HEELPITMIELIE-EN-BIERBROOD

bierbroodjiestested

HEELPITMIELIE-EN-BIERBROOD
500 g bruismeel
2 eetlepel suiker
1 blik heelpit mielies – gedreineer
2.5 ml sout
1 blikkie bier (enige)
1 eier geklits
Bietjie gerasperde kaas
Bietjie bacon gekap in stukkies (rou)
Stukkie ui, greenpepper, red en yellow pepper (gekap) (opsioneel)

Meng al die bogenoemde bestanddele behalwe die eier.
Sit in swartpot of broodpannetjie.
Skep die geklitste eier oor.
Strooi gerasperde kaas, ui en peppers bo-oor.
Bak vir 1 uur by 180º C.
Ek bak gewoonlik my broodjie vir die eerste 20 minute met ‘n deksel op, verwyder deksel en bak vir die laaste 40 min sonder deksel. Die foto is ‘n beslag wat ek 2 x aangemaak het, maar ek het slegs 1 blik pitmielies gebruik en nie 2 nie –
Resep en foto:  Rencia Odendaal Pretorius

 




PETRA SE-GEEN KNIE-BROOD

geen knie brood adamtested

PETRA SE-GEEN KNIE-BROOD
Die resep kan met sukses halveer word 🙂
MAKLIKE ROER WITBROOD
Jy kan sommer met jou huiswerk aan gaan met die brood ! Hier is die resep weer.
Toe verander my hele lewe met die resep!
7 koppies meel (Dis presies 1 kg koekmeel)
4 koppies water(lou water)
2 teelepels sout
1 pakkie suurdeeg (10 g)

Meng alles goed deur, gooi in panne, laat rys, bak vir omtrent 1 uur tot gaar by 180°C.
Dis dit, niks knie, af knie nie, net meng goed deur, laat rys en bak.

RESEP GEPLAAS DEUR PETRA PRETORIUS
FOTO:  ADAM CLOETE

Selwyn Okkers
Ek het 6 koppies nutty wheat en 4 koppies koekmeel gebruik en bietjie meer water

geen knie brood selden
2de foto bo:  Carol Visser
Ek het bruinbroodmeel gebruik, handvol pine-nuts, walnuts en gekapte dadels met roosmaryn, bygevoeg.


Foto: Ronell Boshoff
Die medium een 50 min en kleintjie 40 min. 180°C. Ek het met skewer getoets of dit gaar is. Al twee is gelyk ingesit. Ek het my plat swartpotte gebruik.




RINA SE PIESANGBROOD

piesangbrood elizetested

RINA SE PIESANGBROOD
Beste in die weste, probeer hom gerus
3 groot piesangs, fyngedruk
½ koppie margarien
¼ teelepel sout
2 eiers
1 teelepel vanilla
2 koppies koekmeel
1 ½ teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
½ koppie karringmelk of suur gemaakte melk
1 ½ koppie suiker

Meng fyn piesang, suiker en sagte margarien goed. Sif meelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by piesang mengsel. Meng eiers baie goed en voeg by mengsel. Meng vanilla en koeksoda met melk en voeg laaste by. Meng goed.
Bak by 180°C tot bruin en gaar ongeveer ‘n uur tot uur en 15 min hang af van die oond.
Toets met toothpick in die middel van die brood, indien skoon uitkom, is broodjie gereed.
NOTA: Jy kan ook so 3/4 kp gekapte neute en/of klapper insit indien verkies.
Resep:  Rina Kleinhans.
Foto:  Elize de Kock en Frances Smith

Rina Kleinhans
Ek het vanoggend die broodjie gebak, maar omdat ek net 2 groot piesangs gehad het, het ek twee klein appeltjies gerasper en bygesit, en dan 125 ml klapper ekstra. Ek lees gister Ina Paarman gee die raad, wanneer jou piesangs baie baie ryp is, is dit baie goed om eerder met karringmelk of jogurt te bak, dan kry mens beter tekstuur… nou ek het met karringmelk gebak en ek moet sê die broodjie voel vir my baie goed.

Wian Swart
Het die resep verdubbel, maar net 2 koppies suiker gebruik met ‘n eetlepel heuning. Ek het ook nutty wheat meel gebruik en ‘n teelepel asyn in die melk. Dis rerig die lekkerste piesangbrood resep.

