BROODRING VAN GEKOOPTE DEEG

broodringtested

BROODRING VAN GEKOOPTE DEEG
Neem een pak brood deeg, rol hom lekker langwerpig uit, maak ‘n lekker smoor  deur die volgende saam te braai:
tamatie, uie, sampioene, soetrissies en songedroogte tamaties, genoeg kruie en speserye na smaak.
Laat afkoel en smeer op die deeg, krummel lekker dik feta kaas op en rol in die lente op.
Sit in ‘n ring pan en druk die punte mooi aanmekaar vas, strooi cheddar kaas oor, bak in die oond teen 180 ºC vir ongeveer 1 uur.
Eie resep – Rina Kleinhans




RYE BREAD WITHOUT OTHER FLOUR

rogbrood brineeltested
RYE BREAD WITHOUT OTHER FLOUR
500 g rye flour
200 ml milk
½ block of fresh yeast
1 teaspoon salt
1 teaspoon sugar
Take 300 g of the rye flour, the fresh yeast and sugar and warm the milk and add, mix together into a dough and allow to stand and rise covered for approx. 40-50 min, then add the rest of the ingredients to though dough and knead the dough through and leave for another 30-40 min. break and roll pieces off (50g) each and place on a greased pan and cut length or cross slits on the top brush over with milk and allow to stand for a short time and bake at 210 – 220 ºC for 18-20 minutes…. For a change you can also mix 250 g Wheat flour with 250 g Rye Flour!!!
Enjoy and hope this Helps!!!
Recipe: Vanessa Parker /
Photo: Brineel du Toit




SPESERYE BROOD

1526731_792330204116140_1775579658_n
SPESERYE BROOD

Ek het ook sulke pannetjies dit bak tussen 25 en 30 min in gewone oond en in die Hallogenoondjie bak dit 25 min op 180ºC!
Maak die roer broodjie ek halveer my resep dan kry ek 3 sulke broodjies uit!!
1½ koppie koekmeel
5 ml sout
2 teelepels gis
250ml louwarm water
Meng goed, skep  in pannetjie laat rys en bak!!

Bron en Foto: Ronel Snyman




MAKLIKE NUTTY WHEAT BROOD

2014-01-10-maklikenuttywheatbrood
MAKLIKE NUTTY WHEAT BROOD
½ kg nutty wheat meel
5 g droë kitsgis (half pakkie)
1 eetlepel suiker (ek gebruik bruinsuiker)
1 teelepel sout

Plaas droë bestanddele in bak en meng. Voeg lou water by en meng deeg tot slapperig. Smeer pan of spuit Spray ‘n Cook.
Skep die deeg in pan, sal so twee derdes vol te wees.
Rys: 40 minute teen 40°C. Bak: 40 minute teen 180°C. Voorverhit oond.
Ek gebruik oudergewoonte my glas konveksie oond. Ek gebruik ook ‘n baie ou vierkantige broodpannetjie, met ‘n uitdruk bodem.
Resep eb foto: Eastwood Loftus Nel




KAIING BROODJIE

kaiing broodtested

KAIING BROODJIE
Ekke het deeg aan gemaak in my broodmasjien en kaiing in geknie, laat rys en 35 min,  gebak by
180 ºC tot dit hol klink as mens op die broodjie klop.
Baie lekker!!!

Nota:  Ek is seker gekoopte brooddeeg sal ook goed werk – Rina

Foto:  Benhet Niewenhuis

 




MINI BROODJIES

mini broodjiestested
MINI BROODJIES
Lewer 12 mini broodjies.
Bereiding tyd: 10 min
Baktyd: 1 uur
4 koppies bruismeel
250 g Cheddar kaas gerasper
1 koppie bevrore mieliepitte (opsioneel)
2 koppie maas
1 ui, fyngekap
125 g spekvleis, fyn opgekap
1 handvol grasuie
½ handvol tiemie, gekap (opsioneel)

