KERSIETAMATIE EN RYP CAMEMBERT BROOD

tested
KERSIETAMATIE EN RYP CAMEMBERT BROOD
1 kg klaarbereide witbrooddeeg
250 g kersietamaties
1 x 100 g ryp camembert
Seesout en vars gemaalde swartpeper
Olyfolie
Vars kruie, soos roket en bronkors, om mee af te rond
Knie die deeg af en druk dit plat op ’n groot bakplaat wat liggies met meel besprinkel is. Druk tamaties oral oor die oppervlak van die deeg in. Sny die kaas in dun skyfies en druk dit tussen die tamaties in die brooddeeg. Geur die deeg bo-op met sout en peper en bedruip met olyfolie. Bedek en laat rys die brood op ’n warm plek. Voorverhit intussen die oond tot 200 ºC. Bak die brood vir 15-20 minute tot dit goudbruin en deurgaar, die tamaties gebars en die kaas gesmelt is. Haal uit die oond, bedruip weer met olyfolie en sit louwarm voor. Lewer 10-12 porsies.

Bron: Charmaine van der Merwe




EASY HOMEMADE BREAD

2014-03-01-gebaktebroodtested
EASY HOMEMADE BREAD

My ingevoerde Kiwi dogter se brood.For all you overseas kiwis out there!! I had such a craving for vogals so decided to give this a jam!! And it worked!! Super easy and tastes like the real thing!!!

DIY Vogel’s Bread
I knew I’d cracked this when the Small Girl saw me take some of this bread out of the freezer and said, ‘is that Mr Vogel’s bread?’ It’s a brilliant trick to have up your sleeve when you realise there’s no bread for toast in the morning but you can’t face a)going to buy some or b) staying awake to nurture an ordinary loaf. It keeps fresh for at least three days and freezes well, though I do advise slicing it before freezing for ease of thawing.

600 g flour – half strong white, half wholemeal, with perhaps a little rye thrown in for luck
40 g – about half a cup – rolled oats
2 teaspoon dried yeast
1 ¼ teaspoon salt
1 tablespoom sugar
750 ml lukewarm liquid – a mixture of water and milk, or just water
½ cup sunflower seeds, optional (you can use other seeds too)

Put everything into a large bowl and mix well – it will be like porridge. Scrape into a very-well oiled loaf tin (of the dimensions listed above) and smooth the top.
Put into a cold oven and turn the dial to 50ºC. Leave for about 35 minutes, until the dough has risen to the top of the tin. Turn the heat to 200ºC and bake for another 40 minutes, until crusty on top and hollow when you tap it on the bottom.
Turn out to a rack to cool. In the morning, eat with lots of butter and peanut butter, or avocado, and dream of the day that you’ll be able to have it with Marmite again.

— with Claire Scott. (Elize de Kock)




PATRICIA SE PIESANGBROOD

2014-03-01-piesangbrood
PATRICIA SE PIESANGBROOD
6 ryp piesangs
1 ½ koppie suiker
2 koppies koekmeel
3 eiers
1½ ml koeksoda
½ koppie botter (125 g)
¼ teelepel sout
2 teelepels  bakpoeier
1 teelepel vanilla geursel

 

Stel oond op 180°C.
Maak piesangs fyn.
Klits suiker en sagte botter tot romerig.
Voeg eiers by.
Meng fyngedrukte piesangmoes by bottermengsel.
Sif sout. bakpoeier en meel saam.
Los koeksoda in 1 koppie melk op saam met vanilla.
Voeg droë bestanddele by piesang beslag saam met melk bietjies gewys by tot goed gemeng.
Gooi in gesmeerde panne bak vir 1 uur.
Bron: Patricia Rust Strydom – by my oorlede Ma gekry.




MAKLIKE MIELIEBROOD

2014-02-28-mieliebroodtested
MAKLIKE MIELIEBROOD
Resep en foto:  Marlene Minderon
FOOD LOVERS RECIPES
500 g bruismeel
5 ml sout
1 blikkie suikermielies
300 ml melk

Meng alles saam, skep in gesmeerde broodpan en bak vir 1 uur op 180ºC of tot toetspen skoon uitkom.
Smeer so klein bietjie botter bo oor as jy wil.

MIELIEBROOD
600 g bruismeel
250 g strooisuiker
4 ml sout
100 g botter
250 ml melk
2 eiers
1 blik roomsuikermielies
1 blik heelpit mielies gedreineer

Stel oond op 180°C. Smeer 2 broodpanne. Smelt die botter en voeg die melk en geklitste eiers by die botter. Sif die droë bestanddele saam. Voeg sowel die botter- en melkmengsel as die mielies by die droë bestanddele en meng. Skep die deeg in broodpanne en bak vir ‘n uur, tot gaar en bruin.

