

VINNIGE “FANCY” BROOD
Lyk pragtig en is altyd ‘n wenner.
1 witbrooddeeg
1 bruinbrooddeeg
appelkooskonfyt
Cheddarkaas gerasper
Marmite of Bovril na eie keuse
Koop witbrood- en bruinbrooddeeg by jou naaste supermark.
Rol die witbrooddeeg uit met ‘n koekroller op ‘n meelbestrooide oppervlak, smeer appelkooskonfyt oor die deeg, sprinkel gerasperde kaas oor die konfyt en rol die gevulde deeg op soos ‘n rolkoek.
Rol die bruinbrooddeeg uit met die koekroller op ‘n meelbestrooide oppervlak, smeer Marmite of Bovril oor die deeg, sprinkel gerasperde kaas oor en rol die gevulde deeg ook op soos die vorige een.
Plaas die 2 deegrolle langs mekaar en vleg dit saam.
Plaas die gevlegde deeg op ‘n gesmeerde bakplaat en bak dit in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir ongeveer 1 uur.
Resep: Marietjie Stemmet




AARTAPPELBROOD

AARTAPPELBROOD
Plasing: Frieda Greyling
FOOD LOVERS RECIPES
Ontdek ek toe vandag ‘n JUWEEL van n resepteboek! 1949! Mev. Pitte se Tweede Kookboek, uitgegee deur SHELL-Maatskappy!
5 lb. meelblom
1 lb. aartappels (melerig)
suurdeeg

Plaas die meel in groot skottel om warm te word.
Skil die melerige aartappels en kook.
Maak dit fyn en meng met net soveel koue water as wat nodig is om al die aartappels, behalwe klontjies, deur ‘n growwe sif te laat gaan.
Voeg dit by meel wat nou warm genoeg sal wees.
Voeg suurdeeg ens. by en volg gewone prosedure by die bak van brood. (180°C vir 1 uur).
Brood wat so berei is, is baie beter as brood wat net met meel gebak word!




CAROLA SE PLAASBROOD

petre se boerbrood

CAROLA SE PLAASBROOD
1 kg bruinbroodmeel
1.5 tot 2 pakkies kits suurdeeg
1 teelepel suiker
sout, koljander, anys na smaak
enige sade van jou keuse
1 liter lou water of meer
Meng al die bestanddele tot ‘n slap deeg.
Smeer ‘n groot broodpan en plaas die deeg in die pan.
Laat dit rys en bak op 180°C vir ‘n 1 ½ tot 2 ure in die oond.
Resep en foto: Carola de Jager




SOETBROOD VIR VLEGSELS

soetbroodtested
SOETBROOD VIR VLEGSELS
1 kg koekmeel (ek gebruik gewone broodmeel)
1 ½ teelepel sout (voeg dit by as ek deeg al effe geknie het)
½ koppie suiker (wit of geel)
1 ½ eetlepels kitsgis (droë gis)
2 eiers
½ koppie olie
2 koppie water (meestal gebruik ek nie al die water nie en mens voeg eerder meer water by as meer meel later)

Knie saam en rus vir ongeveer een uur, tot dubbeld, ek sit in yskas oornag.
Knie weer om lug uit te kry en maak jou eindproduk.
Laat rys weer.
Verf eier en water gemeng bo-oor.
Bak by 180 ºC ongeveer 40 minute as dit groot brode is, 30 tot 35 min vir medium, 20 min vir broodrolletjies,

Ek maal altyd bietjie sout oor my brood net voor dit gebak word, dit gee `n besonderse smaak.
Moenie vergeet om pan halfpad deur baktyd om te draai vir egalige bak.
Geniet dit en laat weet hoe dit vir jou werk.
Resep en foto: Sonja Zino

Hier verduidelik Sonja weer mooi.
Die metode is maar soos met alle brood, ek het maar by die begin broodbak, nie voorheen geweet of by ouerhuisgeleer nie. Daar is baie moets en moenies oor gis en sout saam of nie saam, vir my werk al die metodes. So basies moet mens al die bestanddele meng. Weereens se ek versigtig met te veel water!
Ek meng my bestanddele gewoonlik en knie vir so `n minuut, laat rus vir 5 minuute en knie dan vir 10 minuute, per hand, het nie die mixer vir deeg knie nie. As deel van olie later bygevoeg word is deeg ook meer elasties en klou nie, maar daai verander alles as dit klaar gerys het. Rys vir so `n uur op warm plek. dan deel ek die deeg in balle so groot soos ek wil, hoe toegemaak anders droog dit. Vorm jou deeg stringe deur te rol onder handpalms, maar moenie rek nie! Na `n keer of 2 sal jy dit reg kan doen. Maak jou vorms en plaas op bakplaat, laat rys. Hier weet ek nie tyd nie, sit oond aan as ek begin vorm, as ek by die laaste is, sit ek eerste baksel in oond van 180ºC.
Voor gebak, verf liggies egg wash oor brode. Ek bak nie die grooot brode nie, so hulle tyd weet ek nie. Medium brode so 35 minuute en rolletjies so 20 minuute. Draai pan om, helfte van baktyd (brood sal nie platval nie).




ROG BROOD


ROG BROOD
100 ml lynsaad
150 ml melk
25 ml fruktose/suiker
70 ml botter/olyfolie
3 eiers
500 ml rogmeel
2 ml sout
2 ml fyn gemmer
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda

Plaas lynsaad in glasbottel. Voeg suiker/frukose en melk by. Berg in yskas vir 1 dag.
Meng rogmeel, sout, gemmer, bakpoeier en koeksoda.
Smelt botter (15 sekondes in mikrogolf oond op hoog, of op stoof). Klits eiers een vir een goed by. Voeg lynsaad by; meng goed. Voeg die mengsel by meel mengsel. Sny in en meng met slaplem mes. Skep in gesmeerde pan
Begin oond op 180°C; draai af wanneer jy die brood insit en bak op 160°C vir 1 uur.
Plaas foelie in rak onder pan en nog foelie op pan na 20 minute baktyd.

Foto:  Rina Kleinhans

 

 




RINA SE LEKKER BRUIN BROOD- GEEN KNIE

Sukses broodjietested
RINA SE LEKKER BRUIN BROOD- GEEN KNIE
Resep en foto:  Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie broodjie is gebore uit baie probeerslae, en nou het ek ‘n broodjie wat nie sooibrand gee nie, en heerlik is.

3 koppies nutty wheat
2 koppies bruin broodmeel
½ koppie wit broodmeel
1 koppie semels
60 ml sonneblomsade
15 ml sout
45 ml bruinsuiker
1 x 10 g pak kitsgis
3 koppies lou water
koue melk om oor te smeer

Smeer ‘n groot brood pan of 2 kleintjies of ‘n muffinpan en ‘n broodpannetjie.
Meng al die droë bestanddele en maak aan met die lou water.  Skep die deeg in die voorbereide pan/panne en sit in die lou oond om te rys tot dubbel die grootte.
Voorverhit die oond tot 180°C. Bak vir ongeveer 45 min tot die brood mooi bruin is en hol klink as jy daarop klop. Haal die brood uit, sit op afkoel rak en verf met koue melk om ‘n lekker korsie te kry.

VARIASIE  Jy kan een klein broodjie bak en die res van die deeg in jou muffin pan skep en klein broodjies bak. Sorg net dat jou muffin pan en broodpan gelyk in die oond kan ingaan en haal die muffin broodjies uit na ongeveer 30 min.