BIERBROODJIE IN VARKIE-OOND

2013-09-15-bierbroodjieinvarkieoond

BIERBROODJIE IN VARKIE-OOND
500 g wit bruismeel
5 ml sout
10 ml olyfolie
250 ml gerasperde cheddarkaas
10 gekapte swart olywe
125 ml gaar spek wat in blokkies gesny is
‘n klein bietjie gekapte vars of droë kruie na smaak (ek het vars tiemie en pietersielie gebruik)
1 blikkie (340 ml) bier

Meng die meel, sout en gerasperde kaas, olywe, spek en kruie saam in ‘n groot mengbak.
Gooi die hele bier en olyfolie by en meng goed.
Sit die meelmengsel in ‘n gesmeerde broodpan van sowat 18 cm x 8 cm.
Bak in die varkie-oond of ‘n warm oond teen 180 °C vir sowat 45 tot 60 minute.

BRON- Louise Venter




MAKLIKE PIESANG KOEKERIGE BROOD

2013-09-05-maklikepiesangkoekerigebrood
MAKLIKE PIESANG KOEKERIGE BROOD

Chef raak lus en bak….
Meng saam tot romerig:
1 koppie botter
2 koppies suiker

Meng saam:
4 eiers
8 piesangs (gerasper)

Sif by piesang mengsel:
3 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
(ek grind sout by)

Spat so eetlepel Amarula by en wees avontuurlustig en rasper 2 fris wortels by en ‘n paar gekapte neute.  Ons skrik mos nie. Bak met liefde vir ‘n uur op 160°C.

Om ‘n donkerder kleur met piesang brood te kry, voeg Bicarb of Soda by, my resep en foto het ‘n halwe teelepel gekry.

Ek verkies om die piesang te rasper want al die ander bestanddele whisk ek in, geen elektriese menger nie, ek het juis hierdie tegniek gebruik omdat ek my Chefs oplei en hulle moet die passie van bak ondervind, die piesang vee maklik van die rasper af, die vurk metode bly maar eenvoudig huishoudelik, bak & geniet.

BRON- Tinus Pretorius




ROER BY BROODJIE

1240475_551295034926428_12015967_n
ROER BY BROODJIE
3 koppies koekmeel
1 pakkie wit uiesoppoeier
1 koppie kaas gerasper
1 koppie koue vleis of weense worsies gerasper
3 teelepels bakpoeier
1 eetlepel elk Ina Paarman Green Onion en Ina Paarman Garlic and Herb
1 teelepel cayenne pepper
3 koppies karringmelkSit alles bymekaar en meng en as dit te droog is voeg bietjie melk by tot alles lekker gemeng is.
Skep beslag in groot gesmeerde broodpan en bak in voorverhitte oond van 180ºC vir 45min.(ek het thermofan oond weet nie of baktyd langer sal wees in gewone element oond nie)

Resep is sommer bymekaar gesit van alles wat ek gehad het. Dis nie resep wat ek iewers gekry het nie.

NOTA: Mens kan sekerlik ook net 3 koppies bruismeel gebruik dan hoef jy nie koekmeel en bakpoeier te gebruik nie.

FOTO EN RESEP: Naudéa Visser




DRIE BESTANDELE PIESANGBROOD

3 best piesangbroodtested

DRIE BESTANDELE PIESANGBROOD
500 ml bruismeel
1 blikkie kondensmelk
6 groot piesangs, fyngedruk

Meng al die bestanddele deeglik.
Skep in jou broodpan/panne.
Laat rys vir 20 minute, moenie hierdie deel uitlaat nie.
Bak dan in voorverhitte oond van 180°C vir 25-30 minute. (tot toetspen skoon uit kom)

WENK:
Ek het so handvol gekapte neute ook bygesit, jy kan selfs die gekapte grondboontjies byvoeg.

Geniet!

Resep: Sharon Pretorius
Foto:  Trudie Steenberg Cornelius en Bianca Bachfischer




KAASSKONS BROODJIE

Skon broodjie - Rinatested
KAASSKONS BROODJIE
625 ml koekmeel  (Gebruik 500 ml glutenvrye-  en 125 ml rogmeel vir glutenvrye broodjie)
20 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml mosterd[op]
250 ml kaas
80 ml olie
1 eier
+- 180 ml melk
Sif droë bestanddele 2 x saam.
Voeg kaas by.
Meng olie, eier en melk en ek sit bietjie heel korrel mosterd in die mengsel.
Meng alles goed saam.
Skep in klein broodpannetjie en bak so 20min by 180ºC.

Dit bly ‘n wenner en heerlike vir die kosblikke ook

RESEP EN FOTO: Rina Kleinhans




ONION BREAD

ONION BREAD
750 ml self raising flour
pinch of salt
75 g packet white onion soup powder
125 ml grated cheese
500 ml buttermilk
1 small onion, cut into rings

Preheat oven to 180°C, and grease medium loaf tin.
Sift the flour and salt together. Stir in the packet of soup and grated cheese.
Pour in the buttermilk and mix well. Spoon mixture into prepared bread tin.
Top with sliced onion rings.
Bake for 40 minutes to an hour, make braai bread as well cut thick slices over medium coals.
Serve with butter and a dollop of chutney or tomato salsa, and enjoy.
Recipe:  Yvonne Digovich




HAMMINGBIRD BAKERY BANANA LOAF

hummngbird banana bread
HAMMINGBIRD BAKERY BANANA LOAF
270 g soft light brown sugar
2 eggs
200 g peeled bananas, mashed
280 g plain  cake flour
1 teaspoon baking powder
1 teaspoon bicarbonate of soda
1 teaspoon ground cinnamon
1 teaspoon ground ginger
140 g unsalted butter, melted
Grease a 23 x 13cm loaf tin and dust with flour. Preheat the oven to 170ºC / 325ºF
Put the sugar and eggs in a freestanding electric mixer with a paddle attachment (or use a handheld electric whisk) and beat until well incorporated. Beat in the mashed bananas.