Resep geplaas deur -Rina Kleinhans




GESONDE SADE BROODJIE


GESONDE SADE BROODJIE
375 ml koekmeel
3 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
125 ml bruinsuiker
125 ml klapper
125 ml rou oats
1 koppie semels
125 ml pampoenpitte
½ koppie sultanas
2 groot eiers
350 ml karringmelk of gewone melk is ook reg

Voor verhit Oond 180º C.
Voeg koekmeel, bakpoeier, sout, bruin suiker, klapper, rou oats, semels, pampoenpitte en sultanas saam in ‘n mengbak. Klits eiers en karringmelk saam en meng by droë bestanddele. Skep in gevoerde, gesmeerde broodpannetjie. Bak vir 45-50 minute tot gaar.
Eet met botter.
Gemengde sade kan bo-oor rou deeg gestrooi word voor jy dit bak.
Resep van Radio Namakwaland geplaas deur Linda Venter

 




SOURDOUGH STARTER

sourdoughtested

SOURDOUGH STARTER
50 g white flour
50 g stoneground wholemeal
enough cold water to make a batter – pouring consistency

Whisk together in a bowl, cover with Gladwrap and leave somewhere warm for a few hours until bubbles appear on the surface. (The first time, I put mine on the plate rack over the woodstove and it overflowed….)
Remove half, add more white flour and enough water to keep the same consistency.
Keep covered at room temperature and continue to feed, removing half each time and adding 100 g white flour, until it smells good – at least a week.
When it smells nice and yeasty, keep it in the fridge and feed weekly, removing half each time. I used an icecream container with a lid, and a small hole made in the top to let the gases out.

Anne Mortleman Chambers




MARSALA BROOD


MARSALA BROOD

Hier is my bier en masala brood resep!!! Dit is dood eenvoudig en GOEDKOOP!! Perfek vir ons studente! Die resep is as volg:
STAP 1:
Dit is 1 klein ui en 1 pakkie spek fyn gesny en in ‘n pan gebraai. Oor die sprinkel jy 1-2 teelepels robertson mixed herbs en om en by 1-3 knippies masala poeier {chilli poeier}. Skep dit dan uit die pan uit en laat dit bietjie afkoel.
STAP 2: Dit is 3 koppies koekmeel, 3 teelepels bakpoeier, 1 teelepel sout, ¼ koppie suiker… Alles saam gesif. Dan meng jy dit met een botteltjie bier, verkieslik black lable.
STAP 3: Rasper om en by 1 koppie kaas, verkieslik Matured cheddar.
STAP 4: Meng die deeg, spekmengsel en kaas saam, skep dit dan in ‘n broodpan wat gesmeer is met botter of spray en cook. Plaas dit dan in die oond wat kla verhit tot 180 ºC.
Bak vir 45-55 min.
STAP 5: Smelt so 2 eetlepels egte botter en smeer dit oor die bo kant van die brood.
Bak die brood dan nog so 3min. ENJOY!!!!!

Resep en foto: Johan Haarhoff




LEPELBROOD

lepelbrood 2tested
LEPELBROOD
450 ml melk
300 ml mieliemeel
5 ml sout
50 ml margarien, gesmelt
4 eiers, geskei
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n diep oondvaste bak van 24cm met margarien. Verhit die melk tot kookpunt. Verwyder van die hitte en roer die mieliemeel geleidelik by, roer tot glad. Plaas terug op die hitte en laat kook tot die mengsel verdik het; roer elke nou en dan. Voeg die sout, asook gesmelte margarien by. Verwyder van die hitte en laat heelwat afkoel. Klits die eiergele en vou by die mengsel in . Klits die eierwitte styf en vou ook by die mengsel in. Skep in die voorbereide bak en bak sowat 35-40 min lank of tot gaar. Dien warm op saam met ‘n smeersel botter. Genoeg vir 4-6 mense.

Dankie aan : *my eie* Ouma Nellie
Foto: Noeline Schoeman Vermaak

 




MAKLIKE ROGBROOD

 

rogbrood pietatested

MAKLIKE ROGBROOD
(1 groot brood)
375 ml water
10 g kitsgis
10 ml melasse
10 ml sout
10 ml karwysaad
225 g (400 ml) donker rogmeel
225 g (400 ml) broodmeel

MAAK DAN SO:
Plaas water, gis, melasse en sout in die bak van ’n elektriese menger. Meng met die K-spaan teen matige spoed tot goed gemeng. Voeg karwysaad, rogmeel en broodmeel by. Verhoog spoed en meng vir 10 – 12 minute of tot mengsel in een bal in die middel van die bak saamkom. Plaas in skoon mengbak wat met olie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat op warm plek tot dubbel die volume rys. Sif meel oor ’n broodmandjie. Keer deeg op werkvlak uit en doop hande in meel. Vorm deeg in ronde bal en sit in mandjie. Laat rys in yskas tot dubbel die volume (6 – 8 uur). Verhit oond tot 220°C. Keer gerysde deeg uit op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 30 – 35 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met botter.

WENK:
As jy nie ’n broodmandjie het nie, kan jy die deeg net so op ’n gesmeerde bakplaat laat rys. Sif net voor jy dit in die oond sit ’n bietjie meel oor.

FOTO:  Pieta van der Walt




TARWEVRY

2014-01-24-tarwevry
TARWEVRY
Meng 3 koppies sojamelk
2 eetlepels appelstroop/dadelstroop/suikerbietenstroop
1 geklitse eier
1 eetlepel sonneblomolie
Voeg hierby:
ongeveer 6 koppies oats
2 teelepels sout
1 koppie plus nog so 50 ml mieliemeel
3 teelepels bakpoeier
Meng dit goed. Jy kan nou byvoeg wat jy wil, sonneblomsaad is lekker hierby. Skep in een laagpan. Dit rys nie veel nie, maar as jy dit te dik maak, dan val dit uitmekaar. Bak by 180ºC so 20 – 25 min.

Resep en foto: Lucille Coetzee-Kukkuk