BIER- EN SOPBROODJIES

bierbroodjiestested

BIER- EN SOPBROODJIES
1 pakkie bruismeel
1 pakkie bruin uiesoppoeier of sop van jou keuse
1 blikkie bier/karringemelk/melk of water  ongeveer 330ml

Meng alles goed saam, plaas die deeg in ‘n broodpannetjie,  sprinkel gerasperde kaas oor en bak by 180 ºC vir ongeveer 1 uur.

Variasies:
Gebruik sampioenesop en sny vars sampioene by.
Mens kan regtig enige iets insit soos biltong, soetrissies, rissie, of net waarvoor jy lus het.

Resep:  Rina Kleinhans
Foto: Mandy van Wyk




OLYFBROOD MET TAMATIES

olyf brood cecilia

OLYFBROOD MET TAMATIES
950 ml koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g pakkie kits droëgis
45 ml olyfolie
280 ml lou water
20 ml vars roosmaryn, gekap
growwe sout
100 g songedroogde tamaties in olyfolie
Voorverhit oond tot 230ºC. Dreineer tamaties in kap in stukkies. Sif koekmeel en sout saam in warm mengbak en voeg gis by. Meng olyfolie met water. Voeg by meelmengsel en meng tot sagte deeg verkry word. Plaas op ‘n meelbestrooide oppervlak en knie vir 10 minute. Vorm tot ‘n bal, plaas in gesmeerde bak en bedek met kleef plastiek. Laat deeg rys tot dubbele volume-sowat 1 uur. Knie deeg af en voeg tamaties en roosmaryn by. Vorm deeg tot ovaal vorm. Plaas deeg op gesmeerde bakplaat, bedek met kleefplastiek en laat weer vir 45 minute op warm plek rys. Bestryk brood met water en strooi growwe sout oor. Bak vir 12 minute, verminder temperatuur tot 190ºC en bak vir nog 10-15 minute. Verwyder van bakplaat en laat afkoel.

Resep: Elizabeth De Jongh Oliphant
Foto: CeciliaWoest Hunwick




KAAS-EN-UIEBROOD

kaas en uie broodjie benhet
KAAS-EN-UIEBROOD
500 g bruismeel
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
5 ml (1 teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
150 g gerasperde cheddarkaas
1 ekstra-groot eier
500 ml (2 koppies) karringmelk
Voorverhit oond tot 180°C en smeer n broodpan van 1,5 liter met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Sif die meel, uiesoppoeier, sout en bakpoeier saam. Voeg 100 g van die kaas by en meng goed. Klits die karringmelk en eier goed saam en voeg by die droë bestanddele. Roer goed. Skep in voorbereide pan en versprei eweredig. Sprinkel die orige kaas oor en bak 1 uur lank tot gaar of totdat n toetspen skoon uit die middel van die broodjie kom. Sit voor met kaas en konfyt.
Foto:  Benhet Niewenhuis




MIELIEBROODJIES IN BLIKKIES GEBAK

mieliebroodjie in blikkies

MIELIEBROODJIES IN BLIKKIES GEBAK
Resep en foto: Annetjie van Huyssteen
FOOD LOVERS RECIPES
Ek koop vars suikermielies en sny pitte af. Het altyd gevries in vrieskas – dis net my man en ek. ‘n Pak suikermielies is te veel daarom vries ek liewer wat oorbly. Idee van tunablikkies het ook ontstaan omdat ‘n hele brood te veel is vir ons.

(Resep hoeveelheid is vir 2 broodjies)
3 eetlepels mieliepitte
3 eetlepels mieliemeel
3 eetlepels koekmeel
1 teelepel gis
2 eetlepels gerasperde kaas
¼ teelepel sout
bietjie rooipeper

Meng met 50 ml louwarm water en knie paar minute. Laat 30 – 60 min in mikrogolf oond rus tot dubbel in volume. Knie effens en plaas in gesmeerde tunablikkies. Laat rys en bak ongeveer 7 min oond 180ºC.

 




MIELIEBROOD (MIKROGOLF OF OOND)

mieliebrood Brunhildatested
MIELIEBROOD (MIKROGOLF OF OOND)
Resep: Johanna Elizabeth Bradbury
Foto: Brunhilda Venter
FOOD LOVERS RECIPES
60 g botter, gesmelt
60 ml witsuiker – meng saam
2 eiers
½ blikkie (225 ml) geroomde suikermielies
250 ml (1 koppie) melk 
250 ml (1 koppie) mieliemeel
Sif  die volgende saam:
250 ml (1 koppie) koekmeel
15 ml bakpoeier
3 ml sout

Meng alles saam. Skep in gesmeerde mikrogolf-ringpan. Plaas op omgekeerde piering en mikrogolf 7 minute op HOOG (100% krag)
(Kan ook in gewone oond gebak word vir ±1 uur by 180°C.)