Voorverhit oond op 180°C.
Smeer 12 mini-broodpannetjies.
Meng meel, die meeste van die kaas (hou bietjie vir bo-oor strooi) mieliepitte, maas, ui en spekvleis in ‘n bak.
Skep deeg in voorbereide pannetjies en bedek met oorblywende kaas.
Bak 1 uur of tot goudkleurig en deurgaar.
Garneer met gekapte grasuie en tiemie en sit voor by ‘n braai.
Marguerette Jutte




MASJIENGEBAKTE BROOD

1526944_583667481704053_640432037_n
MASJIENGEBAKTE BROOD
AL DIE BROODBAKKERS…..EK HET TOE DIE BROODJIE GEBAK….DALK EFFENS MIN VLOEISTOF BYGESIT, WANT DIT HET BIETJIE SKEEF GERYS BO-OP….MAAR IS HEERLIK!
Die resep:
600 g broodmeel (300 g nutty wheat, en 300 g witbroodmeel/of bruinbroodmeel)
1½ teelepels suurdeeg (pers pakkie kits suurdeeg)
1 teelepel sout
2 teelepels suiker
2 eetlepels margarine
380-400 ml melk (of 3 eetlepels melkpoeier met water).
Gooi water onder in pan, voeg meel bo-op. Sit ander middels, in elke hoek van pan, Stel masjien en bak. Ek het gekyk, dit gebruik nie so baie krag nie, so ek moet maar my luigeid los en weer begin brode bak!
Bron en Foto: Retha-Jane Duvenhage Buys



KITS MIELIEBROODJIE

 

KITS MIELIEBROODJIE
Resep en foto: Marlene Mouton Carstens
FOOD LOVERS RECIPES
1 pak bruismeel (500 g)
5 ml sout (1 teelepel)
1 blik geroomde suikermielies (410 g)
2 eiers
60 ml melk (¼ koppie)
25 ml kookolie (2 eetlepels)

Stel oond op 190°C.
Smeer ‘n kleinerige broodpannetjie.
Sif bruismeel en sout saam.
Voeg die suikermielies by.
Klits eiers, melk en kookolie saam en voeg dit ook by.
Sny mielies en vloeistof met ‘n mes in tot goed gemeng.
Skep deeg in pan, maak bo-op gelyk en bak sowat 45 min of tot deurgebak.
Gesny en met botter gesmeer is die broodjie baie lekker saam met braaivleis.

(Bak jou broodjies in klein blombakkies, gee dan vir elke gas sy/haar eie broodjie)




BANANA LOAF CAKE

2013-12-06-bananaloafcaketested

BANANA LOAF CAKE
Just a random recipe I found online.
½ cup of margarine
1 cup of sugar
2 cups cake flour
2 eggs
3 bananas mashed
1 teaspoon vanilla essence
1 teaspoon bicarbonate of soda
1 teaspoon baking powder

Pre-heat oven to 180ºC, cream margarine and sugar together, add eggs one at a time and beat well.
Place all the dry ingrdients in a mixing bowl.
Add mashed bananas and vanilla essence to the egg mix and fold in the dry ingredients.
Bake in a greased loaf tin for 45min.

Recipe and photo : Kimberly Kimi Ross

 




GLUTENVRYE BROODJIE

1473023_558230374264287_2103453205_n

GLUTENVRYE BROODJIE
450 g glutenvrye broodmengsel
250 ml glutenvrye Muesli
300 ml melk
1 x 10 g sakkie gis
200 g parmesaankaas fyngerasper
Plaas alle bestanddele in elektriese menger se bak en klits by medium-spoed met mengspaan.
Verhoog menger se spoed en klits teen hoe spoed vir 5 minute.
Skep mengsel in 20cm broodpannetjie wat goed gesmeer is met kleefwerende kossproei.
Laat rys op warm plek vir 20 minnute.
Bak dan vir 30 minute teen 180ºC of tot gaar.

Foto: Rina Burger