Add the flour, baking powder, bicarbonate of soda, cinnamon and ginger to the sugar mixture. Mix it thoroughly until all the dry ingredients have been incorporated into the egg mixture. Pour in the melted butter and beat until all the ingredients ar well mixed.

Pour the mixture into the prepared loaf tin and smooth over with a palette knife. Bake in the preheated oven for about 1 hour or until firm to the touch and a skewer inserted in the centre comes out clean. Leave the cake to cool slightly in the tin before turning out to a wire cooling rack to cool completely.
Photo: Barbara Bullock




CRANBERRY AND FRUIT BREAD

 Cranberry vrugte brood - Catherine

CRANBERRY AND FRUIT BREAD
3 ½ cups cake flour
½ teaspoon salt
1 packet instant yeast
2 tablespoons sugar
1½ cups milk
½ cup sultanas or raisins of choice
½ cup cranberries
1 tablespoon chopped mixed citrus peel, optional
1 egg
Topping:
1 egg, lightly beaten
1 tablespoon milk
1 tablespoon honey
1 teaspoon hot water
2 tablespoons pistachios or other nuts or seeds

Preheat the oven to 180°C. Grease a 20 cm round baking pan.
In a mixing bowl, stir together the flour, salt, yeast and sugar. Make a well in the centre of the flour. Set aside.
In a saucepan set over moderate heat, heat the milk, sultanas, cranberries and citrus peel until lukewarm.
Allow to cool to room temperature, then add the egg and whisk together.
Add the milk mixture to the well in the flour and stir using the handle of a wooden spoon.
Mix to a soft dough. Add a little more flour if too wet, or a little more milk if too dry.
Turn out the dough onto a lightly floured surface and knead for about 1 minute, or until smooth and elastic.
Place into a lightly greased bowl and cover with plastic wrap.
Leave in a warm place for about 1 hour, or until doubled in size.
Punch down the dough a little and roll into palm-sized balls.
Arrange the balls in the bottom of the baking pan, then stack more on top.
Cover and allow to rise again for 30 minutes.
Mix together the egg and milk, then brush the bread all over with this.
Bake for 30 – 45 minutes.
Mix the honey with the hot water, then brush the top of the hot loaf with this and sprinkle with pistachio nuts or alternative.
Pop back into the oven for 5 minutes. Allow to cool slightly before turning out. Yum!
Recipe posted and photo:  Catherine Izatt

 




SOET BROODJIE

soetbroodjie

SOET BROODJIE
½ brood deeg gebruik
¾ koppie suiker
1 houertjie room

Deeg in bolletjies gemaak.
Room en suiker gemeng en bo-oor deeg gegooi.
Gebak op 180°C tot gaar.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie
Rina Kleinhans: Ek gooi bruinsuiker onder in die bak en dan weer bo-oor ook saam met die room en dit is net eenvoudig heerlik.




POTBROOD

POTBROOD

POTBROOD
Gebruik dié resep vir die allerlekkerste brood. Hy wérk, as jy sorg dat die kole net warm genoeg is. Die idee vir dié brood en vulsels kom eintlik van daai mollige Ingelsmannetjie met die skoeter – Jamie Oliver.

Jy het nodig vir 1 potbrood of 2 langwerpige brode:

7 koppies witbroodmeel
2 x 10 g-sakkies kitsgis
2½ koppies louwarm water
2 eetlepels suiker
3 teelepels fyn sout

Laat dit gis. Gooi die meel in ’n diep bak. Meng die gis, water en suiker in ’n ander kleiner bak en laat vir tien minute staan totdat die gis begin skuim. Gooi dit by die meel en voeg ook die sout by.

Oefen daai spiere. Meng tot al die bestanddele goed gemeng is en haal dan die bol deeg uit en sit dit op ’n plat, meelbestrooide oppervlak. Druk, knie, vou en rol die deeg vir sowat 10 minute of totdat dit lekker sag en elasties is.

Rus ’n rukkie. Sprinkel ’n bietjie meel in ’n bak, sit die deeg daarin en sprinkel ook ’n bietjie meel oor die deeg. Maak die bak toe met kleefplastiek en ’n klam vadoek en los dit in ’n warm plek om te rys tot dubbel die oorspronklike grootte.

Weer ’n bietjie spiere. Knie dit weer af vir ’n paar sekondes en sit dit in die ronde ysterpot (of twee broodpanne) om vir ’n tweede keer te rys tot dubbel die oorspronklike grootte. Hanteer die ysterpot versigtig sodat jy nie al die lug uit die deeg uitskud nie.

Kole toe met jou. Sodra die deeg uitgerys is, kan jy die pot op die kole sit en kole op die deksel stapel. Kyk ná ’n halfuur of die brood begin bruin word en sit die deksel terug met nuwe kole op. Dit behoort ná ’n uur gaar te wees. Haal die pot van die vuur af en los dit vir ’n halfuur om af te koel voor jy die pot omkeer om die brood uit te haal.

Rene Truter Wessels