 




CARROT AND PECAN NUT LOAF

carrot en peconut cake

CARROT AND PECAN NUT LOAF
(Makes 1 loaf)
500 ml Cake Flour (280 g)
5 ml baking powder
3 ml bicarbonate of soda
3 ml ground cinnamon
2 ml salt
125 g butter or margarine
125 ml caramel brown sugar (100 g)
125 ml white sugar (100 g)
2 extra-large eggs
45 ml fresh orange juice

5 ml finely grated orange rind
375 ml finely grated carrots
125 ml pecan nuts, chopped (75 g)
125 ml sultanas (75 g)
CREAM CHEESE ICING
125 ml cream cottage cheese
15 ml orange juice
3 ml finely grated orange rind
625 ml icing sugar (400 g)
60 ml chopped pecan nuts
Preheat oven to 180 °C.
Sift dry ingredients together.
Cream the butter and sugars well together. Add eggs one at a time and beat well after each addition.
Add orange juice and rind to mixture. Add dry ingredients and mix well.
Stir in the carrots, nuts and sultanas. Pour into a well-greased 23 cm loaf tin and bake in preheated oven for about 1 hour. Leave in tin for a few minutes and turn out to cool off.
For icing:
Mix the creamed cottage cheese, lemon juice and rind. Sift icing sugar and beat together until just smooth and fluffy.
Spread icing over cooled loaf and sprinkle with chopped nuts.

Posted by Kim Dijkman
Foto:  Louise Groenewald

 




WHITE PITA BREAD

WHITE PITA BREAD
2 cups warm water
1 tablespoon yeast
2 teaspoons. sugar
4 ½ cups cake flour
1 ½ teaspoons salt
3 tablespoons olive oil

Place ¼ cup of warm water in a small bowl.
Add yeast and sugar, stir.
Let rest for 5 minutes.
Place flour, salt, and oil in a large mixing bowl.
Add yeast mixture and remaining water and mix until flour is completely mixed.
Knead dough on a lightly floured surface for 10 minutes.
Place dough in a well oiled bowl and oil the top lightly.
Cover and let rise in a warm place for 1 hour.
Turn dough out on a lightly floured surface and knead to remove any air bubbles.
Divide into 12 pieces and form each into a ball.
Roll out each ball to form a 6 inch disk.
Place on a baking sheet or pizza stone and bake in a pre-heated (500 F) for 5 minutes
Photo by Petré Van Jaarsveld




CHIPATTI (LEBANESE PITA BROOD)

pitabrood

CHIPATTI
1½ koppies koekmeel
3 eeelepels olie
¼ teelepel sout
Ongeveer ½ koppie lou warm water
Meng die meel en sout goed. Voeg olie by en meng goed in die deeg. Voeg bietjie bietjie water by en knie tot ‘n deeg. Vorm die deeg en ‘n bol en vryf bietjie olie oor. Draai toe met kleefplastiek en laat staan vir 15 minute. Knie nog een keer goed deur en deel in 9 klein balletjies.
Rol die deeg in jou hand palms en druk plat tot ‘n klein sirkel. Sprinkel bietjie meel op werksoppervlak en rol baie dun uit. Sprinkel aanhoudend meel oor sodat dit nie vassit nie.
Verhit ‘n ysterboom pan. Voeg olie en gesmelte margarien saam in ‘n bakkie. Verf die bodem van die pan met die mengsel. Braai die chapatti paar sekondes en verf dan die bo-kant voor jy dit omdraai en aan die ander kant ook braai. Die chapatti moet rys en “bubbles” maak wat donkerder as die res van die deeg word.
Bedien saam met souserige disse soos Kerrie of potjiekos.

Anuschka Chambi
Hulle noem dit Lebanees pita brood. Ook in Marocco eet hulle dit. Sit hoender vleis in saam met tamatie komkommer en jogurt rol hom op en eet ook Gyro dit is vleis wat ingeryg word en dan draai dit stadig voor ‘n warm element stukke word dan afgesny en in die Pitta brood gesit saam met knoffel mayonaise ens miskien kan jy dit sien op youtube hier in Cyprus eet hulle dit baie

Verisca Neethling Bezuidenhout
o ja, ek het ‘n indiese vriend wat dit sommer vir nagereg ook eet! Hy smeer dit dun met Nutella sjokolade smeer en rol dun op




BIERBROODJIE MET BILTONG EN KAAS

BIERBROODJIE MET BILTONG EN KAAS
370 g koekmeel
2 teelepels bakpoeier
75 g bruinsuiker
2 teelepels sout
Handvol cheddar
Handvol biltong
1 bier
Meng alle droë bestanddele saam.
Voeg bier by en werk beslag met ‘n vurk deur.
Voeg kaas en biltong by.
Meng deur, skep in gesmeerde broodpan en bak by 190ºC vir 50 min.

BRON- LINDIE DU PLESSIS




4 BESTANDDELE PIESANGBROOD

2015-08-08-4bestanddelepiesangbroodtested
4 BESTANDDELE PIESANGBROOD
500 g bruismeel, ek het nie gehad nie toe gebruik ek 3 koppies koekmeel met 3 hoogvol bakpoeier
1 blikkie kondensmelk
7 ryp piesangs
½ teelepel vanilla

Maak piesangs fyn met vurk, meng by al die ander bestanddele.
Klits goed.
Baie belangrik:  dit moet gedoen word: laat rys vir 25 minute.
Spuit broodpan of nuffinpan, en bak in oond 180°C vir 35 minute.
Nou net vir die bottertjie op die brood.
Resep by my vriendin Belinda gekry.
Foto: Meisie Fuchs