Bak die broodjie in ‘n ring pan en versier
Versiersel: 1 koppie versiersuiker met suurlemoensap gemeng tot loperig en dan oor ge-“drizzle” met gekapte pekaneute.
Foto: Natacha Visagie




KERSBROOD

KERSBROOD
400 g droë pere
300 g pruimedante
400 g droë vye
150 g okkerneute
100 g rosyntjies
125 g sultanas
75 g gemengde, gesnipperde skil
200 g strooisuiker
15 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde naeltjies
5 ml wonderpeper
3 ml sout
25 ml rum
1 kg koekmeel
40 g geperste suurdeeg

Brooddeeg
900 g broodmeel
150 ml warm melk
25 g geperste suurdeeg
10 ml strooisuiker
5 ml sout
25 g gesmelte botter
12,5 ml olie

Week pere en pruimedante in 900 ml water. Sit deksel op en kook tot sag. Dreineer en hou vloeistof. Ontpit pruimedante en kap pere, vye en okkerneute. Voeg rosyntjies, sultanas, gemengde skil, suiker, speserye,
sout en rum by en bedek.
Klits 300 ml van warm water en 50 g van broodmeel saam om meeldeeg te vorm. Bedek en laat staan vir 1 uur 30 minute.
Voeg dan warm melk by en klits goed. Meng suurdeeg, 150 ml warm water en suiker en laat staan vir 10 minute. Voeg by meeldeeg. Voeg sout, botter en olie by. Meng res van broodmeel by. Bedek en laat staan tot uitgerys.
Sit koekmeel in ‘n groot bak en maak ‘n holte in middel. Klits 40 g suurdeeg met 400 ml koue vrugtevloeistof en suiker en giet dit in meelholte. Strooi ‘n bietjie meelblom oor en laat staan tot skuimerig.
Voeg vrugte-enneutemengsel by en klits tot ‘n deeg gevorm word. Laat staan vir 15 minute. Verdeel vrugtedeeg in vier ovaal brode. Verdeel brooddeeg in vier en rol elke deel uit tot ‘n groot ovaal gevorm is.
Plaas vrugtebrood op uitgerolde deeg. Bestryk vrugtebrood met water en draai in brooddeeg toe. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat en verf met water. Laat staan vir 15 minute. Bak in voorverhitte oond van 190 ºC vir 1 uur en 20 minute.
Hierdie gereg is nie geskik om lank te hou nie. Eet dit binne ‘n week nadat dit gebak is

Resep geplaas deur Elda Lombard




BANANA LOAF IN THE CONVECTION OVEN

HALOGEN LEE OOND

BANANA LOAF IN THE CONVECTION OVEN
3 ripe bananas
125 g butter
1 cup sugar
2 cups cake flour
2 eggs
¾ teaspoon bicarbonate of soda
¾ teaspoon baking powder
Preheat the oven to 180ºC.
Mash the bananas.
Cream the butter and sugar together.
Add well beaten eggs and then the bananas.
Add sifted dry ingredients.
Mix well and pour into greased loaf tin.
Place on low rack.
Time 00:55

Posted by Frieda Greyling




KAMPVUUR BROODROL

KAMPVUUR BROODROL
Resep: Jana Prinsloo
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie spek
1 groot ui
1 rooi soetrissie
1 blikkie 410 g mieliepitte, dreineer
350 g kaas, in blokkies gesny
1 eetlepel DêM-Nice Karoo Spice
gekoopte brooddeeg

Braai fyngekapte ui en spek tot lekker bros. Voeg soetrissie by en braai bietjie. Nou kom die blikkie mieliepitte in. Meng net deur en haal van die hitte af. Vat die gekoopte brooddeeg en rol hom in ‘n langwerpige stook uit, nie te dun nie nie te dik nie. Sprinkel DêM-Nice Karoo Spice bo oor die deeg. Nou kom jou vulsel van spek ens bo-oor gesprinkel. Laaste sprinkel die kaasblokkies oor. Rol die deeg op en plaas op ‘n gesmeerde pan in die oond 180°C vir 45 min of in ‘n pot bo op die kole. As dit gaar is sprinkel liggies spice en pietersielie oor vir garnering. Sny in skywe en geniet warm. Oppas vir die warm kaas!

 




HOMEMADE BAGELS

BAGLES

HOMEMADE BAGELS
I made some really FABULOUS home made Bagels yesterday !!!
Using my Bread Machine to do the dough… Because I can :)*Bread machine to do the dough*****************************
Angie’s TIP: Put very warm water and first amount of sugar in bread bin, swirl till mixed /dissolved. Add the yeast and close lid on bread machine let sit for 7-10 minutes !!!!THEN add flour/salt combo to the top… Do not mix !! Let Bread machine do that work for you!
1 cup warm water (110 ºF/45 ºC)
1 ½ teaspoons salt
2 tablespoons white sugar
3 cups bread flour
2 ¼ teaspoons active dry yeast
3 quarts boiling water (2.8 litre)

3 tablespoons white sugar
1 tablespoon cornmeal
1 egg white
3 tablespoons poppy seeds

Place water, salt, sugar, flour and yeast in the bread machine pan in the order recommended by the manufacturer. Select Dough setting.
When cycle is complete, let dough rest on a lightly floured surface. Meanwhile, in a large pot bring 3 quarts of water to a boil. Stir in 3 tablespoons of sugar.
Cut dough into 9 equal pieces, and roll each piece into a small ball. Flatten balls. Poke a hole in the middle of each with your thumb. Twirl the dough on your finger or thumb to enlarge the hole, and to even out the dough around the hole. Cover bagels with a clean cloth, and let rest for 10 minutes.
Sprinkle an ungreased baking sheet with cornmeal. Carefully transfer bagels to boiling water. Boil for 1 minute, turning half way through. Drain briefly on clean towel. Arrange boiled bagels on baking sheet. Glaze tops with egg white, and sprinkle with your choice of toppings.
Bake in a preheated 375º F (190 ºC) oven for 20 to 25 minutes, until well browned.
Photo and recipe:  Angie Linnitt




BROS PLATBRODE

BROS PLATBRODE
1,5 kg witbroodmeel
15 ml sout
1½ pakkie kitsgis
2 ekstra-groot eiers
600 ml melk
300 ml water
60 ml botter, gesmelt
droë kruie, sout en vars peper na smaak
Voorverhit die oond tot 220°C en smeer ‘n bakplaat met botter of bespuit liggies met kleefwerende kossproei. Sif die meel en sout saam. Sprinkel die gis oor en maak ‘n holte in die middel. Klits die eiers, melk en water saam en voeg by die meelmengsel. Meng tot ‘n deeg. Knie die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties. Bedek met ‘n klam doek en laat rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume. Knie die deeg af en en knie weer goed. Breek stukke van die deeg af en rol baie dun uit met ‘n rolstok tot dun plat sirkels. Verf met gesmelte botter en sprinkel kruie, sout en peper oor. Bak 5-7 minute lank tot ligbruin en bros. (Anders kan jy die brood bak tot net gaar, weer met olie smeer en dan net liggies onder die roosterelement rooster tot ligbruin.) Breek in stukke en sit vooor saam met doopsouse.  Lewer omtrent 35 platbroodjies

BRON: Onbekend




STOKBROOD

stokbrood

STOKBROOD
Jy benodig (vir 2 brode)
1 kg (7 koppies) witbroodmeel (of gebruik helfte Nutty Wheat en helfte witbroodmeel)
2 teelepels suiker
1 teelepel sout
1 pakkie (10 g) kitsgis
1 eetlepel olie
sowat 2 koppies louwarm water

Meng die droe bestanddele en gooi genoeg louwarm water by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Knie die deeg tot glad.
Sit die deeg in ‘n gesmeerde bak en bedek dit met kleefplastiek. Laat staan dit
vir 15 minute op’n warm plek totdat die deeg in volume verdubbel het. Dis nou reg vir gebruik.
Stokbrood:
Laat die deeg toe om die eerste keer te rys en knie dit dan af. Rol dit
met ‘n koekroller uit op ‘n meelbestrooide oppervlak tot sowat 15mm dik en sny dit dan in repe.
Draai die repe om stewige stokkies en braai dit dan oor matige, grys kole tot goudbruin en gaar. Draai dit deurentyd om. Sodra dit gaar is, sal die stokbrood maklik van die stokkies afskuif.
Jy kan ook die holtes vul met gebraaide wors of botter, appelkooskonfyt en gerasperde kaas.

 

 




SMULLEKKER SOPBROODJIE

bruin uiesop broodjietested

SMULLEKKER SOPBROODJIE
500 g bruismeel (selfraising flour)
500 ml karringmelk (buttermilk)
1 pakkie sop – jou keuse vir die smaak van jou broodjie – uie, sampoien ens

Meng al die bestanddele gooi so bietjie gewone melk in die boksie van die karringmelk en spoel hom so ook uit. Spuit broodpannetjie baie goed. Skep deeg binne in pannetjie en gooi gerasperde kaas bo oor
Bak vir +- 45 na 1 uur by 180″C
Haal uit oond en laat afkoel vir so 5 min en geniet

Variasie:  Gebruik sampioen soppoeier en sny vars sampioene in die deeg in na smaak vir ‘n sampioenbroodjie.
Jy kan ook Semels bysit of nutty wheat meel gebruik vir ‘n bruin brood variasie, sit sade en neute in indien verkies.
Resep : Rina Kleinhans
Foto:  Marie Rheeder Troskie